{"id":825,"date":"2021-02-02T09:37:02","date_gmt":"2021-02-02T07:37:02","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=825"},"modified":"2021-02-02T09:37:03","modified_gmt":"2021-02-02T07:37:03","slug":"belydenisaflegging-en-doop-sondag-24-januarie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=825","title":{"rendered":"Belydenisaflegging en doop: Sondag 24 Januarie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p>Ons het met groot\nvreugde en dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader die afgelope Sondag die\nsakrament van die heilige doop bedien wat deur die belydenis van geloof\nvoorafgegaan was. Daar was 4 lidmate uit ons belydenisklas was eers die\nvolwasse doop ontvang het voordat hulle belydenis van hul geloof kon afl\u00ea. Hulle almal het met hulle gades voor die kansel\nkom staan. Van hul gades is nie lidmate van ons kerk nie maar ons het versoek\ndat hulle teenwoordig moet wees wanneer hul gade of kind gedoop word. Voor die\ntyd is die belydenisklas deur die kerkraad noukeurig ondervra. Tydens die\nerediens het ek die preek, die formulier en alles daarmee saam hanteer en my\nemeritus kollega die bediening van die doop. Daar het in totaal 5 lidmate\nbelydenis van geloof afgel\u00ea, 4\nkinders is gedoop en 4 het die volwasse doop ontvang.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0004-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-826\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0004-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0004-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0004-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Volwasse Doop<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p><strong>Die Skrifgedeelte was Genesis 25 wat dan ook as \u2018n\nwaarskuwing gedien het vir elkeen van ons wat deel is van die genadeverbond met\nAbraham<\/strong>.\nAbraham wat letterlik beteken \u201c\u2018n vader van \u2018n menigte nasies,\u201d sluit deur die\nHere se genade ook ons in wat van nature nie Jode is nie, maar deel is van die\nmenigte nasies. Esau was seker een van die meesbevoorregte of benadigde mense\nwat daar was. Hy was nie net alleen die eersgeborene nie, maar ook in die\nverbond gebore. Hy het immers die teken van die verbond, die besnydenis\nondergaan. Wat \u2018n hartseer dag moes dit net nie gewees het toe hy sy rug op\ndaardie verbond gedraai het vir \u2018n pot lensiesop. In kort daarmee saam die\nverduideliking dat dit vandag nog steeds gebeur. Dit het met Demas in tyd van\nPaulus gebeur wat die teenwoordige lewe liefgekry het. Dit gebeur vandag nog\ndat jy die tekens van die verbond het, soos in ons geval die doop, maar dat die\nlensiesop van hierdie w\u00eareld jou net eenvoudig die rug laat keer op die Here en\nsy verbond. Dit was die duiwel se ou strategie in die paradys, maar met die\ntweede Adam, ons Here Jesus Christus het hy, die duiwel totaal en al misluk in\nsy poging, toe die Here Jesus geweier het om van klippe brood te maak en ook\ngeweier het om voor die duiwel te buig ter wille van hierdie aardse skatte. In\nen deur Christus kan ons vandag ook triomfeer.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0005-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-827\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0005-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0005-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/IMG-20210126-WA0005-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Kinder doop<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Na die diens kon\nons dankbaar terugkyk hoe die Here ons desondanks dit alles wat die afgelope\ntyd gebeur het tot sover gedra het en steeds dra. <\/p>\n\n\n\n<p>Groete en se\u00ebnwense uit Botswana.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in\nChristus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het met groot vreugde en dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader die afgelope Sondag die sakrament van die heilige doop bedien wat deur die belydenis van geloof voorafgegaan was. Daar<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":827,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/825"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=825"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/825\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":828,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/825\/revisions\/828"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/827"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=825"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=825"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=825"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}