{"id":818,"date":"2021-01-11T21:58:49","date_gmt":"2021-01-11T19:58:49","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=818"},"modified":"2021-01-11T21:58:50","modified_gmt":"2021-01-11T19:58:50","slug":"n-baie-bevredigende-kerkraadsvergaderinig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=818","title":{"rendered":"\u2018n Baie bevredigende kerkraadsvergaderinig"},"content":{"rendered":"\n<h1>Nuus\nvanuit D\u2019kar \u2013&nbsp; Januarie 2021<\/h1>\n\n\n\n<p><strong>\u2018n\nBaie bevredigende kerkraadsvergaderinig<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons kerkraad\nhet Dinsdag 5 Januarie vergader vir die jaarbeplanning. Die kerkraad bestaan\nuit Ben Soso, Sobe Nqarega, James Morris, Jim Morris, Morris Morris, Gaobolelwe\nNgakayaja, Aron Johannes, Xgaiga Qhomatca, Frits Lala en Hendrik du Plessis.\nAfwesig: Frits en Xgaiga.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hoofpunt op\ndie agenda was evangelisasie\/sending. Die groot vraag is hoe ons as gemeente\ndie Evangelie van ons Here Jesus kan uitdra na mense wat nie so bevoorreg soos\nons is nie. Hier is ongeveer 2000 inwoners in D\u2019kar, maar ons wil verder uitreik\nas net plaaslik. Ons het die wonderlikste boodskap in die hele w\u00eareld om te deel,\ndie vergewing van God in en deur sy Seun Jesus Christus. Dit kan en mag nie net\ntot D\u2019kar beperk word nie. Tans reik ons uit na B\u00eare, Motopi en Mababe. Nader\naan D\u2019kar is plekke soos Tchabo, Groot Laagte, Oos en Wes Hanahai en Kuke.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nGaobolelwe,\nons 77 jarige \u2018n emirituspredikant, is nog vuur en vlam om die plase hier\nrondom D\u2019kar te besoek. Hy meen solank sy gesondheid hou wil hy die Woord van\ndie Here na mense uitdra. Hy is regtig vir my \u2018n groot steunpilaar in ons\ngemeente. Ons benodig diesel vir ons voertuie om by mense uit te kom want dit\nis te ver om per fiets te ry, het ons nou-die-dag vir mekaar ges\u00ea. Een van ons\nkerkraadslede het met die voorstel gekom om wors te braai en te verkoop om die\nbrandstof te kan koop. Die kerkraad deel ons sentiment en deel die roeping om\ndie Evangelie aan mense oor te dra. <\/p>\n\n\n\n<p>Elke ouderling\nhet \u2018n wyk en met ons huisbesoeke het ons besluit dat elke lidmaat ook sy bure\nmoet uitnooi wanneer die ouderling of predikant daar huisbesoek doen. So betrek\njy dan jou gemeentelede by evangelisasie. <\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Ander punt\nop ons agenda was om verlede jaar se belydenisklas te bevestig. Dit het weens\nCovid-19 agterwe\u00eb gebly. Dit sal so gou as moontlik moet gebeur voor daar weer\ninperkings kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Verder het ons\ntwee datums vir nagmaal vasgemaak, 28 Februarie en 4 April (die paassondag) is\nvoorlopig aangeteken. Daar is genoeg tyd vir die ouderlinge en diakens om\nhuisbesoek te doen. Ek het verlede week die ouderlinge sy wykslyste op datum\ngebring vir 2021. Wykslyste word deur elke ouderling gebruik om sy wykslede se\nkerkbesoek te monitor. Sondae word elke teenwoordige lidmaat afgemerk. Wanneer\ndie ouderling dan huisbesoek doen, weet hy presies hoe elke lidmaat se\nkerkbesoek is. Op die manier kan ons lidmate van nagmaal weerhou wat nooit kerk\ntoe kom nie want as jy nie eers \u2018n dors het na die Woord van die Here Sondae\nnie, vanwaar ewe skielike die dors na wyn.