{"id":1239,"date":"2023-11-06T12:15:58","date_gmt":"2023-11-06T10:15:58","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1239"},"modified":"2023-11-06T12:15:59","modified_gmt":"2023-11-06T10:15:59","slug":"mababe-motipi-besoek-oktober-2023","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1239","title":{"rendered":"Mababe &#038;Motipi Besoek Oktober 2023"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik Du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sertifikaatuitdeling<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Nou onlangs, dit was die Sondag voor die diens, het ons sertifikate aan ons Sondagskoolkinders, die standerd sewes uitgedeel. Omdat ons nie hier in D\u2019kar \u2018n ho\u00ebrskool het nie, moet hulle volgende jaar Gantsi toe gaan of na ander ho\u00ebrskole in die Gantsidistrik sou Gantsi te vol wees.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Tyd gelede het die OCC of \u201cOperation Christmas Child\u201d hulleself aan ons Sondagskoolonderwyseresse voorgestel met hulle materiaal waarby laasgenoemde goeie aanklank gevind het. Hulle doel is as volg: \u201cThe mission of operating Christmas child is to demonstrate God\u2019s love in a tangible way to needy children around the world, and together with the local church worldwide to share the good news of Jesus Christ.\u201d &nbsp;Dit het sy begin te danke aan vrywilliges van verskillende kerke in Amerika. Van tyd tot tyd stuur hulle skoendose met geskenke aan die kinders om te wys dat hulle omgee. Daarmee saam werk die kinders ook \u2018n kursus deur waar hulle geleer word hoe belangrik die kindertjies vir die Here Jesus is. Die groot doel is dat die kindertjies alreeds op \u2018n jong ouderdom \u2018n volgeling van Jesus Christus word.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"739\" height=\"554\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe1-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1240\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe1-1.png 739w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe1-1-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 739px) 100vw, 739px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die handboek wat hulle gebruik is \u201cThe Greatest Journey\u201d en bestaan uit 12 lesse. Sodra hulle daarmee klaar is word aan hulle \u2018n sertifikaat gegee. Hulle het ook gedeeltes uit die Bybel wat hulle moet memoriseer, en dan is daar ook \u2018n geheueversie wat hulle elke keer memoriseer. Sodra hulle met die lesse klaar is word \u2018n Nuwe Testament bybel aan elkeen uitgedeel. Dit is nie al materiaal wat ons gebruik nie. Die materiaal wat ons uit Suid-Afrika gekry het kom handig te pas tydens die voorbereiding van die lessies. Ons bede is dat die Here ons deur sy Woord en Gees sal bewaar van die bose magte daar buite. Hoe meer kennis ons kinders kan opdoen, hoe meer word hulle bewapen in hulle daaglikse stryd hier op aarde.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Motopi<\/strong><strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>N\u00e1 die tragiese voorval by Motopi so \u2018n paar weke gelede gaan dit nou weer goed. Daar was &#8216;n ondersteuningsgroep van Suid-Afrika wat van plan was om vir &#8216;n week by tannie Dorette op Motopi te gaan help. Ek sou by hulle aangesluit het, maar ongelukkig het &#8216;n dringende vergadering met ons parlementslid hier plaaslik die planne in die wiele gery. Op pad het die ondersteuningsgroep iemand in Gaborone gaan besoek wat hulle tyd in beslag geneem het. Hulle kom toe eers half 12 die Saterdagnag op Motopi aan. Louwtjie van der Walt, een van die groepslede op die foto hier links, wat die hele uitreik beplan het, het deur die dag nie goed gevoel nie en het begin kla van &#8216;n geweldige sooibrand. Hy het selfs nadat hulle op Motopi aangekom het vir &#8216;n halfuur in die kar gaan sit. Jerry Minny, ook een van die spanlede vertel, hy (Jerry) was nog in die stort toe hy Louwtjie se vrou daar in die tent hoor skree het. Daar gekom het Louwtjie sopas &#8216;n geweldige hartaanval gehad. Vir &#8216;n halfuur het hulle hom op sy bors gepomp en mond tot mond asemhaling toegepas, maar alles tevergeefs. Om en by 5 uur die oggend het die ambulans daar aangekom wat hom Maun toe geneem het en by die hospitaal doodverklaar het. Dit was die Sondagoggend die 1ste Oktober. Omdat dit oor &#8216;n naweek gebeur het kon hulle nie &#8216;n doodsertifikaat uitreik nie, en om dit nog moeiliker te maak was dit die Maandag en die Dinsdag vakansiedae in Botswana. Die Woensdag kon hulle eers die doodsertifikaat uitreik en die Donderdag teruggaan Suid-Afrika toe. Vir almal was dit &#8216;n geweldige skok. Niemand het so iets verwag nie. Tannie Dorette wat hulle deur alles moes bystaan s\u00ea sy was gedaan na die week.