{"id":1116,"date":"2022-12-13T10:30:17","date_gmt":"2022-12-13T08:30:17","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1116"},"modified":"2022-12-13T10:30:19","modified_gmt":"2022-12-13T08:30:19","slug":"jaareinde-2022-oorsig-dkar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1116","title":{"rendered":"Jaareinde 2022 oorsig D&#8221;Kar"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie jaar was nie \u2018n maklike jaar nie, dit was \u2018n jaar met baie uitdagings, nie net in D\u2019kar nie maar ook elders op die sendingveld. D\u2019kar is \u2018n gemeente wat ontstaan het in die middel sestiger jare van die vorige eeu. Daar is tans \u2018n volwaardige kerkraad en die gemeente reik ook buite sy grense uit na ander bedieningspunte.<\/p>\n\n\n\n<p>Die kerkraad bestaan uit 4 ouderlinge, 1 emeritus predikant en 1 dienende predikant. Op die foto staan van links na regs James Morris, Gaobolelwe Ngakayaja, ek, Aron Johanes en Morris Morris. Jim Morris was afwesig. Ons is dus 6 op die kerkraad.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/kerkraad-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1118\" width=\"732\" height=\"550\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/kerkraad-22.jpg 427w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/kerkraad-22-300x226.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 732px) 100vw, 732px\" \/><figcaption>Dekar Kerkraad Desember 22<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Wat aanvanklik net \u2018n sendinguitreikpunt was reik nou ook uit na ander gebiede. Natuurlik het dit nie oornag gebeur nie. Dit het na jare se volgehoue sendingwerk gebeur. Ons is op die oomblik oor die 100 belydende lidmate en 170 dooplidmate met 10 in die voorbelydenisklas en vier in die belydenisklas. Kinders in die Sondagskoolklas wissel van 75 tot 200.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Bere<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Bere is steeds \u2018n bedieningspunt van D\u2019kar. Daar is \u2018n baie bekwame Sondagskoolonderwyseres wat regtig \u2018n gawe het met kinders. Die stoele, klere en boeke wat ons as skenkings ontvang het was \u2018n groot geestelike inspuiting. Ons wil weereens vir een en elk wat hiertoe bygedra het uit ons harte daarvoor bedank, maar bo alles gaan ons dank aan ons hemelse Vader wat dit vir ons moontlik gemaak het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Bere-teacher22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1119\" width=\"407\" height=\"501\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Bere-teacher22.jpg 309w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Bere-teacher22-244x300.jpg 244w\" sizes=\"(max-width: 407px) 100vw, 407px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Wat vir my uitstaan is die feit dat sy vir die kindertjies kern Bybelversies leer. Wanneer hulle op \u2018n Sondag bymekaarkom staan die kinders spontaan een vir een op en resiteer die Bybelversies wat hy of sy die week geleer het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"586\" height=\"440\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Bere-3-Aug-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1122\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Bere-3-Aug-22.jpg 586w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Bere-3-Aug-22-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 586px) 100vw, 586px\" \/><figcaption>Bere katkisasie klas<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Dr. David Jeremiah het dit op \u2018n keer so verduidelik: In Efesi\u00ebrs 6 word die Woord, die swaard van die Gees genoem. Die woord wat hier vir \u201cWoord\u201d gebruik word is \u201cRhema\u201d en nie \u201cLogos\u201d nie. \u201cLogos\u201d is die Woord in sy geheel, maar \u201cRhema\u201d is \u2018n sekere skrifgedeelte uit die Woord of \u201cLogos\u201d wat vir jou deur die Gees soos \u2018n swaard aangegee word tydens die aanvegtinge van die duiwel en jy kan jouself verdedig. Jy word herinner aan sekere gedeeltes uit die Logos (Woord) van toepassing op jou omstandighede.<\/p>\n\n\n\n<p>Soms is jy hartseer en soms moedeloos en dan gee die Heilige Gees aan jou die swaard (Rhema) aan, gedeeltes uit die Bybel waaraan jy herinner word en waarmee jy jouself kan verweer. Hoe dikwels skiet \u2018n Psalmvers of \u2018n gedeelte uit die Bybel jou net nie op die regte tyd te binne nie, en jy word vertroos.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir die Here Jesus self was skrifgedeeltes sy Rhema of sy swaard in Matteus 4 toe Hy Homself verweer het teen die aanslae van die duiwel. \u201cDaar staan geskrywe\u201d was sy woorde aan die duiwel en dan haal hy verse (Rhema of swaarde) uit Deuteronomium aan.