{"id":812,"date":"2021-01-07T15:45:40","date_gmt":"2021-01-07T13:45:40","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=812"},"modified":"2021-01-07T15:45:41","modified_gmt":"2021-01-07T13:45:41","slug":"kultus-of-kultuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=812","title":{"rendered":"Kultus of Kultuur"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik Du Plessis Januarie 2021<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kultus of Kultuur<\/strong><\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  <strong>\u2018n Valse probleemstelling<\/strong>\n  \n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  \u2018n Valse probleemstelling is\n  soos ons almal weet, \u2018n probleem wat sy ontstaan te danke het aan \u2018n valse\n  persepsie. Die oorsprong is vals maar die probleem word \u2018n realiteit. In die\n  sendingveld worstel \u2018n mens gereeld met sulke probleemstellings. Na jare se\n  bearbeiding kan dit so maklik weer vlamvat afhangende van die regte vrae op\n  die regte tyd. \n  &nbsp;\n  Ek noem \u2018n paar voorbeelde:\n  \n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Met die besoek van \u2018n sekere\n  antropoloog gaan hou ek die aand daar Bybelstudie. N\u00e1 die tyd vra sy \u2018n paar\n  vrae aan die Narosprekende Boesmans, wat hulle nogal onkant gevang het. \u201cJulle\n  het mos julle eie godsdiens,\u201d het sy ges\u00ea. Waarom het julle nog die witmense\n  se godsdiens nodig? Vir al die eeue het julle die Here gedien en tot die Here\n  gebid en gedans \u2013 of tot wie anders het julle dit gedoen? Was dit die\n  duiwel?\u201d\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Op \u2018n ander stadium was hier by\n  ons op D\u2019kar \u2018n ander antropoloog uit Suid-Afrika met \u2018n groepie San mense\n  wat nie meer hul eie taal kan praat nie. Hulle praat slegs Afrikaans. Hul\n  leier, oom Jan, was saam met hulle. Hy het \u2018n klomp dolosse en behangsels om\n  sy nek gehad wat hom aardig laat lyk het. Die doel van hulle besoek was om\n  hulle \u201cgeestelike agterstand\u201d by ons \u201cboesmans\u201d op te vang. Hiermee word dan\n  spesifiek verwys na die transdanse waartydens die dansers in \u2018n trans gaan \u2013\n  dikwels so erg dat hulle letterlik beserk raak, teen bome wil uitklouter, in\n  die vuur wil val en die vreeslikste onaardse geluide maak. Sommige van hulle\n  kies sommer koers in \u2018n rigting in en dan hardloop die jong mense agter hulle\n  aan om te keer dat hulle hulself nie teen bome of drade te pletter hardloop\n  nie. Tydens hierdie trans word die hande op siekes gel\u00ea en word hulle glo\n  gesond. Die bewyse daarvan het ek nog nie gesien nie, maar dit is wat hulle\n  beweer.\n  &nbsp;\n  Met hul besoek word so \u2018n\n  transdans gere\u00ebl sodat hulle eerstehands weer kan sien en ervaar hoe dit\n  gedoen moet word. Spontaan het die dans begin met die vrouens se neuriesang\n  en die mans wat rondom die vuur dans.\n  &nbsp;\n  Oom Jan (\u2018n man van gemengde\n  afkoms en hul leier) het langs my gesit \u2013 iemand wat sy Bybel verbasend goed\n  geken het, maar ongelukkig dit sinkretisties vermeng met allerhande drome,\n  voortekens en kulturele praktyke. \n  &nbsp;\n  Later het die mans, soos wat\n  die musiek hulle ritmies opgewerk het, in \u2018n trans begin gaan. Een van hulle\n  begin toe met sy onderaardse geluide en rukkings. Ek vestig toe oom Jan se\n  aandag daarop. Sy antwoord aan my was: \u201cHy gaan nou in die dieptes van die\n  Heilge Gees in.\u201d Ek het onmiddellik daarop gereageer en ges\u00ea: \u201cEk glo nie dat\n  dit van die Heilige Gees afkomstig is nie.\u201d Hy het hom vererg en kort daarna\n  gaan slaap. \n  &nbsp;\n  Die volgende dag was die gort\n  gaar oor my bewering aan hom. Ek is geroep om verskoning te vra. Die\n  antropoloog wat saam met hulle daar was, was giftig teen my en het die een\n  sigaret na die ander opgesteek en my voortdurend aangeval, \u201c. . . hoe durf jy\n  . . . ens. ens.