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"448\" height=\"598\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-2.png-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1241\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-2.png-2.jpg 448w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-2.png-2-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 448px) 100vw, 448px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die week daarna kon ek tannie Dorette besoek en kon sy rustig haar deel van die trauma met my deel. Die Sondag het ek die erediens daar waargeneem. Tannie Dorette het \u2018n skenking gekry om vir die kinders Sondae vetkoeke te bak wat sy en haar span baie verwelkom het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"640\" height=\"480\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-3.png-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1242\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-3.png-1.jpg 640w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-3.png-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p> Ons almal kon na die erediens \u2018n \u201cmadombi\u201d en sous saam eet. \u2018n \u201cMadombi\u201d is iets tussen \u2018n vetkoek en \u2018n souskluitjie. Tannie Dorette is nog op en aan die gang en gelukkig op Motopi. Dit is waar sy wil wees, s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"658\" height=\"494\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-4-1.png.jpg-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1243\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-4-1.png.jpg-1.png 658w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-4-1.png.jpg-1-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 658px) 100vw, 658px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p> Volgende jaar as die Here se wil daar by is, vier sy haar tagtigste verjaarsdag. Die werk wat sy daar vir die kerk doen, is vir haar \u2018n roeping, s\u00ea sy, en sy sal dit wil doen tot sy fisies nie meer daartoe instaat is nie. Intussen is dit ons bede dat daar iemand op Motopi sal kom help om die werk wat die Here daar begin het verder te neem.<\/p>\n\n\n\n<p>Na die diens het ons die gemeente uitgenooi na &#8216;n film die aand by die kerk. Dit was die film &#8220;Walking with Jesus&#8221; wat ek nog nie daar gewys het nie. Die opkoms was regtig goed. Oud en jonk het opgedaag. Tussendeur het ek moeite gedoen om te verduidelik hoe alles inmekaar steek. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"608\" height=\"455\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-5-1.png.jpg-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1244\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-5-1.png.jpg-1.png 608w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-5-1.png.jpg-1-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 608px) 100vw, 608px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Soos ek al tydens vorige verslae genoem het, slaag die film uitstekend daarin om mense wat met die Here Jesus in aanraking gekom het se totale omkeer te verduidelik. Dit is onmoontlik om dieselfde te bly. Dit is onmoontlik om dieselfde geldwolf, dief, egbreker of &#8216;n ongeduldige ou knorpot of suurknol te bly. Sou iemand dieselfde sou bly soos wat hy voorheen was, is dit &#8216;n duidelike bewys dat hy nog nie met die Here Jesus in aanraking gekom het nie. Omdat dit Sondagaand was en m\u00f4re skool kon ons ongelukkig nie al die episodes wys nie. Ons het ooreengekom om die film die volgende keer maar eerder die Saterdagaand te wys. Tannie Dorette was veral be\u00efndruk met die film. Sy het hom al gesien, maar lank terug. Haar woorde aan my was dat sy die volgende keer spesifieke mense in die dorp na die film wil nooi. Die film is beskikbaar op youtube en kyk &#8216;n mens na hulle lippe lyk dit of die film oorspronklik in Engels geskiet is en toe later na ander tale oorgeklank is.