{"id":782,"date":"2020-10-27T10:27:51","date_gmt":"2020-10-27T08:27:51","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=782"},"modified":"2020-10-27T10:27:52","modified_gmt":"2020-10-27T08:27:52","slug":"nuusflits-dkar-oktober-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=782","title":{"rendered":"Nuusflits D&#8217;Kar Oktober 2020"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Ds Hendrik du\nPlessis<\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Toordery in die Kalahari<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>In die Sendingveld bevind jy jouself soms op snaakse plekke.\nEen van ons gemeentelede, \u2018n eertydse ouderling op ons kerkraad, het \u2018n aantal\njare gelede \u2018n swaar beroerte aanval oorleef. Ek moet s\u00ea dit het hom nogal\nswaar getref. Ons het vir hom en sy gesin voorbidding in die kerk gedoen, hom\nin die hospitaal en by die huis gaan besoek. Hy is nog steeds gedeeltelik\nverlam en kom af en toe hinke-pinke kerk toe.<\/p>\n\n\n\n<p>Een aand so om en by agtuur het ek hom gaan besoek. Die\ngewoonte hier is en die gemeentelede weet dit, dat ons nie afsprake maak nie.\nAs jy iemand wil besoek dan besoek jy hom onverwags, vir die eenvoudige rede,\nmet \u2018n afspraak verdwyn die mense met wie jy graag oor die Here sou wou gesels het\nen die wat getrou kerk toe kom, bly gewoonlik agter vir die besoek. Toe ek so\nna die erf toe aangery kom, sien ek \u2018n paar van hulle besig om \u2018n gat te grawe by\ndie ingang van die erf, by die hek.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek sien \u2018n swartman (\u2018n Tswana) met wit handskoene aan en drie\nBoesmans by hom. In die lig van my flits sien ek hulle het sopas \u2018n 30-06\npatroon uitgegrawe. My eerste gedagte was dat dit \u201cWild Life\u201d se mense is, of\n\u201cFauna en Florah\u201d soos hulle in Suid-Afrika bekend staan. Van die hek af stap\nek toe saam met hulle na \u2018n bakkie toe wat op die werf staan. Die bakkie\nbehoort aan die man wat die beroerte gehad het. Daar gekom vra die man met die\nwit handskoene my om my flits asseblief af te skakel. Dit was vir my baie\nvreemd, want dit was stikdonker. Aan die linkerkant van die bakkie maak hy toe\ndie deur oop en vroetel onder die sitplekke. Wat hy daar gedoen het weet ek\nnie, maar die flits moes afgeskakel wees. Nadat hy so om en by drie minute daar\ngevroetel het, was hy tevrede. Daarna vra hy my toe om vir hom te lig. Die\nenjinkap word oopgemaak waarna hy lank daar gestaan en die enjin bekyk het. Ek\nvra toe vir een van die Boesmans in hulle taal wie hierdie man met die wit\nhandskoene is, want ek wou nie h\u00ea hy moes hoor wat ek oor hom uitvra nie. Die\nBoesman het ook nie geweet wie hy was nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek het eers gedink hy soek na bloedspatsels en dat die arme familie in die moeilikheid is oor iets \u2013 een of ander wildsbok vir die pot. Ons beweeg toe daarvandaan na die bestuurderskant toe. Daar het hy my flits geleen en baie ernstig begin soek. Later gelas hy dat die sitplekke losgeskroef word. Op die ou einde haal hy \u2018n ou geroeste mes uit en \u2018n ietermagogskulp. In my enigheid het ek gedink dat dit seker nou genoeg bewys is \u2013 die ietermagogskulp, maar toe hy met sy wandelstaf hier oor die enjin begin prewel, het ek besef, \u201cWild Life\u201d se ouens sal dit nie doen nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"696\" height=\"445\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/sangoma.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-783\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/sangoma.jpg 696w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/sangoma-300x192.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 696px) 100vw, 696px\" \/><figcaption>Sangoma<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>My vertwyfeling oor hierdie gedoente was duidelik op my gesig\nte sien. Die suster van die man met die beroerte het my reaksie gesien en merk\nuit die bloute op: \u201cElke persoon het sy gawes. Die Here het vir hierdie man ook\nsy gawes gegee.\u201d Dit is toe dat ek besef dat hierdie man niemand anders nie as \u2018n\nsangoma is en hulle het hom laat kom om te kyk wie verantwoordelik was vir die\nberoerte-aanval van hulle broer, met ander woorde wie hom getoor het. Daarvandaan\nis ons toe na die kamer waar die man gel\u00ea het. Die sangoma vra toe vir \u2018n emmer\nmet water. In sy groot leertas met sy verskillende kompartemente haal hy\nallerhande medisyne uit. Selfs die tokkelossiekristalle wat in die groot kettingwinkels\nhier gekoop kan word, word daar ingegooi. Tydsaam haal hy sy medisyne een vir\neen uit en gooi dit in die emmer. Later is dit bossies. Van die medisyne brand\nhy in \u2018n beker en waai die rook met \u2018n perdestert in die rigting van die sieke\nwat daar l\u00ea. Daarna begin hy met die perdestert in die emmer water te roer en\nsprinkel dit oor die sieke uit.