{"id":1454,"date":"2025-11-07T15:24:11","date_gmt":"2025-11-07T13:24:11","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1454"},"modified":"2025-11-07T15:24:12","modified_gmt":"2025-11-07T13:24:12","slug":"nuus-mababe-en-motopi-uitreik-oktober-2025","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1454","title":{"rendered":"Nuus Mababe en Motopi uitreik Oktober 2025"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik Du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>\u200b<strong>VERSLAG OOR UITREIK NA MOTOPI EN MABABE \u2013 17 &#8211; 26 Oktober 2025<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u200b<strong>Inleiding<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons het onlangs deur die genade van die Here weereens uitgereik na Motopi en Mababe, met die doel om geestelike ondersteuning nie net aan die gemeente daar nie, maar ook aan tannie Dorette te bied wat in haar ouderdom nogsteeds aanhou kostelike werk doen. Ook word melding gemaak van \u2018n rare noue ontkoming wat sy beleef het die oggend van ons vertrek uit D\u2019kar.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u2018n Noue ontkoming<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl ons op pad was Motopi toe, het tannie Dorette my geskakel om my in te lig oor \u2018n skrikwekkende ervaring daardie selfde oggend om en by 5:30. Sy was op pad na die hek toe, toe &#8216;n seekoeibul haar in haar erf bestorm het. Gelukkig was daar &#8216;n maroelaboom, die een hier links, en kon sy al in die rondte om die boom vir die dier vlug. Sy het die heeltyd so naby as moontlik aan sy stert gebly om van sy bek af weg te kom. Sy s\u00ea sy het letterlik hardop geloop en bid vir beskerming. Na wat vir haar soos &#8216;n halfuur gevoel het, het die seekoei uiteindelik gaan staan. Sy het toe vinnig die hek kon oopmaak en uitgeglip en agter die hek gaan staan. Toe die seekoei sien die hek is oop, het hy uitgehardloop. Sy s\u00ea, as die seekoei om die hek geloop het waar sy gestaan het, sy vandag nie meer hier sou gewees het nie. Sy beskou dit as &#8216;n absolute genade van die Here. Na die voorval, het sy teruggegaan na haar kamer en daar die Here gaan loof en prys vir haar redding.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/Mababe-4-Oct-25IMG-20251107-WA0001.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1455\" width=\"232\" height=\"412\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>Aandgebeure by Tannie Dorette<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Daardie aand was ons net op pad om te gaan slaap, toe dieselfde seekoei weer deur die draad breek en in die erf kom. Ons het tot 12:00 die nag gesukkel om sy aandag van die hek af te trek, in &#8216;n poging om te voorkom dat hy tannie Dorette se nuwe hek beskadig. Dit is \u2018n stewige hek wat sy nou onlangs vir P6000 laat oprig het. Ongelukkig het die seekoei dit toe wel die volgende aand beskadig. Die tweede aand was die bul saam met die koei in die erf, wat dus die situasie nog meer ingewikkeld gemaak het. Ons het eers n\u00e1 4:00 die Sondagoggend in die bed gekom. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/Mababe-2-Oct-25IMG-20251107-WA0003.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1456\" width=\"608\" height=\"342\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p>Op \u2018n stadium het hy ons bestorm toe ons met klippe hom probeer verwilder het, maar gelukkig was hy toe alreeds deur die draad en het hy in sy stormloop by die draad gestop. Daar het ek gesien hoe vinnig hy kan hardloop. Was dit nie vir die draad tussen ons nie, sou hy ons maklik kon inhaal het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kerkdiens en kuier<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die Sondagoggend se kerkdiens in Motopi was goed bygewoon, met heelwat mense teenwoordig \u2013 veral jongmense, wat &#8216;n positiewe teken is vir die toekoms van ons gemeente daar.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/Mababe-3-Oct-25IMG-20251107-WA0002.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1457\" width=\"644\" height=\"363\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p>. Ongelukkig kon tannie Dorette nie die diens bywoon nie. Sy het die vorige dag geval en haar voet beseer. Ek het haar gaan ophelp en het ons besluit dat sy met soveel pyn maar eerder by die huis moet bly. Dit sou later met die doktersondersoek blyk dat sy haar ligmente geskeur het. Na die diens het ons die res van die dag by haar gekuier waar ons kon gesels, bid en mekaar ondersteun. Sy word hierdie jaar 82 en bly &#8216;n inspirasie vir ons almal deur haar geloof en veerkragtigheid. Sondagaand kon die mense van Wild Life die seekoei wat soveel probleme veroorsaak het skiet, en die volgende dag kon hulle twee seekoeie verskuif na \u2018n gebied waar water is.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Vertrek na Mababe<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende oggend het ons van Motopi af na Mababe toe vertrek. Die pad was nie so sleg soos die vorige keer nie. Eers na die re\u00ebn word die pad al slegter en slegter. Van Shorobe af waar die grondpad begin was dit ongeveer \u2018n uur en \u2018n half se ry. Dit was baie warm. Ons het eers die volgende dag besef hoe warm dit is. Ons tente moes die hele week in die son staan. Al die mopaniebome wat normaalweg koelte verskaf se blare het afgeval. Die foto hier regs wys hoe skaars koelte daar was. Dit is trouens waar ons tente opgeslaan was. Die man op die foto is \u2018n trokdrywer vir iemand. Die trok het langs die pad buite Mababe onklaar geraak. Ons het hom in Mababe ontmoet. Toe hy hoor ons het Bybels was hy baie desperaat en wou hy nie sonder \u2018n Bybel na die trok terugkeer nie. Ons het hom op die ou end toe hy nie \u2018n geleentheid kon terugkry nie, self teruggeneem na die trok toe. Dit was net 4 km, maar omdat daar soveel leeus in daardie omgewing is, was hy bang om terug te loop.