{"id":1178,"date":"2023-06-19T19:12:25","date_gmt":"2023-06-19T17:12:25","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1178"},"modified":"2023-06-19T19:12:27","modified_gmt":"2023-06-19T17:12:27","slug":"gebed-van-n-arbeider","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1178","title":{"rendered":"Gebed van n Arbeider"},"content":{"rendered":"\n<p>Br Thinus Herman<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u2018n Gebed: Arbeiders vir die oes in Botswana (Lukas 10).<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>O God en almagtige Vader, Skepper van hemel en aarde, ons het die afgelope twee weke weer in verwondering gestaan oor U skepping. Wat \u2018n voorreg was dit nie om in die noorde van Botswana rond te beweeg en te sien hoe troppe wilde diere nog vrylik rondloop in die natuur nie. Ja, om in die oggende, met \u2018n oop Bybel, te sien hoe die son die w\u00eareld oranje verf en van U wonderdade getuig. Om in die aande te kan kyk na die sterrehemel en te leer hoe om die klanke van seekoeie, jakkalse, hiena\u2019s en leeus te onderskei.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"645\" height=\"484\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1179\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-1.jpg 645w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 645px) 100vw, 645px\" \/><figcaption>Mababe Camp Site D&#8221;Kar Church<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"645\" height=\"484\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1180\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-2.jpg 645w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-2-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 645px) 100vw, 645px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Here, U het destyds 72, twee-twee vooruit gestuur na plekke wat U nog beplan het om te besoek. Dankie, Here dat ons die afgelope twee weke ietsie soortgelyks kon ervaar in Botswana. Ons kon eerstehands sien wat in Lukas 10 staan: Die oes is groot, maar die arbeiders is min.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"510\" height=\"383\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1181\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-3.jpg 510w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-3-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 510px) 100vw, 510px\" \/><figcaption>Hendrik\/Elsabe\/Abdul\/Tannie Dorette\/<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Here, ek wil U loof en dank vir die voorreg dat ons tannie Dorette kon ontmoet. Wat \u2018n wonderlike getuienis oor die pad wat U met haar en oom Thys geloop het. Ja Here, op \u2018n ouderdom wat meeste mense aftree, het U hulle in Motopi geplaas. Here, haar vertelling oor hoe basies hulle aanvanklik moes leef weerklink U woorde van Lukas 10 \u2013 geen beursie of reissak of sandale nie. Hulle was nie predikante nie, maar deur U Gees het hulle onder \u2018n boom begin dien. Nou is daar al \u2018n kerk en gemeenskapsaal.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"653\" height=\"490\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-4.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1182\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-4.jpg 653w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-4-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 653px) 100vw, 653px\" \/><figcaption>Tannie Dorette at Motopi<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Here, sy is al 79 en steeds leef Sy U opdrag uit: Laat die kindertjies na my toe kom. Ons kan maar net in groot afhanklik bid dat U werkers vir die oes na haar toe sal stuur. Ja, Here, sy bly vrou alleen in \u2018n harde w\u00eareld. Here, stuur iemand wat met kinders wil werk en Tswana ken of wil leer. As dit U wil is, stuur ook iemand wat onder die mans kan werk, want vandat oom Thys oorlede is, is die kultuur van die mense so dat hulle nie tannie Dorette as geestelike leier sal erken nie. En Here, dra vir tannie Dorette, omvou haar met U arendsvlerke dat Sy U elke dag, in dieselfde groot afhanklikheid, U pad sal kan bly loop. Dankie Here, dat Hendrik du Plessis haar ook ondersteun vanuit Dekar en \u2018n paar keer in \u2018n jaar daar kan uitkom as predikant.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"526\" height=\"395\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-5.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1183\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-5.jpg 526w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-5-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 526px) 100vw, 526px\" \/><figcaption>Bible study Mababe<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Dankie dat ons saam met Hendrik van daar af Mababe toe kon gaan. Soos in Lukas 10 kon ons daar van huis tot huis gaan om Bybelstudie te doen en saam met die mense te bid. Ja, Here, gee vrede vir die huisies en hulle mense in die bos.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"631\" height=\"473\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-6.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1184\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-6.jpg 631w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-6-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 631px) 100vw, 631px\" \/><figcaption>Mababe discussion<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p> Here, dit was so besonders om te sien hoe U die gawe van tale aan Hendrik gegee het. Oor sy hele leeftyd het U Hom toegerus om juis hier ook \u2018n impak te maak. Ons kon sommer sien in die reaksie van die mense hoe hulle reageer op U boodskap: \u201cVir julle is die koninkryk op hande.\u201d Here, hierdie deel van Botswana is \u2018n braakveld: Baie van die mense kan nie lees nie, min het werk en drank bedwelm die moedeloses.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"300\" height=\"400\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-7.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1185\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-7.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-7-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption>Basic living Mababe<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Here, die mense hier leef so basies. Geen elektrisiteit nie. Net \u2018n paar waterpunte. So hout en water aandra om pap mee te kook en te was neem \u2018n groot deel van die dag op.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"407\" height=\"543\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-8.