{"id":1438,"date":"2025-09-10T14:40:57","date_gmt":"2025-09-10T12:40:57","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1438"},"modified":"2025-09-10T14:40:58","modified_gmt":"2025-09-10T12:40:58","slug":"bybelvertaling-dekar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1438","title":{"rendered":"Bybelvertaling Dekar"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Hier is &#8216;n verslag oor ons onlangse proeflees van die Bybelboeke Dani\u00ebl en Prediker, met spesifieke aandag aan die uitdagings van die Naro-taal en die hoop vir die Qg\u00f5otaal om ook soos Naro, &#8216;n Bybel van hulle eie te kan h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Vertaling-1-20250825_102403-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1439\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Vertaling-1-20250825_102403-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Vertaling-1-20250825_102403-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Vertaling-1-20250825_102403-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Vertaling-1-20250825_102403-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Vertaling-1-20250825_102403-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Uitdagings van die Naro-taal tydens die Proeflees<\/strong><strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bDie onlangse proeflees van die Bybelboeke <strong>Dani\u00ebl<\/strong> en <strong>Prediker<\/strong> het die span gekonfronteer met die unieke kompleksiteit van die <strong>Naro-taal<\/strong>. Naro verskil aansienlik van die Afrikatale, veral die Bantoetale, aangesien dit nie klasse soos Bantoetale het nie, maar naamwoorde in <strong>manlik, vroulik en onsydig<\/strong> verdeel.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/vertaling-3-20250825_102344-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1440\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/vertaling-3-20250825_102344-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/vertaling-3-20250825_102344-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/vertaling-3-20250825_102344-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/vertaling-3-20250825_102344-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/vertaling-3-20250825_102344-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>Werkswinkel Bybelvertaling Naro<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\u200bHierdie verskille strek tot in die voornaamwoorde, wat dit besonder uitdagend maak&nbsp; met die vertaling van die Bybel. Byvoorbeeld:<\/p>\n\n\n\n<ul><li>\u200b<strong>&#8220;Jy&#8221;<\/strong>: Naro het twee woorde vir &#8220;jy&#8221;, met ander woorde &#8216;n vroulike &#8220;jy&#8221; en &#8216;n manlike &#8220;jy&#8221;. Daarteenoor het die Afrikaans net \u201cjy\u201d en Engels \u201cyou\u201d wat eintlik \u2018n meervoudsvorm is.<\/li><li>\u200b<strong>&#8220;Julle&#8221;<\/strong>: Die taal het &#8216;n ingewikkelde stelsel vir &#8220;julle&#8221;, wat onderskei tussen:<ul><li>\u200b&#8221;Julle&#8221; as mans<\/li><li>&#8220;julle&#8221; as vrouens.<\/li><li>\u200b&#8221;Julle&#8221; as twee mans<\/li><li>&#8220;julle&#8221; as twee vrouens.<\/li><li>\u200b&#8221;Julle&#8221; as &#8216;n man en vrou.<\/li><li>\u200b&#8221;Julle&#8221; as mans en vrouens saam.<\/li><\/ul><\/li><li>\u200b<strong>&#8220;Ons&#8221;<\/strong>: Net so is daar verskillende woorde vir &#8220;ons&#8221;, wat insluit:<ul><li>\u200b&#8221;Ons&#8221; as mans wat net die mans gebruik.<\/li><li>\u200b&#8221;Ons&#8221; as vrouens wat net die vrouens gebruik.<\/li><li>\u200b&#8221;Ons&#8221; as mans en vrouens.<\/li><li>\u200b&#8221;Ons&#8221; as twee mans wat net die mans gebruik.<\/li><li>\u200b&#8221;Ons&#8221; as twee vrouens wat net die vrouens gebruik.<\/li><\/ul><\/li><li>\u200b<strong>&#8220;Hulle&#8221;<\/strong>: \u2018n Soortelyke verskeidenheid geld ook vir die woord &#8220;hulle&#8221;, wat insluit:<ul><li>\u200b&#8221;Hulle&#8221; as mans.<\/li><li>\u200b&#8221;Hulle&#8221; as vrouens.<\/li><li>\u200b&#8221;Hulle&#8221; as mans en vrouens.<\/li><li>\u200b&#8221;Hulle&#8221; as twee mans.<\/li><li>\u200b&#8221;Hulle&#8221; as twee vrouens.<\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>\u200bDaarbenewens bestaan daar ook nog &#8216;n <strong>eksklusiewe vorm<\/strong> van hierdie voornaamwoorde, waar jy met opset spesifieke individue uitsluit of insluit.