{"id":807,"date":"2020-12-13T20:26:26","date_gmt":"2020-12-13T18:26:26","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=807"},"modified":"2020-12-13T20:26:27","modified_gmt":"2020-12-13T18:26:27","slug":"ds-hendrik-dkar-waardering-desember-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=807","title":{"rendered":"Ds Hendrik D&#8217;Kar waardering Desember 2020"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Waardering vanuit D\u2019kar \u2013 Desember 2020<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>D\u2019kar<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Covid-19 klink negatief op die oor,\nmaar tog ook baie positief in die sin dat die Here se se\u00ebn in ons gemeente\nduidelik sigbaar was die afgelope tyd. Dit was asof baie mense tot die besef\ngekom het, ons lewe nie vir altyd hier op aarde nie. Die kerkbywoning het\ndrasties begin verbeter. Covid-19 het baie mense uit hulle gemaksone geskud.\nDie kosvoorrade wat uitgedeel is danksy die bydraes van ons gemeentes in\nSuid-Afrika en veral die Gereformeerde kerk Nieu Seeland was \u2018n preek\nopsigself. Mense het daaroor gepraat en spesifiek die Here gedank wat deur\nander gelowiges vir hulle omgee. Die kerk het sigbaar begin word, of anders\ngestel, die Here het Hom deur die kerk se liefdesdiens aan baie mense vertoon\nas \u2018n God van liefde.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons seun, Pieter was vir 6 maande hier\nby ons ingeperk. Sun\u00e9, ons dogter, sou ook kom, maar ongelukkig was die grens gesluit\n\u2018n dag voor sy sou kom. Pieter het die Maandag deurgekom en die Dinsdag het\nhulle die grense gesluit. Sy was baie teleurgesteld, maar noudat ons terugkyk\nwas dit \u2018n bedekte se\u00ebn omdat sy haar aandag op haar werk en haar\nmeestergraadstudies kon vestig. Deur die Here se genade kon sy nou haar\nverhandeling indien. As sy wel deurgekom het sou sy beslis haar werk verloor\nhet. Pieter het hier nie net op \u2018n naburige plaas gehelp nie, maar was van\nsoveel hulp hier rondom die huis. Hy het gebou, draad gespan, ons\nwarmwaterstelsel herstel, die watersuiweraar installeer ensomeer, ensomeer. Dit\nis amper te veel om op te noem. Hy was letterlik elke dag besig. Septembermaand\nkon hy toe teruggaan, ook net betyds om sy studies te hervat.<\/p>\n\n\n\n<p>Was ons nie geskok toe ons verneem\nSun\u00e9 het Covid-19 opgedoen nie. Dit het vir ons gevoel of die boot waarin ons\nwas gaan sink, maar deur die Here se genade het sy net matige simptome ervaar\nsoos smaak-en-reukverlies, hoofpyn en moegheid. Diaree en keelseer het binne \u2018n\npaar dae wonderbaarlik verbeter. Sy was heeltemal op haar eie daar in haar nuwe\ndorp en werksomgewing maar sy is gedra deur gebede en bemoediging van familie\nen vriende asook ds Jannie van der Schyff van die GK Welkom.<\/p>\n\n\n\n<p>Waaroor ons besonder dankbaar is, is\ndie feit dat my sendingbakkie weer padwaardig is. \u2018n Anonieme skenker het die\nnodige fondse voorsien en kon ons die bakkie in Maun by Ngami Toyota laat\nherstel. So het die Here op die regte tyd die gedagte by sy kind iewers laat\nopkom om so \u2018n skenking te bewillig. Ons is baie dankbaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het ook Tswana Bybels gekry wat\nverskillende kerke aan ons verskaf het. Ons s\u00ea vir een en elk wat in die\nverband bygedra het, baie baie dankie. Daar is nie \u2018n groter geskenk as \u2018n\nBybel nie, en die persoon aan wie jy die Bybel gee, gee aan jou die kans vir \u2018n\ndiep geestelike gesprek.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan het ons ook Klankbybels gekry.\nVerskeie broers en susters het bygedra. Daaroor is ons baie dankbaar en opgewonde.\nDie Naro Nuwe Testament is daarop. Die volledige Tswana Bybel is daarop van\nGenesis tot Openbaring, en ook Herero Bybelverhale. Al die Hereros kan Tswana\nverstaan. Baie Hereros kan Naro verstaan, en baie Naros kan Tswana goed\nverstaan, en omdat baie mense hier nie kan lees nie en gewoonlik niemand vir\nhulle wil of kan lees nie kan hierdie Bybels in klank daardie gaping baie\nbeslis oorbrug. Daar was al in die verlede sulke Klankbybels hier wat aan die\nmense uitgedeel of verkoop was en die wat daarvan kon kry het, het dit van die\nm\u00f4re tot die aand aangelos vir almal in die erf om na te luister. As jy daar\nkom word jy begroet deur \u2018n gedeelte in die Bybel wat gelees word. Een kind kon\nselfs \u2018n hele hoofstuk van \u2018n seker boek uit haar kop uit ops\u00ea. Die groot\ngeheim gaan wees om dit in wysheid oordeelkundig uit te deel dat die wat nie\nkan lees nie daarby baat kan vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Laaste maar nie die minste nie, wil\nons ons opregte dank uitspreek aan almal wat betrokke is by die BSG (Botswana\nSending Groep). Sonder julle sou sending hier onmoontlik gewees het. Ons het\nongelukkig geld nodig om afstande af te l\u00ea om aan mense die Evangelie te\nverkondig. \u2018n Mens wonder dikwels hoe ver die tegnologie al gevorder het. Sou\n\u2018n mens \u2018n solar of battery-aangedrewe voertuig kon gehad het, sou dit ideaal\ngewees het. Jare gelede het hier skoolkinders van Suid-Afrika af deur Botswana\ngery met \u2018n vierwielaangedrewe fiets. Vier mense moes heeltyd trap. Dikwels het\nek gewonder hoe dit sal wees as jy die nodige batterye kan aanbring en\nsolarpanele bo-op die dak, sodat jy makliker kan trap. Dan kan jy letterlik\norals in die boedoes invaar opsoek na mense wat nog nie die Evangelie gehoor\nhet nie, want Botswana l\u00ea braak wat sendingwerk aanbetref.