{"id":1090,"date":"2022-09-05T10:14:50","date_gmt":"2022-09-05T08:14:50","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1090"},"modified":"2022-09-05T10:14:52","modified_gmt":"2022-09-05T08:14:52","slug":"bere-besoek-25-28-august-22","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1090","title":{"rendered":"Bere besoek 25-28 August 22"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-stoele-Aug-22-1-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1091\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-stoele-Aug-22-1-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-stoele-Aug-22-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-stoele-Aug-22-1-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-stoele-Aug-22-1.jpg 1080w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>Gepak en reg vir Bere besoek<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>Bere<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Bere is vir my \u2018n voorbeeld van blootstelling aan die Woord van die\nHere. Vir jare was die enigste woord wat gehoor is \u2018n verdraaide vorm van een\nof ander biskop of watter titels hulle vir hulleself ookal toe-eien, wat tydens\n\u2018n begrafnis of byeenkoms van die geleentheid gebruik maak om sy vals en\nverdraaide vorm van die Bybel te verkondig. Dit kom gewoonlik in die formaat\nvan: \u201cDie Here het vir my dit of dat ges\u00ea . . .\u201d, en elkeen wat oningelig is in\ndie Woord van die Here eet dit vir soet koek op, want wie is jy per slot van\nrekening om met die \u201choogheiliges\u201d te stry, veral as jyself nie eers \u2018n Bybel\nhet nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek het nou onlangs gelees dat een van die grootste redes vir valse\ngodsdienste deur die eeue heen die woorde: \u201cDie Here het vir my ges\u00ea\u201d is, veral\nhier in Afrika. Baie mense is honger na \u2018n stem of \u2018n onnatuurlike boodskap en\ndaarmee plaas hulle dit gelyk met die Bybel en ander moet dit as kanoniese\ngesag opvreet, want wie is jy per slot van rekening om sy ervarings in twyfel\nte trek. Dit is trouens een van die grootste aanslae teen &nbsp;kerk vandag. <\/p>\n\n\n\n<p>Nog \u2018n verskynsel hier in Afrika is die tendens dat al hoe meer sangomas\nhulleself nou \u201cdominee\u201d, in Tswana \u201cbaruti\u201d noem, want dan is jy oral welkom.\nEk het vir een van hulle \u2018n geleentheid gebied van Gantsi na D\u2019kar toe. Ek het\nhom gevra hoe hulle mense genees en hy het geantwoord dat dit afhang van die\npersoon se vlak van geloof al dan nie. As hy verkies om uit die Bybel genees te\nword, plaas hy sy vinger langs die betrokke offer wat die Bybel vereis. Daar is\nsekere Skrifgedeeltes in die Ou Testament wat van offers praat en dan plaas hy\nsy vinger blindweg op die vers of langs die vers. Die vers sal dan bepaal watter\ndier ter sprake is wat hy vir hom moet bring as offer, maar as die persoon op\ndie tradisionele manier genees wil word, gaan haal sy dolosse. Die offers word\ndan nie verbrand of op \u2018n vuur geplaas nie, nee, dit word geoormerk en is dan\ndie eiendom van die betrokke samgoma. Baie sangomas het op die manier hier ryk\ngeword. Hy kom hier aan sonder \u2018n bees, maar as hy die dag weggaan vertrek hy\nskatryk met \u2018n trop beeste en bokke. <\/p>\n\n\n\n<p>Almal spreek hom aan as \u201cmoruti\u201d wat beteken dominee (pastoor of biskop)\nen is hulle daarvan oortuig hy is \u2018n dienskneg van die Here.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is vir my verblydend toe die twee hoofmanne van Bere aan my genoem het\nvan die verandering wat hulle in Bere opgemerk sedert ons die Klankbybels onder\ndie mense begin uitdeel het. Selfs twee sjibiens het toegemaak. Weereens \u2018n\nbewys dat die Here se Gees altyd deur sy Woord werk, en waar mense aan die\nWoord blootgestel word, daar werk die Gees van die Here en sy Woord sal nooit\nongedaan of onverrigtersake terugkeer nie. Dit is \u2018n tweesnydende swaard wat\nreg- of wegsny. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/bere-6-Aug-22-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1092\" width=\"573\" height=\"429\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/bere-6-Aug-22-2.jpg 466w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/bere-6-Aug-22-2-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 573px) 100vw, 573px\" \/><figcaption>Nuwe Kleiner Klankbybel<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nMet ons afgelope besoek aan Bere was daar \u2018n honger\nonder die mense te bespeur. Mense van oraloor het ons kom vra vir \u2018n\nKlankbybeltjie. Hulle loop soms kilometers ver daarvoor. Ek het gere\u00ebl dat hul\ndit Sondag na die diens kan kry nadat hulle die die Woord van die Here gehoor\nhet. Die Bybeltjie is ietwat kleiner as die vorige Bybeltjies en die verskil is\ndat dit \u2018n interne geheue het in plaas van \u2018n geheuekaartjie. Niemand kan dus\naan die Bybeltjie peuter op soek na \u2018n geheuekaartjie nie. Daarop is\nverskillende tale te same met die volledige Tswanabybel.