{"id":1047,"date":"2022-06-16T11:51:28","date_gmt":"2022-06-16T09:51:28","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1047"},"modified":"2022-06-16T11:51:29","modified_gmt":"2022-06-16T09:51:29","slug":"bere-uitreik-2-5-junie-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1047","title":{"rendered":"Bere Uitreik: 2 \u2013 5 Junie 2022"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Baie goeie en verrassende nuus<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die Here se genade kon ons verlede naweek vir die mense van Bere\ngaan kuier. Die twee hoofmanne van die dorp het by ons kom kuier wat ons baie waardeer\nhet. Ons kamp gewoonlik net buite die dorp. Aangesien dit Vrydag was, was dit nog\n\u2018n werksdag vir hulle en tog het hulle die moeite gedoen om ons te voet te kom\ngroet. Dit was vir ons weereens \u2018n bevestiging dat hulle ons as hulle vriende\nsien.<\/p>\n\n\n\n<p>Later het die een hoofman homself verskoon, maar die ander een het bly\nsit vir nog \u2018n koppie koffie. Op my vraag hoe dit nog gaan hier in Bere het hy\ngeantwoord dat dit baie goed gaan. Die Klankbybels wat ons aan hulle uitgedeel\nhet, het \u2018n beduidende verandering in hul midde teweeggebring. Twee sjibiens\nmoes toemaak, wat nog nooit gebeur het nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek was om die minste te s\u00ea, aangenaam verras. Ek het hom geantwoord dat\ndie Gees van die Here altyd deur sy Woord werk. Waar die Woord van die Here aan\nmense gebring word, daar werk die Gees van die Here in hulle harte. Dit is Hy\nwat die Woord laat ontkiem in die harte van mense. Dit het my laat dink aan die\nwoorde van Paulus in Kolossense 1. Paulus was baie verras en dankbaar oor die\nnuus van hulle geloof. Vanaf vers 3 s\u00ea Paulus \u201c<sup>3<\/sup>Elke keer wanneer\nons vir julle bid, dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus. <sup>4<\/sup>Dit\ndoen ons, want ons het gehoor van julle geloof in Christus Jesus, en die liefde\nwat julle vir al die heiliges het,\u201d. Vanaf vers 7 s\u00ea Paulus dat hy al hierdie\nwonderlike nuus van Epafras gehoor het en nou des te meer vir hulle voorbidding\ndoen. Bere weet ons is in die greep van alkoholisme en een van die laaste\nplekke waar \u2018n mens \u2018n verandering sou verwag. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek het al by verskeie kere ges\u00ea, as jy vinnige resultate wil sien moet\njy nie Bere toe gaan nie. My oud kollegas wat daar vir jare gewerk het en my\nlater gevra het om by hulle oor te neem, kan daarvan getuig. Alkoholisme is aan\ndie orde van die dag. <\/p>\n\n\n\n<p>Later het ek die ander hoofman by sy huis gaan opsoek. Hy was ook vol\nlof vir die Klankbybeltjies wat ons uitgedeel het. Die misdaad het drasties\nbegin afneem. Sommige dae sit hulle by die aanklagkantoor saam met die plaaslike\npolisiemanne verstom oor die geweld so drasties afgeneem het. Daar is deesdae\nnet af en toe \u0149 geval.<\/p>\n\n\n\n<p>Juis in die tyd wat ons daar was, was daar \u2018n \u2018kerk\u2019 wat kom besoek afl\u00ea\nhet in Bere met hulle tromme en wit japonne. Hulle het \u2018n klomp sogenaamde\napostels en profete onder hulle wat kastig kwale genees en vir mense profeteer\nen se\u00ebn. <\/p>\n\n\n\n<p>Die hoofdrinker met wie ons gereeld praat was die hele naweek nugter. Hy\nvertel toe dat die mense met die tromme vir hom ges\u00ea het dat hy nagtelike\nprobleme met sy oorlede ma het en dat hulle bereid is om hom te help. Hy het\nhulle geantwoord dat hy nie hul hulp nodig het nie want ons kerk (die Reformed\nChurch) glo nie aan wat hulle doen nie, en buitendien lieg hulle want sy\noorlede ma pla hom nie in die minste nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"968\" height=\"726\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/Bere-June-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1049\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/Bere-June-22.jpg 968w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/Bere-June-22-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/Bere-June-22-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 968px) 100vw, 968px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nTydens ons besoeke is ons nie daar om kerke af te\nkraak of te beledig nie, maar met ons Bybelstudies in Bere laat ek nooit die\ngeleentheid verbygaan om valse le\u00ebrstellings aan te spreek nie.