&nbsp; Tydens die vertaalproses moet jy dus voortdurend bedag wees wie betrokke is, sodat jy die korrekte &#8220;jy&#8221;, &#8220;julle&#8221;, &#8220;hulle&#8221; of &#8220;ons&#8221; kan gebruik. As jy na die dissipels verwys, kan jy nie maar net s\u00ea \u201chulle\u201d soos in Afrikaans nie. Nee, jy gebruik dan die manlike vorm van \u201chulle\u201d. Die taal is baie ryk en verklarend wat dit aanbetref. Om \u2018n alledaagse voorbeeld te noem: Op &#8216;n keer het ek mense in die donker hoor verbyloop. Ek vra hulle toe, wie hulle is en waar hulle op pad heen is. Uit die antwoord kon ek aflei dat dit twee vrouens was, want die woord wat hulle vir \u201dons\u201d gebruik het was die vroulike \u201cons\u201d vir spesifiek twee vrouens.<\/p>\n\n\n\n<p>\u200bDie proeflees van hierdie gedeeltes was lang ure, met ons as span wat dikwels van 8 voormiddag tot na 5 namiddag vasgenael gesit het. Ons het vers vir vers deurgewerk om die akkuraatheid van die vertaling te verseker, en gereeld teruggekeer na die oorspronklike Hebreeus om die regte Naro-ekwivalente te vind.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Ondersteuning en Nuwe Hoop<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bGedurende hierdie proses het ons die ondersteuning ontvang van ons konsultant, &#8216;n <strong>Mokalaka<\/strong> van geboorte, afkomstig uit die ooste van Botswana en verbonde aan die Bybelgenootskap in Botswana. Hoewel sy nie self Naro magtig is nie, het sy waardevolle insette gelewer tydens ons proefleessessie. Haar man is <strong>Ephraim Baloyi<\/strong>, &#8216;n Tsonga of Shangaan, en \u2018n baie goeie vriend van my sedert ons jare saam op die PUK. Hy was daarna vir lank by die Bybelgenootskap in Kaapstad betrokke waar hy haar ontmoet het. Hy het nou onlangs by die Bybelgenootskap afgetree.<\/p>\n\n\n\n<p>\u200bNa die proeflees van Dani\u00ebl en Prediker, het ek haar, die konsultant vertel van die <strong>Qg\u00f5otaal<\/strong> van B\u00eare, waarin slegs die Evangelie van Lukas en enkele ander losstaande gedeeltes vertaal is. Die konsultant het my dadelik aangemoedig om \u2018n skriftelike voorstel in te dien wat ek toe gedoen het, om die dringendheid van die Bybelvertaling vir hierdie taal en sy mense te beklemtoon. Sy sal dan probeer om die proses te fasiliteer. Baie mense dink die Boesmantaal is basies een taal. Nee, in Suider Afrika is daar ongeveer 17 Boesmantale en 54 dialekte. Tale soos Naro en Qg\u00f5o verskil van mekaar soos Afrikaans van Sjinees.<\/p>\n\n\n\n<p>\u200bMy gebed en versoek is dat die vertaalproses vir die Qg\u00f5otaal so gou moontlik sal begin, en dat die Here deure sal oopmaak vir hierdie belangrike werk.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Nagmaal<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tans berei ons ons voor vir die heilige nagmaal eerskomende Sondag. Die kerkraad is besig met huisbesoeke.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200bTer approbasie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons is veral dankbaar dat ons ter approbasie \u2018n nuwe naam aan die gemeente kan voorhou as kerkraadslid. Hy is tans ook ons nuwe ko\u00f6rdineerder van die Naro bybelvertalingsprojek. Hy is nog jonk en innoverend. Ons het hom trouens ook in gedagte om op te lei as predikant. Sou daar die moontlikheid wees om iemand via Mukhanyo in diens op te lei sou hy volgens ons die ideale kanditaat wees.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><strong>Ten slotte<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit vra ons u voorbidding vir die Qg\u00f5o-mense, dat daar \u2018n deur vir ons sal oopgaan om die Bybel in hulle taal te kan vertaal en ook vir ons nuwe kerkraadslid wie ons ter approbasie voorhou aan die gemeente en die moontlikheid vir verdere opleiding as bedienaar van die Woord. U broer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Hier is &#8216;n verslag oor ons onlangse proeflees van die Bybelboeke Dani\u00ebl en Prediker, met spesifieke aandag aan die uitdagings van die Naro-taal en die hoop<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1440,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1438"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1438"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1438\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1441,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1438\/revisions\/1441"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1440"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1438"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1438"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1438"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}