{"id":695,"date":"2020-07-27T17:23:15","date_gmt":"2020-07-27T15:23:15","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=695"},"modified":"2020-07-27T17:23:16","modified_gmt":"2020-07-27T15:23:16","slug":"ds-hendrik-du-plessis-in-gesprek-met-ou-david-julie-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=695","title":{"rendered":"Ds Hendrik Du Plessis   in gesprek met ou David              Julie 2020"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Nuus : &nbsp;Gereformeerde Kerk D\u201dKar Botswana<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"495\" height=\"506\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/Ds-Hendrik-du-Plessis.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-697\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/Ds-Hendrik-du-Plessis.jpg 495w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/Ds-Hendrik-du-Plessis-293x300.jpg 293w\" sizes=\"(max-width: 495px) 100vw, 495px\" \/><figcaption>Ds Hendrik du Plessis<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table aligncenter\"><tbody><tr><td>   <strong>&nbsp;<\/strong>   <\/td><\/tr><tr><td>\n  <strong><em>&nbsp;<\/em><\/strong>\n  <strong><em>Agtergrond<\/em><\/strong><strong><\/strong>\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Dit\n  het alles by ou Stan begin. Hy was iemand met gemengde bloed. As ek dit nie\n  mis het nie was sy pa \u2018n blanke, maar sy ma \u2018n Herero.\n  &nbsp;\n  In\n  die wandelgange van D\u2019kar en Gantsi het ons mekaar gereeld raakgeloop en dan\n  oor ditjies en datjies gesels. Ek het hom destyds tydens \u2018n begrafnis\n  ontmoet. Die Hereros het \u2018n plaas hier naby en van tyd tot tyd word daar van\n  hulle op die plaas begrawe. Al wat \u2018n Herero is ruk omtrent oor die lengte en\n  breedte van Botswana op om hulle laaste eer aan die oorledene te gaan betoon.\n  Orals word daar tente opgeslaan en is dit een groot fees met hierdie hartseer\n  ondertoon.\n  &nbsp;\n  Ek\n  maak van die geleentheid gebruik om nie net die begrafnis by te woon nie,\n  maar ook om Hererobybels uit te deel. In baie gevalle vra hulle my om die\n  begrafnis met Skriflesing en gebed vir hulle te open. Dit was tydens een van\n  hierdie begrafnisse dat ek ou Stan ontmoet het. Ons was by die graf en die\n  mense was al besig om die graf toe te gooi, toe ek so \u2018n end weg iemand agter\n  my hoor praat, baie luidrugtig. Niemand het hulle aan hom gesteur nie. Toe ek\n  omkyk staan ou Stan daar by een van die grafte, hard besig om met die\n  voorvaders te gesels. Van die ander wat daar was het dit bevestig: Ou Stan is\n  besig om met die voorvaders te praat. Ek het my daar voorgeneem om as die tyd\n  hom voordoen \u2018n indringende gesprek met hom te voer. Op daardie stadium was\n  hy al om en by tagtig as hy nie ouer was nie.\n  <\/td><\/tr><tr><td>   <em>&nbsp;<\/em>   <strong><em>Ons   ontmoeting<\/em><\/strong>   \u2018n   Ruk daarna loop ek hom raak by ons hoofman, April se huis. Dit was om en by   2017. April is in 2018 oorlede. \u201cOu Stan,\u201d was my woorde aan hom, \u201cEk wil met   jou gesels. Toe ons nou-die-dag by die begrafnis was, het ek jou gehoor baie   hard praat by een van die grafte.\u201d \u201cJa,\u201d s\u00ea hy, \u201cEk het met een van die   oorledenes gepraat. Dit is ons swartmense se tradisie om na die oorledenes te   gaan vir hulp en raad.\u201d Daar het ek deur die Here se genade die geleentheid   gekry om rustig met ou Stan te gesels oor wat die Bybel s\u00ea oor voorvaders of   te wel die dooies.    &nbsp;   <strong>Die Hereros het oor die algemeen \u2018n   groot respek vir die Bybel. Baie glo dat dit die Woord van God is, hoewel   hulle daarnaas ook hulle voorvaderlike rituele het. Hulle glo aan Jesus maar   ook aan die voorvaders. <\/strong>   &nbsp;   \u2018n   Ou Zoeloe het op \u2018n keer in Suid-Afrika dit aan my so verduidelik: \u201cWanneer   ek bid,\u201d s\u00ea hy, \u201cdan bid ek tot my voorvaders wat dan die boodskap aan Jesus   oordra sodat Jesus dit aan sy Vader sal oordra.\u201d Dit is sinkretisme op sy   beste. Ek het toe dadelik met die deur in die huis geval en vir hom ges\u00ea: \u201cOu   Stan, het jy geweet dat die Here dit absoluut in sy Woord verbied. \u201cWat   verbied,\u201d wou ou Stan weet. \u201cJy mag hoegenaamd nie met dooies praat nie.\u201d Uit   die veld geslaan het hy sy kop geskud en vir my ges\u00ea, nee, hy het nie geweet   nie. Ek het toe my selfoon uitgehaal en Deuternomium 18 vir hom voorgelees.   