{"id":1133,"date":"2023-03-11T16:45:29","date_gmt":"2023-03-11T14:45:29","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1133"},"modified":"2023-03-11T16:45:31","modified_gmt":"2023-03-11T14:45:31","slug":"bedienings-werk-vanuit-dkar-botswana","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1133","title":{"rendered":"Bedienings Werk vanuit D’Kar Botswana"},"content":{"rendered":"\n
Ds Hendrik du Plessis<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Januarie en Februarie 2023
Deur die genade van die Here kon ons reeds vroeg in hierdie jaar Bere, Mababe en Motopi besoek. Vanaf die 26ste tot die 30ste Januarie het ons Bere besoek, en vanaf die 9de tot die 17de Februarie het ons Motopi en Mababe besoek.
Bere<\/strong>
Ons bede en strewe is om by elkeen van hierdie punte mense op te lei om ander op te lei. Al begin \u2018n mens klein kan die rimpelingeffek al hoe groter en groter uitkring. Ons het met die twee hoofmanne daar begin en ons stel Bybelstudies tot hulle beskikking wat hulle in hulle eie tyd kan deurluister en ook met ander kan deurluister. Vooraf berei ek die Bybelstudies hier in D\u2019kar skriftelik voor. My kollega hier, ds. Gaobolelwe Ngakayaja berei hom dan op die skriftelike teks wat ek aan hom gee voor. Daarna neem ons die Bybelstudieles digitaal op. Ons werk tans deur die boek Genesis omdat jy sonder Genesis nie die Nuwe Testament kan verstaan nie. Sonder Genesis het jy \u2018n verwronge idee van die Nuwe Testament en dit glo ek is een van die redes, indien nie die grootste rede nie vir soveel valse kerke. In ons Bybellesse of Bybelstudies word dit wat na die Nuwe Testament heenwys duidelik uitgelig. Soos \u2018n padkaart wys alles na die kruis en die opstanding van ons Here Jesus Christus.
Die Here is regtig goed vir ons hier in die bediening. Br. Tiddo Voogt en br. Cobus Rudolph het uit hulle pad uitgegaan om vir ons \u2018n kompakte studio te skenk met \u2018n klankbord by wat br. Tiddo self gemaak het om die klank te demp vir die opnames. Daaroor is ons baie opgewonde. Dit gaan ons instaat stel om gehalte Bybelstudie-opnames te kan maak. Ons droom is om mense orals van hierdie Bybelstudiemateriaal te voorsien. Die afgele\u00eb veeposte, nedersettings en dorpe is in ons visier en as dit na die groter stede
2
en lande kan uitbrei, waarom nie. My kollega is veral opgewonde oor die materiaal wat ons voorberei. Hy self het sy bedieningspunte waar hy die Bybelstudies versprei. Ons beplan selfs om nadat ons Genesis deurgewerk het, sertifikate aan die mense te gee. Die sertifikate is nie bedoel om aan hulle enige status te gee nie, maar om aan hulle eerder ekenning te gee vir modules wat ons saam met hulle deurgewerk het. U voorbidding word vir hierdie initiatief gevra, want sonder die Here se se\u00ebn is dit nie haalbaar nie.