\u201d. Die vrou in beheer van Kuru se dansgroep, \u2018n Hollandse\n  Rooms Katolieke dame, was maar al te gretig om die skuld op my te pak, want\n  om die transdanse nie as goddelik te sien nie was vir haar heilskennis. My\n  antwoord aan hulle was: \u201cEk het niemand afgekraak of probeer seer maak nie,\n  ook nie beledig nie. Inteendeel ek het net met die leier gepraat en nie my\n  standpunt uitgebasuin om iemand te na te kom nie. Ek kan nie \u2018n moordkuil van\n  my hart maak nie. Soos hy seker die reg het om te s\u00ea wat hy glo, het ek ook\n  die reg om te s\u00ea wat ek nie glo nie. Ek kan&nbsp;\n  nie my gewete verkrag en maak asof ek glo wat ek nie glo nie. Dan sou\n  ek skynheilig wees.\u201d\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Een van die transdansers, het\n  gereeld begin kerk toe kom en was vasbeslote om belydenis van geloof af te l\u00ea\n  wat hy toe ook gedoen het. Toe hy gereeld begin kerk toe kom en die\n  katkisasieklasse bywoon het sy belangstelling in die transdanse totaal en al\n  afgeneem. Hy was een van Kuru se dansers wat per geleentheid vir toeriste\n  gedans het. Aan ons kulturele sentrum noem hy dat hy nie meer wil dans nie en\n  hy nou gereeld kerk toe kom. Die Rooms Katolieke vrou wou die aapstuipe\n  hieroor kry. Hy is onder my invloed, was haar mening. Ongelukkig het hy aan\n  die einde onder hulle invloed geswig.\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Nou onlangs het \u2018n Indiaanse\n  antropoloog met my \u2018n afspraak gemaak. Sy wou graag meer weet oor ons kerk se\n  geskiedenis. Heel versigtig het sy haar vrae geformuleer, maar ek het gou\n  agter gekom waarop sy afstuur. Kort voor lank sy vra hoe staan ons as kerk\n  teenoor die Boesmans se kultuur? Ek het geantwoord dat wat myself aanbetref\n  ek \u2018n onderskeid maak tussen kultuur en kultus. \n  &nbsp;\n  <strong>Kultuur is \u2018n mensgemaakte re\u00ebling waarin verskillende volke op\n  verskillende maniere hulself handhaaf en uitleef, wat opsigself nie verkeerd\n  is nie, maar \u2018n kultus is \u2018n aanbiddingswyse wat in stryd is met dit wat die\n  Skrif ons leer. Daarmee saam is daar \u2018n groot gros bygelowe wat hoegenaamd\n  nie met die Skrif te<\/strong> <strong>versoen is\n  nie<\/strong>.\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Ek noem toe \u2018n paar voorbeelde\n  aan haar. \n  Nie lank gelede het ek \u2018n kind begrawe. Die ma\n  en ander vrouens het onbedaarlik gehuil. Volgens hulle het \u2018n sekere persoon\n  wat hulle by name noem, die kind doodgetoor. My vraag die Indiaanse\n  antropoloog was toe: \u201cAs toordery deel is van hulle kultuur en die geloof\n  daar rondom, moet ons as kerk ter wille van kultuur sulke dinge ondersteun?\u201d\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  As iemand malaria of tuberkulose onderlede\n  het, maar die kultuur beweer hy is getoor en daar moet vir hom gedans word om\n  die kragte te verbreek, moet ons dan in die naam van kultuur hierdie erfenis\n  bewaar? Moet jy sien hoe iemand voor jou wegkwyn en sterf ter wille van\n  kultuur, om daardeur die sogenaamde mooi erfenis te bewaar?\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Moet ons die mense motiveer om al die onheile\n  te vrees wat oor hulle sal kom as hulle sekere rituele nie nakom nie, want\n  die kultuur is vol sulke rituele en vrese. \n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Dit is maar \u2018n paar van die\n  talle probleme wat ons het wat kultuur aanbetref, tensy jy nie alles vir\n  kultuur opvreet nie. \n  &nbsp;\n  Dan is daar vrae wat eg en\n  opreg van die Sanmense self kom. \n  Hulle voorouers het gedans vir re\u00ebn en dan het\n  die Here vir hulle re\u00ebn gegee. As iemand siek was het hulle vir die sieke\n  gedans en vir die Here gevra om hom te genees \u2013 of was dit die duiwel wat hom\n  genees het? \n  \n  Dit klink na gewigtige vrae en\n  dit lok geweldig simpatie uit tot \u2018n mens die lig van die Bybel daarop laat\n  val. \n  &nbsp;\n  <strong>Dit bring ons dan voor die groot vraag te staan in die sending: Wat\n  s\u00ea die Bybel hiervan? <\/strong>\n  \n  Dit is \u2018n gewigtige vraag\n  waaroor baie mense in Afrika struikel: \u201cVoor ons nog met die Christendom in\n  aanraking gekom het, was ons tog godsdienstig. Wanneer ons gebid het, het ons\n  tog nie tot die duiwel gebid nie, maar tot God. As ons Hom iets gevra het, het\n  Hy dit aan ons gegee. Dit was tog seker nie die duiwel wat dit aan ons gegee\n  het nie?