{"id":1533,"date":"2026-07-11T10:52:55","date_gmt":"2026-07-11T08:52:55","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1533"},"modified":"2026-07-11T10:52:56","modified_gmt":"2026-07-11T08:52:56","slug":"verslag-van-werksaamhede-en-besoeke-junie-2026","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=1533","title":{"rendered":"<strong>Verslag van Werksaamhede en Besoeke: Junie 2026<\/strong>"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>1. Bybelvertaling<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons kon onlangs weer \u2019n intensiewe hersieningsweek inpas. Hierdie keer het ons saam met die vertaalspan die boek Hooglied deurgewerk. Dit is \u2019n baie uitdagende boek met komplekse vertalingsmoontlikhede.<\/p>\n\n\n\n<p>Stadig maar seker vorder ons deur die Ou Testament. Ons doelwit is om die Ou en Nuwe Testament binne die volgende vier jaar saam te publiseer. Die Nuwe Testament is reeds in 2012 uitgegee en ons wag nou vir die voltooiing van die Ou Testament sodat dit as \u2019n volledige Bybel gedruk kan word.<\/p>\n\n\n\n<h2>2. Versterking van die Kerkraad en Gemeentelike Groei<\/h2>\n\n\n\n<p>Die afgelope maand was gevul met besondere genade en diep hoogtepunte vir ons gemeentelike lewe, veral wat betref die toerusting en bevestiging van plaaslike kerkraadslede.<\/p>\n\n\n\n<ul><li><strong>Bevestiging van nuwe ampsdraers (Naweek van 14 Junie 2026):<\/strong> Dit was \u2019n groot hoogtepunt vir die gemeente om twee Herero-broers amptelik as ouderling en diaken te bevestig. Hierdie broers het vooraf getrou die belydenisklasse bygewoon en \u2019n tyd gelede belydenis van geloof afgel\u00ea. Nadat hulle vir die voorafgaande drie Sondae sonder enige beswaar ter approbasie (goedkeuring) aan die gemeente voorgehou is, kon hulle finaal in die ampte bevestig word.<\/li><li><strong>Kontinu\u00efteit in plaaslike leierskap:<\/strong> Hierdie bevestiging volg op die vroe\u00ebre verkiesing (soos vermeld in die verslag van September 2025) van \u2019n Naro-sprekende lidmaat as ouderling, wat ook as die ko\u00f6rdineerder van die Naro-Bybelvertalingsprojek dien. Dit is bemoedigend om te sien hoe die kerkraad oor taalgrense heen versterk word om die onderskeie gemeenskappe te bedien. Ons vertrou dat ons voortaan meer Hereros tot ons gemeente sal\u00a0 byvoeg, want ook hulle l\u00ea braak vir die sending hier in Botswana.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/junie-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1534\" width=\"611\" height=\"407\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/junie-1.png 377w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/junie-1-300x200.png 300w\" sizes=\"(max-width: 611px) 100vw, 611px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>3. Besoek aan Mababe: (17\u201321 Junie 2026)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Vanaf 17 tot 21 Junie is &#8216;n besoek aan die Mababe-omgewing afgel\u00ea. Hoewel die reis vrugbaar was, het dit ook logistieke uitdagings meegebring.<\/p>\n\n\n\n<h3><strong>Reis- en padtoestande<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>Die pad na Mababe was in \u2019n baie slegte toestand. Op een spesifieke plek het \u2019n groot vragmotor vasgesit. Omdat dit reeds donker was, moes ons \u2019n alternatiewe roete vind om verby te kom. <em>(Die twee foto&#8217;s wat vanaf die web afgelaai is, dien as illustrasie van die padtoestande).<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Junie-2.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1535\" width=\"454\" height=\"363\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p>As gevolg van die moeilike padtoestande kon ons ons bestemming eers lank n\u00e1 donker bereik. Dit het ons meer as twee uur geneem om vanaf Maun tot in Mababe te ry.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Junie-3.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1536\" width=\"476\" height=\"633\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Junie-3.png 281w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Junie-3-225x300.png 225w\" sizes=\"(max-width: 476px) 100vw, 476px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<h3><strong>Kampbesoeke en Skrifonderrig<\/strong><strong><\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p>Tydens die uitreik kon verskeie kampe in die omgewing besoek word, waar ons mense gevind het met harte wat honger is na die Woord:<\/p>\n\n\n\n<ul><li><strong>Mokgotlho Lodge:<\/strong> Hier het ons \u2019n baie gese\u00ebnde interaksie gehad. Twee persone het vir omtrent \u2019n uur lank indringende vrae gevra oor verskeie aspekte van die Bybel wat vir hulle onduidelik was. Dit was vir my verblydend om te sien dat hulle nie net hul Bybels lees nie, maar dit intens bestudeer.<\/li><li><strong>Filmbediening:<\/strong> Die vertoning van die film <em>\u201cWalking with Jesus\u201d<\/em> moes helaas op twee opeenvolgende aande weens onverwagse re\u00ebn kortgeknip word.