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarna vra hy my om die emmer vir hom te dra sodat hy die res\nvan die familie kan besprinkel. Hy het natuurlik nie geweet wie ek is nie en\nhet hy vrypostigheid gehad om my te vra om hom te help. Nadat hy die familie\nbesprinkel het, is ons by die huis uit om die vier hoeke van die erf te\noorkruis al sprinkelende. Intussen moes die sieke se vrou haar gereed maak om\nin die middel van die erf haar te laat besprinkel. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons was besig vanaf die tweede hoekpaal na die ander een\n(oorkruis) toe ek vir myself die saak uitmaak, hierdie emmer raak nou baie\nswaar, want dit is \u2018n groot emmer en dit was driekwart vol met water en hierdie\nsangoma is glad nie haastig nie. In my innigheid was ek ook maar baie dankbaar\nniemand het \u2018n foto van ons daar geneem nie, \u2018n dopper dominee deur \u2018n sangoma\ngetoor en hy dra nogal vir hom die emmer oral rond. Baie gou het ek myself\nverskoon en is ek daar weg. Later sou ek hoor het die sangoma baie goed uit die\nsieke se lyf uitgehaal waarmee hy kamstig \u201cgetoor\u201d was. <\/p>\n\n\n\n<p>Soos ek aan die begin ges\u00ea het, sou ek \u2018n afspraak met hulle\ngemaak het, sou hulle dit uit die aard van die saak gekanselleer het en my gevra\nhet om op \u2018n meer gele\u00eb tyd te kom. Die uiteinde van die saak was, die sangoma\nhet tot die gevolgtrekking gekom dat naby familielede die man \u201cgetoor\u201d het en dit\ndie rede vir die beroerte was. Volgens die beskrywing wat die sangoma aan hulle\ngegee het, het die familie tot die gevolgtrekking gekom dat dit niemand anders\nkan wees nie as hulle oom en tannie.<\/p>\n\n\n\n<p>Van tyd tot tyd het ons tydens eredienste probleme hier gehad\nmet die een wat die beroerte oorleef het se vrou. Sy sou sommer so tydens die\ndiens stuiptrekkings kry, (amper soos \u2018n epileptiese aanval). Dan storm \u2018n paar\nvrouens daar op haar af om haar tot bedaring te probeer bring. Dit is geweldig\nontwrigtend, want jy moet jouself tydens die preek eers onderbreek tot sy tot\nbedaring gekom het. Een maal het een van ons ouderlinge gevra of hy nie kan bid\nnie. Sy woorde was: \u201cHere, as hierdie verskynsel wat ons nou hier sien van U\nafkom, laat dit onder ons nog meer gebeur.\u201d Na die diens was ek en die\nouderling op pad na een van die bedieningspunte op die plase, en kon ons rustig\noor die voorval gesels. Hy wou nog regverdiging soek vir die vrou se optrede en\ndat dit moontlik van die Heilige Gees afkomstig is. Ek het hom net daar in die\nrede geval en hom kort en beslissend geantwoord: \u201cJy kan maar s\u00ea wat jy wil,\ndie Heilige Gees werk nie so nie.\u201d Dit het nie gelyk of hy tevrede was met my\nantwoord nie, maar ons het dit daar gelos. Dit was nie twee jaar daarna nie toe\ndieselfde groepie hom (die ouderling) beskuldig van toordery. Hy en sy vrou en\nsou glo iemand se kind dood \u201cgetoor\u201d het. Die ouderling het na my toe gekom en\nvir my ges\u00ea: \u201cHendrik, onthou jy ons gesprek oor die vrou met die stuiptrekkings\nin die kerk, en jy vir my ges\u00ea het die Heilige Gees werk nie so nie. Nou glo ek\njou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>As\nhierdie mense maar net kon sien wat ek daardie aand met die sangoma gesien het.\nDit was so maklik om die 30-06 patroon daar in die donker te plant waar hulle\nkastig na iets gesoek het. Die geroeste mes en die ietermagogskulp was deur\nniemand anders nie as die sangoma self daar geplant, juis op daardie oomblik\ntoe hy wou h\u00ea ek die flits moes afskakel. Toe hy vir my gevra het om die flits\naf te skakel en hy vir om en by 3 minute daar onder die sitplekke gevroetel\nhet, het hy meer as genoeg tyd gehad om die skulp en die mes daar te plant. Dat\nniemand dit agtergekom het nie gaan my verstand te bowe. Vir hulle was dit \u2018n\nwonderwerk, soos die sieke se suster opgemerk het: \u201cElkeen het sy talente van\ndie Here ontvang, en so ook hierdie man.\u201d Soos \u2018n goed opgeleide kulkunstenaar\nkon die sangoma voor hulle o\u00eb kamstig goed uit die sieke se lyf uithaal en\nhulle was verstom. Jy hoef net so ietwat vlug van hand te wees om dit te doen,\nen buitendien in die donker was dit vir hierdie sangoma soveel makliker om met\nhulle o\u00eb te toor, en die ergste van alles was, hulle het dit vir die waarheid\ngeglo.