{"id":1450,"date":"2025-10-07T10:20:34","date_gmt":"2025-10-07T08:20:34","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1450"},"modified":"2025-10-07T10:20:35","modified_gmt":"2025-10-07T08:20:35","slug":"dekar-reformed-church-september-25","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1450","title":{"rendered":"Dekar Reformed Church September 25"},"content":{"rendered":"\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/September-Nagmaal-25-1-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1451\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/September-Nagmaal-25-1-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/September-Nagmaal-25-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/September-Nagmaal-25-1-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/September-Nagmaal-25-1-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/September-Nagmaal-25-1-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>Nagmaal in Dekar<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\u200b<strong>Oorsig oor die Afgelope Maand<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bOns is dankbaar vir die geleenthede en se\u00ebninge waarmee die Here ons in die afgelope maand gese\u00ebn het. Hier volg &#8216;n kort samevatting van die <strong>hoofgebeure en ontwikkelings<\/strong> in ons gemeente hier in D\u2019kar:<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><strong>Gemeenskaplike Bediening van die Nagmaal<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bOns het die voorreg gehad om <strong>saam nagmaal te gebruik<\/strong>, wat &#8216;n tyd van geestelike vernuwing en <strong>eenheid vir die gemeente<\/strong> was. Hierdie heilige oomblik het ons herinner aan die sentrale plek van Christus in ons lewens en het bygedra tot die versterking van ons geloofsgemeenskap met Hom. Wanneer ons nagmaal gebruik, staan ons as gemeente gewoonlik rondom die tafel en wag dat die brood en die wyn bedien word.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><strong>Besoeke deur Ouderlinge<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bDie <strong>ouderlinge het gedurende die maand hulle verantwoordelikheid ernstig opgeneem<\/strong> deur hulle lidmate in hulle onderskeie wyke te besoek. Hierdie besoeke het dit moontlik gemaak vir <strong>pastorale sorg, gebed en aanmoediging<\/strong>, en het gehelp om bande binne die gemeente te versterk. Ons is dankbaar vir hulle toewyding en die positiewe impak wat dit op individuele lidmate het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><strong>Hoogtepunt: Bevestiging van \u2018n Nuwe Ouderling<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bDie hoogtepunt van die afgelope tyd was die <strong>bevestiging van &#8216;n nuwe ouderling<\/strong>. Die aprobasieproses wat oor vier weke gestrek het, is afgehandel nadat die kandidaat vir drie weke aan die gemeente voorgestel is vir besinning en goedkeuring. Dit was \u2018n belangrik stap vorentoe vir ons gemeente.<\/p>\n\n\n\n<p>\u200bDie nuwe ouderling dien tans as die <strong>ko\u00f6rdineerder van die Bybelvertalingsprojek in Naro hier plaaslik<\/strong>, wat daarmee gemoeid is om die Woord van God toeganklik te maak in die plaaslike taal, Naro. Naro is \u2018n Boesmantaal wat oor die hele Gantsidistrik gepraat word tot in Namibi\u00eb. Ons is besonder dankbaar om iemand met sy ervaring en toewyding op die kerkraad te h\u00ea. Sy bydrae sal ongetwyfeld help om ons gemeente se sending te versterk.<\/p>\n\n\n\n<p>Soos u weet is ouderlinge gawes baie skaars in ons kerke regoor Suider Afrika, en in ons plaaslike kerk hier in D\u2019kar is dit nie \u2018n uitsondering nie. Ons kerkraadslede tans is almal oud. Ons jong ouderling wat nou so pas bevestig is, is 43. Ons het nog twee broeders wat ons dophou vir die amp van diaken. Beide is nog relatief jonk. Ons bede is dat die Here ons in wysheid sal lei om die regte mense in die amp te bevestig.<\/p>\n\n\n\n<p>\u200b<strong>Ons vra dus spesifiek u voorbidding vir ons jong ouderling en sy gesin<\/strong> in hierdie belangrike werk. Mag die Here hulle beskerm, krag gee en lei in hul daaglikse verantwoordelikhede. Die aanslae van die duiwel is fel, en sonder gebed kan nie een van ons staande bly nie. Hierdie ouderling is trouens ook die persoon wat ons in gedagte het om <strong>verder opgelei te word as predikant sou hy geroepe voel.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u200b<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Voorbidding en afsluiting<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200bOns vra u voorbidding vir hierdie maand wat kom (Oktobermaand) en spesifiek vir die volgende:<\/p>\n\n\n\n<ul><li>Vanaf die 10de Oktober beplan ons om Bere te besoek en daarna Motopi en Mababe.<\/li><li>Vanaf die 20ste Oktober word \u2018n lewensskool hier in die kerk aangebied vir die standerd sewes wat volgende jaar ho\u00ebrskool toe gaan. Vir \u2018n week lank word hulle uit die Woord van die Here gereedgemaak vir die lewe wat op hulle wag daar buite.