{"id":839,"date":"2021-02-24T09:59:21","date_gmt":"2021-02-24T07:59:21","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=839"},"modified":"2021-02-24T09:59:23","modified_gmt":"2021-02-24T07:59:23","slug":"voorbereiding-met-die-oog-op-nagmaal-sondag-28-februarie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=839","title":{"rendered":"Voorbereiding met die oog op nagmaal, Sondag 28 Februarie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik Du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Voorbereidingsdiens<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Ou Boesman het op \u2018n keer vir my ges\u00ea: <em>\u201cDominee, as jy ons tot ons sinne wil bring, moet jy \u2018n groot klip in\ndie water gooi sodat die troebelwater na bo kom. Almal sal duidelik hulle misnoe\u00eb\nbekend maak, en dan los jy hulle tot die water weer bedaar en na normaal\nterugkeer voordat jy die volgende klip ingooi. Op hierdie manier sal jy ons\nmettertyd oorhaal na jou standpunt.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Dit het ek nou met Sondag se erediens beleef. Die ouderlinge is al die\nafgelope maand besig met huisbesoeke en van tyd tot tyd word probleemgevalle\nmet my bespreek en dan ook versoeke: \u201cDominee, wil jy nie tog vir ons hier- of\ndaaroor preek nie. Hierdie saak is nog by baie onduidelik, of hieroor heers\ndaar nog onsekerheid.\u201d Een van die ouderlinge het by \u2018n lidmaat gaan huisbesoek\ndoen en gesien dat daar toutjies om haar gewrigte en enkels gebind is. Toe hy\nhaar daaroor uitvra het sy erken dat sy \u2018n geloofsgeneesheer hier in D\u2019kar\nbesoek het en dat dit hy is wat die toutjies om haar gewrigte gebind het. Sy\nvoel nie te wel nie en het besluit om hom te besoek. Ons almal ken die\nspesifieke geloofsgeneser en sy \u201ckerk\u201d hier in D\u2019kar. Hy behoort aan die Saint\nHebrew Apostelic Church. Baie van die Boesmans wat een of ander geestelike of\ngesondheidsprobleem het gaan sien hom dikwels. Ek het al gesien hoe mense in \u2018n\nry staan om asynwater te drink en vas glo dat dit hulle van hulle probleme sal\nbevry.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"704\" height=\"528\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Sondag-21-Feb-2012.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-840\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Sondag-21-Feb-2012.jpg 704w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/Sondag-21-Feb-2012-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 704px) 100vw, 704px\" \/><figcaption>Voorbereidingsdiens 21 Feb 2021<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>So het dit gebeur dat ek Sondag uit Jeremia 13 gepreek het. Jeremia 13\nis juis die verskoning onder hierdie geloofsgenesers waarom hulle mense met\ntoutjies om hulle gewrigte bind. Met die begrafnis nou onlangs te Tchabo, in my\nvorige verslag, was Jeremia 13 die verskoning. Of hulle al ooit Jeremia 13\ngelees het weet ek nie, maar hulle staan by Jeremia 13. Jeremia het dit gedoen,\nen daarom doen hulle dit ook, is hulle verweer. Voor die diens het een van die\nouderlinge my gevra om tog reguit te praat. \u201cMet hierdie mense help dit nie om\ndraaie te loop nie,\u201d was sy woorde. Jeremia 13 was op die spyskaart en met\nJeremia 13 kan jy nie draaie loop nie.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Jeremia 13:1-11<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u201c<\/strong><strong><sup>1<\/sup><\/strong><strong>So het die HERE vir my ges<\/strong><strong>\u00ea: Gaan koop\nvir jou \u2018n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water\nkom nie. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>2<\/sup><\/strong><strong>En ek het\ndie gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>3<\/sup><\/strong><strong>Toe het die\nwoord van die HERE vir die tweede keer tot my gekom en ges<\/strong><strong>\u00ea: <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>4<\/sup><\/strong><strong>Neem die\ngord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat\nen steek dit daar weg in <\/strong><strong>\u2018n klipskeur. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>5<\/sup><\/strong><strong>Daarop het\nek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos die HERE my beveel het. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>6<\/sup><\/strong><strong>En n<\/strong><strong>\u00e1 verloop\nvan baie dae het die HERE vir my ges\u00ea: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal\ndie gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>7<\/sup><\/strong><strong>Daarop het\nek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek\ndit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>8<\/sup><\/strong><strong>Toe het die\nwoord van die HERE tot my gekom en ges<\/strong><strong>\u00ea: <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>9<\/sup><\/strong><strong>So spreek\ndie HERE: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en di<\/strong><strong>\u00e9 van\nJerusalem, wat so groot is. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>10<\/sup><\/strong><strong>Hierdie\ngoddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die\nverharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul\ndaarvoor neer te buig<\/strong><strong>\u2014hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos\nis. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong><sup>11<\/sup><\/strong><strong>Want soos\ndie gord kleef aan die heupe van <\/strong><strong>\u2018n man, so het Ek die hele huis van Israel en die\nhele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees \u2018n\nvolk en \u2018n roem en \u2018n lof en \u2018n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.\u201d<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \n\n \n \nIn my verduideliking was dit duidelik dat hierdie\nlinnegord om Jeremia se heupe alles behalwe voorspoed of se\u00ebn afbeeld. Dit is\n\u2018n afbeelding van die Here se toorn oor Israel en Juda. Die eerste opdrag aan\nJeremia was dat die linnegord nie in water mag kom nie. Hierdie mense in D\u2019kar\nbad met hulle toutjies aan. Hulle haal dit nie af wanneer hulle bad nie. Op\nhierdie punt wyk hulle al klaar af van die opdrag in Jeremia 13. Daarna moes\nJeremia die linnegord om sy heupe afhaal en dit in \u2018n skeur by die Eufraat gaan\nwegsteek, volgens die opdrag van die Here. Na verloop van baie dae kom die\nopdrag weer tot Jeremia: <strong>\u201c<\/strong><strong>Maak klaar,\ngaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar\nweg te steek.\u201d<\/strong> Daarna het Jeremia die\nlinnegord gaan opgrawe en bemerk dat die gord bederf het en waardeloos is. Jy\nkan nou niks meer daarmee doen nie. As jy aan hom vat verbrokkel dit. Daarna\nhet die woord van die Here tot Jeremia gekom met die ontstellende woorde: <em>\u201c<\/em><em>So sal Ek\nlaat bederwe die hoogmoed van Juda en di<\/em><em>\u00e9 van Jerusalem, wat so groot is. <\/em><em><sup>10<\/sup><\/em><em>Hierdie\ngoddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die\nverharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul\ndaarvoor neer te buig<\/em><em>\u2014hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos\nis. <\/em><em><sup>11<\/sup><\/em><em>Want soos die gord kleef aan die heupe van <\/em><em>\u2018n man, so\nhet Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe,\nspreek die HERE, om vir My te wees \u2018n volk en \u2018n roem en \u2018n lof en \u2018n sieraad;\nmaar hulle het nie geluister nie.\u201d<\/em> Wat die geloofsgenesers soos \u2018n se\u00ebn laat klink is ten diepste \u2018n\nvloek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"746\" height=\"559\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/voorbereidings-diens-Feb-2021.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-841\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/voorbereidings-diens-Feb-2021.jpg 746w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/voorbereidings-diens-Feb-2021-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 746px) 100vw, 746px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nIn ons kerk was dit so stil jy kon \u2018n spelt hoor\nval. Van Israel en Juda word spesifiek ges\u00ea: \u201c<em>wat wandel\nin die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien\nen hul daarvoor neer te buig<\/em><em>\u2014hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos\nis.\u201d<\/em> Vandag word ons aan God gebind\ndeur die soenverdienste van ons Here Jesus Christus, maar as ek by die sangomas\nof geloofsgenesers of by die bygelowe van my kultuur iets daaraan wil byvoeg,\nmaak ek die band tussen my en God in Christus Jesus waardeloos. As daar in my\nkultuur sekere rituele is wat ek moet nakom om as\u2019t ware die guns van God of\ndie voorvaders of wie ookal te verdien kom dit neer op \u2018n verbreking van die\nverbond of band wat daar tussen my en God is, omdat daar slegs een is wat ons\naan God kan bind en dit is ons Here Jesus Christus. Sonder Hom is ons bestem\nvir die ewige verdoemenis. \u2018n Eenvoudige beeld wat ek gebruik het is: As jy vir\niemand koffie maak en jy wyk af van die resep, maak jy nie meer koffie nie. Sou\njy sout, peper, tee, grond of wat ookal byvoeg, maak jy nie meer koffie nie, al\nlyk dit hoe mooi. Dit is jou eie brousel. So moet ons ook nie aan God se resep\nvir ons redding torring nie. As ons dit doen, is dit op sy beste \u2018n vloek en\nnie \u2018n se\u00ebn nie. Volgende week gaan ons deur die sakrament van die nagmaal ons\neenheid met God beleef en bely. Moet tog nie met jou toutjies hier kom aansit\nnie, want dan gaan jy \u2018n oordeel oor jouself drink.