{"id":794,"date":"2020-11-19T09:10:28","date_gmt":"2020-11-19T07:10:28","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=794"},"modified":"2020-11-19T09:10:29","modified_gmt":"2020-11-19T07:10:29","slug":"bushiri-koors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=794","title":{"rendered":"Bushiri -Koors"},"content":{"rendered":"\n<h1>Nuus vanuit D\u2019kar \u2013\u00a0 Desember 2020<\/h1>\n\n\n\n<p>Ds Hendrik Du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Die afgelope twee jaar het die Bushiri-koors soos \u2018n warrelwind deur Botswana gewaai. Baie van ons lidmate het gewissel van getroue aanhangers tot net gewone bewonderaars van die selfaangestelde profeet. Voertuie het sy foto\u2019s opgehad en was \u2018n alledaagse gesig. As daar \u2018n Bushiri-byeenkoms iewers in Suid-Afrika is, het van ons lidmate geld onder mekaar ingesamel om die byeenkomste by te woon. In \u2018n ommesientjie kan P3000 ingesamel word en as jy weer hoor ry hulle hier af met \u2018n skedonk en jy wonder of hulle dit ooit gaan maak.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"623\" height=\"416\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/image-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-795\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/image-1.png 623w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/image-1-300x200.png 300w\" sizes=\"(max-width: 623px) 100vw, 623px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die motivering\nagter dit alles was die voorspoed wat verkondig word. Op \u2018n stadium moes die\nBotswana regering tussenbeide tree, want mense was bereid om by banke diep in\ndie skuld te gaan, net om \u2018n bydrae in terme van geld aan die Bushiris te maak.\nSo het geld die land uitgestroom en die mense wat agter bly sukkel om hulle\nskuld af te betaal, en niks kom van die voorspoed wat aan hulle belowe is nie.\nHier is selfs kerke gestig, in Gantsi en ook hier in D\u2019kar waar hulle gereeld\nbymekaar gekom het. In D\u2019kar het hulle gewoonlik Vrydae-aande by \u2018n sekere\ngebou byeengekom en luidkeels deur middel van luidsprekers tot laat in die nag hulleself\nlaat hoor. Die musiek was so oorverdowend dat ek dikwels gewonder het hoe hulle\noordromme dit hou.<\/p>\n\n\n\n<p>Preek of praat \u2018n\nmens daaroor, boikot van hulle ons kerk vir weke. Vir lank was dit \u2018n tema in\nons prediking of hulle nou daarvan gehou het of nie, en stadig maar seker het\nvan ons lidmate begin draai. Die Here het \u2018n wonderlike manier hoe Hy rigting\ngee aan sy kerk. Soms moet jy soos die verlore seun eers gaan varke oppas\nalvorens jy tot jou sinne kom. Toe die verlore seun daar tussen die varke sit\nen met honger o\u00eb na die peule kyk, het hy tot die besef gekom dat dit veel\nbeter was toe hy nog onder pa se dak was.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die bestiering\nvan die Here gebeur \u2018n ander \u201cwonderwerk\u201d \u2013 Covid 19. Daar word \u2018n drastiese\nstokkie voor groot byeenkomste gesteek. Ernstige vrae word gevra oor die\nsogenaamde profeet. Was dit nie hy wat nou-die-dag nog geprofeteer het van \u2018n\ngoeie en voorspoedige jaar nie? Het al wat leef en beef nie salig onbewus nog\ngeskree \u201creceive\u201d tydens die saamtrekke nie? Saam met hom het hulle gedroom van\ngeld wat instroom, bevorderings by die werkplek, lewensmaats en huwelike.\nTrouens dit is waaroor die jeug droom en alles wat skeefloop word toegeskryf\naan die werk van die duiwel. Na die saamtrekke kom baie van sy aanhangers terug\nmet heuning wat hulle moet gebruik. Hulle koop die heuning ten duurste tydens\ndie saamtrekke met die hoop dat dit sal doen wat die profeet belowe, en toe uit\ndie bloute verskyn Covid-19, so vinnig dat die \u201cbeste profeet\u201d in Afrika dit\nnie kon voorspel of voorsien het nie. Sedertdien het ons nog nie weer iets\ngehoor van \u2018n saamtrek hier in D\u2019kar of Gantsi nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Daarteenoor deur\ndie genade van die Here het die getalle in ons