{"id":876,"date":"2021-05-11T16:51:47","date_gmt":"2021-05-11T14:51:47","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=876"},"modified":"2021-05-11T16:51:48","modified_gmt":"2021-05-11T14:51:48","slug":"audio-bybel-projek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=876","title":{"rendered":"Audio Bybel Projek"},"content":{"rendered":"\n<p>Die Botswana Sending Groep beoog om 500 audio bybels aan Ds Hendrik van D\u2019kar se gemeente te gee , om daar te versprei. Al wat ons van U vra is om 1 bybel wat R 495.00 kos te borg (of meer) as donasie &nbsp;vir die&nbsp; projek. Geliewe die geld direk in die volgende rekening te deponeer:<\/p>\n\n\n\n<p><strong>FNB Modimolle Rekening Naam<\/strong>: Die Botswane Sendinggroep van die R M .<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Rekening no: <\/strong>&nbsp;62112 7699\n08&nbsp; <strong>Tak\nkode:<\/strong> 260247 <em>Merk asb betaling : Audio\nbybel<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong>e-mail bevestiging (vrywillig)<\/strong> : Du Plessis, Gerhardus <a href=\"mailto:GDuPlessis@landbank.co.za\">GDuPlessis@landbank.co.za<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Baie dankie\u2026..<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Mag ons Hemelse Vader hierdie uitreik se<\/em><\/strong><strong><em>\u00eb<\/em><\/strong><strong><em>n<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die onderstaande skrywe vanaf Ds Hendrik du Plessis motiveer die rede vir ons projek.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<h1>Die\nAudiobybels (klankbybels)<\/h1>\n\n\n\n<p><strong>In Romeine 10:17 s\u00ea Paulus: \u201cDie geloof\nis dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.\u201d<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Deur\ndie Here se genade en deur sy voorsienigheid in hierdie tyd het die tegnologie\ntot ons beskikking dit vir ons moontlik gemaak om sy Woord letterlik te kan\nhoor soos nog nooit te vore nie. Ek glo ons kan daarin die dringend van die tye\ninlees voor die wederkoms van ons Here Jesus, sodat niemand eendag \u2018n\nverskoning voor God sal h\u00ea nie. Iets van die Here se dringendheid sien ons in\ndie tegnologie-ontploffing wat ons in die laaste vyftig jaar beleef. Soos \u2018n\natleet begin spoed optel namate die laaste rondte naderkom, wil \u2018n mens in die\ntekens van die tye en hoe die pas nou begin versnel daarin inlees dat dit bes\nmoontlik die laaste rondte kan wees.<\/p>\n\n\n\n<p>In\nAfrika en in besonder in hierdie deel van Botswana, was lees nog nooit\nprioriteit nie. Bitter min mense kan lees, en di\u00e9 wat wel kan lees, lees baie\nswak en verkies eerder om nie te lees nie. Wat sal die motivering wees om te\nlees as dit jou \u2018n halfuur neem om aan paragraaf te lees. As jy wel \u2018n geskrewe\nBybel het wat die gewete sus, maar jy lees met die grootste inspanning, sal dit\ndie geneigdheid wees om dit maar eerder nie te lees nie. Dit was hier in Afrika\nen steeds vandag die teelaarde van al hierdie valse godsdienste, want iemand anders\nhet maar die leeswerk namens jou gedoen onder die naam \u201cbaruti\u201d, biskoppe, apostels,\nnoem maar op. Valse predikers floreer op hierdie lidmate wat nie kan lees nie,\nen as jy op jou biskop, apostel of wie-ookal aangewese is om uit te vind wat\ndie Here s\u00ea, bevind jy jou op \u2018n baie gevaarlike terein, en as hy nie \u2018n\nwedergebore kind van God is nie, gaan hy dit natuurlik uitbuit tot sy eie\nvoordeel.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"721\" height=\"541\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic4.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-877\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic4.png 721w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic4-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 721px) 100vw, 721px\" \/><figcaption>Abdul<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Hoe\nbelangrik die waarheid is en die kennis van die waarheid kan ons duidelik sien\nin die woorde van <strong>Hosea 4:6:<\/strong> \u201cMy\nvolk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het,\nsal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat\njy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.