<\/li><li>Vanaf die 27ste is dit weer \u2018n hersieningsweek waartydens ons die Boek Eksodus gaan deurwerk in Naro. Ons vra vir wysheid dat ons so na as moontlik die oorspronklike teks in die vertaling sal weerspie\u00ebl.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die afgelope maand was &#8216;n tyd van <strong>groei, eenheid en vooruitgang<\/strong>. Ons bly vasberade in ons verbintenis tot die Here se werk en sien uit na dit wat vir ons voorl\u00ea. Dankie vir julle <strong>gebede en ondersteuning<\/strong> \u2013 dit maak werklik \u2018n verskil.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Radio- en televisiepersoonlikhede<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Laaste maar nie die minste nie en daaroor is ons baie opgewonde: Ons nuwe regering van Botswana het begin met \u2018n inisiatief om ons inheemse- en agtergeblewe tale te bevorder deur die BTV televisiekanaal tot hulle beskikking te stel sodat die nuus in die aande in hulle onderskeie tale uitgesaai kan word en ook oor die radio. Vir die afgelope 59 jaar sedert die onafhanklikheid van Botswana was daar geen televisiekanaal of radiostasie tot die beskikking gestel vir ander tale nie. Tans kan \u2018n mens na die nuus in Naro kyk en ook daarna oor die radio luister. Ons is opgewonde en baie dankbaar omdat omtrent al die uitsaaiers in Naro van D\u2019kar afkomstig is en mense uit ons kerk is. \u2018n Maand gelede was van hulle nog deel van ons hersieningsspan toe ons die boek Prediker en Dani\u00ebl geproeflees het, en nou is hulle aangestel as televisie-aanbieders in Gaborone. Hulle het letterlik Naro hier in ons kerk leer lees en skryf. Wanneer die geloofsbelydenis of die wet of \u2018n Skrifgedeelte in die kerk gelees moes word, het ons van hulle gebruik gemaak.&nbsp;Dit is steeds ons modus operandi in ons gemeente hier.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om af te sluit:<\/strong> Van voorbidding gepraat laat dit my dink aan die getroue voorbidding van Dani\u00ebl en sy drie vriende en die klaarblyklike impak wat dit gehad het in daardie tyd. Sy godsdienstigheid, sy getrouheid in sy werk en veral sy gebede was \u2018n struikelblok vir die duiwel in sy poging om daar betrokke te raak. Hy was gefrustreerd en vasberade om Dani\u00ebl te laat ophou bid, al was dit net vir \u2018n maand. Vandaar dan dat hy op \u2018n slinkse manier \u2018n wet laat uitvaardig het en vanuit die hoogste gesag het hy ministers, landvoogde, raadsmanne en goeweneurs ge\u00efnspireer om na die koning met vleiende woorde te gaan om hom te oortuig dat enigiemand wat in hierdie maand tot \u2018n ander god of mens aanbid behalwe die koning in die leeukuil gegooi moes word. Dit alles net om Dani\u00ebl en sy vriende te laat ophou bid. Dit lees ons in Dani\u00ebl 6. Alles was daarop gemik om Dani\u00ebl en sy vriende al is dit net vir \u2018n maand te laat ophou bid, en hy doen dit deur die jaloesie van ministers en al die hooggeplaastes. Dit bring \u2018n mens weereens tot die besef hoe belangrik gebed is en hoe magteloos die duiwel is wanneer daar ernstig of vuriglik gebid word. Vandag is dit nogsteeds sy grootste doelwit dat gelowiges tog sal ophou of minder bid. Subtiel werk hy in jou gemoed om jou so laks as moontlik te maak in jou daaglikse gebede en jy voel so dikwels nie lus vir bid nie, of jy is te haastig en prewel maar \u2018n paar woorde. Wanneer daardie gevoel oor jou kom moet jy besef van wie dit kom en moet dit jou juis des te meer motiveer of inspireer om nog meer te bid, want dit is \u2018n tasbare en direkte aanval van die duiwel. Met dit in gedagte vra ek steeds u vurige voorbidding vir ons werk hier. Wat vir my so mooi was van Dani\u00ebl, is dit wat geskryf staan in Dani\u00ebl 6:11: \u201c<sup>11<\/sup>En net toe Dani\u00ebl verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan: en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op &#8216;n dag op sy knie\u00eb geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>U broer \u200bIn Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u200bOorsig oor die Afgelope Maand \u200bOns is dankbaar vir die geleenthede en se\u00ebninge waarmee die Here ons in die afgelope maand gese\u00ebn het. Hier volg &#8216;n kort samevatting van die<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1451,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1450"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1450"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1450\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1452,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1450\/revisions\/1452"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1450"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1450"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1450"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}