{"id":1495,"date":"2026-03-23T10:15:33","date_gmt":"2026-03-23T08:15:33","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1495"},"modified":"2026-03-23T10:15:34","modified_gmt":"2026-03-23T08:15:34","slug":"dkar-en-uitreik-motopi-maart-2026","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1495","title":{"rendered":"D&#8221;Kar en uitreik Motopi Maart 2026"},"content":{"rendered":"\n<p><strong><u>D\u2019kar<\/u><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>In D\u2019kar is ons kerkraad tans besig met huisbesoeke ter voorbereiding van die Paasfees<\/p>\n\n\n\n<p>volgende maand. Deur die Here se genade sal dit weer eens \u2019n besondere geleentheid wees<\/p>\n\n\n\n<p>om die dood en opstanding van ons Here Jesus Christus te herdenk. Die kerkraad het ook<\/p>\n\n\n\n<p>besluit om as gemeente die Sondag saam die Heilige Nagmaal te vier.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" width=\"432\" height=\"330\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1496\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image.jpeg 432w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image-300x229.jpeg 300w\" sizes=\"(max-width: 432px) 100vw, 432px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Saterdagmiddag om 02:00 is ons as kerkraad deur die East Hanahai-wyk genooi om saam<\/p>\n\n\n\n<p>met hulle afskeid te neem van Hessel en Coby Visser. Die egpaar is reeds sedert 1991 in D\u2019kar betrokke by die vertaling van die&nbsp; Naro-Nuwe Testament. Dit was geen maklike taak nie, aangesien Hessel die Naro-taal van nuuts af moes aanleer, maar hy en sy span kon uiteindelik in 2012 die Nuwe Testament in Naro die lig laat sien.<\/p>\n\n\n\n<p>Na al die jare het die tyd nou aangebreek dat hulle na Nederland terugkeer, waar<\/p>\n\n\n\n<p>hulle op Urk gaan woon. Hessel noem dat dit beslis \u2019n groot aanpassing gaan<\/p>\n\n\n\n<p>wees na soveel jare onder die Afrika-son. Ons bid hulle die Here se rykste se\u00ebn<\/p>\n\n\n\n<p>toe.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><u>&nbsp;Vergadering in Gobabis<\/u><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Op die 25ste van verlede maand het ek en Thys Boshoff (ouderling van D\u2019kar) na<\/p>\n\n\n\n<p>Gobabis gery vir \u2019n vergadering met \u2019n kommissie van die plaaslike<\/p>\n\n\n\n<p>Gereformeerde Kerk daar. In my vorige verslae het ek reeds melding gemaak van<\/p>\n\n\n\n<p>die ongeveer 26 lidmate (verspreid oor Gantsi en Maun) wat by die<\/p>\n\n\n\n<p>Gereformeerde Kerk D\u2019kar ingeskakel het.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle was voorheen \u2019n wyk van Gobabis, maar die bediening daar is ongeveer<\/p>\n\n\n\n<p>twee jaar gelede deur die vorige leraar en kerkraad opgeskort. Die lidmate is<\/p>\n\n\n\n<p>gelaat met \u2019n keuse: om by die plaaslike Nederduitse Gereformeerde Kerk (tans<\/p>\n\n\n\n<p>bekend as die Gemeenskapskerk) aan te sluit, of by die Gereformeerde Kerk<\/p>\n\n\n\n<p>D\u2019kar. Hierdie 26 lidmate het hul by ons gevoeg omdat hulle nie tuis voel by die<\/p>\n\n\n\n<p>liberale sienings van die Gemeenskapskerk nie \u2014 veral rakende die praktyk waar<\/p>\n\n\n\n<p>kindertjies &#8220;ingese\u00ebn&#8221; word in die plek van die doop. Die wat dus hulle kindertjies<\/p>\n\n\n\n<p>wil laat doop is ewe welkom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vergadering in Gobabis was baie bemoedigend. Die kerkraad is bereid om<\/p>\n\n\n\n<p>weer hierdie lidmate te bedien. Die lidmate bly attestaatsgewys deel van D\u2019kar,<\/p>\n\n\n\n<p>maar deur \u2019n bedieningsooreenkoms sal Gobabis en D\u2019kar kragte saamsnoer ten<\/p>\n\n\n\n<p>opsigte van eredienste en die bediening van die sakramente.