{"id":1480,"date":"2026-02-17T11:30:04","date_gmt":"2026-02-17T09:30:04","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1480"},"modified":"2026-02-17T11:30:05","modified_gmt":"2026-02-17T09:30:05","slug":"dkar-en-uitreik-na-bere-5-tot-8-februarie-2026","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1480","title":{"rendered":"D\u2019kar en uitreik na Bere, 5 tot 8 Februarie 2026"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>D\u2019kar<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Verlede maand was ons weer vir twee weke betrokke by die hersiening van \u2018n Bybelboek. Hierdie keer was dit die boek Levitikus. Levitikus het 27 hoofstukke. Dit verg baie konsentrasie. Die groot uitdaging is om vir Moses Naro te leer praat. Vir die wat nie weet nie, Naro is die Boesmanklapklanktaal wat hier gepraat word. Dit is \u2018n taal v\u00earlangs verwant aan Nama van Namibi\u00eb soos Afrikaans verwant is aan Duits. Soos Afrikaans is Nama dan die makliker een van die twee en Naro die moeiliker een.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Vertaling-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1482\" width=\"699\" height=\"525\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Vertaling-1.png 553w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Vertaling-1-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 699px) 100vw, 699px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Steeds het ons gestruikel met die woord vir \u201cheilig\u201d in Naro. Die Narospan het saamgestem dat die woord wat tans gebruik word alles behalwe die regte vertaling is. Gelukkig is daar alternatiewe woorde waarna gekyk moet word. Wat \u2018n se\u00ebn sal dit net nie wees die dag wanneer die volledige Bybel, Ou- en Nuwe Testament gedruk kan word nie. Ons vra u voorbidding hiervoor.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Eredienste in D\u2019kar<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Vertaling-2.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1483\" width=\"698\" height=\"525\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Vertaling-2.png 330w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Vertaling-2-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 698px) 100vw, 698px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Deur die Here se genade word die eredienste hier in D\u2019kar boverwagtend bygewoon. Die kerkraad is daarvan oortuig dat dit alles te doen het met die verkondiging van die Woord. Deur die Woord trek die Vader die wat Hy aan sy Seun gegee het na sy Seun. Volgens Johannes 6:44 kan niemand na die Seun toe kom as hy nie deur die Vader na die Seun toe getrek word nie, en volgens vers 37 sal die Seun so \u2018n persoon nooit uitwerp of wegwys nie. Wat verblydend is, is die feit dat baie van die mense wat die dienste Sondae bywoon nie eens lidmate is nie, maar Sondag vir Sondag is hulle daar om na die Woord te kom luister, en steeds meer mense kom en ons is dankbaar daaroor. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-3.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1484\" width=\"760\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-3.png 393w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-3-300x158.png 300w\" sizes=\"(max-width: 760px) 100vw, 760px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Dit gebeur dan dikwels dat van hulle later besluit om ons belydenisklasse by te woon en wanneer hulle belydenis van geloof afgel\u00ea het word hulle lidmate. Een het nou onlangs aan een van ons kerkraadslede ges\u00ea, dit is asof sy die teenwoordigheid van die Here kan aanvoel onder die verkondiging van die Woord.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Ons uitreik na Bere<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tydens ons uitreik na Bere het ons weereens besef hoeveel mag hierdie kultiese kerke oor hulle lidmate het. Die Afrikamens is altyd bewus van bose magte wat werksaam is. Sluit jy dus by \u2018n sekere kerk aan wat jou sogenaamd in hierdie verband help word dit al hoe moeiliker om jou rug op so \u2018n kerk te draai, want jy is bang vir die nagevolge, en die kultiese kerk verseker jou ook, sou jy hulle verlaat sekere onheile jou sal tref. Die veiligste is dus maar om by hulle te bly. Oor baie dinge stem jy dalk nie saam nie, maar jy bly maar stil ter wille van die vrede. Regs op die foto is van die jongmense wat Bybels ontvang het. Soos van hulle hieronder is skaam om op \u2018n foto te verskyn.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-4.