{"id":873,"date":"2021-05-03T09:33:03","date_gmt":"2021-05-03T07:33:03","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=873"},"modified":"2021-05-03T09:33:04","modified_gmt":"2021-05-03T07:33:04","slug":"die-uniekheid-van-die-khoesantale-2-mei-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=873","title":{"rendered":"Die uniekheid van die Khoesantale 2 Mei 2021"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Kort historiese agtergrond<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>In\nmy voorbereiding van katkisasiemateriaal in Naro kom \u2018n mens weer opnuut onder\ndie indruk hoe uniek en beskrywend die taal kan wees. Naro is \u2018n \u201cKh\u00f3\u00e8taal\u201d\nen nie \u2018n \u201cSantaal\u201d nie. Dit word \u201ckhw\u00ea\u201d uitgespreek<strong>. \u201cKh\u00f3\u00e8\u201d beteken \u201cmens\u201d.<\/strong> Sommige skryf dit \u201ckhoi\u201d. As daar\ngepraat word van die \u201cKh\u00f3\u00e8-kh\u00f3\u00e8\u201d, word bedoel \u201cmens-mens\u201d. Die woord\n\u201cKhoesan\u201d is dan \u2018n woord wat die \u201cKhoemense\u201d en die \u201cSanmense\u201d onder een\nsambreel intrek, verwysende na die gemeenskaplike suigklanke of klapklanke in\nhulle tale.<\/p>\n\n\n\n<p>Die\n\u201cKh\u00f3\u00e8mense\u201d is hulle met wie Jan van Riebeeck in die Kaap te doen gehad het,\nmaar ook die \u201cSanmense\u201d. Die \u201cKhoemense\u201d was grotendeels veeboere, maar het ook\ngejag, terwyl die \u201cSanmense\u201d hoofsaaklik jagters was wat orals oor Suidelike\nAfrika rondgeswerf en van veldkos en jag gelewe het. Dit was soos Jan van\nRiebeeck en die vroe\u00eb inwoners van die Kaap hulle geken het.<\/p>\n\n\n\n<p>Beide\nhierdie taalfamilies gebruik \u201cklapklanke\u201d of \u201csuigklanke\u201d om te kommunikeer.\nXhosa en Zoeloe het hulle klapklanke van die Khoesanmense geleen, net soos baie\nleenwoorde van Afrikaans en Engels in hulle taal ingesluip het. Oorspronklik het\nZoeloe en Xhosa soos al die ander Bantoetale geen suig- of klapklanke in hulle\ntaal gehad nie. Ondertrouery, toe die Ngunitale vanaf die Noorde in\nSuider-Afrika aangekom het, het die suigklanke in hulle tale ingebring. <\/p>\n\n\n\n<p>My\nZoeloedosent op Potchefstroom het aan my verduidelik dat wanneer die\nKhoesanmense in die verlede van die Xhosas of Zoeloes se beeste gesteel het vir\nkos, is hulle agternagesit en letterlik gejag. Waar die Xhosas of die Zoeloes\ndan op hulle vrouens en kinders afgekom het, is di\u00e9 gevange\ngeneem. So het daar dan \u2018n ondertrouery plaasgevind en het die klapklanke in die\nZoeloe- en Xhosataal ingekom, want die Khoesanvrouens kon nie Zoeloe of Xhosa\npraat of verstaan nie. Behalwe natuurlik vir Xhosa en Zoeloe het Suid-Sotho en\nTsonga net een suigklank in hulle tale. Hoe verder \u2018n mens oos of van die\nKaapkolonie af wegbeweeg het, hoe minder word die klapklank- of suigklankinvloed\nin die Afrikatale, wat vir \u2018n mens s\u00ea dat die Khoesantale meer in die\nKaapkolonie in daardie tyd voorgekom het. As \u2018n mens na Xhosa en Zoeloe\nluister, hoor jy so nou en dan \u2018n klapklank (suigklank) in hulle tale, terwyl\njy amper nie \u2018n sin in die Khoesantale kan maak sonder suigklanke nie. Xhosa\nwat die naaste aan die Khoesantale was het dan ook meer suigklanke in sy taal\nas Zoeloe wat verder gele\u00eb was, maar dit is maar \u2018n druppel in die emmer in\nvergelyking met die klapklanke in die Khoesantale.