{"id":475,"date":"2020-01-14T09:14:57","date_gmt":"2020-01-14T07:14:57","guid":{"rendered":"http:\/\/botswanasending.co.za\/?p=475"},"modified":"2020-05-03T17:48:49","modified_gmt":"2020-05-03T15:48:49","slug":"get-the-2nd-edition-of-my-ebook-is-it-time-to-fire-your-financial-advisor-closing-the-gap-between-bad-advice-and-doing-nothing-for-yourself-with-6-steps-to-creating-your-own-financial-plan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=475","title":{"rendered":"NUUSBROKKIE VANUIT D\u2019KAR \u2013  APRIL 2020"},"content":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column]<div class=\"dfd-heading-shortcode\"><div class=\"dfd-heading-module-wrap  text-center style_01 dfd-heading-6a716e5f0d871 dfd-disable-resposive-headings\" id=\"dfd-heading-6a716e5f0d871\" ><div class=\"inline-block\"><div class=\"dfd-heading-module\"><h5 class=\"widget-title dfd-title \" style=\"\"><\/p>\n<h4>Ds Hendrik Du Plessis Gereformeerde Kerk D\u00b4Kar Botswana<\/h4>\n<p><\/h5><div class=\"dfd-heading-delimiter dfd-img-lazy-load\"><\/div><\/div><\/div><\/div><script type=\"text\/javascript\">\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t(function($) {\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t$(\"head\").append(\"<style>.dfd-heading-6a716e5f0d871.dfd-heading-module-wrap .dfd-heading-module .dfd-heading-delimiter {border-bottom-style:solid;border-bottom-width:1px;width:100px;border-bottom-color:#dddddd;}.dfd-heading-6a716e5f0d871.dfd-heading-module-wrap .dfd-heading-module .dfd-heading-delimiter {margin-top:10px;margin-bottom:10px;}<\/style>\");\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t})(jQuery);\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t<\/script><\/div><div class=\"dfd-spacer-module\"  data-units=\"px\" data-wide_resolution=\"1280\" data-wide_size=\"100\" data-normal_resolution=\"1024\" data-normal_size=\"100\" data-tablet_resolution=\"800\" data-tablet_size=\"100\" data-mobile_resolution=\"480\" data-mobile_size=\"100\" style=\"height: 100px;\"><\/div>[vc_column_text]In Markus 4 vanaf vers 35 lees ons van die gedrag en die optrede van die dissipels tydens \u2018n storm op die see. Na soveel preke en Bybelstudies op die vasteland was dit tyd om dit wat hulle geleer het, in die praktyk te gaan toepas. Hulle moes oop waters toe. Jy kan nie vir altyd in \u2018n klaskamer sit nie. Daar is tye dat jy in die storms moet gaan toepas dit wat jy in die klaskamer in jou gemaksone geleer het. Leer is belangrik, maar in die praktyk bring jy die twee bymekaar. Maar wee jou as jy geen teoretiese onderbou het nie. As jou plek vir jare in die kerk leeg was en jy geen teoretiese agtergrond het om so \u2018n storm die hoof te bied nie. Ons beleef nou die storm rondom die Corona pandemie en die skuitjie waarin ons ons bevind begin vol word, en almal roep na die Here soos die dissipels van ouds. Maar wat hulle nie besef het nie, op daardie oomblik was Hy (die Almagtige) tussen hulle vas aan die slaap.<\/p>\n<p>Hy was saam met hulle. Hy was nie daar eenkant op die land nie. Nee, Hy was tussen hulle soos \u2018n Meester wat wil sien hoe sy leerlinge prakties hulle geloof gaan toepas soos hulle in die klaskamer geleer is. Maar o wee, die dissipels gaan te kere asof hulle niks geleer het nie. Hulle skree benoud Meester, want Hy was hulle Meester: \u201cMeester, gee U nie om dat ons vergaan nie?\u201d Soos \u2018n meester leer Hy hulle hoe jy jou gedra in so \u2018n storm, hoe jy teorie en praktyk bymekaar uitbring. Jy slaap in die geloof veral as jy weet in wie jy jou vertroue stel. Jy is rustig en kalm soos die Here Jesus Self. Dit is geloof. Al die klasse en die lesse in die verlede behoort nou jou gemoedstoestand te bepaal.<\/p>\n<p>Dit was in kort die preek nou onlangs na ons ouderling se seun in die Sentraal Kalahari verdwaal het. Dit het begin re\u00ebn toe hulle my geskakel het. Asseblief ek moet kom help. Ek het alles net so gelos en gery. Dit was koud en dit het donker begin word. In Gantsi moes ons by die ouderling se huis aangaan. Baie mense het ons daar ingewag.