\u201d Daarom dat dit vir baie Afrika gelowe nie verkeerd voel om een of\n  ander sinkretistiese vermenging in hulle Christelike geloof in te werk nie. \n  &nbsp;\n  \u2018n Zoeloe het op \u2018n keer vir my\n  ges\u00ea: \u201cEk bid tot my voorvaders wat dan die boodskap oordra na Christus en\n  Christus na God.\u201d\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  <strong>Wat s\u00ea Bybel van hierdie valse probleemstellings?<\/strong>\n  \n  In Handelinge 14 moes\n  Paulus-hulle vlug. Hulle moes inderhaas Ikonium verlaat want daar het onder\n  die heidene en ook onder die Jode saam met hulle owerstes, \u2018n beweging\n  ontstaan om Paulus-hulle te mishandel en te stenig. Toe hulle dit agterkom\n  het hulle na Lika\u00f3ni\u00eb, Listre en Derbe gevlug. In Listre het daar \u2018n man\n  gesit wat verlam was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het\n  nooit geloop nie. Terwyl Paulus gepraat het, het hy heeltyd geluister. Paulus\n  het na hom gekyk en gesien dat hierdie man geloof het om gesond te word. Met\n  \u2018n groot stem het Paulus vir hom ges\u00ea: \u201cStaan regop op jou voete! En hy het\n  regop gespring en begin rondloop.\u201d Die skare was verstom daaroor en het in Lika\u00f3nies\n  vir mekaar ges\u00ea: \u201cDie gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.\u201d Vir\n  B\u00e1rnabas het hulle Zeus genoem, en vir Paulus Hermes, omdat hy die\n  woordvoerder was. <sup>\ufeff13<\/sup>Die priester van die Zeustempel, net\n  buitekant die stad, het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en\n  hy wou saam met die mense offers aan die apostels gaan bring. <sup>14\ufeff<\/sup>Toe\n  die apostels, Barnabas en Paulus, daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur\n  en tussen die mense ingespring en geskreeu: <sup>15\ufeff<\/sup>\u201cMense, wat vang julle nou aan? Ons is maar net\n  sulke mense soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle\n  hierdie sinlose gode moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit\n  is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.\n  <sup>\ufeff16\ufeff<\/sup>Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers\n  te gaan, <sup>\ufeff17\ufeff<\/sup>maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie\n  dinge gee: Hy het vir julle re\u00ebn van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy\n  het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.\u201d\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  In hierdie gedeelte merk ons \u2018n\n  paar belangrike dinge op. \n  &nbsp;\n  In die eerste plek het Paulus\n  geen kompromie probeer aangaan tussen Christus en hulle godsdienste nie en\n  tog was Paulus nie onsimpatiek teenoor hulle nie. \u201cOns is maar net sulke\n  mense soos julle,\u201d s\u00ea hy. \n  &nbsp;\n  Tweedens veroordeel hy hulle\n  nie, maar wel die sinlose gode en doen hy \u2018n beroep op hulle om hulle te\n  bekeer sonder om enige kompromie aan te gaan tussen hulle sogenaamde gode en\n  die God van die Bybel nie. \n  &nbsp;\n  Derdens stel hy Hom aan hulle\n  bekend: \u201cDit is Hy wat die hemel\n  en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.\u201d \n  &nbsp;\n  In die vierde plek wil hy hulle van \u2018n misverstand bevry en sluit hy alle\n  nasies onder een sambreel in wanneer hy s\u00ea: \u201c<sup>16\ufeff<\/sup>Hy het in die\n  verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan,\u201d. \n  &nbsp;\n  <em>\u201cEie koers\u201d beteken dan\n  uit die aard van die saak die teenoorgestelde van \u201cGod se koers\u201d. Daarom moet\n  hulle hulle bekeer.<\/em>\n  Teenoor iemand wat sou kon noem: \u201cJa, Paulus, ek hoor wat jy s\u00ea, maar in die\n  verlede het ons op ons manier so en so tot God of tot die gode gebid of ons\n  voorvaders geraadpleeg en is ons verhoor.\u201d, kom sy helder en duidelike\n  antwoord: \u201cmaar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy\n  het vir julle re\u00ebn van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle\n  volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.