{"id":1286,"date":"2024-04-12T16:06:38","date_gmt":"2024-04-12T14:06:38","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1286"},"modified":"2024-04-12T16:06:39","modified_gmt":"2024-04-12T14:06:39","slug":"paasviering-dkar-maart-2024","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1286","title":{"rendered":"Paasviering D&#8221;kar Maart 2024"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Paasnaweek in D\u2019kar<\/strong> :Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Dit was seker een van die mees verrykende Paasfeeste wat ons nog beleef het. Omdat ons nie geld gehad het om kos te koop nie, het ons as kerkraad besluit om ook nie soos in die verlede te gaan vra vir vleis by die naburige plase nie. Die probleem met die voorsiening van kos is, hoewel ons lidmate dit baie waardeer hier oor die Paasnaweek, dit maklik &#8216;n verkeerde trekpleister kan word. Mense wat gewoonlik nie kerk toe kom nie daag in hulle hordes op.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"644\" height=\"272\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-Maart-24.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1287\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-Maart-24.jpg 644w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-Maart-24-300x127.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 644px) 100vw, 644px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ons het lank voor die tyd reeds besluit om tydens di\u00e9 Paassondag nagmaal te gebruik. Die ouderlinge was dus druk besig met huisbesoeke met die oog op nagmaal. Elke ouderling het sy bywoningsregister by hom gehad om lidmate aan te spoor en te vermaan wat hulle kerkbywoning aanbetref.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"405\" height=\"304\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-2-Maart-24.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1288\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-2-Maart-24.jpg 405w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-2-Maart-24-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 405px) 100vw, 405px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Sommige lidmate is vanwe\u00eb swak kerkbywoning en herhaaldelike vermanings afgesny. Ons het dit aan hulle verduidelik dat dit eintlik hulle self is wat hulle van die gemeenskap van die gelowiges afgesny het. Die onus l\u00ea nou dus op hulle om weer die gemeenskap van die gelowiges op te soek. Vandat ons dit met hulle gekommunikeer het kom mense wat vir jare omtrent nooit in die kerk gekom het nie nou weer gereeld kerk toe. Dit is asof dit nou as &#8216;n skok tot hulle deurgedring het dat hulle nie meer deel van die gemeenskap van die gelowiges is nie, en wat gaan nou van hulle word.<\/p>\n\n\n\n<p>Vrydagaand het ons &#8216;n erediens gehou en die fokus laat val op die kruisiging en die lyding van ons Here Jesus Christus. Die kerk was nogal verstommend vol en ons was dankbaar daaroor, veral oor die baie jongmense wat teenwoordig was.<\/p>\n\n\n\n<p>Saterdagaand het ons die film \u201cWalking with Jesus\u201d gewys. Baie het die film nog nie gesien nie, op wie dit &#8216;n geweldige indruk gemaak het. Die voordeel van die film is dat dit bespreking uitlok. Selfs &#8216;n dag of wat daarna hoor jy hoe hulle nog onder mekaar oor die film praat.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"590\" height=\"442\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-3-Maart-24.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1289\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-3-Maart-24.jpg 590w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-3-Maart-24-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 590px) 100vw, 590px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Sondagoggend het ons tydens die viering van die heilige nagmaal die opstanding van ons Here Jesus herdenk. Die verskyning van die Here Jesus aan die Emmausgangers is in die preek behandel. Wat die Emmausgangers aanbetref, was dit belangrik dat hulle o\u00eb verhinder moes wees sodat hulle Hom nie moes herken nie, want hulle moes eers op die pad geleer word wie Hy is en waarvoor Hy gekom het. Nadat die Here Jesus aan hulle al die geskrifte uit die Ou Testament verduidelik het wat op Hom betrekking gehad het, is hulle o\u00eb geopen sodat hulle Hom in Emmaus waar hulle saam met Hom aan tafel was kon sien. Hulle hartseer en moedeloosheid het toe alles gedraai om die verkeerde Jesus wat hulle voor o\u00eb gehad het. Hulle Jesus was op sy beste &#8216;n aardse verlosser wat vir hulle &#8216;n aardse koninkryk moes laat kom het. Hulle laat &#8216;n mens dink aan die woorde van die apostel Paulus in 1 Korinthi\u00ebrs 15:19 waar hy s\u00ea: \u201cIndien ons hoop slegs vir hierdie lewe op Christus gevestig is, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.\u201d Selfs voor hemelvaart, tydens hulle gesprek met die Here Jesus in Handelinge 1, het die dissipels nog steeds aan dieselfde ideaal vasgeklou en gedroom oor die koninkryk van Israel wat weer opgerig moet word. Jy kan dus so maklik soos baie kerke hier in Afrika &#8216;n aardse Jesus dien wat moet bont staan vir jou aardse ideale en drome.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"640\" height=\"480\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-5-Maart-24.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1290\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-5-Maart-24.jpg 640w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Dekar-paas-5-Maart-24-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Daar het nog iets gebeur waaroor ons baie dankbaar was. Tydens die diens net voor die bediening van die nagmaal, het twee van ons lidmate navore gekom en voor die gemeente kom bevestig dat hulle die strydbyl van jare begrawe het. Dit was Hendricka Mothibi en Aron Johannes. Vir jare kon hulle en hulle families mekaar nie verdra nie. Dit was oor hulle verskille wat Kuru Development Trust aanbetref. Dit is \u2018n organisasie wat destyds deur wyle ds. Braam le Roux en die kerkraad van daardie tyd begin is, maar later die pad byster geraak het. Nou onlangs tydens die huisbesoeke voor nagmaal het Aron by Hendricka gaan besoek afl\u00ea. Aron se probleem was, hy kan nie met vrymoedigheid nagmaal gebruik as hy in vyandskap met \u2018n medegelowige leef nie. Dit het hom baie gepla. Deur die Here se genade kon hulle toe die saak uitpraat en is hulle versoen. Hulle besluit toe om hulle versoening ook openlik voor die hele gemeente te bely. Hoekom voor die gemeente? Omdat dit \u2018n openlike skeuring was tussen families waarvan almal geweet het, en het hulle gevoel dat dit openlik reggestel moes word. Daarna kon ons met vrymoedigheid nagmaal gebruik en die groot versoening van ons sondes in Christus beleef.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit was ons veral dankbaar oor die opkoms van die jeug wat in hulle menigte opgedaag het. Ds. Gaobolelwe is altyd iemand op wie jy kan reken tydens sulke geleenthede. In ons kerk het ons die gewoonte dat hy altyd na die preek &#8216;n opsomming gee en in kort saamvat waaroor daar gepreek is.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vra steeds u voorbidding vir ons werk hier. Op ons beste kan ons maar net saai, maar dit is God wat laat groei.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paasnaweek in D\u2019kar :Ds Hendrik du Plessis Dit was seker een van die mees verrykende Paasfeeste wat ons nog beleef het. Omdat ons nie geld gehad het om kos te<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1289,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1286"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1286"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1286\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1291,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1286\/revisions\/1291"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1289"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1286"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1286"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1286"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}