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n\nTaal soos !X\u00f3\u00f5 hier van Bere, 80% van al sy woorde bestaan uit klapklanke.\nNet 20% woorde het nie klapklanke nie. Nog iets interessants is, net 1% van al\ndie tale in die w\u00eareld (oor die 6000) maak van klapklanke gebruik, en die 1% is\nnet in suidelike Afrika.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die Khoesantale self<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Al\ndie Khoemense (Khoe en San) is familie van die ou Hottentotte in die Kaap.\nHulle tale verskil van mekaar soos die Germaanse tale onder mekaar verskil soos,\nDuits, Afrikaans, Nederlands, Belgies en Engels, of soos die Romaanse tale\nonder mekaar verskil soos, Frans, Spaans, Portugees, Italiaans, Romeens ensomeer.\nHulle stam van dieselfde oertaal af en het later opgebreek in verskillende tale\nwat aan mekaar verwant is. Net so is die Afrikatale aan mekaar verwant en maak\ngebruik van dieselfde grammatikale beginsels, maar eeue of duisende jare gelede\nmoes daar \u2018n oertaal gewees het wat die wetenskaplikes Oerbantoe noem. Uit\nhierdie oertaal het daar tale ontstaan wat vandag oral in Afrika gepraat word, al\nverstaan mekaar onderling nie, soos wat \u2018n Duitser nie Afrikaans en \u2018n\nAfrikaner wat nog nooit met Duits in aanraking gekom het Duits kan verstaan nie,\nis dit duidelik dat daar \u2018n gemeenskaplik oorsprong was.<\/p>\n\n\n\n<p>As\nvoorbeeld word vleis in Duits \u201cfleisch\u201d genoem en die Engelse het \u201cflesh\u201d in\nhulle taal. Omtrent elke Afrikataal in Afrika noem vleis \u201cnama\u201d of \u201cinyama\u201d of\n\u201conyama\u201d, en dan is daar woorde wat weer radikaal van mekaar verskil, maar\nhulle almal deel min of meer dieselfde grammatikale beginsels. So kan \u2018n Zoeloe\nglad nie Venda verstaan nie en \u2018n Venda glad nie Shona of Herero verstaan nie\nen vice versa, maar tog deel hulle dieselfde grammatikale beginsels.<\/p>\n\n\n\n<p>Onder\ndie Khoetale kry jy Nama, !Ora, \/\/ani, Buga, \/Ganda, Naro, \/\/Gana, \/Gui, #Haba,\nShua, Deti, Cara, Cirecire, \/Haise, Danisi (of Danasani), Tshoa, Cua, Ciri-Cire\nen Kua. Dit is alles tale en nie dialekte van mekaar nie. As ons dit dialekte sou\nwou noem, dan moet ons Afrikaans \u2018n dialek van Engels of Duits noem.<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nSantale verskil weer op hul beurt van die Khoetale soos Grieks van Afrikaans.\nDie verskil is eintlik nog groter omdat daar tussen Afrikaans en Grieks baie\nooreenkomste bestaan, maar tussen die Khoe- en die Santale is daar afgesien van\ndie klapklanke bitter min ooreenkomste. Alhoewel al hierdie tale van suigklanke\nof klapklanke gebruik maak, verskil hulle radikaal van mekaar. Hierdie\nsuigklanke is eintlik maar konsonante soos r, p, s, t ensovoorts wat by die\nnormale alfabet gevoeg word. Afrikaans en Sjinees deel ook baie alfabetletters,\nmaar dit beteken nie hulle kan mekaar verstaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Onder\ndie Santale kry jy dan die noordelike Santale en die suidelike Santale. Hulle\nverskil weer van mekaar soos Afrikaans van Frans. Die noordelike Sangroepe is\ndie #Hua en die Ju-groepering. Die Ju-groepering bestaan uit Ju\/\u2019hoan, !Xun