\u201d In <strong>Jesaja 5:13<\/strong> staan daar \u201cDaarom gaan my\nvolk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word\nhongerlyers en hulle menigte versmag van dors.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Ek\nhet aan Abdul wat van tyd tot tyd hier vir ons in die tuin help op \u2018n keer \u2018n\ngedrukte Tswanabybel gegee voor die audiobybels gekom het. As sy dogter hier\nis, het hy haar gevra om vir hom \u2018n stukkie te lees. Weke of selfs maande kon\nverbygaan voor sy weer kom. Ek dink nie ons besef hoe min hierdie mense van\nAfrika blootgestel was en is aan die Woord van God nie, en dan wonder ons\nhoekom daar nie \u2018n oplewing plaasvind op die sendingveld nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nwonderlike van audiobybels is dat almal wat kan hoor kan luister, en d\u00edt\nin jou eie taal. Jy hoef nie geleerd te wees nie. Terwyl jy met jou huiswerk\nbesig is praat die Bybeltjie in die agtergrond. Elkeen wat daar verbyloop hoor\nwat ges\u00ea word, en die Heilige Gees werk deur die Woord. Op \u2018n keer het ek mense\nbesoek vir wie ek so \u2018n audiobybeltjie gegee het. Een van die kinders het die bybeltjie\naangeskakel. Die spesifieke hoofstuk wat gelees was kon sy woord vir woord\nvooruit s\u00ea. Met die baie luister kon sy die hoofstuk uit haar kop uit ops\u00ea. Dit\nhet my net weer tot die besef gebring, hierdie mense het \u2018n hoorkultuur en nie\n\u2018n leeskultuur nie, en dit is tog Bybels, want geloof is uit die gehoor en die\ngehoor uit die Woord van God. Ek is daarvan oortuig, hoe meer kennis van die\nWoord jy het, hoe minder vatbaar jy sal wees vir valse leerringe.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nVanmiddag kom ou Cgara hier by my aangestap met sy drie kleinkinders vir\n\u2018n audiobybeltjie. Hy het net een oog. Hy was oorstelp van vreugde oor die\nBybeltjie. Toe hy so wegstap hoor ek hom vir sy kleinkinders s\u00ea: \u201cKom, nou gaan\nons lekker luister.\u201d Die vraag het toe by my opgekom: \u201cWat is die moontlikheid\nvir so \u2018n persoon om andersins die Woord te hoor, as daar niemand is om vir hom\nte lees nie?\u201d Die enigste manier dan waarop hy met die Woord van die Here in\naanraking gaan kom is as hy dit op \u2018n baie verdraaide vorm by een of ander\nvalse prediker gaan kry, en wat sal dan sy verweer teen die leuen wees? <\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nOu Simon is 90 jaar oud en\nfeitlik blind. Eensaam het ek hom daar by sy sinkhuisie sien sit. Hy is \u2018n\nHerero maar vlot Naro en Tswana magtig. Voorheen het hy gereeld ons eredienste\nhier in D\u2019kar bygewoon, maar vandat hy nie meer kan sien nie, het hy al hoe\nminder gekom. Die kanse vir so \u2018n persoon om onder die geklank van die Woord\nvan die Here te kom is uiters skraal as jy net op die geskrewe Bybel jou moet\nverlaat.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic3.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-878\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic3.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic3-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic3-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Cao se seun wat bedleend is<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nSo ook hierdie jong man wat vir die res van sy lewe bedle\u00eand\nsal wees. Die regering het vir hom hierdie geboutjie gebou. Sy pa wat hom tot\nnou onlangs toe nog versorg het, ou Cao, is skielik oorlede.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"751\" height=\"563\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic2.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-879\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic2.png 751w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic2-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 751px) 100vw, 751px\" \/><figcaption>ou Zoo<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \nOu Zoo was op pad om te gaan bad. Hy is al vir jare heeltelmal blind. Sy\nseun bad hom gewoonlik in die geboutjie reg agter hulle. N\u00e1\ndie tyd het ek vir hulle elkeen \u2018n audiobybeltjie gegee. Nou kan hy tydens sy\ndonker en vervelige ure na die Woord van die Here sit en luister. Weereens, by\nwie anders sal hy na die Woord van die Here kan luister, want afgesien van die\nfeit dat sy kinders baie besig is deur die dag, kan hulle beswaarlik lees.