{"id":862,"date":"2021-03-29T15:40:49","date_gmt":"2021-03-29T13:40:49","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=862"},"modified":"2021-03-29T15:43:06","modified_gmt":"2021-03-29T13:43:06","slug":"bere-uitreik-maart-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=862","title":{"rendered":"B\u00eare uitreik \u2013 Maart 2021"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Ds Hendrik du Plessis<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>B\u00eare lyk soos \u2018n paradys na die afgelope milde re\u00ebn. Hierdie jaar was \u2018n besondere jaar. Sommige plekke in hierdie deel van Botswana het al oor die 1000mm re\u00ebn gehad. Orals is die panne vol en die beeste is spekvet. Die doel van ons besoek was om Bybels en Klankbybels uit te deel. Ons \u00a0het al so \u2018n goeie verhouding met die plaaslike mense opgebou dat ons nie meer as vreemdelinge daar aankom nie. Ons kan eerlik s\u00ea ons het goeie vriende daar wat ons ook gereeld in Gantsi, hul naaste dorp, raakloop wanneer hulle kom inkopies doen. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0007-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-863\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0007-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0007-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0007-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Ons kampplek in B\u00eare Botswana<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p> Met die uitdeel van die Bybels en die Klankbybels het ons waar ons ook al by hulle aangedoen het dit duidelik gestel, voordat ons dit uitdeel, wil ons eers met hulle \u2018n diep geestelike gesprek voer. Vinnig het die woord die rondte gedoen dat ons Klankbybels ook uitdeel. Min van die Boesmans kan werklik \u00a0lees, wat nog te s\u00ea in \u2018n ander taal, dus was die belangstelling        veral groot wat die Klankbybels aanbetref. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0010.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-864\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0010.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0010-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0010-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Baie opgewonde oor hulle bybels.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Na elke gesprek kon hulle letterlik nie wag om hulle Bybels aan te skakel nie. Dit was goed om te sien hoe hulle selfs in die middel van die dag na die Bybels luister. Waarmee hulle ookal daar in hul erf werskaf, praat die Klankbybeltjie klip hard daar in die boom vir almal om te hoor. B\u00eare is oorwegend Qg\u00f5o-sprekende Boesmans. Naro en Qg\u00f5o verskil van mekaar soos Tswana en Afrikaans. Baie Qg\u00f5o-mense kan wel Naro verstaan, maar bitter min Naros kan Qg\u00f5o verstaan. Nou onlangs het iemand hier plaaslik vir my \u2018n Qg\u00f5o-klankbybeltjie gegee wat ons met groot vrug daar kan gebruik. Dit is egter net gedeeltes van die Bybel wat daarop is. Alhoewel die Qg\u00f5o-dialek van Ukhwi daarop nie dieselfde dialek is as die B\u00eare-dialek nie, is dit dieselfde taal en verstaan hulle mekaar gemaklik.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0003-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-865\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0003-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0003-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0003-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Elke familie verteenwoordiger met n bybel.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>     Nadat ons al die Bybels en Klankbybels uitgedeel het, het mense ver agter ons aangeloop waar ons kamp opgeslaan het om tog \u2018n Bybel te bekom al was dit die geskrewe Tswana Bybel. Dit laat my so dink aan die woorde van Hosea wanneer hy in <strong>Hosea 4:6 s\u00ea: \u201cMy volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,\u201d. <\/strong>Orals in Afrika, ook hier in Botswana is daar duisende kerkies en groeperinge met hulle kultiese bedrywighede wat onder die vaandel van kerk baie mense mislei. Alleen kennis, die ware Bybelse kennis deur die oortuigingswerk van die Heilige Gees, kan Afrika red. Nog \u2018n aangrypende gedeelte wat dit nader verklaar is <strong>Jesaja 5 vers 13: \u201cDaarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.\u201d <\/strong>Ballingskap, hongersnood en dors was die natuurlike en logiese gevolge van \u2018n gebrek aan kennis, en waar die ware kennis verwerp word s\u00ea die Here in Hosea 4:6: \u201comdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,\u201d. Dit gaan dus nie net oor onkunde nie maar die verwerping van kennis, maar hier in B\u00eare het ons mense wat nog smag na die ware kennis.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0005-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-866\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0005-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0005-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/IMG-20210329-WA0005-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Hulle het van veraf gekom om hulle bybels te kom haal.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Om af te sluit, die verspreiding van Bybels is \u2018n wesenlike deel van\nenige sendeling se bediening, want jy deel nie net Bybels uit nie, maar jy het\nook die geleentheid om met mense uit die Bybel gesprekke te voer. Die groot\ntroos agter dit alles is, sy Woord sal nooit onverrigter sake terugkeer nie. Ek\ns\u00ea altyd, sendingwerk is die mees suksesvolle beroep in die w\u00eareld, want s\u00ea die\nHere Jesus in Johannes 6:37: \u201cAl wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek\nsal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.\u201d In Handelinge 18: 9 en 10 lees\nons: \u201c<sup>9<\/sup>En die Here het deur \u2018n gesig in die nag aan Paulus ges\u00ea:\nWees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie; <sup>10<\/sup>want Ek is\nmet jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, <strong>want Ek het baie mense in hierdie stad<\/strong>.\u201d\nMag dit ons motivering wees om die Woord van die Here uit te dra orals waar ons\ngaan, al lyk dit so gering soos die hofdienaar van Ethiopi\u00eb. As \u2018n ontmande op\nsy reis terug Afrika toe sou ons s\u00ea Filippus het beter en meer mense om te\nbereik as om sy tyd te mors op enkelinge, maar deur die enkeling het die eerste\nkerk in Afrika tot stand gekom. Bid asseblief vir ons en ondersteun ons dat die\nwerk van die Here in en deur ons ryklik gese\u00ebn sal word.<\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis B\u00eare lyk soos \u2018n paradys na die afgelope milde re\u00ebn. Hierdie jaar was \u2018n besondere jaar. Sommige plekke in hierdie deel van Botswana het al oor<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":859,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/862"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=862"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/862\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":869,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/862\/revisions\/869"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=862"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=862"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=862"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}