en\nKg\u2019au\/\/ei. Die Ju\/\u2019hoan is die taal wat in \u201cThe gods must be crazy\u201d gepraat\nword (die film van Jamie Uys). Die Suidelike groepe is die Taa en die\n!Kui-groepering. Onder die Taa-groepering val die !X\u00f3\u00f5 van Bere. Onder die !Kui-groepering\nval die \/Xam-, \/\/Xegui Tshasi- en die #Khomani-groepering. Ongelukkig het die \/Xamtaal\nin 1915 uitgesterf. Die #Khomani is op die punt om uit te sterf. As ek dit nie\nmis het nie is daar nog een moedertaalspreker oor. Dit is die laaste Santaal in\nSuid-Afrika. Let wel in Suid-Afrika en nie suidelike Afrika nie. In suidelike\nAfrika is daar nog baie Santaalsprekers wat een of ander Santaal as \u2018n\nmoedertaal het. Later meer oor die Santale en spesifiek die !X\u00f3\u00f5 (Qg\u00f5o) wat\nhulle by Bere en verder suid praat.<\/p>\n\n\n\n<p>Hier\nby ons in D\u2019kar, die plase rondom ons en eintlik in die hele Gantsidistrik is\ndie voertaal onder die Boesmans meestal Naro. Die Ju\/\u2019hoan- en die\n!X\u00f3\u00f5sprekers sal as hulle met die Naros in aanraking kom Naro praat. As hulle\nnie Naro kan praat nie, praat hulle met mekaar Tswana. Ju\/\u2019hoan en !X\u00f3\u00f5 is\nbeide Santale, terwyl Naro \u2018n Kh\u00f3\u00e8taal is. Baie Naros kan Ju\/\u2019hoan praat,\nmaar bitter selde hoor jy \u2018n Naro wat !X\u00f3\u00f5 praat. Ek het nog net twee\nraakgeloop wat beide kon praat. Een van ons kerkraadslede, Xgaiga, wat vlot in\nNaro en Ju\/\u2019hoan is, vertel aan my van sy rare ondervinding een keer in \u2018n bus\nop pad Gaborone toe. Hy is \u2018n baie joviale en spraaksame mens wat lief is vir\ngesels. Toe gebeur dit dat hy naby Bere tussen \u2018n groep !X\u00f3\u00f5boesmans moet\nsit, al die pad Gaborone toe. Wat vir hom die ergste was, s\u00ea hy, was dat almal\ngelag en gesels het en hy nie \u2018n woord kon hoor of verstaan wat hulle s\u00ea nie.\nAs dit die Ju\/\u2019hoantaal was (die Boesmantaal van \u201cthe gods must be crazy\u201d), sou\nhy deel kon gehad het in hulle pret en plesier, maar omdat !X\u00f3\u00f5 so radikaal\nvan Ju\/\u2019hoantaal verskil, kon hy niks verstaan nie. Dit was vir hom een van sy\nverveligste oomblikke wat hy nog beleef het tussen mense.<\/p>\n\n\n\n<p>Naro\nsoos die meeste van die Kh\u00f3\u00e8tale het 28 klapklankkombinasies, Ju\/\u2019hoan het 48\nen 10 vokale, en !X\u00f3\u00f5 volgens die navorsers van Wikipedia 83 en 31 vokale. Saam\nmet die klapklanke (suigklanke) het die !X\u00f3\u00f5taal 164 konsonante wat dit die taal\nmet die meeste konsonante in die w\u00eareld maak. Hoewel die Ju\/\u2019hoan meer\nklapklanke het as Naro, beskou baie mense insluitend die Naros dat dit \u2018n baie\nmaklike taal is. Die woordorde is in baie gevalle dieselfde as Engels of\nAfrikaans. Wat Naro volgens baie so moeilik maak is juis sy woordorde.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u2018n Eenvoudige voorbeeld: Nc\u00e3ar tc\u2019\u1ebde\na m\u00e1\u00e1 nc\u00e3a tsi xg\u2019ae cgoa me ta tc\u2019\u1ebdea. Dit beteken letterlik: Het ek dink en\ns\u00ea het jy ontmoet met hom gedink. Wat beteken: Ek het gedink jy het hom\nontmoet. Dit wat onderstreep is, is die klapklanke in die sin.