{"id":891,"date":"2021-06-26T10:21:31","date_gmt":"2021-06-26T08:21:31","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=891"},"modified":"2021-06-26T10:21:32","modified_gmt":"2021-06-26T08:21:32","slug":"mababe-en-motopi-uitreik-9-13-junie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=891","title":{"rendered":"Mababe en Motopi uitreik 9-13 Junie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Dit\nwas \u2018n bestiering<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Deur die genade van die Here was ons uitreik na Mababe en Motopi baie\ngeslaagd. Ons het Woensdag, 9 Junie van D\u2019Kar af vertrek. N\u00e1 \u2018n groot gesukkel om\nons reispermitte te kry, aangesien alle permitte nou slegs deur middel van \u2018n\nselfoontoepassing of aanlyn verkry kan word, en die aflaai van die toepassing\ngeblokkeer is, het ons uiteindelik reggekom om elkeen se permit te kry en na sy\nselfoon te stuur. In Maun gekom kon ons vinnig so tussen die Tswana-klasse deur\nvir tannie Dorette groet. Die oponthoud met die permitte het veroorsaak dat ons\neers laat na Mababe kon vertrek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-Pics-June-21.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-892\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-Pics-June-21.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-Pics-June-21-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-Pics-June-21-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Net voor Mababe het dit sterk begin donker word. By die eerste poel\nwater gekom, tref ons \u2018n dubbelkajuit Hilux-bakkie aan wat in die modder vassit.\n\u2018n Man het dadelik met sy flits op ons geskyn om ons aandag te trek. Hy was\nbang ons gaan verby ry sonder om hulle te help. Daarna het die gesukkel begin. Ons\nhet alles probeer om hulle daaruit te trek, maar sy tou het elke keer gebreek. Dit\nwas duidelik die bakkie het op sy pens in die modder gaan l\u00ea. Die wiele het die\nheel tyd in die rondte gespin. Ons het toe besluit om in Mababe iewers \u2018n\nketting te gaan leen. In Mababe aangekom kon ons \u2018n ketting kry en is ons toe weer\nterug na die mense toe. Dit was \u2018n Finse egpaar en met ons gebroke Engels kon\nons mekaar redelik goed verstaan. Ons het gespook en gespartel tot om en by 11\nuur die nag sonder enige sukses. Die arme man het alles probeer. As \u2018n bakkie\neers op sy pens in die modder gaan l\u00ea het, help takke onder die wiele nie meer\nnie. Ons het toe maar die aftog geblaas. Ons het belowe om die volgende oggend\nweer te gaan help. Dit was vir sy vrou was dit \u2018n nagmerrie ondervinding, want\norals was daar seekoeie in die poele rondom hulle. Die hi\u00ebnas was net so\nlastig.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"990\" height=\"686\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/mababe-outreach-june-21.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-894\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/mababe-outreach-june-21.png 990w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/mababe-outreach-june-21-300x208.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/mababe-outreach-june-21-768x532.png 768w\" sizes=\"(max-width: 990px) 100vw, 990px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Deur die loop van die nag het daar \u2018n groot vragmotor in Mababe aangekom\nen in ons stilligheid het ons gehoop hulle kon die Finne help, maar die\nvolgende oggend toe ons daar kom was hulle nog steeds daar. Later het daar\nSuid-Afrikaanse toeriste aangekom. Met hulle 4&#215;4 voertuig kon hul die bakkie\nnie eers geroer kry nie. Ons het later \u2018n ruskamp daar naby se nommer in die\nhande gekry en hulle toe geskakel om ons te kom help. Nie lank daarna nie het\nhulle daar opgedaag met hulle Toyota Land Cruiser en is twee voertuie ingespan\nom die toeriste se bakkie uit die modderpoel van agter uit te trek. Hulle was\nop pad Khwai toe maar het verdwaal en hul rigting waarheen hulle gery het was\nMaun se kant toe. Toe besef ons dat die poel water in die pad is so bedrieglik\nen vals is, dat as hulle nie daarin vasgeval het nie, ons daarin sou beland het,\nen wou ons dit sien as \u2018n bestiering siende dat hulle eintlik nie daar moes\ngewees het nie. Wat die skade aan die onderstel van hulle voertuig (rent-a-car),\nwas sal ons nie weet nie, maar toe hulle uiteindelik uitgetrek is, het die\nwater in strome by hulle dubbelkajuit uitgevloei. Met trane van dankbaarheid in\ndie vrou se o\u00eb het ons hulle gegroet.