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1485\" width=\"618\" height=\"464\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-4.png 397w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-4-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 618px) 100vw, 618px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-5.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1486\" width=\"624\" height=\"468\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-5.png 465w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/vertaling-5-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 624px) 100vw, 624px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Nou toe ons daar was, was daar juis twee van die kerke wat besluit het om \u2018n gesamentlike diens te hou. Hulle sou dan 11 uur die nag begin tot die volgende oggend na sonop. Ek wou by hulle weet hoekom ons nie ook genooi is nie. Verle\u00eb het hulle nie geweet wat om te s\u00ea nie. Daardie hele nag het hulle op hulle tromme geslaan en geskreeusing. Hier om en by 7 uur die volgende oggend was hulle nog druk besig. Die probleem met hierdie kerke is, hulle werk hulleself op tot \u2018n sekere trans waartydens hulle aanhou en aanhou tot vervelens toe. N\u00earens is daar sprake van Woordverkondiging nie. As die voorgangers enigsins iets sou s\u00ea is dit een of ander profetiese woord wat die Here kamstig aan hom geopenbaar het waarop almal teenwoordig soos in \u2018n koor met \u2018n \u201camen\u201d of \u2018n \u201chaleluja\u201d reageer en dan sing hulle maar weer en die tromme word geslaan. Hierdie tiepe kerke het verskillende name wat hulle vir hulleself opdis, maar een oorkoepelende naam het hulle in gemeen en dit is dat hulle apostelkerke is. Die apostelkerke glo vas in die amp van die apostel vandag. Soos Paulus direk deur God in daardie tyd ge\u0457nspireer was so ook hulle vandag. Die Bybel word in \u2018n groot mate oorbodig want hulle kry mos hulle direkte boodskappe van bo. Natuurlik gebruik hulle nogsteeds die Bybel, maar alleen om hulle eie profesi\u00eb of uitsprake te bevestig. Hulle kan selfs sover gaan om iemand anders se vrou of meisie van hom af te rokkel. Ons het iemand hier gehad wat na iemand toe gegaan en ges\u00ea het, die Here het laasnag vir my ges\u00ea hierdie vrou met wie jy saambly is eintlik my vrou, en die jongman moes sy hut en sy vrou verlaat, want wie is hy per slot van rekening om \u2018n apostel wat direk met die Here kommunikeer te bevraagteken. Dit is die mag wat die apostelkerke oor hulle lidmate het. Let wel, as ons van hierdie apostelkerke praat, praat ons nie van die Apostoliese Geloofsending nie. Baie van hierdie apostelkerke se name begin met \u2018n \u201cSaint\u201d. Hier in D\u2019kar word een van hulle die \u201cSaint Hebere (Hebrew)\u201d kerk genoem. Baie van hierdie mense is van mening dat kerke die reg het om van mekaar te verskil sonder dat dit verkeerd is. Ons dien mos die Here op verskillende maniere, het een opgemerk. Die Woord van die Here is dus nie die maatstaf nie maar die vryheid van die individu of kerk wat na eie goeddunke die Here dien soos hy of sy kerk dit wil. Dit is eintlik so ontstellend veral as \u2018n mens dink aan Hebre\u00ebrs 12:28 en 29: \u201cDaarom, omdat ons &#8216;n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is &#8216;n verterende vuur. Die 1983-vertaling stel dit meer eenvoudig: \u201cLaat ons wat &#8216;n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is &#8216;n verterende vuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Ten slotte vra ons u voorbidding vir hierdie mense met wie ons ook hier in D\u2019kar daagliks te doen het. Ons bede is dat die Here hulle o\u00eb sal open vir hierdie kultiese godsdiens wat niks met die ware Godsdiens in gemeen het nie. U broer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis D\u2019kar Verlede maand was ons weer vir twee weke betrokke by die hersiening van \u2018n Bybelboek. Hierdie keer was dit die boek Levitikus. Levitikus het 27<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1482,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1480"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1480"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1480\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1487,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1480\/revisions\/1487"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1482"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1480"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1480"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1480"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}