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Iets\nanders van die Kh\u00f3\u00e8tale wat hulle baie ryk maak teenoor die Santale. Die\nKh\u00f3\u00e8tale en dan nou spesifiek Naro sien alles in terme van manlik, vroulik en\nonsydig. Elke ding is \u2018n man, vrou of \u2018n ding. In die Santale word alle\nvoornaamwoorde basies as manlik aangedui. Met ander woorde as jy van \u2018n vrou\npraat sal jy s\u00ea, \u201chy het geloop\u201d of \u201chy het dit of dat gedoen.\u201d Dit is soos die\nBantoetale, hy en sy is een woord. Daar is nie \u2018n onderskeid wat die\nvoornaamwoord aanbetref nie, terwyl \u2018n mens in Naro in detail moet beskryf wie\ndit is.<\/p>\n\n\n\n<p>Voorbeelde:<\/p>\n\n\n\n<ul><li>Daar is twee woorde vir jy:<ul><li>Jy (as man) is: Tsaa<\/li><\/ul><ul><li>Jy (as vrou) is: Saa<\/li><\/ul><\/li><li>Daar is woorde vir hy en sy<ul><li>Hy: gab\u00e1<\/li><\/ul><ul><li>Sy: gas\u00e1 <\/li><\/ul><\/li><li>Daar is ses woorde vir \u201cjulle\u201d:<ul><li>Julle (twee vrouens): Gasao<\/li><\/ul><ul><li>Julle (twee mans): Gatsao<\/li><\/ul><ul><li>Julle (twee as man en vrou): Gakhao<\/li><\/ul><ul><li>Julle (mans): Gaxao<\/li><\/ul><ul><li>Julle (vrouens): Gasao<\/li><\/ul><ul><li>Julle (mans en vrouens): Gatu<\/li><\/ul><\/li><li>Daar is ses woorde vir \u201chulle\u201d:<ul><li>Hulle (twee vrouens): Gasara<\/li><\/ul><ul><li>Hulle (twee mans): Gatsara<\/li><\/ul><ul><li>Hulle (twee as man en vrou): Gakhara<\/li><\/ul><ul><li>Hulle (net vrouens): Gazi<\/li><\/ul><ul><li>Hulle (net mans): Gaxu<\/li><\/ul><ul><li>Hulle (mans en vrouens): Gane<\/li><\/ul><\/li><li>Daar is ses woorde vir \u201cons\u201d:<ul><li>Ons (twee mans): Gatsam<\/li><\/ul><ul><li>Ons (twee vrouens): Gasam<\/li><\/ul><ul><li>Ons (twee as man en vrou): Gakham<\/li><\/ul><ul><li>Ons (net mans): Gaxae<\/li><\/ul><ul><li>Ons (net vrouens): Gase<\/li><\/ul><ul><li>Ons (mans en vrouens): Gat\u00e1<\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Nog\n\u2018n unieke verskynsel in die Kh\u00f3\u00e8tale en dan in hierdie geval Naro, is hulle\neksklusiewe gebruik van die voornaamwoord. Sodra jy \u2018n \u201csi\u201d vooraan die\nvoornaamwoord plaas dan sluit jy die persoon met wie jy praat uit. As ek met\njou praat en byvoorbeeld s\u00ea, \u201cons gaan huis toe\u201d, en ek gebruik die woord\n\u201csitsam\u201d, dan sluit ek jou (as man) uit. As jy \u2018n vrou is en ek \u2018n man, sal dit\n\u201csikham\u201d wees. Met ander woorde jy gaan dan nie saam nie. Iemand anders is dus\ndeel van die \u201cons\u201d en nie jy nie. <\/p>\n\n\n\n<p>In\nAfrikaans as ek s\u00ea, \u201cons gaan huis toe\u201d, moet jy eers uitvind of jy deel is van\ndie \u201cons\u201d of nie. In Afrikaans en so ook in Engels, as jy dit nie verduidelik\nnie kan dit tot baie misverstande lei. Ek kan nog onthou toe ek op universiteit\nwas, het ek eendag vir Miriam (my vrou) ges\u00ea, ons gaan vanmiddag braai. In\nAfrikaans het ons net een \u201cons\u201d. Die gevolg is Miriam het gedink sy was deel\nvan die \u201cons\u201d. Later toe sy daar aankom en haar gereed gemaak het vir die\ngeleentheid, sou sy tot haar teleurstelling uitvind, dit is \u2018n mannebraai. As\nons Naro gepraat het, sou sy onmiddellik gehoor het dat sy nie deel van die\n\u201cons\u201d was nie, en sou dit die teleurstelling en misverstand in ons kommunikasie\nvoorkom het. <\/p>\n\n\n\n<p>Een\naand hier in D\u2019kar hoor ek mense praat in die donker. Ek vra toe vir hulle:\n\u201cWie is julle?\u201d en \u201cWaar gaan julle heen?