Walking with Jesus film shown in Bere<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Tydens ons besoek daar in Bere het ons in die aande vir die mense \u2018n video gewys. Die een hoofman se huis se muur was die skerm. Dit is eintlik \u2018n aangrypende video, in Tswana oorgeklank. Die video se naam is \u201cWalking with Jesus\u201d. Dit is \u2018n tipiese Afrika drama met wie hulle hulle maklik kan vereenselwig. Dit gaan oor \u2018n hoofman wat niks en niemand ontsien het nie en eendag nadat hy die Jesusfilm gesien het tot diepe inkeer gekom het. Die kruistonele was vir hom een te veel en hy kon die nag nie slaap nie. Hy het toe na die plaaslike dominee toe gegaan wat aan hom die Evangelie verduidelik het. Daarna het hy begin worstel met sy gewete, die onreg wat hy ander aangedoen het. Hy het voor sy bekering selfs so ver gegaan om iemand se grond af te vat en dit in sy hoedanigheid as hoofman vir homself op te eis. Nadat hy die Here Jesus in sy lewe ontmoet het en sy sondes bely het, het hy na verskeie mense toe een vir een teruggegaan om vergifnis te vra vir die onreg wat hy hulle aangedoen het. Vir hom was die moeilikste natuurlik om die grond terug te gee. Na indringende gesprekke met die dominee het hy op die ou end dit kon regkry om die grond aan die regmatige eienaar terug te besorg en diep ootmoedig om vergifnis gesmeek. Dan is daar in dieselfde film ook
3
die intrige rondom \u2018n jong seun wat na \u2018n bakleiery met \u2018n ander seun tot diepe inkeer gekom het en teruggegaan om sy verhouding met die ander seun te herstel. Op die ou end was hulle as maats deel van die kerk en het hy openlik bely hoe die Here hulle sondes vergewe het en ook hulle lewens verander het. Teen die einde van die film was daar \u2018n sangoma wat nie wou h\u00ea sy seun moes \u2018n lidmaat van die kerk word nie en die intrige daar rondom. Dit is \u2018n film waarmee die Afrikamens homself mee kan vereenselwig en tog baie kan leer wat dit beteken om \u2018n Christen te wees. As jy \u2018n Christen is verander jou hele lewe. As jy jou lewe vir die Here Jesus gegee het kan jy nie dieselfde bly nie \u2013 jy is \u2018n nuwe skepsel (2 Korinthi\u00ebrs 5:17). Twee aande het ons die film op versoek van die hoofman by sy huis gewys en daarna op versoek van een van die polisiebeamtes, by haar huis gewys, ook teen \u2018n muur. Elkeen wat daar verbygeloop het was welkom om te kom sit en kyk. Ons het nog een van hierdie ou dataprojekters wat baie krag gebruik. Die bakkie moes die hele tyd luier, anders loop die battery leeg. Dit het een keer met ons gebeur en ons moes stoot. Die sukses agter soortgelyke films l\u00ea in die bespreking onder mekaar na die tyd. Selfs die volgende dag hoor jy hulle onder mekaar die film bespreek. Nog \u2018n positiewe aspek van die film is die gesprekke van die mense met die predikant en die gedeeltes en versies uit die Bybel wat die heeltyd aangehaal word. Die wat daarna kyk kan nie anders as om vertroud te raak met die Skrifgedeeltes nie.
Bere sondagskool klassie<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Die Sondagskoolklassie groei goed en \u2018n mens is daaroor baie dankbaar. Vir die Sondagskoolonderwyseres is dit regtig toegewyd. Die manier waarop sy die kinders leer en Bybelversies laat ops\u00ea is vir my baie positief. Daardie kinders gaan daardie versies vir die res van hulle lewens onthou. Dit word op \u2018n mooi manier by hulle ingedril. Die Sondag het ek die erediens daar waargeneem en \u2018n mens was dankbaar oor die opkoms. Ek het weer Bybels en
4
Bybelstudiemateriaal soos traktaatjies aan haar gegee om te gebruik en uit te deel.
Motopi<\/strong>
Hendrick Motopi<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Afrika het \u2018n geweldige te kort aan Bybelgefundeerde mense wat leiding kan gee in die kerk, en die enigste manier is om Bybelstudiemateriaal aan hulle te verskaf waardeur hulle ander kan oplei. My woorde aan tannie Dorette was: Ons droom van \u2018n Bybelskool, maar eintlik kan ons elke veepos en nedersetting omskep in \u2018n Bybelskool as ons as\u2019t ware die een wat ons daar oplei nie-amptelik die skoolhoof van sy eie groep maak. As hy werklik in sy hart deur die Here aangegryp is, kan hy daardie hele omgewing vir die Here omkeer. Op die foto hierbo staan Hendrick tweede van links. Die Sondag het ons vir elkeen van hulle \u2018n Bybel gegee.
Tydens ons besoek daar het ons weereens \u2018n indringende gesprek met Hendrick gehad en saam met hom en sy vrou gebid. Tannie Dorette is nie-amptelik die ko\u00f6rdineer van die projek, om hom aan te moedig om die Bybelstudiemateriaal deur te luister, maar volgens haar is dit nie nodig nie.
5
Hy werk dit deur sonder enige aanmoediging. Ons vra u voorbidding vir sulke mense wat die Here op ons pad stuur. Vir die koninkryk van die Here is hulle goud werd.