<\/p>\n\n\n\n<p>In Johannes 14:26 word na die Heilige Gees as ons Trooster verwys: \u201c<sup>26<\/sup>maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle ges\u00ea het.\u201d Die Heilige Gees troos jou juis deur jou te herinner. Maar as jy nie die Bybel ken nie, waaraan moet Hy jou herinner en waarmee moet Hy jou vertroos. Wanneer die kinders van Bere die Bybelversies so uit hulle koppe uit ops\u00ea besef mens dat dit versies is waaraan Heilige Gees hulle later in hulle lewens gaan herinner en vertroos.<\/p>\n\n\n\n<p>Nog \u2018n groot bedieningshoogtepunt hierdie jaar was die klankbybeltjies. Elke keer as jy by iemand se erf verbystap en jy hoor hoe die Bybel in die agtergrond gelees word kan jy nie anders nie as om te dink aan die woorde van Paulus in Romeine 10:17: \u201cDie geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.\u201d Mense wat andersins nooit met die Woord van God in aanraking gekom het nie, kan nou die hele dag daarna luister. In Johannes 8:32 s\u00ea die Here Jesus aan sy dissipels: \u201c<sup>32<\/sup>En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"723\" height=\"542\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Mababe-mei-22-3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1120\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Mababe-mei-22-3.jpg 723w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Mababe-mei-22-3-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 723px) 100vw, 723px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Op die sendingveld waar mense nog nie met die waarheid van die Woord in aanraking gekom het nie, heers daar \u2018n atmosfeer van vrees vir onheile wat hulle kan tref. Sekere onheile kan jou tref as jy nie bepaalde rituele pligsgetrou nakom nie, en dit verstewig jou band met die tradisionele dokter, wat dan op sy beurt vir jou deur sy dolosse wysmaak wie jou getoor het. Dit word een groot wrywing tussen families. Mense haat mekaar. Dit het ons verskeie kere ook hier in D\u2019kar ervaar. Iemand se geliefde kom te sterwe en die familie is heilig daarvan oortuig dat \u2018n bepaalde persoon verantwoordelik was vir hul geliefde se dood, dat die afgestorwene doodgetoor is. Die rede? Die tradisionele dokter het so ges\u00ea. Wanneer hy na homself as \u2018n dominee (moruti) verwys, is elkeen daarvan oortuig hy is van die Here. Dit raak een groot bose kringloop want die tradisionele dokter word as\u2019t ware die huisdokter en die huispredikant wat die familie teen onheile beskerm en waarsku, en hy doen dit beslis teen \u2018n prys. Sy vergoeding is gewoonlik beeste of bokke.<\/p>\n\n\n\n<p>Die enigste genesing vir hierdie sieklike omstandighede is die waarheid van die Evangelie wat jou vrymaak. Ons het by mense aangekom wat hulle Klankbybeltjies amper nooit afskakel nie. Iemand in Mababe het aan my vertel dat hy met sy Bybeltjie aan slaap. In die stilte van die nag word die Bybel vir hom gelees en ons weet dat die Woord van God nooit onverrigtersake of leeg terugkeer nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"721\" height=\"541\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Mababe-Mei-22-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1121\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Mababe-Mei-22-2.jpg 721w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/Mababe-Mei-22-2-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 721px) 100vw, 721px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ons het hierdie jaar ook al hoe meer en meer tot die besef gekom, mense moet opgelei word al kan hulle nie lees of skryf nie. Die mense word nie noodwendig opgelei as predikante nie, maar opgelei as gelowiges, ouderlinge en diakens waar hulle ookal bly. Ons kan hulle besoek. Ons kan aan hulle die materiaal verskaf in hulle eie taal. Ons kan die Bybel met hulle deurwerk daar op die veepos, nedersetting of dorp.<\/p>\n\n\n\n<p>My kollega en ek het onsself digitaal begin opneem. Die materiaal stel ons tot beskikking van \u2018n leiersfiguur wat sy groepie kan begin. Saam met die Klankbybeltjie kry hy ook \u2018n stoorstokkie of geheuestafie wat hulle kan deurwerk. In Botswana het min mense hulle skoolloopbane voltooi. Dit beteken dat min kwalifiseer aan die vereistes om by Mukhanyo Bybelskool in te skryf. Sou ons so \u2018n persoon kry en hy voel geroepe en is bereid om opgelei te word sal ons nie twee keer dink nie, maar ongelukkig is \u2018n predikant hier in Botswana \u2018n luukse.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"667\" height=\"500\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/bere-aug-22.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1123\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/bere-aug-22.jpg 667w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/bere-aug-22-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 667px) 100vw, 667px\" \/><figcaption>Bybelstudie materiaal op geheuestokkie.