{"id":1060,"date":"2022-07-11T15:01:06","date_gmt":"2022-07-11T13:01:06","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1060"},"modified":"2022-07-11T15:01:08","modified_gmt":"2022-07-11T13:01:08","slug":"motopi-en-mababe-uitreik-15-26-junie-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1060","title":{"rendered":"Motopi en Mababe uitreik: 15- 26 Junie 2022"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Motopi<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Dit gaan goed met tannie Dorette. Sy woon nog in Maun,\nmaar beplan om teen die einde van die jaar weer terug te trek Motopi toe. Dit\nis haar huis, s\u00ea sy. Sy behartig elke Sondag die eredienste daar waaroor ons\nbaie dankbaar is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"737\" height=\"332\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Pic-1-motopi-June-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1061\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Pic-1-motopi-June-22.jpg 737w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Pic-1-motopi-June-22-300x135.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 737px) 100vw, 737px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nOns het 17 en 18 Junie vir twee aande, die film Walking\nwith Jesus in die kerk op Motopi gewys. Dit is \u2018n film wat die tipiese lewe van\ndie Afrikamens uitbeeld, en hoe selfs \u2018n sangoma op die ou end tot bekering gekom\nhet. Brs. Mac Mc Menamin en Lourens Gouws wat vroe\u00ebr die week by ons in D\u2019kar\noornag het, het die film daar vir ons gewys. Hulle het deur Botswana getoer om\ndie film op verskeie plekke te wys. Ek het hulle versoek omdie film vir die\nmense van Motopi te wys. Dit het gelukkig so uitgewerk dat hulle in daardie tyd\nop pad terug Suid-Afrika daar kon aankom. Almal het vasgenael voor die film\ngesit omdat hulle hulleself daarmee kon vereenselwig het. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"823\" height=\"615\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Motopi-2-June-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1063\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Motopi-2-June-22.jpg 823w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Motopi-2-June-22-300x224.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/Motopi-2-June-22-768x574.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 823px) 100vw, 823px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Sondag kon ek die erediens daar waarneem waarna ons die volgende dag\nMababe toe vertrek het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Mababe<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Soos ek in van my vorige verslae vermeld het, het ons \u2018n kerkerf in\nMababe bekom. Die regering het die erf aan ons kerk gratis gegee met dien\nverstande dat ons dit sal ontwikkel. Ons was die hele week besig met pale kap\nen draad span.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"856\" height=\"385\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-1-June-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1064\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-1-June-22.jpg 856w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-1-June-22-300x135.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-1-June-22-768x345.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 856px) 100vw, 856px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>&nbsp;Ons het daarmee verlief geneem\ndat die olifante van tyd tot tyd die drade gaan plattrap. Ons het dit daarom\nnie te hoog gespan nie, sodat hulle gemaklik oor die draad kan tree. Waar die\ndraad plat trap word, herstel ons maar weer. Dit is wat die inwoners van Mababe\nvan tyd tot tyd doen. Dit gebeur darem nie elke dag of elke week nie, maar dat\ndit wel gaan gebeur daaroor twyfel ons nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"845\" height=\"379\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-3-june-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1065\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-3-june-22.jpg 845w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-3-june-22-300x135.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-3-june-22-768x344.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 845px) 100vw, 845px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nWat ook ons aandag in beslag geneem het was \u2018n\nbegrafnis die week. Hulle het my gevra om verskeie dienste daar waar te neem\ntot en met die begrafnis Saterdag 25 Junie. Dit was \u2018n Boesman wat in 1925\ngebore is en omtrent sy hele lewe lank daar gebly het. Mense van oraloor tot\nsover as Gaborone het gekom vir die begrafnis. Sy seun is \u2018n baie goeie vriend\nvan ons en \u2018n diep gelowige en ons was dankbaar dat ons juis in daardie tyd daar\nkon wees. By \u2018n vorige geleentheid kon ons vir die ou man \u2018n klankbybeltjie\ngee. Dit is van sy seun wat ek in my vorige verslag melding gemaak het as\niemand wat ek graag eendag in die bediening sal wil sien.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"892\" height=\"402\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-4-june-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1066\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-4-june-22.jpg 892w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-4-june-22-300x135.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/mababe-4-june-22-768x346.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 892px) 100vw, 892px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Tydens ons verblyf daar is ons (ek en Abdul) uitgenooi om die naweek van\ndie 9de Julie \u2018n kultuurgeleentheid in Mababe by te woon. Tydens die tyd gaan\ndaar hopelik gepraat word oor hulle taal wat besig is om uit te sterf en hoe\ndie Bybel sentraal kan staan tot behoud van hulle taal. Dit is gelukkig nog nie\nte laat nie omdat daar baie mense is wat nog hulle taal kan praat. Om een of\nander rede het die ouer garde besluit om met hulle kinders net Tswana te praat.\nDie nuwe geslag kinders praat gevolglik net met mekaar Tswana. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons is dankbaar dat die ander Boesmantale soos Naro en Qgoo nog sterk\nstaan. Nooit sal jy hulle kinders met mekaar Tswana hoor praat nie. Ek het verduidelik\ndat net een Persoon hulle taal kan red en dit is Jesus Christus. Waar die Bybel\nin \u2018n taal vertaal word, word God Drie-enig verkondig. So kom die rede vir \u2018n\ntaal op aarde tot sy reg, veral wanneer die Here daar in loof en prys kan word.\nAs voorbeeld het ek die Narotaal gebruik. Vandag staan Naro sterker as ooit te\nvore. Daar is \u2018n Nuwe Testament en ons is besig met die Ou Testament en in die\nkerk word Naro lewendig gehou deur Woord en lied. Nie net in die kerk nie,\norals waar jy kom hoor jy Naros met hulle kenmerkende suig- of klapklanke\nkommunikeer. Hulle skroom nie meer om hulle taal te praat nie, want die\nEvangelie het hulle bevry van \u2018n minderwaardigheidsgevoel, veral wat hulle taal\naanbetref.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit is my bede dat die Here ons die wysheid sal gee om die\nEvangelie van ons Here Jesus Christus by wyse van hierdie pragtige en unieke\ntaal aan hierdie mense te bring.<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;U broeder in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis. <\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Motopi Ds Hendrik du Plessis Dit gaan goed met tannie Dorette. Sy woon nog in Maun, maar beplan om teen die einde van die jaar weer terug te trek Motopi<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1065,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1060"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1060"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1060\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1067,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1060\/revisions\/1067"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1065"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}