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nEen van ons hoofmanne wat my regterhand daar is ken\nalmal daar en weet presies vir wie ons laas Bybeltjies uitgedeel het. Sommige\nwou vir hulle geliefdes wat ver bly \u2018n Bybeltjie h\u00ea, maar dit kon ons nie\ntoelaat nie, want daar was skaars genoeg vir die mense daar teenwoordig.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-5-Aug-22-2.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1093\" width=\"575\" height=\"433\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-5-Aug-22-2.png 356w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-5-Aug-22-2-300x226.png 300w\" sizes=\"(max-width: 575px) 100vw, 575px\" \/><figcaption>Ouer kerkbesoekers in Bere<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nNa die diens het hulle een vir een navore gekom vir \u2018n\nBybeltjie, en jy besef 95% van die mense hier voor jou kan nie lees nie en vir\ndie enkeles wat wel kan lees is dit so vermoeiend dat hulle gou maar weer die\nBybel neersit. Ek praat nou van die ouer garde. Vir die jonger mense wat wel\nkan lees het ons gedrukte Bybels uitgedeel sodat daar meer Klankbybels\nbeskikbaar kan wees vir die ouer mense.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"586\" height=\"440\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-3-Aug-22-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1094\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-3-Aug-22-2.jpg 586w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-3-Aug-22-2-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 586px) 100vw, 586px\" \/><figcaption>Nuwe stoele vir die katkisasie klas in bere<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nOns was veral dankbaar vir die stoele wat \u2018n anonieme\nskenker aan ons gegee het. Daarsonder sou die meeste mense moes gestaan het.\nDie kinders was veral baie dankbaar daaroor. Ons het \u2018n baie getroue en\nnederige Sondagskool-onderwyseres. Daaroor is ons baie gese\u00ebnd. Dit is haar\npassie om vir die kindertjies Bybelversies te leer. Sy sal byvoorbeeld vra wat\nstaan in Johannes 3:16. Dan spring die kinders in \u2018n koor daar weg en s\u00ea die hele\nvers uit hulle koppe uit op: \u201cWant so lief het God die w\u00eareld gehad, . . .\u201d Nog\neen van die baie verse wat hulle kan resiteer is Romeine 6:23: \u201cWant die loon\nvan die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in\nChristus Jesus, onse Here.\u201d Dit was vir my verstommend hoe gemaklik hulle\nsonder enige moeite die moeilikste verse ops\u00ea. Een ding is seker, daardie\nkindertjies gaan eendag die Bybel ken. Die klas het omtrent \u2018n halfuur geduur\nen in die halfuur het hulle die een Bybelvers na die ander uit hulle koppe\nopges\u00ea. Ek het vir haar \u2018n boks Sondagskoolmateriaal gegee wat sy met die\nkinders kan gebruik. Daaroor was sy baie dankbaar.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"703\" height=\"528\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-2-Aug-22-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1095\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-2-Aug-22-1.jpg 703w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/Bere-2-Aug-22-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 703px) 100vw, 703px\" \/><figcaption>Vernaamlik kinderklere word uitgesoek en uitgedeel<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nHierdie keer het ons besluit om die klere wat ons as\nskenking van Suid-Afrika ontvang het in Bere uit te deel. Ons\nSondagskoolonderwyseres daar sal dit met die tyd uitdeel soos wat sy \u2018n\nbehoefte onder die kinders waarneem. Die klere is \u2018n groot geskenk en sy is die\ngeskikte persoon daar om dit met wysheid uit te deel. Sy staan links voor, en\nagter haar staan ons hoofman. Voor regs staan Abdul, wat my altyd op my uitreike\nvergesel.