<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;Die tyd gebruik jy om hulle\nin te ent deur die Woord van die Here. Deur voortdurend met hulle te praat maak\njy hulle bedag teen valse le\u00ebrstellings wanneer hulle opduik en bou jy so \u2018n\ngeestelike immuniteit onder hulle op. Jy vermaan tydig en ontydig om Paulus se\nwoorde te gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nWat vir my baie positief was, is die gesindheid van\ndie twee hoofmanne daar, links is David (die hoofman) en regs sit Cgara (die\nonder hoofman). <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"921\" height=\"690\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-22-pic-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1048\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-22-pic-1.jpg 921w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-22-pic-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-22-pic-1-768x575.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 921px) 100vw, 921px\" \/><figcaption>2 Hoofmanne van Bere<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Cgara is nog verbonde aan die ZCC kerk alhoewel daar al hoe meer en meer\nvrae by hom ontstaan oor die ZCC kerk, maar David beskou ons kerk as sy kerk\nvir hom en sy gesin.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek s\u00ea toe vir hulle dat siende dat hulle as hoofmanne \u2018n belangstelling\ntoon om in die Woord van die Here opgelei te word, gaan ek hulle deur die boek\nGenesis neem en gaan ons deur Genesis na die Nuwe Testament soos deur \u2018n\nvenster kyk, want sonder Genesis kan jy nie die Nuwe Testament verstaan nie.\nHulle was baie opgewonde daaroor. <\/p>\n\n\n\n<p>N\u00e1 die eerste les daar onder die bome het ek hulle twee van my volgende\nvoorneme vertel dat ek vir hulle twee klein radiotjies gaan koop wat hulle in\ndie son kan laai met geheuekaartjies. Daarop gaan ek die lesse vooraf opneem\nwaarna hulle dan rustig in hulle eie tyd kan luister. Wat ek van hulle verwag\nis dat hulle met hulle eie klasse moet begin. Soek na gelowige mense in die\ndorp wat ywerig is om ook opgelei te word. \u201cJulle sien self dat dit vir my te\nver is om elke week te kom, maar met die radiotjies en die geheuestafies kan\nons wondere verrig. Vir diegene dan wat julle oplei stel ons weer in staat om\nander op te lei.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Bere se mense is nie mense onder wie jy sommer kom en s\u00ea, ons begin nou\n\u2018n kerk en siedaar nie. Dit is mense wat al het hulle gehoor van Jesus,\nhoegenaamd geen kennis van die Bybel het nie. Die bietjie kennis wat hulle het,\nis in baie gevalle so verdraaid as gevolg van valse apostels en biskoppe. Dit\nis dus nie \u2018n kwessie van net die Evangelie verkondig nie. As dit die geval\nwas, was dit baie makliker. Hier moet jy eers afbreek om weer op te bou. Om die\nwaarheid aan hulle te verkondig moet vir hulle eers verduidelik word dat dit\nwat hulle geleer het al die jare verkeerd was. Noudat die dorpie Bere as\u2019t ware\nvir die eerste keer gebombardeer word deur die ware Evangelie bring dit hulle\ntot die besef van hoe maklik hulle in die verlede geval het vir valse\nle\u00ebrstellings.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Tipiese voorbeeld is die groep apostels wat die naweek daar was. Bere\nis maklike prooi as gevolg van hulle onkunde of oningeligtheid. Jy stap daar in\nmet jou wit toga en vertel vir mense dat hulle probleme het as gevolg van\ngeeste wat hulle wil aanval, soos die een wat kamstig deur sy ma aangeval word,\n\u201cen as julle vir ons beeste en bokke gee, sal ons julle probleme oplos.\u201d So is\ndaar baie van die predikers in Botswana wat hulle op die manier verryk. Hy kom\ndaar aan met niks, maar nie hoe lank daarna nie stap hy daar weg met \u2018n trop\nbeeste en kinders wat hy by die ma of ma\u2019s agterlaat.<\/p>\n\n\n\n<p>In my gesprek met David het hy nog iets aan my genoem: \u201cJy weet Hendrik,\ntydens begrafnisse hier preek ek gewoonlik en jy sal nie besef hoeveel van jou\npreke ek al hier gepreek het nie.