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is \u2018n\nsisteem wat ek in Suid-Afrika begin het, en wat baie goed gewerk het. Toe ek dit\nhier wou toepas, het ek aanvanklik teenstand van die lidmate gekry. Ons verweer\nwas dat ons die herders van die Here se skape is en watter herder tel nie sy\nskape nie. Dit is nie noodwendig altyd laksheid wat maak dat iemand nie kerk toe\nkom nie, dit kan siekte of ander probleme wees en so kan jy op hierdie manier\ngou agterkom waarom die lidmaat se kerkbesoek swak is. Daarna het niemand meer\n\u2018n probleem gehad nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nOm\naf te sluit, drie van ons kerkraadslede, Gaobolelwe, Aron en James stel baie\nbelang in preek maak. Trouens dit is hulle wat die leesdienste hier behartig\nwanneer ek elders moet preek. Aron en James was al die jare ds. Braam le Roux\nse getroue Narotolke en Gaobolelwe wat Tswana aanbetref. Ek het voorgestel dat\nek hulle sal oplei. Ons beplan om saam die boek van James Braga deur te werk,\n\u201cHow to Prepare Bible Messages\u201d. Dit is \u2018n kostelike boek, met praktiese\nvoorbeelde van hoe \u2018n Skrifgefundeerde preek of Bybelstudie moet wees al dan\nnie. James Braga was \u2018n sendeling in Sjina en daarna \u2018n professor by die\nMultnoma School of the Bible. Die eerste druk was in 1969 en daarna is die boek\nses keer hersien en herdruk. Ek is besig om die boek in Tswana te vertaal en\ndaarna natuurlik in Naro. Gister wou hulle angstig by my weet wanneer ons nou\ngaan begin. Die re\u00ebling is, nadat ek \u2018n hoofstuk vertaal het, werk ons dit saam\ndeur.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het aan hulle\nverduidelik dat Bybelstudie voorbereiding en preekmaak \u2018n kuns is soos kos maak.\nJy kan al die bestandele van \u2018n resep voor jou h\u00ea en almal eet langtand, maar\nmet die minste bestandele tot jou beskikking kan jy heerlike kos voorberei. Dit\nis \u2018n fyn kuns om die kos van die Here uit elke hoofstuk in die Bybel so voor\nte berei dat jy die gemeente se aptyt al hoe meer en meer opwek.<\/p>\n\n\n\n<p>Om op te som:<\/p>\n\n\n\n<p>Ons beplaning\nvir hierdie eerste deel van die jaar is soos volg:<\/p>\n\n\n\n<ul><li>Sending\nen Evangelisasie-uitreike: Motopi, Mababe, Bere en hier rondom D\u2019kar.<\/li><li>Belydenisaflegging\nvan 2020 se belydenisklas.<ul><li>Sondag\nword dit afgekondig.<\/li><\/ul><ul><li>Die\nouderlinge moet hulle dan individueel gaan besoek.<\/li><\/ul><ul><li>Daarna\nverskyn hulle voor die kerkraad en word hulle ondervra.<\/li><\/ul><\/li><li>Vanjaar\nse belydenisklas wat aan die einde van 2021 belydenis van geloof moet afl\u00ea:\nMaandae word hulle deur Gaobolelwe onderrig en Dinsdae deur myself, tussen 5 en\n6 namiddag.<\/li><li>Huisbesoeke:\nGemeentelede word betrek deur hulle bure oor te nooi.<\/li><li>Nagmaal:\n28 Februarie.<\/li><li>Paasnaweek,\n2-4 April: erediens Vrydagaand, Bybelstudie Saterdagoggend,&nbsp; koorsang Saterdagaand en nagmaal\nSondagoggend.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Ons vra u\nvoorbidding en ondersteuning in hierdie verband. Ons waardeer dit opreg.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in\nChristus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du\nPlessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuus vanuit D\u2019kar \u2013&nbsp; Januarie 2021 \u2018n Baie bevredigende kerkraadsvergaderinig Ons kerkraad het Dinsdag 5 Januarie vergader vir die jaarbeplanning. Die kerkraad bestaan uit Ben Soso, Sobe Nqarega, James Morris,<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":603,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/818"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=818"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/818\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":819,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/818\/revisions\/819"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/603"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}