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Bybelstudie aan ons hoofmanne<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die vorige keer het ons met ons twee hoofmanne ooreengekom om hulle op\nte lei. My ooreenkoms met hulle was dat ek en my kollega ds. Gaobolelwe in\nD\u2019kar Bybelstudies vooraf gaan opneem om met hulle deur te werk. Ek het toe vir\nelkeen \u2018n solarradiotjie gekoop en vir elke radiotjie \u2018n geheuestafie of\nstoorstokkie. Vooraf neem ek en my kollega ons Bybelstudies in D\u2019kar op wat ons\ndan aan hulle beskikbaar stel deur middel van die geheuestafies. Elke keer\nwanneer ek Bere toe gaan bring ek vir hulle \u2018n nuwe Bybelstudieles saam wat ek\ndan vir hulle op die geheuestafies aflaai. Ek het hulle aangemoedig om\nBybelstudiegroepe te begin wat ook daarna kan luister. My voorstel aan hulle is\nom te begin met een of twee persone wat hulle uitnooi. Later kan hulle meer\nword. Ek het aan hulle die bekende voorbeeld genoem van \u2018n Franse dominee wat\nop \u2018n keer na \u2018n kerk hier in midde-Afrika genooi was. Toe hy hier kom het\nhulle hom na \u2018n groot kerk toe genooi. Die kerk was stampvol. Daar sou hy hoor\ndat die kerk sy ontstaan gehad het te danke aan sy uitsendings uit Frankryk.\nAanvanklik was dit een persoon wat na sy dienste Sondae geluister het. Later\nhet iemand anders by hom aangesluit. Toe was dit drie en vier tot hulle later\n\u2018n kerk begin stig het en \u2018n kerkgebou gebou het. Sondae het hulle dan steeds die\nradio op die preekstoel geplaas om na die diens te luister. Nooit het die\nFranse predikant in sy wildste drome besef wat sy uitsendings na Afrika beteken\nhet nie. <\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nOns het met die boek Genesis begin. Ons lees die boek\nGenesis deur, en verse wat \u2018n nader verklaring vereis word daar en dan\nverklaar. Ek wil voor ons na die volgende boeke toe aanbeweeg deskundiges van\nhulle maak wat die boek Genesis aanbetref. Jy kan die Nuwe Testament nie\nwerklik verstaan as jy nie Genesis verstaan nie. Regs op die foto kan die\nhoofman gesien word met die radiotjie in sy hand. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"667\" height=\"500\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/bere-aug-22-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1096\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/bere-aug-22-1.jpg 667w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/bere-aug-22-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 667px) 100vw, 667px\" \/><figcaption>Radio met geheue stokkie vir bybelstudie<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Die volgende dag kon ons dieselfde Bybelstudie met die ander hoofman\ndeurwerk. Die hoofman hierbo op die foto was toe ook teenwoordig. <\/p>\n\n\n\n<p>My gebed is dat hierdie klein begin van Bere af sal uitkring. Nie net\nword sekere Skrifgedeeltes verklaar nie, maar die Boek Genesis word deurgelees\nen as \u2018n geheel verklaar. Ons Bybelstudie se fokus hierdie keer was Genesis\n1:1, verwysende na die Skepper van die hemel en die aarde en gedeeltes in die\nNuwe Testament wat na die Here Jesus verwys as die Een deur wie alle dinge\nontstaan het soos dit verklaar word in Johannes 1, Kolossense 1 en Hebre\u00ebrs 1. <\/p>\n\n\n\n<p>My kollega is baie opgewonde oor hierdie inisiatief. Ek het vir hom ook\n\u2018n radiotjie en \u2018n geheuestokkie gekoop wat hy op sy uitreike gaan gebruik. Hoe\nmeer mense, hoe meer radiotjies wil ons tot hulle beskikking stel.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om af te sluit<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit wil ek weereens vir al ons kerke, daar in Nieu Seeland en\nin Suid-Afrika asook die individue wat ons instaat stel om hierdie uitreike\nmoontlik te maak uit die diepte van my hart bedank. Sonder julle sou dit nie\nmoontlik gewees het nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Vir broeder Danie du Plessis wat nie gesond is nie, maar ons deur sy\nkontakte telkemale van hierdie Klankbybeltjies voorsien, baie baie dankie Danie.\nVir broeder Tiddo Voogt wat aan die spits staan van al hierdie inisiatiewe, sy\nmoeite en liefde vir die uitbreiding van God se koninkryk, dit gaan nie\nongesiens verby nie, maar bo dit alles kom al die eer, heerlikheid en\naanbidding God Drie-enig toe wat ons as nietige mense gebruik in diens van sy\nkoninkryk, en ons bede is elke dag, laat u koninkryk kom. <\/p>\n\n\n\n<p>Groete in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Bere Bere is vir my \u2018n voorbeeld van blootstelling aan die Woord van die Here. Vir jare was die enigste woord wat gehoor is \u2018n verdraaide<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1084,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1090"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1090"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1090\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1097,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1090\/revisions\/1097"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1084"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1090"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1090"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1090"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}