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><u>Motopi<\/u><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Gedurende die naweek van 7 Maart het ek en Thys Boshoff vir tannie Dorette<\/p>\n\n\n\n<p>Cronj\u00e9 in Motopi besoek. Abdul kon weens ander verpligtinge nie die reis<\/p>\n\n\n\n<p>meemaak nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons kon indringend met tannie Dorette gesels oor die toekoms van die bediening<\/p>\n\n\n\n<p>in Motopi. Sy is nie \u2019n predikant nie en beskryf haarself as \u2019n<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Sondagskoolonderwyseres op haar beste,&#8221; maar een ding is seker: sy het \u2019n<\/p>\n\n\n\n<p>uitsonderlike slag met kinders. Sy is vlot in Tswana, wat sy van kindsbeen af ken<\/p>\n\n\n\n<p>en later ook op universiteitsvlak gedoseer het. Dit skakel die kommunikasiegaping<\/p>\n\n\n\n<p>uit wat so dikwels \u2019n uitdaging vir sendelinge is. Dit bly ons droom en gebed dat<\/p>\n\n\n\n<p>die Here die regte persoon sal stuur om die werk in Motopi voltyds voort te sit.<\/p>\n\n\n\n<p>Tannie Dorette word vanjaar 82. Hoewel sy nog relatief sterk is, kla sy oor haar<\/p>\n\n\n\n<p>hart en word sy vinnig moeg. Ten spite&nbsp; hiervan is sy gelukkig. Sy vertel dat \u2019n<\/p>\n\n\n\n<p>groot las van haar skouers af is noudat die rivier weer vol is. Sy het dit voorheen<\/p>\n\n\n\n<p>op haarself geneem om die seekoeie en beeste water te gee in \u2019n krip langs haar<\/p>\n\n\n\n<p>erf omdat sy nie kon sien hoe die diere ly nie. Na maande se wag het die water<\/p>\n\n\n\n<p>vanaf Angola uiteindelik die Botetirivier bereik.<\/p>\n\n\n\n<p>Tannie Dorette het geen planne om elders te gaan woon nie; sy is presies waar sy<\/p>\n\n\n\n<p>wil wees. Sy hanteer die Sondagdienste met soveel oorgawe dat die kleintjies aan<\/p>\n\n\n\n<p>haar lippe hang. Tydens die diens het sy gewys na volwassenes wat nou in die<\/p>\n\n\n\n<p>banke sit, wat as kinders daar was toe sy en oom Thys met die werk begin het. Ek<\/p>\n\n\n\n<p>kon self die erediens daar waarneem en vra u voorbidding vir haar en haar<\/p>\n\n\n\n<p>omstandighede. Die Here gebruik haar kragtig in haar swakheid, wat my laat dink<\/p>\n\n\n\n<p>aan Paulus se woorde in 2 Korinthi\u00ebrs 12:10:<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDaarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in<\/p>\n\n\n\n<p>vervolginge, in benoudhede, ter wille van Christus, want as ek swak is,<\/p>\n\n\n\n<p>dan is ek sterk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p><strong><u>Mababe<\/u><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die pad na Mababe is nou reeds maande lank onbegaanbaar. Een van ons kontakpersone daar het ons dringend aangeraai om nie die tog aan te pak nie, aangesien selfs groot vragmotors vasval.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Paar weke gelede is die paaie na die Moremi-wildtuin en Khwai selfs amptelik vir toeriste gesluit.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img src=\"blob:https:\/\/botswanasending.co.za\/3c0ae437-0ad8-4f92-999e-2cf2638dc5d1\" alt=\"\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p>Hierdie foto is &#8216;n aanduiding van die uiterste toestande op die paaie in daardie streek wanneer dit onbegaanbaar word weens modder en water. Die kombinasie van die diep modder en die invloei van die riviere maak dit selfs vir swaar voertuie onmoontlik om deur te kom, wat verklaar waarom die roetes na Moremi en Khwai tans gesluit is.<\/p>\n\n\n\n<p>Ten spyte van die fisiese afstand, bly die gemeenskap van Mababe deurentyd in<\/p>\n\n\n\n<p>ons gebede. Ons is dankbaar dat kommunikasie via selfoon darem nog moontlik<\/p>\n\n\n\n<p>is, sodat ons nie heeltemal die kontak met hulle verloor nie.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>D\u2019kar In D\u2019kar is ons kerkraad tans besig met huisbesoeke ter voorbereiding van die Paasfees volgende maand. Deur die Here se genade sal dit weer eens \u2019n besondere geleentheid wees<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1391,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1495"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1495"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1495\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1498,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1495\/revisions\/1498"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1495"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1495"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1495"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}