{"id":1033,"date":"2022-05-11T10:47:11","date_gmt":"2022-05-11T08:47:11","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1033"},"modified":"2022-05-11T10:47:13","modified_gmt":"2022-05-11T08:47:13","slug":"mababe-uitreik-27-april-3-mei-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1033","title":{"rendered":"Mababe uitreik: 27 April \u2013 3 Mei 2022"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Die aanvang van die uitreik is met te\u00ebspoed begroet. Op pad Maun\ntoe het die regter agterband van die bakkie gebars. Ek het oor iets skerps in\ndie pad gery en die volgende oomblik het ons net \u2018n knal gehoor. Omtrent \u2018n\nkilometer verder het ons besef ons het \u2018n pap wiel en het ek afgetrek om die\nwiel te vervang. <\/p>\n\n\n\n<p>Die aand het ons by tannie Dorette Cronj\u00e8 oornag. Die volgende dag het\nons oral in Maun rondgery opsoek na die regte bandtipe, maar tevergeefs. Dit\nwas nadat br. Tiddo Voogt in Suid-Afrika vinnig gereageer het en vir my geld\nkon oorplaas vir twee nuwe bande. Al die bandeplekke se voorraad sou eers die\nvolgende week kom en daarby was Werkersdag ook in Botswana \u2018n vakansiedag. Om\nMababe toe te ry sonder \u2018n spaarwiel is \u2018n groot waagstuk. Gelukkig het een van\ndie bandeplekke in Maun aan ons \u2018n spaarwiel geleen en kon ons die pad aandurf\nMababe toe. <\/p>\n\n\n\n<p>Net voor Mababe het ons in \u2018n watergat beland en kon ons nie vorentoe of\nagtertoe nie. Na my eerste poging het Abdul my dadelik vermaan en ges\u00ea dat ek\ndie bakkie net dieper ingrawe. Om ons was seekoeie wat gesnork het en agter ons\nwas \u2018n olifant besig om te suip, en nadat ons die ruite afgedraai het kon ons\nduidelik die muskiete hoor wat bloed geruik het. Die gedagte dat ons die res\nvan die nag in die bakkie vol muskiete gaan slaap met die ongediertes om ons was\nnie aangenaam nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Om uit te klim moes jy in die water klim. Wat het my besiel om in die\ngat in te ry? As ek vinniger gery het sou ek dit gemaak het, soos al die\nvoertuie voor my gedoen het. Hulle voordeel natuurlik is hulle het 4&#215;4 voertuie\nwat ek nie het nie. Gelukkig het ek van die mense in Mababe se telefoonnommers\ngehad en nie hoe lank daarna nie het hulle ons kom uittrek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"772\" height=\"579\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22-4-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1035\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22-4-1.jpg 772w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22-4-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22-4-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 772px) 100vw, 772px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>Mababe en Sankoyo<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Wat die uitdeel van Bybels en traktaatjies aanbetref het ons hierdie\nkeer op<strong> Sankoyo<\/strong> gekonsentreer. Ons\nhet Bybels en Klankbybels by ons gehad. Idea, ons gasheer in Mababe by wie ons\noornag het, het ons orals vergesel. Hy ken almal in Sankoyo en weet presies vir\nwie ons laas Bybels gegee het, geskrewe en Klankbybels.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hoofman daar was besonder dankbaar. Met \u2018n vorige verslag het ek \u2018n\nfoto van hom en sy broer geplaas waar hulle al van vroegdag af gesit en luister\nhet na die Bybel. Ons het hulle so ongeveer 12 uur verras met ons besoek. Ons\nwas dankbaarheid toe ons hoor hulle sit al van 7 uur die oggend daar onder die\nboom en luister na die Klankbybel. Die hoofman het toe nog nie sy eie\nKlankbybeltjie gehad nie en was dus afhanklik van sy broer wat van tyd tot tyd\nvir hom kom kuier het.<\/p>\n\n\n\n<p>                                                   Hy sit hier op die foto bo met die Klankbybel en \u2018n gewone Bybel wat ons vir hom gegee het. Die gewone Bybel wil hy gebruik vir hulle raadsittings. Sy naam is Sepoposamakata en is soos baie in Sankoyo lid van die Yeyi-stam, met Yeyi-taal as moedertaal, alhoewel hulle Tswana vlot magtig is. <\/p>\n\n\n\n<p>Die Yeyi-taal verskil van Tswana soos Afrikaans van Frans. Staande op\ndie foto is Idea. Idea se moedertaal is Ts\u2019iiga en dit verskil weer van ons Naro\nhier in D\u2019kar soos Duits van Afrikaans. Yeyi is \u2018n Bantoetaal en Ts\u2019iiga is \u2018n\nBoesmantaal. Hulle kommunikeer met mekaar in Tswana.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"723\" height=\"542\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Mababe-mei-22-3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1036\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Mababe-mei-22-3.jpg 723w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Mababe-mei-22-3-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 723px) 100vw, 723px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nDie mense aan wie ons Bybels uitgedeel het is almal\nmense tussen wie Idea groot geword het wie hy persoonlik ken.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het mense individueel gaan opsoek wat by \u2018n vorige keer gesoebat het\nvir \u2018n Klankbybeltjie.