{"id":1300,"date":"2024-05-26T12:08:07","date_gmt":"2024-05-26T10:08:07","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1300"},"modified":"2024-05-26T12:08:08","modified_gmt":"2024-05-26T10:08:08","slug":"motopi-en-mababe-uitreik-april-2024","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1300","title":{"rendered":"Motopi en Mababe uitreik April 2024"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Motopi<\/strong>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit was goed om weer vir tannie Dorette te sien. Buiten die normale kwale wat met die ouderdom gepaard gaan is sy nog sterk en ywerig om die dienste Sondae waar te neem. Septembermaand word sy 80 en is sy baie dankbaar vir so &#8216;n gespaarde lewe, veral vir die feit dat sy nog op Motopi kan bly, want dit is waar sy wil wees en waar sy geroepe voel.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"960\" height=\"540\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-Mababe-April-24-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1301\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-Mababe-April-24-1.jpg 960w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-Mababe-April-24-1-300x169.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-Mababe-April-24-1-768x432.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 960px) 100vw, 960px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ons het die Saterdag daar aangekom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Sondag het ek die erediens daar waargeneem. Weereens was die kerk vol jongmense, en &#8216;n mens is dankbaar daaroor, want dit is die toekoms van die kerk. Ek het Matteus 11 vanaf vers 28 met hulle behandel, die bekende woorde van ons Here Jesus om na Hom toe te kom as ons vermoeid en belas is. Elke woord in daardie vers is so gelaai en so ryk in betekenis. \u201cKom\u201d is &#8216;n opdrag en &#8216;n uitnodiging komende van ons Here Jesus Self. Dit is \u201ckom\u201d en nie \u201cgaan\u201d nie. Dit is \u201ckom na My toe\u201d en nie gaan na &#8216;n sekere kantoor of na Petrus of wie ookal nie. Ons lewe in &#8216;n w\u00eareld waar jy nie direkte toegang het tot die president of die hoogste gesag in die land nie. Jy moet jou van kantoor tot kantoor opwerk tot jy miskien eendag in die minister se kantoor kan sit en jou probleme met hom bespreek. Dan is jy gebonde aan net sekere ure. Hoeveel mense het net nie al die onaangename ondervinding gehad, as jy daar kom en iemand vir jou s\u00ea hy of wie ookal is ongelukkig nie op kantoor vandag nie. Jy het al die moeite gedoen en tog het jy met hom of haar &#8216;n afspraak gemaak. Hoe anders is dit net nie met ons Here Jesus nie. Hy die Koning van die konings en die Skepper van die heelal nooi ons uit na Hom Persoonlik toe. Hy s\u00ea \u201cKom na My\u201d, al is dit 1 uur in die nag. Anders as die aardse leiers is hy sagmoedig en nederig van hart. Selfs kinders was welkom in sy teenwoordigheid en wou Hy nie gehad het die dissipels moes hulle verhinder nie. Dit is belangrik s\u00ea die Here Jesus om Hom te leer ken dat Hy sagmoedig en nederig van hart is, en die belofte daarmee saam, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Op &#8216;n eenvoudige manier het ek die gedeelte met hulle behandel. Ons almal het baie probleme en daar is baie dinge wat ons vermoeid en belas maak, maar daar is een groot las wat ons nie buite rekening moet laat nie, en dit is die las van ons sondes, die oorsaak van al ons probleme op aarde.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"576\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-2-1024x576.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1302\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-2-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-2-300x169.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-2-768x432.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-2.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die Sondag kon ons verder heerlik by tannie Dorette kuier. Ons het soveel in gemeen en kon ons in ons gesprekke rondom die Woord ons batterye spreekwoordelik weer laai. Jy gaan dikwels om iemand anders op te beur en kom jy net so verrykend terug.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Mababe<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die Maandag het ons na Mababe vertrek vir die week. Ons het eers sewe uur die aand daar aangekom. Ons het nie vroeg uit Motopi uit vertrek nie en langer in Maun vertoef as wat ons beplan het. In Mababe aangekom het een van ons vriende wat by &#8216;n vuur gesit het ons dadelik herken en tegemoet gehardloop en gevra of ons nie asseblief hierdie keer in sy erf kan kom kamp op slaan nie. Dit was vir ons &#8216;n welkome bestiering om daardie deel van die dorp ons tuiste te maak, want baie in daardie deel van die dorp het ons nog nie op so &#8216;n persoonlike vlak ontmoet nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"960\" height=\"540\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1303\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-3.jpg 960w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-3-300x169.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-3-768x432.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 960px) 100vw, 960px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die volgende dag het ons &#8216;n vergadering gere\u00ebl met die aan wie ons op &#8216;n gereelde basis die geheuestafies uitdeel. Ons het hulle weereens bemoedig en aangemoedig om mense te werf om die kursus deur te werk. Ons werk tans deur die boek Genesis. Die boek Genesis is die venster waardeur jy na die Nuwe Testament kyk. Ons probeer om iets van dit wat die Here Jesus aan die Emmausgangers voorgehou het op skrif en klank saam te stel. Daar staan in Lukas 24:27: \u201cEn Hy (die Here Jesus) het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgel\u00ea in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.\u201d Die boek Genesis en die ander boeke na Genesis word dan nie net as geskiedenis hanteer nie, maar as openbaringsgeskiedenis wat heenwys na Christus en dit wat Hy vir ons aan die kruis vermag het.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het weereens die film, \u201cWalking with Jesus\u201d by verskillende huise in die dorp gewys. Daar was baie mense wat nog nie die film gesien het nie maar daar was ook mense wat die film al &#8216;n paar keer gesien het en hom desondanks weer en weer wou sien en hom steeds geniet. Dit is soos &#8216;n lied waarna jy al soveel keer geluister het en steeds luister.