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Dit laat my dink aan Suid-Afrika so om en by twee eeue gelede. Die gemiddelde Afrikaner was ongeletterd, en daar was baie gemeentes wat so eenkeer in drie jaar deur \u2018n predikant besoek is. Tydens so \u2018n besoek word daar gedoop, belydenis van geloof afgel\u00ea en nagmaal bedien. Al was die meeste ongeletterd, het die mense die Bybel geken en die gemeentes het gefloreer. Die meeste van daardie gemeentes kon nooit iemand stuur om as predikant opgelei te word nie, maar dit het hulle nie verhoed om \u2018n gemeente te wees nie. Die Bybelskool begin daar waar jy mense onder \u2018n boom bymekaarbring, en jy kan hulle van tyd tot tyd besoek en hulle van leermateriaal voorsien. Met die audio- of klankmateriaal is die vereiste nie meer dat hy geletterd hoef te wees nie. As iemand kan lees is dit \u2018n luukse, maar andersins hoef hy of sy maar net te luister en dit opsigself kan hulle goed doen, want hulle het \u2018n luisterkultuur, \u2018n memoriseerkultuur en nie \u2018n leeskultuur nie. Soos hulle na die Klankbybeltjie luister kan hulle ook herhalend na die studiemateriaal luister. Aan die einde gaan dit nie net daaroor om vir iemand te vra of hy glo nie, maar of hy die kennis het wat sy geloof onderskryf.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om op te som<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die tradisionele metode was om \u2018n Bybelskool op te rig. Mense word dan daarheen gestuur vir Bybelopleiding, hulle word van kos en verblyf voorsien. Hulle word dus ontwortel uit hulle omgewing om daar te gaan studeer. Sodra hul afstudeer het word daar van hulle verwag om die resultate van hul studies te kan wys.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hedendaagse metode wat baie goedkoper uitwerk is wanneer jy as\u2019t ware die Bybelskool na die student toe vat. Vooraf maak jy digitale klankopnames wat jy by hom agterlaat. Dit word dan daardie persoon se verantwoordelikheid om mense van die staanspoor af op te lei. Hy word van dag een af in die werk gesit en dit is basies gratis. Al wat hulle hoef te doen is om oor en oor na die materiaal te luister. Van tyd tot tyd besoek jy hulle. Of hulle onder \u2018n boom of in \u2018n gebou bymekaarkom, dit alles hang van hulle af. Mense wat belangstel om opgelei te word kontak die verantwoordelike persoon en hy voorsien die materiaal wat aan hom voorsien is.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tradisionele metode werk, maar dit kos baie geld en mense word ontwortel, terwyl hierdie digitale opleiding soos Bybelstudie onbepaald voortduur soos hulle toegerus word. Natuurlik kan aan hulle sertifikate uitgedeel word vir modules wat hulle voltooi het, maar die ware toets is of hy ander oplei, want dit is nou sy verantwoordelikheid. In kort kom dit daarop neer, jy help mense om hulle eie \u201cBybelskole\u201d te begin en jy verduidelik dit ook so aan hulle. Dit is dan niks anders nie as die Bybelse beginsel van dissipel maak. \u2018n Dissipel lei jy op om ander dissipels op te lei, en ons verskaf aan hulle die digitale materiaal.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om af te sluit<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Vir ons is dit \u2018n wonderlike uitdaging en ek is daarvan oortuig, as ons in ons diepe afhanklikheid na die Here toe gaan, alles ten goede sal meewerk tot die uitbreiding van sy koninkryk. Ons vra dat u vir ons sal bid. Ekself bid gereeld die woorde van die apostel Paulus in 2 Thessalonisense 3:1 en 2: \u201c3<sup>1<\/sup>Ten slotte, broers,&nbsp;bid vir ons,&nbsp;dat die woord van die Here vinnig sy loop sal neem,&nbsp;en net soos by julle, geprys sal word,&nbsp;<sup>2<\/sup>en dat ons gered sal word van die kwaadwillige en bose mense; want nie almal het geloof nie.\u201d Daarmee saam lees ons die belofte in vers 3: \u201c<sup>3<\/sup>Maar die Here is getrou;&nbsp;Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus.<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>*(Let wel dat alle foto\u2019s met toestemming van betrokke partye geplaas word)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Hierdie jaar was nie \u2018n maklike jaar nie, dit was \u2018n jaar met baie uitdagings, nie net in D\u2019kar nie maar ook elders op die sendingveld.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1118,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1116"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1116"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1116\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1124,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1116\/revisions\/1124"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1118"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}