kerk drasties toegeneem. Ons\nmoes al mense wegwys omdat die getal wat die regering toelaat oorskry was, tot\ngroot ontsteltenis van die wat moes terugloop. Die regeringsamptenare het ons\nkerk al \u2018n paar keer kom besoek om te sien of ons die nodige re\u00ebls en\nregulasies nakom. Voor jy die kerk binnegaan word jou koors geneem. Jou hande word\ngewas. Jou naam word in \u2018n registerboek geskryf, met jou selfoonnommer en\nfisiese adres daarin. In die kerk is daar merkers wat ons aangebring het\npresies waar jy mag sit sodat die nodige afstand gehandhaaf word. Met die\nlaaste besoek van die regering het van die soldate met AK-47\u2019s by die diens\nopgedaag. Agter in die kerk met \u2018n AK-47 in die hand het \u2018n soldaat in uniform\ngestaan en ons dopgehou terwyl ek gepreek het. Nie lank daarna nie het hy sy\nduim omhoog gehou as \u2018n teken dat hulle te vrede is en het toe die kerkgebou\nverlaat.<\/p>\n\n\n\n<p>Met die skandaal\nrondom die Bushiris en hoe hulle Suid-Afrika verlaat het, hoop ons dit was die\nfinale spyker in die doodskis. Tog het dit ons jeug se o\u00eb oopgemaak op baie\nmaniere. Dit het ons jongmense aan hulleself ontbloot. Skuiwergate kon gesien word\nin hulle Christelike mondering. Waar ons gedink het alles is pluis, was alles\ntoe nou nie so pluis nie. Die aanhang wat die Bushiris gehad het, het \u2018n mens\ntot die besef gebring dat baie mense na \u2018n soort van \u201cvoorspoed\u201d verlang wat\ndie Here nie altyd belowe of waarborg nie, veral onder ons jeug. Temas in die\nBybel het relevant begin word om die skeefgetrekte voorspoedsgodsiens aan te\nspreek. Dink maar net aan die lewe van Josef, Job en Paulus. Daar is so baie\ntemas in die Bybel wat geen stempel dra van \u2018n aardse voorspoed nie, en die\ngewone gelowige kan homself vereenselwig met mense in die Bybel vir wie dit nie\naltyd maanskyn en rose was nie. Een ding wat die voorspoedsgodsdiensideologie\nbaie goed regkry is om \u2018n valse gewete by jou tuis te bring. As \u201cteenspoede\u201d\njou tref, beteken dit net een ding, die Here het jou verlaat, en wanneer jy aan\njou sogenaamde profeet geld gee kan hy vir jou intree en jou lewe kan drasties ten\ngoede verander.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit wil\nons steeds u voorbidding vra, dat die Woord van die Here werklik tot ons jeug\nsal deurdring, maar ook ons ouer garde wat deur hierdie hele tyd getrou gebly\nhet en nie geskroom het om te praat en te vermaan nie. Heel dikwels het van ons\nkerkraadslede in die kerk opgestaan en dit veroordeel, soms so kras dat ek\ngewonder het hoe die kerkbywoning die volgende Sondag gaan wees. Tydens\nbegrafnisse wanneer enigiemand die geleentheid gegun word om \u2018n woord te\nspreek, het van ons lidmate en&nbsp;\nkerkraadslede nie geskroom om selfs die naam Bushiri te noem nie. Vir\nbaie van hulle was dit \u2018n geweldige wroeging wanneer hulle kinders daarby\nbetrokke was. Mag die Here aan ons die wysheid gee om werklik met die Evangelie\ntot ons jongmense deur te dring.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Hendrik du Plessis Gereformeerde Kerk D&#8217;Kar Botswana<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuus vanuit D\u2019kar \u2013\u00a0 Desember 2020 Ds Hendrik Du Plessis Die afgelope twee jaar het die Bushiri-koors soos \u2018n warrelwind deur Botswana gewaai. Baie van ons lidmate het gewissel van<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":792,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/794"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=794"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/794\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":796,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/794\/revisions\/796"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/792"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=794"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=794"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=794"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}