{"id":851,"date":"2021-03-12T11:27:22","date_gmt":"2021-03-12T09:27:22","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=851"},"modified":"2021-03-12T11:27:23","modified_gmt":"2021-03-12T09:27:23","slug":"nagmaal-sondag-28-februarie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=851","title":{"rendered":"Nagmaal: Sondag 28 Februarie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Ds Hendrik Du Plessis<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die inperkingsre\u00ebls en regulasies van\nBotswana was alle drankverkope steeds verbode, maar gelukkig het ons nog \u2018n\nbottel Old Brown Cherry van die vorige nagmaal gehad. Deur die week kon al die\nouderlinge rapporteer oor die lidmate in hulle wyke. Dit was \u2018n bedrywige week\nmet drie begrafnisse en \u2018n ouderlinge vergadering wat ons iewers moes inpas.\nEen van die oorledenes was \u2018n lidmaat, \u2018n vrou, wat net skielik griepsimptome\nontwikkel het en \u2018n paar dae daarna oorlede is. Haar man wat \u2018n paar jaar\ngelede \u2018n beroerte-aanval oorleef het en nog gedeeltelik verlam is, het ook\ngriepsimptome gehad maar het oorleef. Sy het negatief getoets vir Covid-19.<\/p>\n\n\n\n<p>Gantsi-distrik was lank gespaar van die COVID-19 pandemie, maar die\nafgelope tyd het getalle drasties toegeneem. Op 2 Maart 2021 was daar \u2018n totaal\nvan 821 gevalle waarvan 144 aktief is met 9 sterfgevalle. Die\ngesondheidsdienste is geweldig onder druk. Teen 5 Maart 2021 was daar\n30&nbsp;537 gevalle in Botswana met 413 sterfgevalle en 1166 daaglikse gevalle\naangemeld.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens die nagmaalsdiens het die Skriflesing gehandel oor die Farise\u00ebr\nen die tollenaar en die gesindheid wat by \u2018n Christen pas om geregverdig\nhuiswaarts te keer. Op \u2018n eenvoudige manier het ek die twee mense aan hulle\nvoorgehou, wie die Farise\u00ebrs was en die tollenaars in daardie tyd en hoe jou\ngevoel van kredietwaardigheid of waardigheid jou kan bring tot een groot\nselfbedrog en daarteenoor die diepe ootmoed van iemand wat besef hoe groot sy\nsonde en ellende is. <strong>\u2018n Enkele sinnetjie\nwas genoeg om hom in ere voor God te stel: \u201co God, wees my, sondaar, genadig!\u201d,<\/strong>\n&nbsp;teenoor die selfvoldaanheid van die\nFarise\u00ebr.<\/p>\n\n\n\n<p>Voor die bediening van die nagmaal het ons dit weereens duidelik gestel\ndat enigiemand wat nog geloofsgeneser- of sangomatoutjies of enige ander\nbehangsel van watter biskop, apostel of kerkvoorganger ookal aan het, \u2018n\noordeel oor homself sal eet en drink. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"714\" height=\"536\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Nagmaal-28-Feb-2021-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-852\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Nagmaal-28-Feb-2021-1.png 714w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Nagmaal-28-Feb-2021-1-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 714px) 100vw, 714px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Met nagmaal word die Gereformeerde formulier in twee\ntale aan die gemeente voorgehou, Naro en Tswana. Hier en daar word die\nformulier nader verklaar vir duidelikheid. Daarna word die gemeente navore genooi\nvir die bediening van die nagmaal. Die gemeente staan dan voor die tafel en die\nkerkraad agter die tafel. Staande word hulle dan met die sakramente bedien. <\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit, ons nader nou die Paastyd wat strek\noor die naweek van die 2de tot 4de April. Hopelik sal die inperkingregulasies aangepas\nwees teen daardie tyd. Ons innige bede is dat die Here ons sal se\u00ebn in hierdie\ntyd dat ons aandag nie afgelei sal word nie, maar absoluut gevestig sal wees op\ndie soenverdienste en die opstanding van ons Here Jesus Christus. &nbsp;Daarmee vra ons ook u voorbidding vir en in\nhierdie tyd.<\/p>\n\n\n\n<p>U broeder in Christus,<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik Du Plessis Volgens die inperkingsre\u00ebls en regulasies van Botswana was alle drankverkope steeds verbode, maar gelukkig het ons nog \u2018n bottel Old Brown Cherry van die vorige nagmaal<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":849,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/851"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=851"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/851\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":853,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/851\/revisions\/853"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/849"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}