<\/li><li><strong>Ywer vir die Woord:<\/strong> Samuel, ons nuutverkose diaken wat die reis saam met \u2019n vriend meegemaak het, het uitgestaan met sy besonderse ywer tydens die Bybelstudiesessies. <em>(Op die foto staan hy in die middel).<\/em> Hy het elke teksgedeelte en kernpunt getrou in \u2019n boekie aangeteken om te verseker dat niks verlore gaan nie. Sy groot honger om die Skrif dieper te verstaan, is baie bemoedigend.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>\u2019n Mooi gebaar:<\/strong> Op die foto hier onder is \u2019n Hererovrou wat baie desperaat was vir \u2019n Hererobybel. Gelukkig het Samuel die Bybel by hom gehad wat ek \u2019n ruk gelede vir hom gegee het. Dit was vir my \u2019n pragtige gebaar toe hy sy eie Bybel vir haar aanbied, aangesien ek nog \u2019n paar Hererobybels tuis het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/junie-4.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1537\" width=\"645\" height=\"362\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/junie-4.png 317w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/junie-4-300x168.png 300w\" sizes=\"(max-width: 645px) 100vw, 645px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<h2>4. Gebedsversoeke<\/h2>\n\n\n\n<p>Ons dra die werksaamhede en die leierskap in biddende afhanklikheid aan die Here op en vra u voorbidding vir die volgende sake:<\/p>\n\n\n\n<ul><li><strong>Geesdrif en wysheid:<\/strong> Dat die Here ons nuutverkose kerkraad sal se\u00ebn met ywer, hemelse wysheid en die nodige kennis om sy kudde reg te lei.<\/li><li><strong>Bewaring en beskerming:<\/strong> Bid asseblief vir ons uitreike, ons gemeentes, asook die kerkraad in hierdie uitdagende tyd \u2014 dat die Here ons van die bose sal bewaar en die werk van die vyand sal verbreek.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<h2>5. Ons troos in die verkondiging van die Evangelie<\/h2>\n\n\n\n<p>In Handelinge 18:9-10 s\u00ea die Here Jesus in \u2019n naggesig vir Paulus om na die stad Korinthe te gaan, om die eenvoudige rede dat daar baie mense is wat aan Hom behoort:<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cDie Here het een nag deur &#8216;n visioen vir Paulus ges\u00ea: \u2018Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie! Ek is immers met jou en niemand sal &#8216;n vinger op jou l\u00ea om jou kwaad aan te doen nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.\u2019\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Al wat Paulus moes doen, was om te praat en nie stil te bly nie. Daar staan nie dat hy hulle moes probeer oortuig of oorhaal nie. Nee, nog voordat Paulus daar opgedaag het, het hulle reeds aan die Here Jesus behoort; die verkondiging van die Woord onder hulle het dit bloot bevestig. Soos die Here Jesus in Johannes 6:37 s\u00ea:<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cElkeen wat die Vader vir My gee, sal na My kom, en Ek sal die een wat na My kom, nooit verstoot nie.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Paulus gaan na die stad, verkondig die Evangelie, en diegene wat reeds aan die Here Jesus behoort, kom na Hom toe.<\/p>\n\n\n\n<p>In Handelinge 13 was Paulus en Barnabas in Antiogi\u00eb in Pisidi\u00eb. Hulle het eers in die sinagoge gepreek, maar toe baie van die Joodse leiers die boodskap verwerp en hulle te\u00ebgestaan het, het Paulus-hulle aangekondig dat hulle hul nou na die heidene (die nie-Joodse volke) wend. Vers 48 beskryf die heidene se blye reaksie hierop:<\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cToe die heidene dit hoor, was hulle bly en vol lof oor die woord van die Here. En diegene wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Dit is die motivering agter elke uitreik. Ons moet die Evangelie van ons Here Jesus gaan verkondig en nie stilbly nie. Diegene wat aan die Here Jesus behoort, sal na Hom toe kom, en hulle wat vir die ewige lewe bestem is, sal gelowig word. Dit maak van Evangelisasie en Sending die mees suksesvolle roeping op aarde.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hendrik du Plessis<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis 1. Bybelvertaling Ons kon onlangs weer \u2019n intensiewe hersieningsweek inpas. Hierdie keer het ons saam met die vertaalspan die boek Hooglied deurgewerk. Dit is \u2019n baie<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1534,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1533"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1533"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1533\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1538,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1533\/revisions\/1538"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1534"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1533"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1533"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1533"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}