<\/p>\n\n\n\n<p>N\u00e1 die diens in die konsistorie voor die afsluiting\nhoor ek iemand baie ongeduldig na my roep: \u201cJy moet my kom sien, jy moet my kom\nsien. Ek soek jou by my huis.\u201d Dit was toe niemand anders nie as die vrou van\nwie die ouderling my vertel het, by wie hy huisbesoek gedoen het \u2013 die vrou met\ndie geloofsgeneser se toutjies. Ek en die ouderling het toe besluit om haar na\ndie diens te gaan besoek. Die yster moet jy slaan terwyl hy warm is. Daar gekom\nwas sy duidelik ontsteld. Dit het vir haar gevoel asof ek net vir haar gepreek\nhet, s\u00ea sy. Wie het my van haar vertel? Ons het haar laat verstaan dat sy nie\ndie enigste persoon met toutjies is wat daar gesit het nie en in die tweede\nplek is dit \u2018n probleem in D\u2019kar maar ook in Tchabo, ja orals waar hierdie\ngeloofsgenesers hulle inwurm is dit \u2018n proleem.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het aan haar ons onsmaaklike ondervinding verduidelik\nwat ons met die begrafnis te Tchabo gehad het toe hierdie geloofsgenesers juis\nJeremia 13 gebruik het om hulle toutjies te regverdig. Die geloofsgeneser daar\nhet Jeremia 13 genoem sonder om die hoofstuk te verklaar. Dit is toe dat ek\nbesluit het om een of ander tyd daaroor te preek sodat die Skrif self aan die\nwoord kan kom. Op pad terug vanaf Tchabo het ons genoeg tyd in die bakkie gehad\nom daaroor te gesels en die hoofstuk te bespreek. Die ouderling het ondanks die\ngeskud in die bakkie die gedeelte kon lees. Sy is dus nie die rede waarom ek\nvanoggend daaroor gepreek het nie, maar deel van die rede.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy wou toe weet of sy die toutjies maar kan aanlos\nen dit sien as bloot versiering. Ek het geantwoord dat sy dadelik die toutjies\nmoet afsny as dit deur \u2018n geloofsgeneser aangesit is. As dit bloot versiering\nis, haal dit af, want dit is slegte smaak. Wie bad en loop jaar in en jaar uit\nmet dieselfde versiering, en buitendien wie behalwe \u2018n dwaas sal dit sien as\nversiering. Almal hier in D\u2019kar weet wie die oorsprong van sulke toutjies is,\nen wanneer ons die eenheid in en deur ons Here Jesus Christus Sondag wil vier\nen bely, is dit baie beslis nie die plek waar ons daardie toutjies wil sien\nnie, en as sy nie kans sien om dit af te haal nie, het ons nie \u2018n ander keuse\nnie as om te glo dat sy nog daaraan glo. Ek en die ouderling is toe daar weg en\nwas hy baie dankbaar oor ons besoek aan haar. Dit is een van sy probleemlidmate\nin sy wyk. Ons was oortuig daarvan dat sy nou baie stof tot nadenke het.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit, dit was beslis \u2018n groot klip wat\ndie water in ons gemeente vertroebel het. Ons vra die voorbidding van een en\nelk vir ons gemeente, maar ook dat die Here die werk van die bose hier sal\nverbreek en \u2018n pad vir ons oop sal maak vir die Evangelie. <em>Hier is nog so baie mense wat glo aan \u2018n Christus plus evangelie<\/em>.\nChristus ja, maar jy moet nog dit of dat doen. Dit was Paulus se stryd in die\nNuwe Testament, Christus plus die besnydenis. As jy sy brief aan die Galasi\u00ebrs\nbestudeer is dit Christus plus allerhande rituele. Dit is nie dat hulle\nChristus verwerp nie, maar dat hulle iets byvoeg. Galasi\u00ebrs 4:10:<strong> \u201cJulle neem dae en maande en tye en jare\nwaar.\u201d <\/strong>In vers 11 s\u00ea hy:<strong> \u201cEk vrees\nvir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.\u201d <\/strong>In vers 9 noem\nhy dit<strong> \u201cdie swakke en armoedige eerste\nbeginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?\u201d<\/strong> In ons geval hier, maar\nook oor die res van Botswana het baie mense geen probleem met Christus nie,\nmaar jou kulturele seremonies soos offers en behangsels moet jy nie prys gee\nnie. Ons kan dit tereg noem, \u2018n tevergeefse Christendom.<\/p>\n\n\n\n<p>U broeder in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik Du Plessis Voorbereidingsdiens \u2018n Ou Boesman het op \u2018n keer vir my ges\u00ea: \u201cDominee, as jy ons tot ons sinne wil bring, moet jy \u2018n groot klip in<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":840,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/839"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=839"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/839\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":842,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/839\/revisions\/842"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/840"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=839"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=839"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=839"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}