{"id":736,"date":"2020-08-17T15:00:05","date_gmt":"2020-08-17T13:00:05","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=736"},"modified":"2020-08-17T15:00:07","modified_gmt":"2020-08-17T13:00:07","slug":"gepraat-van-n-wonderwerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=736","title":{"rendered":"Gepraat van &#8216;n wonderwerk"},"content":{"rendered":"\n<p>1<strong>7 Augustus 2020<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Ds Hendrik du\nPlessis (D\u2019Kar gemeente Botswana)<\/strong><strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Nou-die-dag was\nPieter (ons seun) en ek met die bakkie op pad na die ghwarriegat toe hier in\nD\u2019kar. Van voor af kom daar \u2018n Naro man en sy vrou aangestap met hout wat hulle\ndra. Hulle bly nie ver van ons af nie. \u201cPieter, sien jy daardie man?\u201d en ek\nvestig sy aandag op hom. \u201cDit is \u2018n wonderwerk op twee bene. Was dit nie vir\ndie Here se ingryping en genade nie sou hy nie vandag hier gewees het nie.\u201d \u201cHoe\nso?\u201d wou Pieter daarop weet.<\/p>\n\n\n\n<p>Dalk het ek hierdie al in \u2018n verslag jare gelede genoem. Ek kan nie onthou nie. Ek het dit wel op \u2018n keer aan ds. Piet Venter van GK Potch-Oos vertel. Een aand het ek voor die televisie gesit en kyk. Ek het niks makeer nie. Uit die bloute ontwikkel ek geweldige maagkrampe, soveel so dat ek wikkel vir die badkamer. Die badkamer is beset &#8230; wat nou gemaak? Die enigste ander uitweg is om toiletpapier uit die kas uit te haal en te storm vir die bosse. Ek is by die deur uit teen \u2018n \u201cstink\u201d spoed. Enigiemand wat dit al oorgekom het weet hoe jou maag jou kan laat hardloop!<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image is-resized\"><img loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/image.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-737\" width=\"584\" height=\"393\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/image.png 476w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/image-300x202.png 300w\" sizes=\"(max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nIn\ndie gehardloop hoor ek hier reg voor my in die bosse iemand wat praat en \u2018n\ngeskarrel. Toe ek met die flits in die rigting lig is dit di\u00e9 Boesman wat besig\nis om selfmoord te probeer pleeg. Dit was nog net \u2018n kwessie van die tou om die\nnek sit en van die boom afspring! Toe hy my sien protesteer hy hardop, \u201cLos my\ndat ek selfmoord kan pleeg. Hoekom volg jy my?\u201d Aanvanklik het hy nie geweet\nwie ek is nie tot hy my in die lig van die flits herken het. Ietwat aangeklam\nverduidelik hy aan my dat hy \u2018n uitval met sy skoonpa gehad het en hy toe\nbesluit het om sy lewe te be\u00ebindig. Ons het seker \u2018n uur lank daar gesels voor\nek hom van sy voorneme kon laat afsien en terug huis toe vergesel het. <\/p>\n\n\n\n<p>Van die omgekrapte\nmaag of maagkrampe was geen teken meer nie &#8211; nie eers die volgende dag nie. Ek\nhet daarna baie daaroor gedink. Luister \u2018n mens na ate\u00efste wat beweer dat daar\ngeen God is nie, wonder ek hoeveel uit \u2018n miljoen keer as die nie \u2018n biljoen\nkeer is nie, kan toeval so mooi saamwerk dat so-iets gebeur? <\/p>\n\n\n\n<p>Hier in D\u2019kar is selfmoord\n\u2018n algemene verskynsel. Die polisie het al verskeie mense hier van bome\nafgehaal. Ongeveer 50 meter anderkant ons huis het iemand een keer selfmoord\ngepleeg. Hy het eers sy vrou vermoor en op pad om homself te gaan ophang\nomgedraai en weer teruggeloop net om seker te maak sy is werklik dood, anders\npleeg hy verniet selfmoord. Daarna is hy terug na die hardekoolboom toe en het\nhy homself opgehang. <\/p>\n\n\n\n<p>Om en by \u2018n jaar\ngelede het \u2018n ander man homself weer so 80 meter van ons huis af opgehang. Toe\nons die oggend wakker word hang hy daar aan die boom met die tou om die nek. \u2018n\nPaar jaar vantevore het ons \u201ccounsellor\u201d se seun reg oorkant die boom hom in\nhulle huis agter die deur opgehang.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is baie\ntraumaties om iemand wat jy goed ken in so \u2018n situasie te sien, maar in hierdie\ngeval wou die Here dit nie toelaat nie en het Hy my met krampe en al na hom toe\ngestuur. So glo ek.<\/p>\n\n\n\n<p>Dink asseblief in u\ngebede aan ons mense in hierdie geweste wat ontvlugting soek in selfmoord as \u2018n\noplossing.Die woorde van ons Here\nJesus is een van ons groot temas in hierdie deel van die land wat hierdie\nprobleem probeer aanspreek<strong>: \u201c<\/strong><strong><sup>28<\/sup><\/strong><strong>Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en\nEk sal julle rus gee. <sup>29<\/sup>Neem my juk op julle en leer van My, want Ek\nis sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; <sup>30<\/sup>want\nmy juk is sag en my las is lig.<\/strong><strong>\u201d <\/strong>(Matteus 11:29-30)<\/p>\n\n\n\n<p>Groete en\nse\u00ebnwense,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>17 Augustus 2020 Ds Hendrik du Plessis (D\u2019Kar gemeente Botswana) Nou-die-dag was Pieter (ons seun) en ek met die bakkie op pad na die ghwarriegat toe hier in D\u2019kar. Van<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/736"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=736"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/736\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":738,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/736\/revisions\/738"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=736"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=736"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=736"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}