<\/p>\n\n\n\n<p>Die woord \u201cdankie\u201d klink dikwels so\nleeg of sonder inhoud, maar die gevolge daarvan is enorm, veral as jy die woord\nin jou gebede gebruik. Teenoor ons gemeentes en broers en susters wat ons die\nafgelope jaar so getrou ondersteun en bygestaan het, geldelik maar ook in hulle\ngebede wil ons ons diepste waardering uitspreek. Ons dank die Here vir u en ons\nbid vir u dat die Here u ryklik sal se\u00ebn. Daar was soveel dinge om voor dankbaar\nte wees. Sou ons \u2018n lys moes opstel waar begin \u2018n mens en waar eindig \u2018n mens?\nHierdie jaar was \u2018n unieke jaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Die motivering vir \u201cdankie s\u00ea\u201d uit die\nwoorde van die apostel Paulus in 2 Korinthi\u00ebrs 9:6-14 het my laat besef dat\ndaar iets meer insit as net dankie s\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het die gedeelte hieronder al\nhoeveel keer gelees, maar dit gebeur dikwels dat jy \u2018n gedeelte in die Bybel\nwat jy al vir die soveelste keer gelees het weer lees, en die inhoud daarvan\njou dan eers tref.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>2 Korinthi\u00ebrs 9:6-14:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u201c<\/strong><strong><sup>6<\/sup><\/strong><strong>Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en\nwie volop saai, sal volop oes. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>7<\/sup><\/strong><strong>Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem\nhet, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>8<\/sup><\/strong><strong>En God is by magte om aan julle alles in oorvloed\nte skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan h<\/strong><strong>\u00ea en\nvolop kan bydra vir elke goeie werk. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>9<\/sup><\/strong><strong>Daar staan ook geskrywe: <\/strong><strong>\u201cHy deel\nuit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig.\u201d<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>11<\/sup><\/strong><strong>Hy maak julle altyd in alles ryk\ngenoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank\nword, <sup>12<\/sup>want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie\nalleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God\nmee. <sup>13<\/sup>Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te\ndien, sal daar baie wees wat aan God eer\ntoebring. Hulle sal Hom prys oor julle\ngehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle\nopregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. <sup>14<\/sup>Hulle sal ook vir julle bid en met verlange\naan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was.\u201d<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>In\nhierdie gedeelte sien ons hoe die vrygewigheid van \u2018n gemeente (Korinthe) wonderbaarlik\nna hulle toe by wyse van spreke terug geboemerang het. Wat hier gebeur het is\nbaie interessant. Dit is nie net \u2018n voorbeeld nie, maar deur die hand van\nPaulus openbaar die Heilige Gees aan ons iets van God en sy diepste rede waarom\nHy aan ander meer gee as aan ander, aan ander gemeentes meer gee as aan ander.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees\nons die vorige hoofstuk saam met hierdie hoofstuk sien ons hoe die gemeente in\nKorinthe met groot ywer alles in hulle vermo\u00eb gedoen het om geld in te samel om\ndie Joodse gemeente in Jerusalem te help. As aansporing gebruik Paulus die\nMasedoniese gemeente as voorbeeld, hoe ywerig hulle was om die gelowiges in\nJerusalem te help. Toe hierdie Masedoniese gemeente (Noordelike deel van\nGriekeland) hoor van die swaarkry in Jerusalem, het hulle dadelik aan die werk\ngespring en ondanks hulle armoede geld begin insamel vir die gelowige Jode in\nJerusalem wat so swaar kry. Dit gebruik Paulus dan as aansporing vir die\nKorinthi\u00ebrs om dieselfde te doen. Daardie Masedoni\u00ebrs, s\u00ea Paulus kon so\nvrygewig wees omdat hulle hulleself eers aan die Here gegee het (2 Korinthi\u00ebrs\n8:5). Dan skryf Paulus verder aan hierdie Korinthi\u00ebrs, vanaf vers 6: \u201c<sup>6<\/sup>Daarom\nhet ons vir Titus versoek om hierdie liefdeswerk, waarmee hy vroe\u00ebr by julle begin het, nou ook te voltooi. <sup>7<\/sup>Aangesien\njulle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis\nvan God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle, wees dan ook in hierdie\nliefdeswerk oorvloedig. <sup>8<\/sup>Ek gee nie &#8216;n opdrag nie, maar ek wys julle\nop die ywer van ander (die Masedoni\u00ebrs) om daardeur die opregtheid van julle\nliefde te toets.