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"794\" height=\"596\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-880\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic1.png 794w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic1-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/pic1-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 794px) 100vw, 794px\" \/><figcaption>ou man<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>     Nie almal bekom die audiobybeltjies altyd op die gewenste manier nie, maar dat hulle desperaat is om so \u2018n Bybeltjie te bekom, daaroor is daar geen twyfel nie. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"707\" height=\"531\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/audio-bybels.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-881\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/audio-bybels.png 707w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/audio-bybels-300x225.png 300w\" sizes=\"(max-width: 707px) 100vw, 707px\" \/><figcaption>ds Gaobolelwe Ngakayaja <\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>My kollega, emeritus ds. Gaobolelwe Ngakayaja, het my Sondag gaan wys waar hulle sy audiobybeltjie gesteel het. By sy slaapkamervenster links onder het iemand versigtig die glas gebreek en sy audiobybeltjie gesteel. By die vensterbank het hy altyd die Bybeltjie gelos om in die son gelaai te word. Ons het daar saam van harte ons hoop uitgespreek dat die diefstal ten goede sal meewerk tot sy ewige saligheid.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om af te sluit:<\/strong>\nHoeveel makliker sou dit net nie vir ons as sendelinge gewees het nie, om\nsendingwerk te doen onder mense wat alreeds \u2018n basiese kennis van die Bybel het\nen jy vir hom slegs die Evangeliese lyne hoef deur te trek. Toe Filippus by die\nhofdienaar van Ethiopi\u00eb op die wa klim, was hy besig om uit die boek Jesaja te\nlees. Hy hoef nie alles aan hom te verduidelik het nie, omdat hy alreeds \u2018n\nbasiese kennis van die Bybel gehad het. So ook die Emmausgangers \u2013 die Here\nJesus kon vir hulle die lyne deurtrek van Moses en die profete en alles wat op\nHom betrekking gehad het, omdat hulle \u2018n basiese kennis gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die\nvraag sou wees: Het die toestand van die sending en sinkretisme in Afrika nie\ndalk in \u2018n groot mate te doen met mense wat selde of nooit die Woord lees of\nhoor nie? Ek is daarvan oortuig dat dit \u2018n groot rol gespeel het en vandag pluk\nons die vrugte. Vandaar dan al hierdie valse kerke en groeperinge wat nie op\ndie Woord van God geskoei is nie, maar die menings van mense verkondig, en wie\nis jy wat selde die Woord hoor om dit te betwis. In kort wil ons u hartlik\nbedank vir u bydrae wat hierdie audiobybels aanbetref. Ek is daarvan oortuig\ndat dit die Afrika-probleem in \u2018n groot mate gaan aanspreek, want nou kan hulle\nvir hulleself die Woord van die Here in sy suiwerste vorm hoor sonder dat hulle\ngeskoold hoef te wees. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>U broer in Christus, Hendrik du\nPlessis.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Botswana Sending Groep beoog om 500 audio bybels aan Ds Hendrik van D\u2019kar se gemeente te gee , om daar te versprei. Al wat ons van U vra is<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":877,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/876"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=876"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/876\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":882,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/876\/revisions\/882"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/877"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=876"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=876"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=876"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}