{"id":1009,"date":"2022-03-28T15:26:21","date_gmt":"2022-03-28T13:26:21","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1009"},"modified":"2022-03-28T15:26:22","modified_gmt":"2022-03-28T13:26:22","slug":"bere-uitreik-14-19-maart-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1009","title":{"rendered":"Bere Uitreik: 14 \u2013 19 Maart 2022"},"content":{"rendered":"\n<p>ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sondagskoolmateriaal<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons het iemand deur die genade van die Here wat die Sondagskoolkinders\nvan Bere bedien, soos in my vorige verslag vermeld. Sy is verbonde aan die\nplaaslike skool in Bere. Haar behoefte was Bybels en Sondagskoolmateriaal, wat\nek aan haar kon verskaf het. Ons is baie dankbaar vir iemand soos sy, wat\nnederig en op haar plek is. Sy is \u2018n Tswanasprekende vrou wat ongelukkig nie\ndie Boesmantaal daar magtig is nie, maar dit is \u2018n reuse begin. As ons deur\nhaar iemand plaaslik kan oplei sal dit wonderlik wees. Ons dra haar aan die\nbeskerming en die se\u00ebn van die Here op.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Besoeke<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie keer het ons klem gel\u00ea op huisbesoeke. Baie mense vra vir\nklankbybeltjies, wat ons slegs gee na deeglike oorweging. Sommige mense kan\nlees. Vir hulle gee ons net gewone Bybels. Ons kon traktaatjies uitdeel wat die\nmense sommer net daar begin lees het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-1-march-22-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1010\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-1-march-22-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-1-march-22-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-1-march-22-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nHierdie ou vrou was besonder opgewonde om die Woord\nvan die Here in haar eie taal, die Qg\u00f5o-taal te hoor. Aanvanklik moes sy\nnatuurlik touwys gemaak word om die regte knoppies te druk, en as jy dit\nafskakel of aanskakel moet jy lank op die rooi knoppie druk. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"706\" height=\"665\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/bere-4-mach22-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1011\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/bere-4-mach22-2.jpg 706w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/bere-4-mach22-2-300x283.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 706px) 100vw, 706px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>In die verlede het ons vir die mense gewag om te kom vra vir Bybeltjies,\nmaar dan het jy die probleem dat net diegene wat kan loop of beweeglik is by\nons opgedaag het. Groot getalle mense daag dan op, maar wat dan van die mense\nwat nie so ver kan loop nie? Hierdie keer het ons vir niemand vertel dat ons\nBybeltjies het nie. Hulle het dit eers agtergekom met ons persoonlike besoeke\naan hulle.<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;\n \n \nDan was daar ou Ncoobiri wat baie\nopgewonde was oor sy Bybeltjie. Hy het gelag van opgewondenheid en het heeltyd\nvir ons ges\u00ea: \u201cDit is my taal hierdie .\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"699\" height=\"524\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/bere-5-march-22-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1012\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/bere-5-march-22-1.jpg 699w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/bere-5-march-22-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 699px) 100vw, 699px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Dit is regtig ons bede dat\ndie Here in die verspreiding van sy Woord op hierdie manier, mense sal\nverander. Ek dink altyd aan die woorde:<\/p>\n\n\n\n<p>Nature forms<\/p>\n\n\n\n<p>Sin deforms<\/p>\n\n\n\n<p>School informs<\/p>\n\n\n\n<p>But only Christ transforms.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Begrafnis te Khacgae<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Abdul wat saam met my was en my getrou vergesel op al my uitreike, het\n\u2018n week of wat gelede verneem van \u2018n familielid van hom wat oorlede is te\nKhacgae. Die begrafnis was aanvanklik vir Saterdag geskeduleer, maar later\nverskuif na Sondagoggend. Vroeg Sondagoggend (vyf uur) het ons uit Bere uit\nvertrek. Dit was ek, Abdul en die twee hoofmanne van Bere. Khacgae is ongeveer\n70 of 80 Kilometer van Bere af. Daar gekom met sonop was dit eers oudergewoonte\ndie besigtiging van die lyk. Daarna kom die persoon wat oor die siekte van die\noorledene verslag doen aan die woord. Hy verduidelik dan wanneer die oorledene\nbegin siek word het tot en met sy dood. Sy vriende kry ook elkeen \u2018n\nspreekbeurt. \u2018n Oom aan moederskant het toe aan die woord gekom. <\/p>\n\n\n\n<p>Voor ons na die graf vertrek het is \u2018n trooswoord gebring waarna hulle\nmy gevra het om \u2018n gebed te doen. By die graf gekom het hulle volgens hulle\ngebruik eers grond in die graf gegooi met die woorde, stof is jy en tot stof\nsal jy terugkeer. <\/p>\n\n\n\n<p>My beswaar n\u00e1 die tyd was: \u201cJulle het die vloek wat die Here aanvanklik oor die\nmensedom uitgespreek het oor julle geliefde uitgespreek sonder om melding te\nmaak van die opstanding in Christus. Dan het julle gepraat van die name, Vader, Seun en Heilige Gees, maar Matteus\n28 s\u00ea dit is net een Naam, hoewel drie Persone. Die dissipels kry die opdrag om\ndie mense te gaan doop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees en nie\nname nie, want God is een.