<\/p>\n\n\n\n<p>Al hierdie mense is mense wat buiten hulle huislike take van elke dag vir\nure lank ledig sit, en die Woord van die Here wat in die agtergrond weerklink\nkom nooit onverrigtersake terug nie. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"777\" height=\"583\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1037\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22.jpg 777w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/mababe-mei-22-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 777px) 100vw, 777px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nOns doel is om mense, dalk vir die eerste keer in\nhulle lewe bloot te stel aan die Woord, mense wat vir hulle hele lewe lank\nafhanklik was van valse predikers om te hoor wat die Here vir hulle wil s\u00ea. Nou\nkan hulle, selfs die wat nie kan lees nie dit vir hulle self hoor. Ek het op \u2018n\nkeer een van hulle vanuit D\u2019kar geskakel, en in die agtergrond kon ek die\nKlankbybeltjie hoor praat, duidelik en helder. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"721\" height=\"541\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Mababe-Mei-22-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1038\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Mababe-Mei-22-2.jpg 721w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Mababe-Mei-22-2-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 721px) 100vw, 721px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nOns bede is dat die Here deur sy Woord en Gees sy\nKoninkryk sal laat kom en dat dorpies tot inkeer sal kom. Nie net die ouer\ngarde nie, maar ook die jonger garde was gretig om \u2018n Bybel in die hand te h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens ons besoek aan Mababe het ek indringende gesprekke kon voer met\neen van die min mense onder die Boesmans wat \u2018n graad het. Hy is een van die\nTs\u2019iiga Boesmans. Hy en sy vrou woon in Gaborone en van tyd tot tyd kom kuier hy\nvir sy pa in Mababe. Hy is \u2018n diep oortuigde Christen, en iemand wat die Bybel\nbesonder goed ken. Hy is op die oomblik besig om hom te verdiep in die regte\nomdat die saak van die Boesmans regoor Botswana vir hom baie na aan die hart\nl\u00ea. Wat vir my uitstaan van hom tydens ons Bybelstudies is sy gebed. Ek sou hom\ngraag eendag wil sien as \u2018n predikant. Hy was trouens nou onlangs die\naanvoerder van \u2018n span wat hulle taal wil begin opteken. Dit is \u2018n taal wat\nbesig is om uit te sterf as daar nie drasties iets aan gedoen word nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens ons gesprekke met Idea en sy vrou het ek vir hom ges\u00ea dat hulle baie ywerig is dat\ndaar \u2018n kerk tot stand moet kom, en ons is dankbaar daaroor, maar beide hulle\nen hul kinders is nog nie gedoop nie. My woorde aan hom was: \u201cOnthou Idea, daar\nis net twee krale in hierdie w\u00eareld, die duiwel se kraal en die Here se kraal.\nDaar is nie \u2018n middeweg of \u2018n middekraal nie, en as hulle in hul harte oortuig\nis dat die Here Jesus die enigste weg tot saligheid is, moet hulle, om die\nvoorbeeld van \u2018n skaap te gebruik, geoormerk (gedoop) word.\u201d Idea en sy vrou\nhet hierop baie positief gereageer.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit vra ons weereens u voorbidding vir Mababe en al die\nomliggende dorpies, dat die koninkryk van die Here daar sal kom. Afrika is vol\nkerke, maar bitter min Skrifgefundeerde kerke en die rede hiervoor is mense wat\nnie kan lees nie, of moeilik lees, en die enigste uitweg is dan om hulle te\nverlaat op die menings van valse predikers wat kamstig profetiese gawes het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Motopi<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Met tannie Dorette gaan dit goed. Sy wil baie graag terugtrek Motopi,\nhopelik teen die einde van die jaar. Sy behartig nog elke Sondag die eredienste\ndaar \u2013 heen en weer is dit 160 kilometer. Ons vra ook u voortdurende\nvoorbidding vir haar wat nie meer vandag se kind is nie en ons is dankbaar dat\nsy nog oor die vermo\u00eb beskik om te doen wat sy doen in diens van God se\nkoninkryk. Ons kon hierdie keer nie by Motopi uitkom nie. Adul se seuntjie het\nskielik siek geword en het ons besluit om gouer terug te kom. Op die ou end was\ndit klierontsteking wat toe gelukkig met antibiotika behandel kon word.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Die aanvang van die uitreik is met te\u00ebspoed begroet. Op pad Maun toe het die regter agterband van die bakkie gebars. Ek het oor iets skerps<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1035,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1033"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1033"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1033\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1039,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1033\/revisions\/1039"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1035"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1033"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1033"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1033"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}