<\/p>\n\n\n\n<p>     <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"576\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/Boesman-dans-1024x576.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-784\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/Boesman-dans-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/Boesman-dans-300x169.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/Boesman-dans-768x432.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/Boesman-dans.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>Boesmandans<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Om \u2018n lang storie kort te knip: Twee dae later was al wat \u2018n Boesmantransdanser daar om vir die sieke deur die nag te dans, om hom te bevry van hierdie sogenaamde toorspel. Dit is so tragies: Sondag word daar in die kerk vir hom gebid. Maandag besoek die sangoma hom en Woensdag dans hulle vir hom &#8211; sinkretisme op sy beste.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nbring \u2018n mens dan weer by die vraag aan die begin te staan: Wie was toe nou die\neintlike \u201ctoornaar\u201d? Die antwoord is ongetwyfeld, niemand anders nie as die\nsangoma self. Hy het nie net met hulle koppe gesmokkel of getoor nie, maar hy\nhet families teen mekaar opgesweep wat vir jare daarna vas oortuig was dat hulle\noom en tannie hulle kleinneef dood wou h\u00ea. Die gevolg was \u2019n intense haat vir\nmekaar en dit oor \u2018n leuen wat die duiwel self in hulle midde kom plant het. Hierdie\nsangomas wat in Suid-Afrika en orals in Afrika so vrylik rond beweeg, is\nverantwoordelik vir miljoene der miljoene huishoudings wat opgebreek het en\nsteeds opbreek, want as hy ges\u00ea het sus en so het so en so getoor, wie is jy om\ndit te betwyfel. \u2018n Ander vraag is, met hoeveel moorde het hulle net nie al\nweggekom nie? As ek \u2018n wroeging teen iemand het, en ek wil iemand vergiftig, na\nwie toe gaan ek om gif in die hande te kry? Na niemand anders nie as die\nsangoma self. Nou onlangs was daar \u2018n artikel in ons plaaslike koerant waar iemand\nhier in Gantsi wat by die \u201ccouncel\u201d werk weier om \u2018n sangoma te betaal, omdat\ndie sangoma hom belowe het om iemand vir hom dood te toor, maar nou tot sy groot\nontnugtering en skok loop die man ewe vrolik nog elke dag by hom verby en nog\nniks het met hom gebeur nie. Hoe kan hy nou die sangoma betaal as die sangoma\nnie sy opdrag uitvoer nie? <\/p>\n\n\n\n<p>Baie\nmense en veral die EFF verromantiseer die verre verlede, maar min wetende, dit\nwas \u2018n donker verlede waar die sangomas die septer geswaai het. Hoeveel\nonskuldiges, families en nasies het net nie in die slag gebly oor uitsprake wat\nsangomas gelewer het nie. As jy, al is jy hoe onskuldig deur die sangoma\nbeskuldig word van toordery, is daar nie \u2018n kans dat jy jou onskuld kan bewys\nnie. Jy en jou hele gesin word uitgewis. Wat was die beskuldiging teen Piet\nRetief en sy manne: \u201cBulalani Abathakhathi!\u201d \u201cMaak dood die toornaars!\u201d Hoekom?\nOmdat die sangoma dit vir Dingaan ges\u00ea het.<\/p>\n\n\n\n<p>My\neen ouderling (Frits) wat van tyd tot tyd wanneer hulle probleme het en baie\ndruk van sy familie ervaar om sangomas te raadpleeg, het op \u2018n keer dit so aan\nmy gestel: \u201cHendrik, al moet ek doodgaan, \u2018n sangoma of \u2018n Boesmangeneesheer\nbesoek ek nooit weer in my lewe nie, nie nou dat ek die lig en die verligting\nvan die Evangelie ervaar het nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\nJohannes 8:32 s\u00ea die Here Jesus:<strong> \u201cEn\njulle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.\u201d <\/strong>Mag die\nwaarheid van die Evangelie ons ook hier op die sendingveld bevry van die leuen\nvan die duiwel. Ook in hierdie verband het ons u voorbidding so ontsaglik\nnodig.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Toordery in die Kalahari In die Sendingveld bevind jy jouself soms op snaakse plekke. Een van ons gemeentelede, \u2018n eertydse ouderling op ons kerkraad, het \u2018n<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":784,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/782"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=782"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/782\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":785,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/782\/revisions\/785"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/784"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=782"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=782"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=782"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}