{"id":626,"date":"2020-06-01T09:46:39","date_gmt":"2020-06-01T07:46:39","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=626"},"modified":"2020-06-01T09:56:26","modified_gmt":"2020-06-01T07:56:26","slug":"in-gesprek-met-abdul","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=626","title":{"rendered":"In Gesprek met Abdul"},"content":{"rendered":"\n<h1>Nuus vanuit D\u2019kar \u2013&nbsp; 29 Mei 2020<\/h1>\n\n\n\n<p><strong>Ds Hendrik du Plessis<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/06\/Abdul.jpg\" alt=\"\"\/><figcaption>Abdul<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>My gesprek met Abdul<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>Agtergrond<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nAbdul\nis \u2018n Boesman wat van tyd tot tyd ons in die tuin help. Hy is vernoem na sy\noupa wat glo \u2018n Indi\u00ebr was, maar kyk jy na hom sal jy hard moet soek om enige\nIndi\u00ebrbloed in sy are te vind. Waar die meeste Boesmans hier Boesmanname het,\nhet Abdul net een naam en dit is Abdul. Sy ma was \u2018n Qg\u00f5o-Boesman. Hy was nog\nmaar klein toe sy oorlede is. Een nag het \u2018n\nmamba in hulle hut ingeseil en haar gepik. Hulle kon ongelukkig niks vir haar\ndoen nie. Daarna was hy in sy pa se sorg gelaat wat \u2018n Naro-Boesman was. So het\nAbdul as \u2018n Naro onder die Naros groot geword. Hy was om en by 15 jaar oud toe\nsy pa vir oorlede Willie Engelbrecht op sy plaas naby die Sonopkoppies gaan\nwerk het. Die plaas is gele\u00eb teenaan die Sentraal Kalahariwildtuin. Willie was\n\u2018n berugte grootwildjagter in daardie tyd. Abdul het die grootste ontsag vir\nhom gehad en volgens hom was daar nie \u2018n bang haar op sy kop nie. Hy onthou nog\ngoed hoe hy as jong seuntjie dikwels aan Willie se broek vasgehou het terwyl\ndie leeus op hulle afstorm en die grond in sy o\u00eb spat. As tiener het Willie hom\nbaie keer, wanneer hulle gaan olifante jag het, vroegoggend voor sonop gestuur\nom te gaan kyk na die olifante en hul tande, watter een die mooiste tande het.<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;My vraag aan hom nou die dag was: \u201cAbdul, hoe\nkry jy dit reg om iemand se spoor wat jy sny so vinnig te kry?\u201d, want as Abdul\nop \u2018n spoor is kan jy verseker weet die persoon gaan nie wegkom nie. Nou\nonlangs het iemand die waterpomp hier by ons gesaboteer. Dit was nie \u2018n halfuur\nnie, toe is Abdul by hom en het hy al die gesteelde goed kon terugkry. Abdul se\nantwoord aan my was: \u201cMy geheim met spoorsny is: As jy \u2018n mens spoor sny moet\njy altyd terug op sy spoor gaan waar hy vandaan kom. Daardie spoor lei jou\naltyd terug na sy huis of na mense wat hom ken. As jy op sy spoor loop in die\nrigting waarheen hy gaan, gaan hy ompaaie en draaie loop om jou in die war te\nbring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>My\nontmoeting met Abdul<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis moeilik om te s\u00ea hoe ons ontmoet het. Dit was maar hier in D\u2019kar. Van tyd\ntot tyd het hy my gehelp en kon ons oor baie dinge gesels. In ons gesprekke het\nhy telkemale sy seun se probleme opgehaal en sy vrae daar rondom. Sy seun het\nbetrokke geraak by \u201ctoutjieskerke\u201d. Hierdie toutjieskerke het \u2018n geweldige\nhouvas op die jongmense hier. Dit is splinterkerke van die apostel kerke. As jy\nsiek is of aan een of ander depressie ly, gaan jy na die plaaslike biskop wat\njou dan met sy seremonies of rituele behandel. Tydens die behandeling word \u2018n\ntoutjie om jou gewrigte of lendene gebind. Dit sal dan die siektetoestand of\njou gemoedstoestand besweer. Jy mag die toutjie dan nie verwyder nie, want dan\nsal die siekte na jou toe terugkeer. Abdul se seun het by hierdie mense betrokke geraak.