\u201d Daaroor was ek baie dankbaar. \u2018n Mens ry\nbaie keer daar weg en wonder wat tot hulle deurgedring het, maar dan troos \u2018n\nmens jouself met die wete dat \u2018n mens die werk van die Heilige Gees nie moet\nonderskat nie en ek maar net \u2018n instrument is in God se heilige doel. Johannes\n6:37 inspireer my altyd: \u201cAl wat die Vader My gee sal na My toe kom; en Ek sal\nhom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.\u201d Of die persoon in Bere of in Moskou\nis, hy of sy sal na die Here Jesus toe kom, en ek en jy is die instrument\nwaardeur die Here die Woord aan hulle bring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Ek is veral opgewonde oor die Woord wat mense deur hierdie\nKlankbybeltjies bereik. Ek was gisteraand by my kollega hier in D\u2019kar wat\ndieselfde ervaring met my gedeel het. Ons buurplaas hier naby wat deur hom\nbedien word, kon maar net so wel \u2018n bierplaas genoem word. Ook aan hulle het\nons so \u2018n tyd gelede Klankbybeltjies gegee. Daar is baie mense wat daar bly na\nwie ons vir jare uitgereik het sonder enige noemenswaardig \u201csukses\u201d. Ons almal\nhier weet hoe die mense hulle daar aan drank oorgegee het. My kollega kan nou\nnie uitgepraat raak oor die verandering wat by die mense daar ingetree het nie.\n\u201cAs ek daar kom, kom hulle spontaan na my toe aangestap en is honger vir die\nWoord, iets wat nooit voorheen gebeur het nie,\u201d het hy vir my ges\u00ea. Ons het toe\nooreengekom om ook vir die drie punte waarby hy betrokke is radiotjies en\ngeheuestafies te koop om ook die materiaal wat ek vir Bere voorberei aan hulle\nte verskaf. Hy is betrokke by oom Dick Eaton se plaas, Tchabo en Groot Laagte.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sondagskoolklassie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"584\" height=\"438\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-pic-2-june-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1050\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-pic-2-june-22.jpg 584w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-pic-2-june-22-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n\n \n \nIn Bere het ons ook \u2018n Sondagskoolklassie wat goed op\ndreef is. Ene mevrou Mereyabone is die juffrou daar. Elke Sondag kom hulle\ngereeld bymekaar. Ons is op die oomblik op soek na 20 klein plastiese\nstoeltjies waarop hulle kan sit, en miskien so 2 of drie groot stoele. Nog \u2018n\nbehoefte is \u2018n bord en kryt. Ons is baie dankbaar vir iemand soos sy wat so\nmooi na die kleintjies omsien. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"653\" height=\"490\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-pic-3-June-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1051\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-pic-3-June-22.jpg 653w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/bere-pic-3-June-22-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 653px) 100vw, 653px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Om af te sluit: Dit het my net weereens onder die besef gebring dat die\neenvoudige Woord van God baie skerper is as wat ons dink. Hebre\u00ebrs 4:12 stel dit\nso treffend: \u201cWant die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige\ntweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van\ngewrigte en murg, en is \u2018n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die\nhart.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie goeie en verrassende nuus Ds Hendrik du Plessis Deur die Here se genade kon ons verlede naweek vir die mense van Bere gaan kuier. Die twee hoofmanne van die<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1051,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1047"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1047"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1047\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1052,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1047\/revisions\/1052"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1051"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1047"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1047"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1047"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}