{"id":1399,"date":"2025-05-06T11:44:01","date_gmt":"2025-05-06T09:44:01","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1399"},"modified":"2025-05-06T11:44:02","modified_gmt":"2025-05-06T09:44:02","slug":"paasfeesnaweek-in-dkar-april-2025","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1399","title":{"rendered":"Paasfeesnaweek in D&#8217;Kar April 2025"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Paasfees was by ons gemeente weereens \u2018n groot hoogtepunt. Die sang was fantasties. Die Afrikamens het die gawe om mooi te sing. Vooraf het elke ouderling sy lidmate persoonlik gaan besoek met die oog op nagmaal Sondag. Ons plan was om die heilige nagmaal die Paassondag saam te vier. Elke ouderling het dan sy bywoningsregister by hom. Elke Sondag word sy lidmate afwesig of aanwesig gemerk en kan die lidmate tydens die besoeke dienooreenkomstig aangespreek word. Dit is &#8216;n praktiese re\u00ebling wat ons het en dit help ons bepaal hoe ons lidmate kerk toe kom. Dit help ook die ouderling om te bepaal of daar nie dalk van sy skape siek is nie, want hy is die herder. Dit kan ook growwe nalatigheid wees dat die lidmaat vermaan moet word. Tydens ons voornagmaalse ouderlinge vergadering word die lidmate in elke wyk bespreek. Sou ons bevind dat iemand nalatig is in sy kerkbywoning, word hy vermaan om eerder nie na die nagmaalstafel toe te kom nie, want jy kan nie &#8216;n behoefte h\u00ea aan die nagmaal en nie aan die Woord van die Here Sondae nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Vrydagaand het ons \u2018n erediens gehad waartydens ons klem gel\u00ea het op die lyde van ons Here Jesus Christus. Die Saterdagoggend het ons gere\u00ebl vir &#8216;n Bybelstudie wat goed bygewoon was. Die aand het ons &#8216;n film gewys.<\/p>\n\n\n\n<p>Sondagoggend was die kerk vol gepak met lidmate. Vooraf het die kerkraad tien van ons belydeniskatkisante ondersoek met die oog op hulle belydenisaflegging.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"639\" height=\"360\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1400\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture2.jpg 639w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture2-300x169.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 639px) 100vw, 639px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p> Een van hulle is &#8216;n moordenaar wat sy vonnis vir jare in die tronk uitgedien het. Daarna het ons geleentheid gegee vir twee vroue wat hulle geloof opnuut voor die gemeente bely het. Beide was vroe\u00ebr lidmate van ons kerk maar wat afgedwaal het en later afgesny is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1401\" width=\"515\" height=\"387\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p> Getrou het hulle weer ons dienste begin bywoon tot hulle die behoefte uitgespreek het om weer deel van ons gemeente te word. Die gemeente was baie bly om hulle weer terug te kon verwelkom. Spontaan het die gemeente na vore gekom en hulle omhels. Nie net hulle nie, maar ook di\u00e9 wat belydenis van geloof afgel\u00ea het. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"425\" height=\"318\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1402\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture1.jpg 425w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Picture1-300x224.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 425px) 100vw, 425px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Daarna is die formulier van die heilige nagmaal aan die gemeente voorgehou, waarna ons saam nagmaal gebruik het. Die gemeente en die kerkraad staan dan saam rondom die tafel tydens die bediening.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit was dit vir ons &#8216;n baie vreugdevolle naweek. Ons het nie net nagmaal gevier nie maar ook deur die Here se genade lidmate bygekry.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons volgende uitreik beplan ons weer na Bere, Motopi en Mababe. Ons bede is dat die Here ons sal se\u00ebn met die uitreik. Laas kon ons nie Mababe besoek nie, omdat dit soveel gere\u00ebn het en die pad onbegaanbaar was. Hopelik is die pad nou begaanbaar. Hulle het tot nou onlangs toe nog baie re\u00ebn gehad. As dit net modder is, kan &#8216;n 4 X 4 dit maak, maar as jou hele enjinkap onder water gaan, moet &#8216;n mens dit liewer nie waag nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vra u voorbidding vir ons volgende uitreik.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Paasfees was by ons gemeente weereens \u2018n groot hoogtepunt. Die sang was fantasties. Die Afrikamens het die gawe om mooi te sing. Vooraf het elke ouderling<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1401,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1399"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1399"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1399\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1403,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1399\/revisions\/1403"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1401"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1399"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1399"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1399"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}