Vanaf vers 10 staan daar: \u201c<sup>10<\/sup>Daar mag niemand by jou gevind word   wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan\u2014wat met waars\u00eaery,   go\u00eblery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, <sup>11<\/sup>of   wat met besweringe omgaan, of wat \u2018n gees van \u2018n afgestorwene vra of \u2018n gees   wat waars\u00ea, of wat die dooies raadpleeg nie. <sup>12<\/sup>Want elkeen wat   hierdie dinge doen, is vir die HERE \u2018n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil   verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit. <sup>13<\/sup>Opreg moet jy wees   met die HERE jou God. <sup>14<\/sup>Want hierdie nasies wat jy uit hulle   besitting verdrywe, luister na go\u00eblaars en waars\u00eaers; maar wat jou aangaan,   die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.\u201d Ou Stan was doodstil. Hy   het nie geweet wat om te s\u00ea nie. \u201cJy sien ou Stan, dit is nie kultuur nie.   Dit was al daardie tyd so. Die heidene het dit kultuur genoem, maar vir die   Here was dit \u2018n gruwel, soveel so dat Hy die mense wat dit gedoen het voor   die Israeliete uitverdryf het. Ek lees weer vir jou vers 12: \u2018<sup>12<\/sup>Want   elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE \u2018n gruwel; en om hierdie   gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.\u201d   &nbsp;   Verder   het ek aan ou Stan verduidelik dat daar mense in die Nuwe Testament was (1   Kor. 10) wat gedink het hulle offer aan God. Paulus vermaan hulle en s\u00ea in   vers 19 en 20: \u201c<sup>19<\/sup>Wat s\u00ea ek dan? Dat \u2018n afgod iets is, of dat \u2018n   afgodsoffer iets is? <sup>20<\/sup>Nee, maar dat die heidene wat dit offer,   aan duiwels offer en nie aan God nie. Ek wil nie h\u00ea dat julle met die duiwels   gemeenskap moet hou nie.\u201d    &nbsp;   \u201cJy   sien ou Stan, elke keer as jy vir die voorvaders offers bring of selfs met   hulle praat doen jy dit vir duiwels of wel demone. Jy praat eintlik met   demone, en vir die Here is dit \u2018n gruwel. Hy haat dit. Jy verbeel jou jy doen   dit vir Here of vir jou voorvaders.   &nbsp;   As   ons Lukas 16 lees sal jy sien dat wanneer iemand te sterwe kom hy nie meer   kan terugkom na hierdie aarde toe nie. Die rykman in die hel het vir Abraham   gesmeek om tog net vir Lasarus na sy broers toe te stuur om hulle dringend te   waarsku teen die verskriklikheid van die hel. Hy s\u00ea in vers 28: \u2018want ek het   vyf broers \u2013 om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie   plek van pyniging kom nie.\u2019 Abraham se woorde aan hom was, vers 29: \u2018Hulle   het Moses en die Profete; laat hulle na di\u00e9 luister.\u201d   &nbsp;   Ek   het verder aan hom verduidelik: \u201cJy weet ou Stan, ek het tussen swart mense   groot geword. Julle taal ken ek soos my taal. Julle het my as\u2019t ware groot gemaak.   Ek ken julle kultuur asof dit my kultuur is en ek glo dit was vir \u2018n rede so,   sodat ek julle kan waarsku.\u201d    &nbsp;   Ek   vertel hom toe van iemand in Suid-Afrika by wie ons destyds, ek en \u2018n   ouderling besoek afgel\u00ea het. Die vrou het ons vertel van drome wat haar in   die nag teister. Dit is haar ma, s\u00ea sy, wat aan haar verskyn in haar drome en   sy wil h\u00ea hulle as gesin moet \u2018n offer vir haar bring en dit moet \u2018n bees   wees. Nadat ons aan haar verduidelik het dat dit \u2018n demoon is wat in haar   drome aan haar verskyn en nie haar ma nie, het sy heelhartig met ons   saamgestem en vir ons ges\u00ea: \u201cJulle weet, dit het my baie gepla, want my ma   was altyd \u2018n baie sagmoedige en liefdevolle mens, en dan is sy deeglik   daarvan bewus hoe arm ons is. Soos ek haar geken het glo ek wat julle s\u00ea. Sy   sou ons nooit gedwing of geteister het om iets te doen wat ons nie kan   bekostig nie en dan tree hierdie persoon wat in my drome aan my verskyn nie   naastenby op soos ons haar geken het nie.\u201d    &nbsp;   Ek   en ou Stan het lank gesels en hy het verslae gelyk toe hy daar weg is. \u2018n Ruk   daarna het ons weer ontmoet en sy woorde aan my was: \u201cMoruti Hendrik, jy moet   nie dink ek het vergeet wat jy vir my nou-die-dag ges\u00ea het nie. Ek het baie   daaroor nagedink, dankie.\u201d Nie lank daarna is ou Stan oorlede. Aan die een   kant was dit hartseer want hy was \u2018n geliefde in ons omgewing, maar aan die   anderkant was ek diep dankbaar dat die Here dit vir ons moontlik gemaak het   om te kon gesels.    &nbsp;   <strong><em>\u2018n   Rukkie daarna noem ons hoofman aan my so in die verbygaan: \u201cHendrik, ek het nou-die-dag   met ou David gesels en hy het pertinent aan my genoem dat hy sy voorouers   aanroep om hulp en hy is nie bereid om die eeue oue tradisie prys te gee   nie.\u201d<\/em><\/strong>    &nbsp;   Ou   David het deur die jare van tyd tot tyd ons dienste hier op D\u2019kar bygewoon.   Hy is \u2018n regte Herero en \u2018n inwoner van D\u2019kar. Intussen is ons hoofman,   April, in 2018 skielik oorlede. Ons het hom begrawe en daarna het die tyd   weer sy normale gang gegaan, maar nooit het ek vergeet wat hy my vertel het   oor ou David nie.   &nbsp;   <\/td><\/tr><tr><td>   <em><strong>My gesprek met ou David<\/strong><\/em>   \u2018n   Tyd gelede het ek een van ons lidmate besoek en nie lank daarna nie kom ou   David daar aangestap. Aanvanklik het ons maar oor ditjies en datjies gesels   en gewag vir die regte tyd en invalshoek. Later het ou David aanstaltes begin   maak om te loop en het ek besef dit is nou of nooit.   &nbsp;   &nbsp;\u201cOu David!\u201d, was my woorde aan hom. \u201cEk glo   nie daar is iets wat toevallig gebeur nie. Dit is nou al \u2018n lang ruk dat die   Here dit op my hart l\u00ea om met jou te gesels en jy sal nie besef hoe bly ek is   om jou te sien nie. Ek het jou al verskeie kere in die verbygaan gesien en   dan s\u00ea die Here in my hart vir my: \u2018Jy moenie vergeet om met ou David te   praat nie.\u2019 <strong><em>Daarom glo ek nie in toevallighede nie. Dit is die Here wat dit   so gere\u00ebl het dat ons vanoggend hier by ou Daniel se huis ontmoet.\u201d    &nbsp; <\/em><\/strong>  Ou   David het nie geweet wat om te s\u00ea nie en het seker gewonder waaroor ek met   hom so dringend wil gesels. Ek het begin deur hom van ou Stan te vertel, en   hoe die Here dit op my hart gel\u00ea het om met ou Stan te gesels. Betyds kon ek   met ou Stan in aanraking kom en hom waarsku, want die Here wou nie h\u00ea hy moes   so die ewigheid ingaan nie. Jy kan jou verbeel jy glo aan die Here Jesus,   maar as jy nog jou voorvaders aanbid of die dooies raadpleeg, moet jy weet jy   is nie \u2018n Christen nie.   &nbsp;   In   Johannes 14 vers 6 s\u00ea die Here Jesus, Hy alleen is die weg en die waarheid en   die lewe en niemand kan na die Vader toe gaan nie behalwe deur Hom nie.    &nbsp;   Ons   het lank gesels. Dit was basies \u2018n herhaling van my gesprek met ou Stan, met   Deuternomium 18 as vertrekpunt, en soos ou Stan is ou David daar weg sonder   om \u2018n woord te s\u00ea.    &nbsp;   Ek   het hom gegroet met die woorde:<strong><em> \u201cOu David, ek glo dat die Here jou vanoggend   na my toe gestuur het. Hy wil nie h\u00ea jy moet verlore gaan nie<\/em><\/strong>. Dit het swaar   op my gemoed gerus, en dit is die Here wat dit gedoen het, en dit is niemand   anders nie as Hy wat die ontmoeting gere\u00ebl het.\u201d Hy is daar weg in stilte.   &nbsp;   Ek   het hom vanmiddag weer gesien op pad Gantsi toe. Ek wou stop om \u2018n foto van   hom te neem, maar ek dink nie dit sou wys gewees het nie. Ons gesprek is nog   in \u2018n sensitiewe stadium. Ek skat ou David so 83. Hy kan ouer wees, maar hy   stap nog die w\u00eareld vol met sy kierietjie.   &nbsp;   <strong><em>Ek   vra dat u aan hom sal dink in u gebede. <\/em><\/strong>Menige sendeling sal dit beaam,   suksesverhale in die sending is heel dikwels die man tot man gesprekke waar   jy fokus op iemand se lewe. Mag die Here as dit enigsins nodig is \u2018n   opvolggesprek vir ons in die verband re\u00ebl.   &nbsp;   (Om   \u2018n persoon \u201cou Stan\u201d of \u201cou David\u201d te noem is \u2018n teken van respek omdat hulle   baie ouer as jy is.)   &nbsp;   Groete   en se\u00ebnwense,   Hendrik   du Plessis   <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuus : &nbsp;Gereformeerde Kerk D\u201dKar Botswana &nbsp; &nbsp; Agtergrond Dit het alles by ou Stan begin. Hy was iemand met gemengde bloed. As ek dit nie mis het nie was<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":697,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/695"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=695"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/695\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":698,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/695\/revisions\/698"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/697"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}