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Mababe<\/strong><strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die Maandag het ons na Mababe vertrek vir die week. Dit was vir &#8216;n paar dae winderig maar baie warm. Ons het behoorlik gesweet want die mopaniebome het toe nog nie blare aangehad nie. Dit het net begin bot. Deur die week het ons by drie verskillende punte in die dorpie die film gewys. Deur die dag het mense ons baie besoek vir Bybels. Na die film en die verduideliking rondom die film was baie mense desperaat vir Bybels. Hulle kom dan van ver af vir Bybels. Wanneer hulle kom, het &#8216;n mens baie tyd om met hulle te gesels oor hulle persoonlike verhouding met die Here Jesus en oor die kerke waaraan hulle behoort. Vir die wat aan die ZCC kerk (Zion Christian Church) behoort, het ek my kommer uitgespreek, dat hulle deel is van &#8216;n gros wat openlik nog hulle voorvaders aanbid ten koste van die feit dat hulle beweer hulle is Christene. Ek het aan hulle probeer verduidelik dat as jy in &#8216;n boot is, en die boot sink gaan jy saam met almal na benede. Die probleem met die Afrikamens is nie net om hom tot bekering te lei nie, maar veral om hom of haar van sy kerk of tradisionele bygelowe te bevry. Baie van hulle wat o\u00ebnskynlik die Here Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker is nog deel van een of ander valse kerk wat hy of sy moet onderskryf om deel van die kerk te kan bly. Jy moet sekere rituele nakom om deel van die kerk te bly. Die persoon wat aan geen kerk behoort nie is die maklikste om mee te werk. Elke valse kerk het sy kultiese voorwaardes wat dit bitter moeilik maak vir &#8216;n lidmaat om sy rug op sy kerk te draai. Ek het deurentyd my kommer met hulle gedeel en ges\u00ea, ek is bekommerd oor miljoene swart mense wat eendag verlore gaan gaan omdat hulle nie hulle bande met hulle voorvaders en tradisionele bygelowe wou verbreek het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Links is ons besig om ons gereed te kry vir die aand. As ons \u2018n gebou kry met \u2018n wit- of &nbsp;geel muur, wys ons die film aan almal in daardie omgewing.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"673\" height=\"505\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-6-1.png.jpg-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1245\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-6-1.png.jpg-1.png 673w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/Mababe-6-1.png.jpg-1-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 673px) 100vw, 673px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Wat vir my bemoedigend was van hierdie uitreik was die uitwerking van die film op al hoe meer en meer mense. Een van die mense daar het, toe ons iewers heen gery het, vir my ges\u00ea: \u201cElke keer wanneer julle hier wegry kan ek \u2018n verandering onder hierdie mense sien. Dit het my laat dink aan die hoofmanne van B\u00eare wat op \u2018n keer vir my ges\u00ea het: \u201cSedert julle hier betrokke geraak het met die klankbybels het hier \u2018n ommekeer onder hierdie mense gekom, selfs twee shibiens het toegemaak, en die misdaad het drasties afgeneem.\u201d My antwoord aan hulle was, die Woord van die Here keer nooit leeg terug nie. Dit is nie ek wat iets doen nie, maar die Heilige Gees wat deur die Woord in die harte van mense werk. Hy alleen is in staat om die hardste hart sag te maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan is daar die geheuestafies of stoorstokkies wat ons onder hulle uitdeel. Ons is besig met opleiding uit die boek Genesis. Ek en my kollega hier in D&#8217;kar plaas ons lesings of Bybelstudies op geheuestafies. In elke dorp is daar sekere mense wat belangstel om uit die Bybel uit opgelei te word. Deur die Here se genade word die belangstelling al hoe meer en meer. Elke keer wanneer ons by ons onderskeie besoekpunte aandoen word Bybelstudies of lesings met nuwe lesings aangevul. Genesis is &#8216;n ongelooflike ryk boek. Sonder Genesis en die verbonde daarmee saam maak die Nuwe Testament totaal en al nie sin nie. Wanneer jy Genesis deurtrek na die Nuwe Testament toe, is daar soveel vrae waarmee die Afrikamens worstel, wat beantwoord word. As jy in Genesis wonder hoe jy as Afrikamens deel kan wees van die ewige verbond met Abraham, kry jy die antwoord in die Nuwe Testament. In Galasi\u00ebrs 3 vers 29 s\u00ea Paulus: &#8220;En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.