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1186\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-8.jpg 407w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-8-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 407px) 100vw, 407px\" \/><figcaption>Radio bible study<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Dankie Here, dat in hierdie kultuur, waar stories om die kampvuur vertel word en daar min gelees word tegnologie ook \u2018n rol kan speel. Audio Bybeltjies weerklink vir ure aan mekaar. Hendrik se Bybelstudies op klein radiotjies begroet huise vroeg oggend. Here, verhoor tog Hendrik se gebed dat di\u00e9 met radiotjies nou Bybelstudie groepe daarondom sal begin. Gee hom krag om genoeg Bybelstudies te maak dat hulle so kan groei in die waarheid van U Woord. En Here, stuur middele vir nog radiotjies en audio Bybels.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"423\" height=\"318\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-9.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1187\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-9.jpg 423w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-9-300x226.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><figcaption>Headman discussions<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Here, waar daar ook so maklik konflik en kwaad stokery in die sondige w\u00eareld is, dank ons U vir die wysheid, kennis van die kultuur en lewens ervaring wat U vir Hendrik gegee het om situasies te hanteer. Staan U Hom by en werk U die aanslae van die bose tee sodat die bediening daar kan groei. Ja, Here U het Hom gestuur, en die wat hom verwerp, verwerp U.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"355\" height=\"473\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-10.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1188\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-10.jpg 355w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-10-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 355px) 100vw, 355px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Dankie dat ons ook in Dekar \u2018n tydjie saam met Miriam, Hendrik se vrou, kon verkeer. Here dis nie maklik om sendeling te wees nie, maar dis nog moeilker om sendeling-vrou te wees. Opofferings in lewenstyl, weg van familie en vriende af. Opofferings om kinders op \u2018n jong ouderdom weg te moet stuur vir ho\u00ebrskool. Dankie dat U haar ook sterk gemaak het om in biddende afhanklikheid \u2018n anker rol te speel in hulle bediening.<\/p>\n\n\n\n<p>As dit U wil is, Here, gee ons die geleentheid om weer te gaan om te ondersteun, maar om ook meer te leer van die gevestigde bediening wat reeds 22 jaar in Dekar aan die gang is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"570\" height=\"427\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-11.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1189\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-11.jpg 570w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-11-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 570px) 100vw, 570px\" \/><figcaption>Sunset at Mababe<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Here, ons het vol blydskap teruggekeer huis toe. Die twee weke se ervaring skreeu uit: Die arbeiders is min! O Here, stuur arbeiders vir die oes. Stuur mense wat bereid is om by Mababe te kom help om \u2018n kerkie te bou. Die enigste ander kerk is \u2018n voorspoedsgodsdiens kerk wat die haglike situasie net nog meer uitbuit. Stuur arbeiders wat bereid is om die taal te leer en in die harde omstandighede te werk. Ag Here, Mababe is maar \u2018n klein dorpie en die werk daar is meer as wat \u2018n voltydse arbeider kan hanteer en Hendrik kan maar een keer in drie maande daar uitkom. En wat nog van die ander dorpies daarondom. Here, stuur fondse vir brandstof sodat hy meer daar kan uitkom. Maar meer nog, stuur arbeiders vir die oes wat voltyds daar kan bedien.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"480\" height=\"360\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-12.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1190\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-12.jpg 480w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-12-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 480px) 100vw, 480px\" \/><figcaption>Laaste aand Mababe<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Ons loof U Here, van die hemel en aarde dat U hierdie dinge vir slim geleerde mense verberg het en dit aan kindertjies en eenvoudige mense geopenbaar het. Ja, dat U die mense in Botswana so aanraak deur die handjievol arbeiders daar. Here niemand ken U, die Seun, en U die Vader nie, behalwe die aan wie U Uself bekend maak. Dankie dat U ons deel maak van U plan. Laat ons dankbaarheid oorvloei en maak ons arbeiders vir die oes.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"608\" height=\"812\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-13.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1191\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-13.jpg 608w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/thinus-13-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 608px) 100vw, 608px\" \/><figcaption>Barmhartige Samaritane<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Laat hierdie terugvoer ook uitkom by hulle wie U reeds voorberei het om arbeiders vir die oes te word en raak hulle aan. Roep hulle Here, want die oes is groot en die arbeiders is min. Laat ons U liefdesgebod ten volle uitleef. Maak ons barmhartige Samaritane vir almal wat U oor ons pad bring. Maar gee dat ons ook soos \u2018n Maria by U voete sal sit om gevul te word met U Woord en Gees dat ons die werk sal kan doen. Laat ons, soos die gelykenis van die saaier, bly saai en op U vertrou vir die vrug.<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;Amen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Br Thinus Herman \u2018n Gebed: Arbeiders vir die oes in Botswana (Lukas 10). O God en almagtige Vader, Skepper van hemel en aarde, ons het die afgelope twee weke weer<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1181,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1178"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1178"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1178\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1192,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1178\/revisions\/1192"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1181"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1178"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1178"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1178"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}