\u201d \n  &nbsp;\n  <em>Al het God toegelaat dat\n  al die nasies in hulle eie we\u00eb sou wandel, hulle eie koers inslaan, was God\n  nie in die minste afwesig wat sy algemene genade aanbetref nie. As die\n  Boesmans daar in die Kalahari rondom die vuur gedans het in hulle onkunde en\n  nood en die Eskimos in Antartika en die Indiane in Suid-Amerika, was God\n  hoegenaamd nie afwesig in sy algemene genade nie. <\/em>\n  <em>&nbsp;<\/em>\n  Die verwronge Godsbeeld wat elke nasie gehad het of het maak hoegenaamd\n  nie dat God apaties staan teenoor hulle persoonlike nood van elke dag nie,\n  maar wanneer die Evangelie van ons Here Jesus Christus verkondig word, kom\n  daarmee saam die drastiese oproep: \u201cOns bring vir julle die goeie boodskap\n  dat julle hierdie sinlose gode moet laat staan en julle tot die lewende God\n  bekeer.\u201d Meer helder en duidelik kan Paulus dit nie stel nie. Daar was \u2018n tyd\n  toe God in sy verdraagsaamheid toegelaat het dat elke volk sy eie koers\n  inslaan, maar daar is ook \u2018n tyd wanneer elke volk voor die drastiese keuse\n  te staan kom: Of Christus of my eie koers na die ewige verdoemenis.\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  <em>Dit kom daarop neer dat\n  God in die verlede mense in hulle nood verhoor het in sy algemene genade by\n  wyse van re\u00ebn van die hemel af wat hy gegee het, gereelde oeste, volop kos en\n  hulle selfs gelukkig gemaak het. Dit was nie die duiwel wat hulle verhoor het\n  nie, maar God, wat hulle genadig was, al het hulle in hul onwetendheid op \u2018n\n  diaboliese manier die aangesig van God gesoek<\/em>.\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  <strong>Verder moet dat daar \u2018n\n  drastiese ommekeer wees en hoegenaamd geen stelselmatige oorgang of\n  versoening tussen Christus en die eie koers mag wees nie.<\/strong>\n  <strong>&nbsp;<\/strong>\n  As daar op die altaar van die onbekende god in Handelinge 17 ooit offers\n  gebring was, sou dit daarna nie meer gedoen kan word nie, want Christus is\n  die enigste offer vir ons sondes. \n  &nbsp;\n  <strong>As die voorvaders in die\n  verlede geraadpleeg was, sou dit daarna opsetlike duiweldiens wees om daarmee\n  aan te gaan, want Christus is die weg en die waarheid en die lewe, niemand\n  kom na die Vader behalwe deur Hom nie.<\/strong>\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  In die sendingveld is \u2018n mens\n  soms verplig om dit baie prakties te verduidelik. So \u2018n paar jaar gelede het\n  ons \u2018n teerpad gekry wat naby ons verbygaan. Die verskil in teenstelling met\n  die slegte pad wat ons altyd na Gantsi toe moes ry is duidelik waarneembaar.\n  In die verlede sou jy iemand met simpatie beje\u00ebn het sou sy voertuig onklaar\n  geraak het op die slegte pad, want dit was \u2018n pad waaroor \u2018n mens boekdele\n  kon skryf, maar sou iemand halstarrig weier om die teerpad te gebruik en sy\n  voertuig sou onklaar raak, sal hy uit die aard van die saak elkeen se\n  simpatie verloor, want hy doen dit nie meer uit onwetendheid uit nie.\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Om terug te kom na kultus en\n  kultuur. In kultuur is nie alles noodwendig sleg of boos nie. God het in sy\n  algemene genade ook sy lig daar laat skyn dat \u2018n dief dienooreenkomstig sy\n  dade gestraf word en dat die jeug leer om die ou mense te respekteer. \n  &nbsp;\n  In die Engelse kultuur het ons\n  \u201cladies first\u201d, terwyl die Afrika mens eerder sou wou h\u00ea die man voor moet\n  loop om die vrou te beskerm. \n  &nbsp;\n  So het elke kultuur sy musiek,\n  sy ritmes, sy danse wat opsigself nie noodwendig verkeerd is nie. Hoeveel\n  pragtige spreukwoorde is net nie in eie taal opgesluit nie, wat daarvan\n  getuig dat God in sy algemene genade sy lig ook daar laat skyn het by wyse\n  van pragtige spreuke en insigte om orde en gesag te handhaaf. \n  &nbsp;\n  Selfs van die mees\n  anti-Christelike regering wat daar ooit was skryf Paulus in Romeine 13: \u201cElke\n  mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is\n  immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is\n  daar deur die beskikking van God.