&#8221; Ek glo baie van dit wat die Here Jesus aan die Emma\u00fcsgangers op pad Emma\u00fcs toe verduidelik het, moes uit die boek Genesis gekom het. My droom is dat elke stad of dorp in Botswana op die ou end hierdie lesings sal h\u00ea om mense te evangeliseer. Hierdie lesings word spesifiek apologeties opgestel om dwaalleer of skeefgetrekte Afrika sienings te weerl\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vra weereens u voorbidding vir hierdie groot taak. Ek dink veral aan die woorde van ons Here Jesus in Johannes 15 dat ons sonder Hom niks kan doen nie. Op die sendingveld werk dit so, daar is sendelinge wat ploeg en plant (saai) en dan is daar sendelinge wat n\u00e1 hulle kom wat oes. Dit kan geslagte duur. Gelukkig is jy as jy kan oes waar vorige sendelinge geplant het. In baie van hierdie dorpies voel dit vir my of ek nog ploeg en plant en die grond omdolwe. Opsigself is dit baie noodsaaklik want daarsonder kan niemand later kom oes nie. Waar ons as sendelinge wel oes, oes ons op die landerye van vorige sendelinge wat geplant of gesaai het. Dit is dan nie ons vernuf nie, maar die Here wat op die regte tyd die oes laat ryp word het, en daarmee saam val dan die opdrag van ons Here Jesus in Lukas 2 vers 10: &#8220;Bid dan die Here van die oes dat hy arbeiders in sy oes uitstuur.&#8221; Ek herinner my aan die woorde van dominee Dani\u00ebl, ek hoop ek spel sy van reg, wat vir jare onder die Vendas gewerk het, in die vroe\u00ebr jare van die vorige eeu. Hy het vir 30 jaar onder die Vendas gewerk. Op &#8216;n keer het iemand hom gevra: \u201cDs. Dani\u00ebl, vir dertig jaar het jy onder die Vendas gewerk. Hoeveel Vendas sou jy s\u00ea het onder jou bediening tot inkeer gekom?\u201d Dominee Dani\u00ebl het vir so \u2018n rukkie gesit en dink en sy antwoord aan hom was. &#8220;Ek dink nie dit sal hierdie vyf vingers op my een hand volmaak nie.&#8221; Vandag wemel dit in Vendaland van Gereformeerde Kerke. Jare gelede kon ek van die kerke daar besoek. Ek was verbaas om soveel kerkies te sien wat deur soveel dominees bedien word. Vir dominee Dani\u00ebl wat geploeg en geplant het was dit nie beskore om die oes te sien nie. So gaan dit met baie sendelinge, maar waar jy wel die oes insamel is dit gewoonlik te danke aan vorige sendelinge se ploeg en plantwerk. Dit laat mens dink aan die woorde van ons Here Jesus aan sy dissipels toe Hy vir hulle in Johannes 4 vanaf vers 35 ges\u00ea het: &#8220;<sup>35<\/sup>S\u00ea julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek s\u00ea vir julle, slaan julle o\u00eb op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. <sup>36<\/sup>En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. <sup>37<\/sup>Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en &#8216;n ander wat maai. <sup>38<\/sup>Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk en julle het in hulle arbeid ingegaan.&#8221; In kort kom dit daarop neer, jy as sendeling moet nie moedeloos word as jy nog nie die oes sien nie, en waar jy wel begin oes, moenie hoogmoedig wees en dink dit is jou prestasie nie. Daar was ander voor jou wat geploeg en geplant het. In 1 Korinthi\u00ebrs 3 vanaf vers 5 tot 7 verduidelik Paulus dit so aan die Korinthi\u00ebrs: <em>\u201c<\/em><em><sup>5<\/sup><\/em><em>Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. <sup>6<\/sup>Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. <sup>7<\/sup>So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik Du Plessis Sertifikaatuitdeling Nou onlangs, dit was die Sondag voor die diens, het ons sertifikate aan ons Sondagskoolkinders, die standerd sewes uitgedeel. Omdat ons nie hier in D\u2019kar<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1240,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1239"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1239"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1239\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1246,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1239\/revisions\/1246"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1239"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1239"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1239"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}