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nbring ons dan by die gedeelte wat ons aan die begin gelees het, hoe jou gawes\n(liefdeswerk) op \u2018n positiewe manier na jou toe terug boemerang en daarmee saam\ndie rede daarvoor. In hierdie geval is dit die Korinthi\u00ebrs. Deur hulle\nvrygewigheid gebeur daar \u2018n reeks interessante dinge. Ons begin by die begin.\nWat terug boemerang is die volgende:<\/p>\n\n\n\n<ol><li>God se\nliefde: God het \u2018n blymoedige gewer lief. (2 Korinthi\u00ebrs 9:7)<\/li><li>God se\noorvloed: <sup>\u201c8<\/sup>En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te\nskenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan h\u00ea <strong>en volop kan bydra vir elke goeie werk<\/strong>.\u201d\n(2 Korinthi\u00ebrs 9:8)<\/li><li>God\nse rykdom: <sup>\u201c<strong>11<\/strong><\/sup><strong>Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by\nelke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle\nvrygewigheid tot gevolg<\/strong> dat God gedank word,\u201d (2 Korinthi\u00ebrs 9:11)<\/li><\/ol>\n\n\n\n<p>Dan verduidelik Paulus eers: Onthou s\u00ea hy: \u201c<sup>12<\/sup>want\ndie bediening van hierdie hulp betoon voorsien nie alleen in die behoeftes van\ndie gelowiges in Judea nie, maar <strong>bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee<\/strong>.\u201d Met\nander woorde, dit gaan nie net oor mense help nie, maar om daardie mense so v\u00ear\nte kry om God te dank oor die hulp wat hulle ontvang.\nDan verduidelik Paulus verder die uitwerking van hierdie hulpbetoon op die\ngelowige Jode in Jerusalem. Hy s\u00ea: \u201c<sup>13<\/sup>Deur hierdie duidelike bewys\nvan julle bereidheid om te dien, <strong>sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys<\/strong> oor julle gehoorsaamheid aan die\nevangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid\nteenoor hulle en teenoor al die ander.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>En\ndit bring ons by die vierde ding wat terug boemerang.<\/p>\n\n\n\n<ul><li>Daardie\nmense begin nou vir jou te bid: \u201c<strong><sup>14<\/sup>Hulle\nsal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink<\/strong>, omdat die\ngenade van God oor julle so oorvloedig was.\u201d<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Dit\nis interessant om daaraan te dink, dat die hulpverlening van een gemeente aan\n\u2018n ander gemeente die uitwerking kan h\u00ea dat hulle aan God die eer toebring en\nnie net dit nie, maar dat hulle spesifiek vir daardie gemeente wat aan hulle\nhulp verleen het begin bid. As jou uitreik na \u2018n gemeente in nood tot gevolg\nkan h\u00ea dat hulle God oor jou dank en aan Hom die eer toebring en vir jou begin\nbid, het die boemerang sy sirkelrondte voltooi. Jy\nhet uitgereik en nou bid hulle vir jou. Dit bring ons dan by die vraag: Hoekom sal God so \u2018n gebed nie verhoor nie? Dit\nis dan juis hoe die Here dit wil h\u00ea. Jy help, God word daarvoor gedank en ge\u00eber\nen hulle, oorweldig in hulle gemoed deur die werking van die Heilige Gees bid vir jou, en God\nverhoor hulle gebede ten opsigte van jou, en jy\nword gese\u00ebn.<\/p>\n\n\n\n<p>Wees\neen en elk daarvan verseker dat julle deur julle hulp en bystand ons daartoe\ngebring het om die Here te loof en te dank en ons bid vir julle dat die Here\njulle ryklik sal se\u00ebn.<\/p>\n\n\n\n<p>Mag\nhierdie eenvoudige waarheid ons motiveer om verder te dink buite die kring van\nons alledaagse bestaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Groete in ons Here Jesus Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waardering vanuit D\u2019kar \u2013 Desember 2020 D\u2019kar Covid-19 klink negatief op die oor, maar tog ook baie positief in die sin dat die Here se se\u00ebn in ons gemeente duidelik<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":501,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/807"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=807"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/807\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":808,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/807\/revisions\/808"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=807"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=807"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=807"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}