\u201d\n  &nbsp;\n  <em>Kultureel is daar baie mooi goed wat \u2018n mens van elke volk kan\n  waardeer, maar ongelukkig l\u00ea tussen hierdie kulturele mooi dinge ook\n  okkultiese praktyke verskuil waarvan elke volk hulle voor God moet bekeer.<\/em>\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  Vele het al gekom met die vraag: Wat van die Sangomas met hulle\n  worteltjies wat hulle uitgrawe, drink jy hulle konkoksies word jy heel\n  dikwels gesond. Is daar iets mee verkeerd? Natuurlik is daar opsigself niks\n  daarmee verkeerd nie. Heel dikwels kry \u2018n mens d\u00edt wat in die worteltjie is\n  in \u2018n meer verfynde pilvorm in die apteek.\n  &nbsp;\n  <em>As Christene glo ons dat\n  God in sy genade die plantemateriaal tot ons beskikking gestel het, nie net\n  as ons voedsel nie maar ook as ons medisyne, maar sodra ek dieselfde plant\n  wat God vir my gegee het om my hoofpyn mee te behandel gebruik teen God se\n  bedoeling in en dit dan om my nek hang of by my deurpos gaan begrawe om my\n  teen bose geeste of onheile te beskerm, beweeg ek van kultuur oor na kultus\n  toe. <\/em>\n  &nbsp;\n  Dit is wat hierdie toordokters so gevaarlik maak, want by hierdie\n  natuurlike medisyne wat God aan ons gegee het, het hulle in baie gevalle \u2018n\n  okkultiese dimensie gaan byvoeg om buite God om op geskape dinge te vertrou\n  in die plek van die Skepper.\n  &nbsp;\n  Kultus gaan dan altyd gepaard met vrees. Kom jy sekere rituele nie streng\n  na nie kan sekere onheile jou tref. So het menige kultusleier \u2018n geestelike\n  houvas op mense rondom hom.\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>\n  <em>Die San mense het \u2018n\n  pragtige kultuur, maar ongelukkig ook baie kultiese bygelowe wat \u2018n dempende\n  of stremmende invloed op hulle uitoefen, wat dit onmoontlik maak om hulle\n  kultuur ten volle tot eer van Christus uit te leef. <\/em>\n  &nbsp;\n  Menige antropoloog het \u2018n romantiese idee van die Sanmense en wil geen\n  onderskeid tref tussen kultus en kultuur nie. Vir hulle is dit een mooi\n  pragtige erfenis. Vir die antropoloog wat ons hier kom besoek het, het ek die\n  dag ges\u00ea: \u201cTerwyl jy daar agter jou lessenaar sit en die pragtigste boeke\n  skryf, begrawe ek hulle met trane in my o\u00eb as gevolg van bygelowe wat julle\n  wil bewaar tot hulle ondergang. Terwyl julle pragtige foto\u2019s neem van die\n  \u201chealing dance\u201d rondom die vuur, sit ons met die harde werklikheid daardie\n  selfde dans nie tuberkulose, malaria, vigs ensomeer kan genees nie. Baie\n  mense is begrawe omdat hulle mediese behandeling geweier het en hulle slegs\n  verlaat het op die danse. \n  &nbsp;\n  <em>Sou hulle voor die koms\n  van die Evangelie genesing ontvang het by wyse van hierdie danse, was dit\n  niemand anders nie as die Here wat by wyse van sy algemene genade hulle\n  genadig was, nie omdat die danse iets was nie, maar omdat die Here deur sy\n  algemene genade hulle in hulle moeilike omstandighede begenadig het.<\/em>\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><tr><td>   <strong><em>Dit is ons as sendelinge se daaglikse stryd, om kultuur en kultus van   mekaar te skei sodat elkeen in sy eie kultuur die knie voor Christus kan buig   en kan erken dat Hy alleen Here en God is. Mag God ons die insig en wysheid   daartoe verleen. <\/em><\/strong>   \u00a0  <br> U broer in Christus,    Hendrik du Plessis.   <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik Du Plessis Januarie 2021 Kultus of Kultuur \u2018n Valse probleemstelling \u2018n Valse probleemstelling is soos ons almal weet, \u2018n probleem wat sy ontstaan te danke het aan \u2018n<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":62,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/812"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=812"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/812\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":813,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/812\/revisions\/813"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/62"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=812"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=812"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=812"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}