Mababe<\/strong>
Pad na Mababe<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Dit is \u2018n ongelooflike slegte pad, veral as dit gere\u00ebn het. Plek plek het ons byna vasgesit. Omdat my bakkie nie \u2018n 4×4 het nie moet ons dit heeltyd in aanmerking neem. By sommige poele moet jy jaag om deur te kom. In een van die poele het ons vasgesit dat die water by die uitlaatpyp begin inloop het. Die poel hierbo lyk op die oog af heel deurgaanbaar, maar daar voor was \u2018n vals plek soos \u2018n gat wat ons totaal en al onderskat het. Abdul en \u2018n ander man moes in die water afklim en stoot tot die agterwiele weer vaste grond kon bereik. Daar leer jy om mense wat langs die pad vir \u2018n geleentheid vra nie sommer verby te ry nie, want dit is hulle wat jou netnou gaan help stoot as jy in die moeilikheid beland.
Gelowiges in Mababe<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Mababe is \u2018n plek waar ons nie meer bekendstelling nodig het nie. Ons gaan om te gaan kuier. Elke aand word daar by iemand aan huis Bybelstudie gehou. Mense vertrou jou en bespreek hulle persoonlike probleme met jou en \u2018n mens is dankbaar. Op pad na Mababe van Maun af het ons vir
6
iemand \u2018n geleentheid gegee. Later sou ons uitvind dat sy een van die onderwyseresse in Mababe is en wou sy weet of ons nie een aand vir hulle as onderwysers ook \u2018n Bybelstudie kan kom hou nie. \u2018n Paar aande daarna het ons gretig aan haar versoek gehoor gegee. Die foto hierbo is van mense aan wie ons Bybels en traktaatjies uitgedeel het. Die man aan die regterkant op die foto is baie ywerig en woon al ons Bybelstudies by. Hy het \u2018n ou skootrekenaar en het ek die Bybelstudielesse uit Genesis vir hom daarop afgelaai. Hy is gretig om verder opgelei te word. Ek het die vorige keer ook die film \u201cwalking with Jesus\u201d vir hom daarop afgelaai.
Ek het nog \u2018n paar klankbybeltjies oor wat ek baie suinig uitdeel, slegs aan iemand wat oud is of glad nie kan lees nie.
Om af te sluit
In Mattheus 9 vanaf vers 35 lees ons hoe die Here Jesus en sy dissipels rondgegaan het en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig het en so ook elke siekte en elke kwaal onder die volk genees het. In vers 36 staan daar: \u201cEn toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.\u201d Letterlik staan daar, sy ingewande het gedraai of in beweging gekom of saamgetrek oor die skare wat Hy voor hom gesien het. Die kommentator, Gill vertaal dit, \u201chis bowels yearned for them.\u201d Die rede hiervoor is, hulle is moeg en uitgeput soos skape wat geen herder het nie. In vers 37 bring hy hulle by die kern van die probleem: \u201cDie oes is wel groot, maar die arbeiders min.\u201d Die vraag is dan, wat doen \u2018n mens met so \u2018n arbeiderprobleem. Die antwoord op hierdie probleem gee die Here Jesus vir ons in vers 38: \u201cBid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.\u201d Uit hierdie woorde is dit duidelik: Sonder Hom wat arbeiders in die oes stuur is daar niemand wat arbei nie, en sonder die een wat bid wil die Here nie stuur nie. Vandaar dan die opdrag: \u201cBid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.\u201d Natuurlik kan die Here dit sonder ons gebede doen, maar Hy wil nie. Nog \u2018n ding: Die oes behoort
7
aan Hom. Hy is die Here van die oes, by magte om arbeiders in sy oes te stuur, as ons maar net wil bid vir mede-arbeiders. Dit is \u2018n gegewe, maar dit is ook \u2018n opdrag, bid. Dit is dan ook ons gebed hier. Die rede waarom die arbeiders so min is, glo ek is omdat die bidders al hoe minder en minder geword het. Mag die Here ons daartoe opwek om hierdie gebed voortdurend op ons lippe te h\u00ea.
U broer in Christus,
Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Ds Hendrik du Plessis Januarie en Februarie 2023 Deur die genade van die Here kon ons reeds vroeg in hierdie jaar Bere, Mababe en Motopi besoek. Vanaf die 26ste tot<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1138,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1133"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1133"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1133\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1139,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1133\/revisions\/1139"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1138"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}