{"id":1473,"date":"2025-12-22T11:15:04","date_gmt":"2025-12-22T09:15:04","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1473"},"modified":"2025-12-22T11:15:05","modified_gmt":"2025-12-22T09:15:05","slug":"verslag-oor-die-bybelhersieningsessie-in-naro-fokus-op-eksodus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1473","title":{"rendered":"<strong>Verslag oor die Bybelhersieningsessie in Naro: Fokus op Eksodus<\/strong><strong><\/strong>"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Inleiding<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Na ons terugkeer die 26ste Oktober van Mababe af het daar vir ons &#8216;n weeklange hersieningssessie voorgel\u00ea. Links is \u2018n foto van die Naro Nuwe Testament.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Vertaling-1-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1474\" width=\"449\" height=\"639\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Vertaling-1-1.jpg 225w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Vertaling-1-1-211x300.jpg 211w\" sizes=\"(max-width: 449px) 100vw, 449px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Van 27 &#8211; 31 Oktober het ons &#8216;n Bybelhersieningsessie gehad, met die fokus op die boek Eksodus. Hierdie sessie is deel van &#8216;n bre\u00ebr poging om die Bybel in die Naro-taal te hersien en te vertaal. Sodra die vertalers \u2018n boek vertaal het, word ons as betrokkenes by die projek genader om saam met hulle weer die boek deur te gaan. Dan word die boek, re\u00ebl vir re\u00ebl saam met hulle deurgewerk. Die Naro-taal, gepraat deur een van die San-volke (Boesmans) in die Gantsi distrik in Botswana en Namibi\u00eb, het die Nuwe Testament wat alreeds vertaal is, maar dit vereis voortdurende hersiening om akkuraatheid en kulturele relevansie te verseker. Eksodus, as &#8216;n sentrale boek in die Ou Testament, bied unieke uitdagings weens sy historiese, teologiese en kulturele diepte. Die sessie het getoon dat dit &#8216;n moeilike boek is om te hanteer en te vertaal, veral met die talryke nuanses rondom die bou van die altaar en die kleure wat betrokke is en vertaal moet word.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Uitdagings in die Vertaling<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tydens die sessie het ons intensief gestoei en geworstel met verskeie vertalingskwessies. Eksodus bevat komplekse konsepte wat nie maklik in baie tale oorgedra kan word nie, as gevolg van linguistiese en kulturele verskille. Een van die hoofuitdagings is die vertaling van sleutelwoorde wat sentraal tot die Bybelse teologie staan. Na &#8216;n lang bespreking het&nbsp; ek &#8216;n voorstel gemaak vir &#8216;n werkswinkel. So \u2018n werkswinkel moet dan spesifiek daarop gemik wees om die regte vertalings vir kritiese woorde te bepaal, deur middel van diepgaande analise en samewerking.<\/p>\n\n\n\n<p>Spesifieke woorde soos die woord &#8220;heilig&#8221; is &#8216;n belangrike voorbeeld wat tydens die sessie bespreek is. Hierdie woord was nog altyd moeilik om in die Naro-taal reg te vertaal, en dit is &#8216;n baie belangrike woord omdat dit ook verwys na die Heilige Gees in die Bybel. Dit het ons by die vraag gebring: &#8220;Wat beteken heilig?&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die jare heen het die Naro-vertalers verskillende woorde gebruik om &#8220;heilig&#8221; oor te dra, maar nie een van die vertalings doen reg aan die werklike betekenis nie. In \u2018n vorige Narovertaling is die Heilige Gees selfs vertaal as &#8216;n &#8220;Gelukkige of gese\u00ebnde Gedagte&#8221;, wat heeltemal afwyk van die oorspronklike betekenis en die waarheid. Dit het ontstaan omdat die Naro-taal nie &#8216;n direkte ekwivalent vir &#8220;gees&#8221; het nie, en is dit dus met &#8220;gedagte&#8221; vertaal. Tog het hulle \u2018n woord vir die Hebreeuse woord \u201cRuach\u201d, wat \u201cwind\u201d, \u201casem\u201d of \u201cgees\u201d kan beteken. As jy dus \u201cgees\u201d bloot met \u2018n gedagte vertaal, wat maak jy dan as die woord \u201cgedagte\u201d wel in die Bybel voorkom. Dink maar net aan die woorde van die apostel Paulus in Romeine 11:34 waar hy s\u00ea: \u201cWant wie het die gedagte van die Here geken. . .