\u201d \u201cOns is op pad huis toe,\u201d kom dit\nvan die een wat antwoord. Uit die woord wat hulle gebruik het vir \u201cons\u201d, kon ek\nhoor daar is net vrouens en hulle is meer as twee en daar is nie mans by hulle\nnie, want anders sou hulle \u2018n woord gebruik het wat die mans ook ingesluit het,\nen ek was in die woord \u201cons\u201d uitgesluit, want hulle het die eksklusiewe vorm\nvan die woord \u201cons\u201d gebruik: \u201csise\u201d. As daar mans saam met hulle was sou hulle\ndie woord \u201csit\u00e1\u201d gebruik het, en as hulle my ingesluit het sou hulle die woord\n\u201cgat\u00e1\u201d gebruik het.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis natuurlik \u2018n geweldige uitdaging, veral as dit kom by die vertaling van die Bybel\nen Bybelstudies. As die Here Jesus met sy dissipels is en daar word na \u201cons\u201d of\n\u201chulle\u201d of \u201cjulle\u201d verwys, moet jy altyd vir jouself die vraag afvra watter\nwoord ter sprake is en of daar mans en vrouens of net mans of net vrouens en\nhoeveel betrokke was. Daarom is die vertaalproses baie uitdagend en interessant.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nwas in kort iets oor die Kh\u00f3\u00e8- (Khoi) en die Santale. Hoe hulle tale\nontwikkel het deur die eeue is \u2018n geheim, maar dat dit \u2018n unieke taal is wat\ndie Here deur al die eeue bewaar het, daaroor is daar geen twyfel nie, en \u2018n\nwonderwerk, veral vir die feit dat Hy vandag geloof en geprys kan word ook in\nhierdie tale. <\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik\nis Hy die groot Argitek van al hierdie tale. Dit plaas Genesis 11 teenoor\nHandelinge 2. In Genesis 11 wou die mens een wees, een taal, een gebou, een\nekonomie ens. Hulle het hulle eenheid in hulleself en hulle eie trots en\ngrootheidswaan gesoek tot die Here Self \u2018n verwarring onder hulle gebring het,\nwant ware eenheid is net moontlik in Christus wat ons dan bring by Handelinge 2\nwaar verskille mense en verskillende tale met die uitstorting van die Heilige\nGees een kon wees in en deur Jesus Christus. Deur die eeue heen het die Here\ndie \u201ctaalverwarring\u201d in stand gehou sodat alle tale en nasies hulle eenheid in die\nEen ware God (Vader, Seun, Heilige Gees) kan soek en hulle Hom ondanks die\nverskeidenheid kan loof en prys. Dit is die ware eenheid. In Johannes 17:11 bid\ndie Here Jesus: \u201c. . . sodat hulle een kan wees net soos Ons.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nvra weereens u voorbidding dat die Here vir ons deure sal oopmaak om hierdie\nmense van die Kalahari se harte aan te spreek in en deur hulle unieke tale.<\/p>\n\n\n\n<p>Groete\nen se\u00ebnwense, u broer in Christus.<\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kort historiese agtergrond In my voorbereiding van katkisasiemateriaal in Naro kom \u2018n mens weer opnuut onder die indruk hoe uniek en beskrywend die taal kan wees. Naro is \u2018n \u201cKh\u00f3\u00e8taal\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":772,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=873"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":874,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873\/revisions\/874"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/772"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}