{"id":1024,"date":"2022-04-24T21:07:30","date_gmt":"2022-04-24T19:07:30","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1024"},"modified":"2022-04-24T21:07:31","modified_gmt":"2022-04-24T19:07:31","slug":"dkar-botswana-klere-projek-april-22","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1024","title":{"rendered":"D&#8217;Kar Botswana Klere Projek April 22"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Die Klereskenking<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons as gemeente in D\u2019kar wil u uit die diepte van ons harte bedank vir\neen en elk wat bygedra het met klere. Ons neem hierdie skenking nie ligtelik op\nnie. Ons sien dit as die Here wat sy kinders se harte aangeraak het om aan ons\nte dink. Hy het ons nie vergeet nie. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Klere-1-dkar-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1025\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Klere-1-dkar-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Klere-1-dkar-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Klere-1-dkar-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Klere-1-dkar.jpg 1600w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nDit laat \u2018n mens dink aan Paulus se woorde aan die\nKorinthi\u00ebrs waar hy skryf dat so \u2018n liefdesdaad mense rede gee om God te dank.\nPaulus skryf in 2 Korinthi\u00ebrs 9:12: \u201cWant die hulp van\nhierdie bediening voorsien nie net in die heiliges se behoeftes nie,&nbsp;maar\nlei ook tot &#8216;n oorvloed van baie uitinge van danksegging aan God.\u201d (2020\nvertaling) Dit gaan swaar met die Joodse gemeente daar in Jerusalem en die\ngemeente hier in Korinthe aan wie Paulus skryf het \u2018n geldelike bydrae wat\nhulle wil maak, en so gebruik die Here die gemeente in Korinthe om die Joodse\ngemeente tot dankbaarheid te bring. Dit is \u2018n wonderwerk op sigself dat die\nheidene nou Jode help, en die Here word daaroor verheerlik. Nie net dit nie, in\nvers 14 s\u00ea Paulus, dit bring nou die Jode daartoe om vir daardie gemeente in\nJerusalem te bid. So glo ek werk die Here tot vandag toe nog. Die een gemeente\nhelp die ander gemeente en dit bring laasgenoemde gemeente daartoe om die Here\nte dank en te loof vir hulle weldoeners, en nie net dit nie, hulle bid ook vir\nhulle weldoeners, en hoe sal die Here wat die inisieerder van dit alles is\nsulke gebede nie verhoor nie. Dan eindig Paulus met die woorde: \u201c<sup>15<\/sup>Aan God die dank vir\nsy onbeskryflike gawe!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In D\u2019kar het ons meer\nas 300 kinders wat gereeld die Sondagskoolklasse bywoon. Ons het onderwyseresse\nwat die kinders in groepe verdeel, die heel kleintjies tot en met die standerd\nsewes wat volgende jaar na die ho\u00ebrskool toe gaan. Baie gou het hulle\nagtergekom hoe karig die kinders geklee is en hoe baie van hulle dieselfde\nklere oor en oor aantrek \u2013 vandaar het ons ons ondersteunende kerke hierby\nbetrek, wat mildelik bygedra het, waaroor ons die Here nie genoeg kan dank nie.\nOns bede is dat die Here u as ons weldoenders sal se\u00ebn, want julle het dit nie\nnet reggekry om ons te help nie, maar julle bring ons daartoe om die Here te\ndank en te loof oor julle, en die Here Self bring ons daartoe om vir julle te\nbid, en weereens bring dit \u2018n mens voor die vraag te staan: Sal Hy wat die\ninisieerder van dit alles is sulke gebede nie verhoor nie?<\/p>\n\n\n\n<p>Van die dag toe die\nbokse aangekom het, het ek foto\u2019s begin neem, almal was opgewonde oor die\nbesending. My oudkollega was besonder behulpsaam met die re\u00eblings rakende die uitsortering\nen verdeling van die klere in bondels. Dit was omtrent \u2018n hele dag se werk.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"668\" height=\"501\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-bakkie-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1026\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-bakkie-1.jpg 668w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-bakkie-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 668px) 100vw, 668px\" \/><figcaption>Ds Hendrik het klere in Ghanzi gaan haal<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Daar was \u2018n totaal van\n35 bokse. Ons is in die besonder dankbaar teenoor mnr. Manie Strauss, \u2018n\nsakeman in ons omgewing, wat altyd bereid is om met vervoer uit Suid-Afrika te\nhelp. Wanneer sy vragmotors terugkom Gantsi toe en daar is plek, help hy met\ngraagte.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit was \u2018n groot taak\nom alles uit te sorteer, maar een en elk wat daarmee gemoeid was het dit met oorgawe\ngedoen, en was dit beslis nie vir hulle moeite nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"652\" height=\"487\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-5-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1027\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-5-1.jpg 652w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-5-1-300x224.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 652px) 100vw, 652px\" \/><figcaption>Sortering van klere in groottes<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n&nbsp;Ons bede is dat die Here deur hierdie&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>skenking al die eer\nsal kry, omdat dit Hy is wat ons bymekaar bring om vir mekaar om te gee \u2013 soos\nPaulus in 2 Korinthi\u00ebrs 9:15 s\u00ea: \u201c<sup>15<\/sup>Aan God die dank vir sy\nonbeskryflike gawe!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>So het die kinders\ndie kerkgebou verlaat met elkeen wat iets in sy of haar hande het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"652\" height=\"488\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-4-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1028\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-4-1.jpg 652w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-4-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 652px) 100vw, 652px\" \/><figcaption>Elke kind het iets gekry<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Die ou mense het ook\naan die beurt gekom, elkeen baie dankbaar oor hulle geskenke.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"695\" height=\"521\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-6-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1029\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-6-1.jpg 695w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-projek-6-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 695px) 100vw, 695px\" \/><figcaption>Die ouer lidmate het ook elkeen klere gekry.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>Die Paasnaweek<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die Paasnaweek was\nredelik bedrywig van Vrydag tot Sondag. Vrydagaand het ons die kruisiging van\nons Here Jesus onder die vergrootglas geplaas, sy smarte ter wille van ons.\nSaterdagaand het ons die verskillende kore die geleentheid gegee om op te tree,\nmaar o we\u00eb die re\u00ebn wou nie saamwerk nie. Toe die dreigende storm nader kom het\nons maar besluit om te verdaag.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Sondagoggend\ntydens die diens het ons \u2018n goeie opkoms gehad. Die klem het geval op die\nopstanding van ons Here Jesus. Hy het waarlik opgestaan!<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"720\" height=\"540\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-paasdiens-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1030\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-paasdiens-2.jpg 720w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/klere-paasdiens-2-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 720px) 100vw, 720px\" \/><figcaption>Paasdiens April 22<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Nagenoeg 90 kinders\nhet die erediens bygewoon.<\/p>\n\n\n\n<p>     Om af te sluit, al ons dank aan ons Hemelse Vader wat aan ons die geleentheid gegee het om sy grootheid te beklemtoon in en deur ons Here Jesus Christus, en waar sy Woord verkondig word kom dit nooit leeg na \u2018n mens toe terug nie. <\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Klereskenking Ons as gemeente in D\u2019kar wil u uit die diepte van ons harte bedank vir een en elk wat bygedra het met klere. Ons neem hierdie skenking nie<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1028,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1024"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1024"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1024\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1031,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1024\/revisions\/1031"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1028"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1024"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1024"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1024"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}