\nKort voor lank het daar \u2018n gedragsverandering by hom ontstaan. Dit was\nso erg dat Abdul dit oorweeg het om terug te gaan vir behandeling by hierdie \u201ctoutjieskerk\u201d\nwaar hy vandaan kom. Die hospitaal en die kliniek kon hom nie help nie en \u2018n\nander opsie was om die toordokter te raadpleeg. Met tye is sy kind so mal soos\n\u2018n haas en lag hy vir enige ding. Om met so \u2018n persoon saam te bly is\nverskriklik wat nog as dit jou eie kind is. My voorstel aan Abdul was dat ons\nhom na dr. Bredenkamp, ons plaaslike dokter hier in Gantsi, toe moet neem. Dr. Bredenkamp het hom\nondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat hy een of ander dwelmmiddel\ngebruik soos dagga. Hy verwys ons toe na die hospitaal wat tot dieselfde\ngevolgtrekking gekom het. Iemand moes hom aan dagga voorgestel het. Die\nvermoede word toe bevestig toe sy pa \u2018n tyd daarna sy broeksakke deursoek en op\ndaggasaadjies afkom.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir\nAbdul en sy gesin is dit \u2018n stryd wat lank nog nie verby is nie, maar die\npositiewe van dit alles is die geestelike gesprekke wat ons kon voer en steeds\nvoer. Dit sien \u2018n\nmens dikwels in die sending, dat die Here vir jou deure oopmaak deur probleme\nsoos hierdie.<\/p>\n\n\n\n<p>Eendag\nhet ons hier in my erf gestaan, soos soveel kere te vore en ek het met \u2018n stok\nop die grond vir hom geteken en verduidelik wat die implikasie is as hy \u2018n\nsangoma gaan sien en hoe die duiwel deur die sangomas te werk gaan, en wat\ntoordery is. Met twee sirkels het ek dit ge\u00efllustreer: \u201cHierdie twee sirkels\nwat jy hier sien Abdul, is twee krale. Jy is of in die duiwel se kraal, of jy\nis in die Here Jesus se kraal. Daar is nie \u2018n middeweg nie. As jy in die Here\nJesus se kraal is, het jy \u2018n Herder wat vir jou lief is, wat jou persoonlik ken\nen niemand kan jou uit sy hand uitruk nie, selfs nie eers die duiwel nie.\u201d Ek\nhet aan hom verduidelik wat die Here Jesus in Johannes 10 van sy skape s\u00ea. \u201cDie\nprobleem kom in wanneer jy in die verkeerde kraal is waar al hierdie sangomas\nen valse kerke hulle lippe vir jou aflek. Jy is weerloos want jou herder in\ndaardie kraal is die duiwel. Hierdie sangomas se sogenaamde hulp kan lyk of dit\nverligting bied, maar dit is net vir \u2018n oomblik, vir jou om na hulle terug te\ngaan. Die groot probleem is, soos iemand op \u2018n keer ges\u00ea het, \u2018die duiwel help\njou nooit verniet nie.\u2019 Al hoe meer en meer word jy ingetrek in sy mag. Vrees\nen bygeloof word jou voorland. Jy is later een bol senuwees, veral as jy dink\naan wat verkeerd kan gaan. In die nag slaap jy nie, want jy word deur demoniese\nmagte geteister.<\/p>\n\n\n\n<p>Een\nvan ons lidmate se dogters (en dit het ek ook aan hom genoem,) wat by hierdie \u201ctoutjieskerke\u201d\nbetrokke was het jare gelede aan my en ouderling Fritz vertel hoe sy deur\ndemoniese magte in haar kamer in die nag geteister word. Sy s\u00ea, sy word\nletterlik heen en weer geslinger in die nag. Nie lank daarna het ek haar begrawe.\nDaarteenoor staan die ander kraal en jy weet verseker dat jy die Here Jesus se\nskaap is en niemand kan jou toor nie, want jy behoort nie aan die kraal waar\nhulle mekaar toor en besweer nie, maar dan moet jy nie onder deur die draad kruip\nen gaan hulp soek by die duiwel se kraal en dink jy kan maar ewe doodluiters\nterugkeer na die Here Jesus se kraal toe nie. Dink jy, Abdul, die duiwel gaan\ndit toelaat?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Stap vir stap het ons gesprekke met die tyd\ngevorder. Abdul het begin kerk toe kom, Sondag na Sondag. Na jare se gereelde\nbywoning het hy sy begeerte uitgespreek om belydenis van geloof af te l\u00ea. Daarna\nhet hy gereeld twee keer per week die belydenisklasse bygewoon. As hy \u2018n klas\ngemis het, het jy geweet daar was \u2018n gewigtige rede voor. Was dit nie vir\nhierdie Covid-19 inperking nie, sou hy nou belydenis van geloof afgel\u00ea het.<\/p>\n\n\n\n<p>My versoek is dat ons in ons\ngebede aan Abdul sal dink, veral aan sy seun wat hom slapelose nagte besorg.\nDit is bitter moeilik om so \u2018n verslaafde in jou midde te h\u00ea. Dit is die\nhoofrede waarom ek hierdie verhaal met u deel. Ek doen dit op versoek van Abul\nself en die foto word met sy vergunning geplaas.