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/mababe-1-Oct-25IMG-20251107-WA0004.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1458\" width=\"461\" height=\"614\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/mababe-1-Oct-25IMG-20251107-WA0004.jpg 245w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/mababe-1-Oct-25IMG-20251107-WA0004-225x300.jpg 225w\" sizes=\"(max-width: 461px) 100vw, 461px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ondanks die uitputtende hitte was dit \u2018n baie gese\u00ebnde week. Ons kon die \u201cWalking with Jesus film\u201d twee keer wys. Die ander aande het ons persoonlike Bybelstudies by mense aan huis gehou. Die gesprekke was diepgaande. Elke keer besef \u2018n mens die nood vir die Evangelie in Afrika. Afrika is vol kerke, maar bitter min van hulle leiers maak die Bybel oop om die Skrif te verklaar of te bestudeer. Die meeste van die kerke is gestig om sekul\u00eare redes al is dit net vir sing om in een of ander trans te kom. As jy aan iemand die Evangelie verkondig doen jy normaalweg \u2018n beroep op so \u2018n persoon om kerk toe te gaan, maar liefs nie in Afrika nie. Jy doen eerder \u2018n beroep op hom of haar om nie kerk toe te gaan nie, of om sy kerk te los. Daar is soveel kultiese kerke en kultiese dwaalleer dat sou jy hom of haar oorreed om kerk toe te gaan, jy hom na \u2018n bynes van kultiese bedrywighede toe stuur.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens so \u2018n uitreik is daar baie dinge om voor dankbaar te wees. In die eerste plek is dit \u2018n&nbsp; gulde geleentheid om die Evangelie van ons Here Jesus uit te dra. Elke keer besef \u2018n mens&nbsp;hoe bevoorreg ons is om dit sonder vervolging te doen. In die tweede plek, sonder die bydraes wat ons van u ontvang sou dit nie moontlik gewees het nie en daarvoor is ons die Here innig dankbaar. Afgesien van die feit dat ons daar moet eet, het \u2018n mens diesel en \u2018n voertuig nodig om hulle te bereik. Nog iets waarvoor \u2018n mens diep dankbaar is, is die ontvangs van die mense daar. Die ontvangs van die mense daar is vir ons \u2018n geopende deur. Weke voor ons uitreik is daar mense wat ons skakel om te hoor wanneer ons kom. Woorde soos, \u201cOns verlang na julle\u201d, beteken vir ons baie. Wanneer ons daar kom is hulle nie net bly om ons te sien nie, maar die plek waar ons ons tente opslaan is skoon gevee en aan die kant. Dit is alles dinge wat ons nie as vanselfsprekend sien nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die uitreik was gevul met uitdagings, maar ook met duidelike tekens van God se voorsienigheid en beskerming. Getrou aan sy Woord dink ons aan die Woorde van ons Here Jesus in Johannes 6:37: \u201cAl wat die Vader My gee, sal na My toe kom, en ek sal hom wat na My toe kom nooit uitwerp nie.\u201d Dit is nie vir ons om uit te vind wie die Vader aan sy Seun gegee het nie. Ons verkondig die Evangelie en die Vader trek mense deur die Evangelie na sy Seun. In Johannes 6:44 s\u00ea die Here Jesus: \u201cNiemand kan na my toe kom as die Vader wat My gestuur het hom nie trek nie.\u201d Dit gaan dus nie oor my oortuigingsvermo\u00eb nie, maar om die Vader wat trek. Dit is Hy wat dit vir ons moontlik maak om na mense toe uit te reik, en deur die verkondiging van die Woord trek Hy hulle deur sy Gees om aan sy Seun te behoort, en so \u2018n persoon, s\u00ea die Here Jesus sal Hy nooit uitwerp nie, want dit is \u2018n kosbare geskenk van sy Vader aan Hom. So was dit ook met die moordenaar aan die kruis in Lukas 23:42. Die oomblik toe hy s\u00ea, \u201cdink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.\u201d, het die Here Jesus onmiddellik gereageer: \u201c<sup>43<\/sup>Voorwaar ek s\u00ea vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.\u201d&nbsp; Hoekom sulke mooi woorde aan \u2018n skurk? Omdat niemand sonder die Vader wat trek ooit sal kan vra, \u201cdink aan my Here,\u201d nie, en die Here Jesus sien hom onmiddellik as \u2018n geskenk van sy Vader, en hy word dienooreenkomstig geantwoord.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons vra weereens u voorbidding vir tannie Dorette, wat deur haar ouderdom en onlangse besering so kwesbaar is, asook vir die gemeente van Motopi. Ons vra u voorbidding vir die mense van Mababe en ook Khwai. Van tyd tot tyd probeer ons ook na hulle toe uitreik. Op pad Mababe toe ry ons deur Sankoyo waar ons al Bybels uitgedeel het. Khwai is 37 kilometer anderkant Mababe. Ons het daar ookal Bybelstudies gehou en Bybels uitgedeel. Ons bid en die Here maak vir ons deure oop, want die wat aan die Here Jesus behoort sal noodwendig na Hom toe kom, en dit maak van sendingwerk die mees suksesvolle beroep op aarde, want die Here is getrou aan sy Woord.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik Du Plessis \u200bVERSLAG OOR UITREIK NA MOTOPI EN MABABE \u2013 17 &#8211; 26 Oktober 2025 \u200bInleiding Ons het onlangs deur die genade van die Here weereens uitgereik na<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1456,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1454"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1454"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1454\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1459,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1454\/revisions\/1459"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1456"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1454"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1454"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1454"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}