\u201d \u201cGedagte\u201d hier is dan alles behalwe \u201cgees\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>My verduideliking van die oorspronklike betekenis om die vertaalspan te help, het my daartoe gebring om die oorspronklike Hebreeuse betekenis te verduidelik. Die Hebreeuse woord vir &#8220;heilig&#8221; is &#8220;qadosh&#8221; (of &#8220;kadosh&#8221;), wat prim\u00ear &#8220;afgesonder&#8221; of &#8220;toegewyd vir &#8216;n spesifieke doel in diens van God&#8221; beteken. Dit impliseer nie slegs morele suiwerheid nie, maar eerder &#8216;n toestand van afgesonderd wees vir God se doel. Byvoorbeeld, in die Ou Testament, wanneer &#8216;n priester homself moes &#8220;heilig&#8221;, het dit beteken dat hy homself vir &#8216;n spesifieke doel aan God moes wy en afsonder.<\/p>\n\n\n\n<p>Tans word in die Naro-vertalings deurgaans \u201cTcom-tcom sam Tc\u2019\u1ebde\u201d vir \u201cHeilige Gees\u201d gebruik wat eintlik die direkte vertaling van die Tswana woord \u201cMowa o o Boitshepo\u201d is. Die woord \u201cMowa o o Boitshepo\u201d beteken letterlik \u201cBetroubare Gees\u201d. Die Sepedi Bybel is mynsinsiens baie nader aan die waarheid met, \u201cMoya Mokgethwa\u201d wat \u201cUitgekose Gees\u201d beteken, wat nader aan die oorspronklike Hebreeus is. Die probleem met Naro is, hulle het nie \u2018n woord vir \u201cgees\u201d nie en nou vertaal hulle \u201cgees\u201d met \u201c\u2019n gedagte\u201d, wat die woord \u201cHeilige Gedagte\u201d vir die \u201cHeilige Gees\u201d onuithoudbaar maak, veral as \u201cheilig\u201d met \u201cbetroubaar\u201d vertaal word, en dit dan \u2018n \u201cBetroubare Gedagte\u201d word. Eintlik het<strong><u> <\/u><\/strong>hulle \u2018n woord vir \u201cgees\u201d as \u2018n mens in aanmerking neem dat \u201cruach\u201d in Hebreeus ook asem en wind kan beteken.&nbsp; Wanneer James Morris, \u2018n Naro moedertaalspreker, die woord \u201cgees\u201d, in die kerk tolk, gebruik hy die woord \u201cc\u2019om\u201d, wat \u201casem\u201d beteken. Die rede waarom die woord vir die ander Narosprekers nie aanvaarbaar was nie, was omdat die woord vir \u201cgedagte\u201d gesien was as die regte woord en daarteenoor die woord \u201cc\u2019om\u201d verkeerd klink, en ook omdat die betekenis van die&nbsp; Hebreeuse woord \u201cruach\u201d nog nooit aan hulle gekommunikeer was nie.<\/p>\n\n\n\n<p>In my verduideliking het ek gepoog om die deelnemers te lei na &#8216;n beter begrip of vertaling, en het ek beklemtoon dat dit noodsaaklik vir &#8216;n vertaling is om so getrou as moontlik te bly aan die oorspronklike taal sonder om kulturele misverstande te skep. Soos ges\u00ea is, het die Naros wel \u2018n woord vir \u201casem\u201d en \u201cwind\u201d wat hoegenaamd nie vreemd is aan die Hebreeuse woord \u201cruach\u201d nie, maar die woord \u201cgedagte\u201d kan baie misverstande meebring.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Aanbevelings en Afsluiting<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die sessie het die behoefte aan verdere opleiding en samewerking onderstreep. Die voorgestelde werkswinkel sal &#8216;n waardevolle stap wees om hierdie vertalingsuitdagings aan te spreek, deur deskundiges te nader om konsensus te bereik oor terme soos &#8220;heilig&#8221; en &#8220;gees&#8221;. Sulke inisiatiewe is noodsaaklik vir die voortsetting van die Naro-Bybelvertalingsprojek.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie verslag dien as &#8216;n opsomming van die sleutelpunte uit die sessie en beklemtoon die belangrikheid van \u2018n akkurate vertaling vir die oordrag van Bybelse waarhede in inheemse tale.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die begrafnis van \u2018n geliefde kollega<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ds. Oster Khoxo was ons kollega al die jare saam met ds. Gawie Joubert te New Xanagas. New Xanagas is volgens Google 197 km van D\u2019kar af. Ds. Oster was nie lank aan longkanker siek nie. Ek dink hulle het dit te laat agtergekom.