<\/p>\n\n\n\n<p>Die visuele is vir die Afrikamens baie belangrik veral as hy homself kan vereenselwig met sy eie mense in die film wat die Here Jesus aangeneem het as hulle persoonlike Verlosser. Hulle lewe hulle behoorlik in die tonele wat voor hulle afspeel in. Vir my wat tussen hulle sit en verstaan wat hulle vir mekaar s\u00ea is dit verblydend en so inspirerend. Dit is soos &#8216;n Bybelstudie wat hulle onder mekaar hou. Vir baie is dit &#8216;n ontdekking wat dit werklik beteken om &#8216;n Christen te wees, maar ook hoe jy is en optree as jy nie &#8216;n Christen is nie. Sondevergifnis en dat ons almal voor God doemwaardig staan, is sentraal in die hele film. In die film het hulle moeite gedoen om voorvaderlike aanbidding en die werk van sangomas (toordokters) te weerl\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Na die tyd het verskeie mense na ons toe gekom en gevra vir Bybels wat ons ook aan hulle kon gee. Die volgende paar dae het mense van ver af geloop na waar ons gekamp het vir Bybels.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"687\" height=\"386\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-4.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1304\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-4.jpg 687w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-4-300x169.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 687px) 100vw, 687px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p> Ons kon ook klankbybeltjies uitdeel soos aan onder andere hierdie vrou op die foto regs.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"512\" height=\"288\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-5.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1305\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-5.jpg 512w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-5-300x169.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 512px) 100vw, 512px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p> Hulle was getref en geraak deur die film en nou wil hulle Bybels h\u00ea, en ons was dankbaar ons kon dit aan hulle verskaf. Daar is soveel films wat ons later beplan om te wys. Daar is films oor die skepping, die sondeval, Babel, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Simson ensomeer, wat duidelik die beeld van die Ou en Nuwe Testament skets.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u2018n Rare en nare ondervinding met \u2018n leeu<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tydens ons besoek daar het ek moeite gedoen om ou Kopano te besoek. Kopano is iemand wat jare gelede deur &#8216;n leeu wyfie gevang was langs die pad voor jy Mababe inry. Elke keer as ek daar by die groot kameeldoringbome langs die pad om die groot watergat verbyry, dink ek aan hom. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"960\" height=\"540\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-6.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1306\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-6.jpg 960w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-6-300x169.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Motopi-mababe-Aptil-24-6-768x432.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 960px) 100vw, 960px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die leeuwyfie het hom aan sy kop beet gehad en sy regter elmboog gebreek. In die proses het Kopano haar aan die tong beet gekry en daaraan verbete vasgeklou. Die leeuwyfie het onmiddellik belangstelling in hom verloor en daar eenkant langs hom gaan l\u00ea. Die volgende oomblik s\u00ea Kopano, lui sy foon, maar in die leeu se pens. Die leeu moes dit gesien het vir &#8216;n stuk been, en dit toe ingesluk, want dit was vol bloed, s\u00ea Kopano. Een van ons vriende daar, KP is sy naam, wat na die tyd op hom afgekom het, s\u00ea die foon het selfs die volgende dag nog gelui as jy die nommer skakel. Of die leeu die foontjie later opgebring het en of hy nog in die leeu se pens was weet &#8216;n mens nie. Dit was inderdaad &#8216;n nare en &#8216;n rare ondervinding. Op die oomblik gaan dit nie goed met Kopano nie. Hy is nie baie oud nie, maar is uitgeteer soos iemand wat TB onderlede het. Ek was dankbaar ek kon hom besoek en vir hom bid. Op my vraag aan hom het hy erken dat hy in die Here Jesus glo, maar ek het nogtans aan hom die Evangelie verduidelik, want &#8216;n mens kan so maklik om die verkeerde redes in die Here Jesus glo soos die mense in Johannes 6 na die vermeerdering van die brode.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit wil ek vir een en elk baie dankie s\u00ea vir die Bybels en Klankbybeltjies wat ons met vrymoedigheid maar met groot omsigtigheid uitdeel. \u2018n Bybel weet ons almal deel jy met baie wysheid en versigtig uit. Die mense daar loop dikwels ver vir &#8216;n Bybel. Dit is leeu-, buffel- en olifant w\u00eareld. Jy kan nie daar sommer net loop soos jy wil nie. Jy is altyd op die uitkyk. In die aande wei die buffels hier teenaan jou tent verby. As iemand dus so ver loop vir &#8216;n Bybel, gee jy dit aan hom of haar met &#8216;n lied in jou hart. Ons vra steeds u voorbidding vir ons gemeente hier in D\u2019kar en al ons sendingpunte. Ons vra ook u voorbidding vir ons Bybelstudies. Ons kan op ons beste maar net saai, maar dit is God wat laat groei.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Klere<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Nou toe ons van Mababe af teruggekom het, het br. Tiddo Voogt vir ons klere gestuur wat van verskillende gemeentes afkom. &nbsp;\u2018n Mens voel klein en baie dankbaar vir so \u2018n groot geskenk. Ook wat dit aanbetref kort ons baie wysheid om dit reg uit te deel, waarvoor ons ook bid.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus, Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Motopi&nbsp; Dit was goed om weer vir tannie Dorette te sien. Buiten die normale kwale wat met die ouderdom gepaard gaan is sy nog sterk en<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1305,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1300"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1300"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1300\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1307,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1300\/revisions\/1307"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1305"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1300"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1300"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1300"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}