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Slotopmerkings<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Menige\nsendeling sal saamstem dat die individuele benadering in baie gevalle meer vrug\noplewer as die massas wat jy tot bekering wil bring. Filippus het een Ethiopi\u00ebr\nna die Here toe gelei en dit was die begin van die kerk in Ethiopi\u00eb. Doen moeite met die individu\nen jy het hom vir altyd vir die Here Jesus gewen. In sy boek, \u201cThe seven laws\nof the learner\u201d skryf Bruce Wilkenson van iemand wat baie graag \u2018n Sondagskoolklas\nwou begin. Die man se naam was Walt. Hy het die seuns sien albasters speel en\nsaam met hulle begin speel. Na \u2018n paar dae vra hy hulle of hulle nie by sy\nSondagskoolklas wil aansluit nie. \u201cOns het nie geweet jy het \u2018n Sondagskoolklas\nnie,\u201d was die seuns se antwoord. \u201cNee, ek het nie een nie, maar ek wil een\nbegin,\u201d was sy antwoord. Die kinders het toe begin kerk toe kom en gereeld oom\nWalt Sondagskoolklas bygewoon. Hulle het sy vriende begin word, meer as net\nalbastervriende, maar nooit het Walt besef dat onder daardie seuns die beroemde\nProf. Howard Hendricks sit wat later duisende mense se lewens gaan aanraak nie.\nElf van daardie seuns het later in \u2018n voltydse Christelike bediening ingegaan.<\/p>\n\n\n\n<p>In\nWikipedia word oor Prof. Howard Hendriks die volgende ges\u00ea: \u201cHoward George\nHendricks (April 5, 1924 \u2013 February 20, 2013) was a longtime professor at\nDallas Theological Seminary and speaker for Promise Keepers. Upon his\ngraduation from Dallas, Hendricks accepted the pastorate at Calvary Independent\nPresbyterian Church (now Calvary Bible Church) in Fort Worth, Texas. An opening\non the seminary staff led Hendricks to begin teaching twice per week in the\nfall of 1951. After one year on staff, Hendricks resigned his post to pursue a\ndoctorate at Yale University. However, the founder and President of Dallas\nTheological Seminary, Lewis Sperry Chafer, died and the new President, John\nWalvoord, asked Hendricks to delay his doctorate and return to Dallas as a\nteacher.<\/p>\n\n\n\n<p>For\nover fifty years, Howard G. Hendricks was a professor at Dallas Theological\nSeminary, where he taught &#8220;Bible Exposition and Hermeneutics&#8221; to freshmen.\nHe mentored many Christian leaders, including Chuck Swindoll, Tony Evans,\nJoseph Stowell Robert Jeffress and David Jeremiah.<\/p>\n\n\n\n<p>He\nwas a keynote speaker for Promise Keepers and authored sixteen books. He\nministered in over 80 countries, and he also served as chaplain for the Dallas\nCowboys football team from 1976 to 1984.<\/p>\n\n\n\n<p>In\n1986, the Howard G. Hendricks Center for Christian Leadership opened on the\nDallas Theological Seminary campus. This ministry attempts to develop Christian\nleaders and future church curricula through a process of mentoring.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nhet alles begin by \u2018n sekere oom Walt met sy Sondagskoolklas. Dr. Bruce\nWilkenson merk dan op, \u201cmoet nooit die ewige impak van jou onderrig onderskat\nnie.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Groete\nen se\u00ebnwense,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuus vanuit D\u2019kar \u2013&nbsp; 29 Mei 2020 Ds Hendrik du Plessis My gesprek met Abdul Agtergrond Abdul is \u2018n Boesman wat van tyd tot tyd ons in die tuin help.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":624,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/626"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=626"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/626\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":629,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/626\/revisions\/629"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/624"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=626"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=626"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=626"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}