<\/p>\n<p>Hy het in D\u2019kar en in Gantsi \u2018n erf. Daar het ons planne gemaak, want dit is donker en yskoud met die re\u00ebn wat kort kort begin uitsak het. Jy kan jou indink wat in \u2018n ouer se gemoed aangaan. As die spore doodre\u00ebn, waar gaan jy na hom begin soek. Verdwaal hy in die rigting van die Sentraal Kalahari wildtuin, dan is dit soos \u2018n naald wat jy gaan soek in \u2018n hooimied. Ek het iewers gelees dat die Kalahariwildtuin omtrent 10 keer groter is as die Krugerwildtuin. Of dit waar is weet ek nie, maar wat ek weet is dat die kanse uiters skraal is dat jy met mense in aanraking gaan kom. Dit is leeuw\u00eareld soos op min ander plekke in die w\u00eareld. Ek het op een van ons ander ouderlinge se veeposte agtergebly sou hy in die rigting verdwaal en per geluk by ons uitkom. Een uur die nag het die ander groep teruggekom. \u2018n Groot vuur is gemaak en elkeen het hom warm gemaak daar rondom die vuur, en hoe kouer ons kry hoe meer dink ons aan die seun wat sonder \u2018n trui daar weg is. Vieruur die oggend het die soektog weer begin. Ek het in kartongeboutjie gaan skuiling soek teen die re\u00ebn en die wind. Dit het die heeltyd ingere\u00ebn, maar ek kon later met \u2018n plastiese sak die grootste opening en dit is die ingang toemaak. Hier teen agtuur die oggend hoor ons \u2018n dreuning en die goeie nuus. Hulle het hom gekry. Vir ons was dit \u2018n wonderwerk, en die ouers het gestraal van dankbaarheid. Waar hy die vorige dag laas gesien was het hulle in die rondte geloop tot hulle op vars spore afgekom het en vandaar het hulle op sy spoor gehardloop reguit in die rigting van die Sentraal Kalahariwildtuin. Ek vra toe vir die seun of hy koud gekry het. Nee, s\u00ea hy.<br \/>\nToe verduidelik sy pa wat gebeur het. Hy het geloop en geloop tot hy teen sononder by \u2018n ou boorgat uitgekom het. Daar het hy \u2018n ou dik plastiese baadjie gekry wat iemand jare gelede daar weggegooi of vergeet het. Dit het hy aangetrek. Daar eenkant het \u2018n lang draad gel\u00ea en \u2018n houer. Hy het toe die draad aan die houer vasgemaak en in die boorgat laat afsak en kon hy genoeg water drink om sy dors te les. Daar naby was ou murasies waar hy kon skuil.Na die hele petalje toe ons nou terug is in D\u2019kar verduidelik sy pa aan my die eintlike drama waarmee hulle te doen gehad het. Die familie het daarop aangedring dat hulle eers \u2018n toordokter moes gaan sien, en in die tweede plek laat hulle kultuur dit nie toe dat sy vrou mag saam gaan nie. Hy het volstrek geweier en die rede daarvoor was, hy en sy vrou is Christene. Sy woorde aan hulle was: \u201cJulle mors my tyd. My kind kry koud en ek gaan nou ry.\u201d<\/p>\n<p>Dit is nie die eerste keer dat iemand so verdwaal het nie. \u2018n Paar jaar gelede het iemand se kind net so verdwaal. Al die dansers in die omgewing het bymekaargekom om vir die kind te dans, om by die geeste te verneem waar hy is. Hulle was op die spoor en een het hulle oorreed om terug te draai, en tot vandag toe verwyt hulle hulleself dat hulle soveel tyd gemors het. Die kind het hulle nooit gekry nie. Hy het of van die honger en die dors omgekom, of die leeus het hom opgevreet. Niemand sal weet nie.<\/p>\n<p>Hierdie skrille kontras tussen mense wat nie glo nie en mense wat glo was \u2018n preek opsigself. Nou na die tyd het hierdie ouderling en sy vrou versterk in hulle geloof dit openlik belei: Hulle lees hulle Bybel, hulle leer baie dinge in die kerk, maar op daardie dag het die Here Jesus hulle in die oop waters ingelei sodat hulle prakties kon voeg by dit wat hulle alreeds teoreties geweet het, en die Here Jesus was saam met hulle in die skuitjie. Nie toevallig het hy op die boorgat afgekom nie, en nie toevallig het iemand sy dik baadjie daar vergeet nie. Ons het daardie nag koud gekry, maar hy was warm en beskut.<\/p>\n<p>Sulke insidente is vir ons as sendelinge in die sendingveld baie belangrik. Die Here gee inhoud aan die verkondiging van sy Woord. Hy versterk en toets die gelowige op sy tyd en in hierdie geval het hulle sterker daaruit gekom as ooit.[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]In Markus 4 vanaf vers 35 lees ons van die gedrag en die optrede van die dissipels tydens \u2018n storm op die see. Na soveel preke en Bybelstudies op die<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":591,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/475"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=475"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/475\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":596,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/475\/revisions\/596"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/591"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=475"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=475"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=475"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}