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/vertaling-2-1-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1475\" width=\"321\" height=\"346\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/vertaling-2-1-1.jpg 649w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/vertaling-2-1-1-279x300.jpg 279w\" sizes=\"(max-width: 321px) 100vw, 321px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ons het die Donderdagoggend deurgery om 2uur die roudiens by te\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 woon. Hulle het my gevra om die boodskap van troos te bring. Na die diens het ons twee mans (blankes) ontmoet, Manie en Chris wat spesiaal van Suid-Afrika af gekom het om te kom help dak opsit by die kerk. Hulle het honderd persent skadunette saamgebring. Die vorige skadunetdak was al so gehawend en vol gate. Die volgende dag was hulle die hele dag besig om die\u00a0 nuwe skadunet oor die ou net te trek en vas te slaan. Die son was bloedig warm. Dit was die Vrydag. Hulle was net betyds klaar omdat die lyk om en by 5 uur in die kerk ontvang moes word.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"624\" height=\"468\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/vertaling-3-jpg-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1476\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/vertaling-3-jpg-1.jpg 624w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/vertaling-3-jpg-1-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 624px) 100vw, 624px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die gemeente was al in die kerk. Ons as predikante het by die hek gestaan om die lykswa wat van Gantsi af op pad was in te wag. Toe die lykswa uiteindelik opdaag het ons voor die kis uitgeloop om die kis in die kerk in te dra. Ons het net pas die kis voor in die kerk neergesit toe daar \u2018n bui re\u00ebn uitsak vir omtrent 3 minute. Van die paar wat nog buite was, het papnat gere\u00ebn. Eweskielik het die re\u00ebn net opgehou. Was dit nie vir die skadunet wat betyds op was nie, het ons almal nat gere\u00ebn. Of dit \u2018n wonderwerk was, weet \u2018n mens nie, want voor dit het dit nie gere\u00ebn nie en ook nie die dae daarna nie. Daarna het hulle die lyk na die huis waar ds. Oster gewoon het geneem. Die aand om 9 uur het ek weer die geleentheid gehad om die Woord te verkondig en so ook die volgende oggend om en by 7 uur. Daar was baie mense die aand en die volgende oggend nog meer. My kollega van Gantsi, ds. Seitlheko het die ter aardebestelling by die graf hanteer.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Vertaling-4jpg-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1477\" width=\"504\" height=\"378\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p>Wanneer \u2018n mens die geleentheid gegun word om die Evangelie van ons Here Jesus te verkondig, besef \u2018n mens dat dit tyd is wat jy moet uitkoop, want daar is mense wat van heinde en verre oor Botswana gekom het vir die geleentheid, en is dit \u2018n geleentheid wat die Here vir jou gee om niemand anders nie as Jesus Christus as opgestane te verkondig en van sy oorwinning oor die sonde en die dood te getuig.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit vra ons u innige voorbidding vir ons Bybelvertalingsprojek dat die Here aan ons die wysheid sal gee om sy Woord reg te vertaal en te vertolk. Ons vra u voorbidding vir \u2018n Bybelvertaling vir die Qg\u00f5omense wat \u2018n taal praat wat verskil van ons Naro taal hier soos Afrikaans van Russies. My bede is dat die Here ook in die taal ryklik sal voorsien om die Evangelie van ons Here Jesus daarin uit te dra volgens sy gebod om heen te gaan en dissipels te maak van al die nasies.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Inleiding Na ons terugkeer die 26ste Oktober van Mababe af het daar vir ons &#8216;n weeklange hersieningssessie voorgel\u00ea. Links is \u2018n foto van die Naro Nuwe<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1475,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1473"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1473"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1473\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1478,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1473\/revisions\/1478"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1475"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1473"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1473"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1473"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}