\u201d By menige begrafnisse het ek hulle al daarop\ntereggewys en die meeste van hulle waardeer dit.<\/p>\n\n\n\n<p>In een van my vorige verslae het ek melding gemaak van Abdul se ma wat tragies\noorlede is toe hy nog maar \u2018n babatjie was. Een nag het \u2018n mamba by hulle hut\ningeseil en sy ma gepik. Ver van die dokters en die hospitaal af kon sy dit\nongelukkig nie maak nie, want \u2018n mamba, as gevolg van sy temperament staan\nbekend as die gevaarlikste slang in die w\u00eareld, hoewel nie die giftigste nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit was ons dankbaar oor die uitreik. Afgesien van die Bybels\nwat ons uitgedeel het en die persoonlike Bybelstudies by die mense aan huis,\nontmoet jy soveel mense met wie jy vriendskapsbande smee wat uiters belangrik\nis in die uitdra van die Evangelie.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Ons hoofmanne daar in Bere<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Bere het vier hoofmanne (of tradisionele kapteins) wat die hele dorp\nbedien. Dit is die hoofman en sy drie onderhoofmanne. Die dorp se sake word\ndeur die onderhoofmanne aangehoor en die belangriker sake word dan na die\nhoofman verwys. Die sake sluit in van huweliksprobleme tot geweld en diefstal\nwaar die plaaslike polisie ook betrokke is. Wanneer \u2018n saak nie daar plaaslik\nafgehandel kan word nie, word dit verwys na die ho\u00ebr howe soos die landros en\nverder op. Met die hoofman (David) en twee van sy onderhoofmanne (Cgara en\nSetantsho) is ek baie goed bevriend. As ons daar is doen ons baie dinge saam. Cgara\nalhoewel lid van die ZCC kerk is lief om ons te vergesel op ons huisbesoeke en\nBybelstudies. Hy het \u2018n baie goeie geheue en onthou presies wie laas\nklankbybeltjies gekry het en wie nie. Die vierde onderhoofman het ek al ontmoet\nen mee gesels. Ek ken hom nie so goed nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is trouens David en Cgara wat ons vergesel het na die begrafnis te\nKhacgae. N\u00e1 die\nbegrafnis het David dit weer benadruk en vir my ges\u00ea: \u201cJy moet besef dat ek nie\n\u2018n kerk het nie. Julle kerk is nou my kerk.\u201d Ek het aan hom genoem dat ek hom\nbaie graag as ouderling sal wil oplei. Daaroor was hy baie opgewonde. Hy as\nhoofman saam met sy drie onderhoofmanne het baie invloed in die dorp. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"750\" height=\"1000\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-3-march-22-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1013\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-3-march-22-1.jpg 750w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Bere-3-march-22-1-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 750px) 100vw, 750px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Met Cgara het ek al verskeie kere gesels oor sy verbintenis met die ZCC\nkerk en sinkristisme. Hy is baie ontvanklik vir alles wat jy hom leer, maar hy\nhet nog nooit by die punt gekom om die ZCC kerk vaarwel toe te roep nie. Ek wil\nhom ook nie dwing nie. Hy moet self die besluit neem. Hy het al verskeie kere\nsy ontevredenheid uitgespreek oor die ZCC kerk en sy gebruike. My bede is dat\nhy tot inkeer sal kom en sal besef dat sy kerk op die verkeerde pad is, want jy\nkan nie saam met mense aanbid wat nog aan hulle voorouers glo en hulle aanroep\nnie.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit is my versoek dat u tog aan hierdie dorp en sy hoofmanne\nin u gebede sal dink, dat die Here vir ons daar \u2018n geopende deur sal gee. <\/p>\n\n\n\n<p>U broeder in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>ds Hendrik du Plessis Sondagskoolmateriaal Ons het iemand deur die genade van die Here wat die Sondagskoolkinders van Bere bedien, soos in my vorige verslag vermeld. Sy is verbonde aan<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1011,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1009"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1009"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1009\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1014,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1009\/revisions\/1014"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1011"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}