{"id":830,"date":"2021-02-11T20:45:20","date_gmt":"2021-02-11T18:45:20","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=830"},"modified":"2021-02-11T20:45:22","modified_gmt":"2021-02-11T18:45:22","slug":"begrafnis-te-tchabo-saterdag-6-februarie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=830","title":{"rendered":"Begrafnis te Tchabo: Saterdag 6 Februarie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Ouderling Aron Johanes\nhet my vroe\u00ebr die week kom sien oor \u2018n begrafnis van \u2018n familielid wat oorlede\nis. Sy is in 1920 gebore en was 101 jaar oud. Ons het die Vrydagmiddag van\nD\u2019kar af vertrek na Tchabo waar die ou vrou Saterdag begrawe sou word. Tchabo\nis ongeveer 110 kilometer van D\u2019kar af. Dit het baie gere\u00ebn en die grondpad was\nnat, met die gevolg dat ons ongeveer \u2018n uur en \u2018n half gery het. Daar gekom\nmoes ons so gou as moontlik tente opslaan sodat die re\u00ebn ons nie onkant vang\nnie. Ons het ook net betyds daar aangekom of die voertuig van die\nbegrafnisondernemers daag op. Die kis is begelei tot in een van die kamers, \u2018n\ngebed is gedoen en daarna soos die gebruik hier is, moes sekere formaliteite eers\nafgehandel word soos om vir die mense wat agterbly het en gewag het vir die\noorledene te vra hoe hulle die dag deurgebring het. Iemand praat dan namens\nhulle. Daarna staan \u2018n persoon op om namens die wat die oorledene gaan haal het\nte verduidelik hoe hulle dit in Gantsi ervaar het met die re\u00eblings en alles\ndaar rondom.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"916\" height=\"687\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Begrafnis-dekar.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-831\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Begrafnis-dekar.jpg 916w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Begrafnis-dekar-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Begrafnis-dekar-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 916px) 100vw, 916px\" \/><figcaption>Begrafnis Tchabo<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p> Daarna word die se\u00ebn gevra en word die mense versoek om weer 9 uur die aand bymekaar te kom vir die nagwaak. Die nagwaak het sy ontstaan uit die bygeloof dat die oorledene deur gebede, preke en sang die hele nag vergesel word na die hiernamaals. Daardie hele nag sing, preek en bid hulle.<\/p>\n\n\n\n<p>Die verrigtinge het\neers na 9 begin en het hulle my versoek om die openingsboodskap waar te neem.\nDie persoon wat open baan dan die weg waarin al die predikers n\u00e1 hom moet volg. Hulle gebruik dan sy tema en\nbenadruk wat hy ges\u00ea het. Die voordeel van begrafnisse is dat jy die\ngeleentheid kry om mense te bedien met die Evangelie wat jy andersins nooit in\n\u2018n kerk sou gekry het nie \u2013 mense oor \u2018n baie wye area wat kom vir die\nbegrafnis. Dit is absoluut \u2018n sending- en evangelisasiegeleentheid waar die\nHere Self die sameroeper is deur die dood van \u2018n geliefde.<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nteksgedeelte wat ek met hulle behandel het was Johannes 14 en Handelinge 4. In <strong>Johannes 14:6 antwoord die Here Jesus vir Thomas:\n\u201cEk is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe\ndeur My nie.\u201d <\/strong>In <strong>Handelinge 4, die\nwoorde van Petrus: \u201cEn die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook\ngeen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons\ngered moet word nie.\u201d <\/strong>Christus is die enigste weg tot die Vader. Uit die\naard van saak was daar begrafnisgangers wat nie van so \u2018n preek hou nie \u2013 mense\nwat verskillende paaie na die ewige lewe verkondig. <\/p>\n\n\n\n<p>My\nvraag aan hulle was: \u201cAs daar ander we\u00eb was, hoekom sou die Vader dan sy\ngeliefde Seun met so \u2018n verskriklike dood belas het?\u201d Hoekom dan nie eerder van\ndie ander we\u00eb gebruik maak nie. Daar is mense wat glo dat jou kerklidmaatskap\ntot jou saligheid kan bydra. Daar is selfs \u2018n lied wat hulle van tyd tot tyd\nsing waar gevra word om tog nie die lidmaatsertifikaat te vergeet nie. Begrawe\nmy daarmee asseblief, s\u00ea die lied. Dan is daar mense wat glo dat die biskop een\nof ander tussenganger tussen die nou en die hiernamaals is. Van tyd tot tyd gee\nhy hulle asynwater in as \u2018n middel om hulle geestelik en fisies te genees. Dan\nis daar die toutjies om die middellyf en gewrigte waardeur hulle jou gesondheid\nwaarborg, maar as jy daardie toutjie afhaal gaan onheile en siektes jou tref. Durf\njy die toutjies afhaal sal die siekte waarvan jy sogenaamd genees is weer na\njou toe terugkeer. So lewe hierdie mense in vrees, te bang om die toutjies wat\ndie biskop om hulle gebind het af te haal. Hierdie sogenaamde kerke met hulle\nbiskoppe voer \u2018n skrikbewind onder hulle lidmate. Hulle het \u2018n ongelooflike\nhouvas op hulle. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"770\" height=\"577\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/begrafnis-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-832\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/begrafnis-2.jpg 770w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/begrafnis-2-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/begrafnis-2-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 770px) 100vw, 770px\" \/><figcaption>Ter aarde bestelling.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>N\u00e1\ndie preek waarin ek klem gel\u00ea het op Christus as die enigste weg tot die Vader,\nwas dit asof daar \u2018n ongemaklikheid geheers het onder sommige, wat tog nog glo,\nas jy dit of dat doen jy gered kan word. Daarna het die ander \u201cbarutis\u201d of\npredikers aan die woord gekom. Van hulle was baie dankbaar oor die boodskap,\nmaar een was duidelik nie gelukkig nie. Hy het opgestaan en geskimp dat ons tog\nverdraagsaam moet wees teenoor ander sienings. Nie almal het dieselfde siening\nnie. Nie al die kerke glo dieselfde nie. Onder andere het hy regverdiging probeer\nsoek vir hulle toutjies wat hulle om die mense se heupe en gewrigte bind in\nJeremia 13, maar lees jy daardie gedeelte word die linnegord wat om die heupe\nvan Jeremia gebind was juis \u2018n teken van die Here se straf en nie genesing nie.\nJeremia moes op bevel van die Here die linnegord wat hy om sy heupe moes bind by\ndie Eufraatrivier in \u2018n klipskeur gaan wegsteek. En na verloop van baie dae het\nhy op bevel van die Here die linnegord gaan haal. Toe hy daar kom was die linnegord\nbederf en waardeloos. Dit is toe dat die woord van die Here tot Jeremia kom en\ns\u00ea: \u201cSo sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en di\u00e9 van Jerusalem, wat so\ngroot is. Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat\nwandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle\nte dien en hulle daarvoor neer te buig \u2013 hulle moet word soos hierdie gord wat\nwaardeloos is.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Ongelukkig\nhet die persoon die volgende dag nie opgedaag vir die begrafnis nie en kon ek\nnie n\u00e1\ndie tyd met hom gesels nie. Ek weet wie hy is en wag vir die regte geleentheid\nom met hom te gesels. Een of ander tyd gaan ons mekaar weer by \u2018n begrafnis\nraakloop.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nNa 11uur die aand moes ons volgens Covid-19 protokol verdaag. Die\nvolgende oggend het ons half ses weer begin. Van al die predikers die vorige\naand was daar niemand te sien nie, en ek moes gevolglik al die verrigtinge\nbehartig het tot by die graf. Dit het my weer die geleentheid gegee om Christus\nte verkondig as die enigste weg tot die ewige lewe. N\u00e1\ndie begrafnis het ons saam met die mense gekuier. So leer \u2018n mens mense ken en hulle\nhet die vrymoedigheid om vir jou baie vrae te vra.<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nou vrou wat ons begrawe het was een van min mense wat nog Boesmans geken het\nwat nog nie met blankes in aanraking gekom het nie. Sy was letterlik deel van\ndie ou garde.<\/p>\n\n\n\n<p>By\ndie einste Tchabo waar ons was, het daar in 2017 \u2018n vrou uit die bos na opgedaag\nwat nog geen kontak met die heendaagse beskawing gehad het nie. Toe hulle haar\nondervra was haar antwoord: \u201cEk het in die bos groot geword tot al my\nfamilielede daar uitgesterf het. Ek is die enigste een wat oorgebly het. Ek was\ngenoodsaak om hier na julle toe te kom.\u201d Niemand het vermoed dat daar nog\nBoesmans primitief in die bos bly nie tot sy daar opgedaag het. Dit kan wees\ndat daar nog ander Boesmanfamilies in die bos is waarvan ons nie weet nie, want\ndie Kalahari l\u00ea wyd uitgestrek.<\/p>\n\n\n\n<p>Om\naf te sluit, vra ons u ondersteuning en voorbidding, dat die Here ons sal stuur\nna so baie mense wat die Here Jesus nog nie in hulle lewens ontmoet het nie.\nBaie wat van die Here Jesus wel gehoor het, het \u2018n verdraaide siening van die\nEvangelie.<\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroeder in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Ouderling Aron Johanes het my vroe\u00ebr die week kom sien oor \u2018n begrafnis van \u2018n familielid wat oorlede is. Sy is in 1920 gebore en was<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":832,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/830"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=830"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/830\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":833,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/830\/revisions\/833"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/832"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}