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kort agtergrondskets<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Mababe is \u2018n nedersetting oos van Maun teenaan die Moremi wildtuin. Ons\nhet na die mense toe begin uitreik teen die einde van 2017. Dit het in kort so\nbegin: Elke jaar in Augustusmaand was hier so ongeveer 20 kilometer van D\u2019kar\naf \u2018n dansfees op \u2018n wildsplaas gehou om die Boesmans van Suidelike Afrika aan\nmekaar bloot te stel. Van heinde en verre word hulle aangery, en dan word daar\ndeur die loop van die naweek om die beurt gedans. Die wildsplaas is dan \u2018n\nmiernes van bedrywighede soos wat elke Boesmangroep en \u2013taal hulle kultuur en danse\ntentoonstel. Tydens die bedrywighede het ek iemand ontmoet met wie ek gou\nbevriend geraak het. Ons het lekker gesels en toe gegroet. So tussen die gesels\ndeur het hy my uitgenooi om vir hom te gaan kuier. Hy wou graag vir my wys hoe\nmooi sy omgewing is. Ek het hom toe my selfoonnommer gegee waarna &nbsp;hy my weekliks geskakel het. Met elke gesprek\nwou hy weet wanneer ons vir hom gaan kuier. Ek en \u2018n ouderling het toe besluit\nom te gaan kyk. Dit kon \u2018n bedieningspunt &nbsp;word. Dit het baie na \u2018n Masedoniese roep\ngevoel. <\/p>\n\n\n\n<p>Sedertdien het ons van tyd tot tyd gaan kuier, Bybelstudies gehou en by\nmense gekuier. Baie mense verkeer onder die wanindruk dat alles van dag een af mooi\nin plek val met so \u2018n bedieningspunt. Jy het dan dadelik \u2018n katkisasieklas of\n\u2018n Sondagskoolklas en lidmate wat inskryf. Ongelukkig is die teendeel waar.\nWanneer jy by so \u2018n plek kom, is almal skepties oor jou koms, behalwe natuurlik\ndie een wat jou genooi het, hulle wonder waarom jy daar is. As \u2018n persoon van\nbuite af probeer jy maar met almal so vriendelik as moontlik wees. Hier en daar\nlag iemand vir jou grappie, veral as jy bekend is met hulle sin vir humor.\nHulle is styf en hulle kyk jou uit. So tussen die besoeke deur probeer jy die\nEvangelie inwerk en hulle hoor jy is die dominee (moruti) van D\u2019kar. Wanneer jy\nweggaan voel jy baie onvergenoegd. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-June-21.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-895\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-June-21.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-June-21-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Mababe-June-21-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Na \u2018n paar maande gaan kuier jy maar weer, natuurlik met die doel om\neers vriende te maak. Jy deel Bybels uit en hulle is dankbaar. Jy het\ngeleentheid om te gesels oor die Bybel. Hulle luister na jou en niks verder\nnie. Jy gaan sit saam met hulle om die bierpotte en gesels oor ditjies en\ndatjies tot hulle hoor jy is \u2018n \u201cmoruti\u201d en dan vra hulle vrae. Hoe dikwels het\nons net nie daar om die bierpotte gesit en gesels nie. Daar het mense meer\nvrymoedigheid om vrae te vra. Dit kom spontaan. Ek het baie keer my dit probeer\nvoorstel hoe die Here Jesus dieselfde gedoen het. Dit is natuurlik waarom die Farise\u00ebrs\nHom \u2018n vraat en \u2018n wynsuiper genoem het. Op \u2018n keer het iemand die begeerte\nuitgespreek om &nbsp;drank vaarwel toe te roep.\nEk het hom geantwoord dat hy dit nie op sy eie sal regkry nie maar dat ek van Iemand\nweet wat hom kan help. Dit word dan die invalshoek om die Here Jesus as Persoon\naan hom bekend te stel. Dit is dan asof hy met meer belangstelling luister, veral\nnou dat hy met sy probleem vorendag gekom het. <\/p>\n\n\n\n<p>Met elke uitreik verminder die agterdog en jy bereik \u2018n stadium dat\nhulle nie net blote kennisse is nie.&nbsp;\nHulle het name en hulle word vriende. Hulle begin jou te mis. As jy daar\nkom soek hulle jou op. Die beste voorbeeld was natuurlik ons Here Jesus vir wie\nsy dissipels meer as dissipels was. Hulle was sy vriende. Sendingwerk is\nallermins om na \u2018n plek toe te gaan en vir hulle te gaan preek, of om te gaan\nkerk hou. Jy gaan in die eerste plek om vriende te maak, \u2018n verhouding met\nhulle op te bou. Hulle begin jou later vertrou met hulle diepste probleme.\nHulle begin jou bel. Die kinders wil met jou praat oor die foon. Jy word hulle geestelike\nouer. Dit is nie iets wat in \u2018n enkele uitreik gebeur nie. Dit neem jare. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is nie om \u2018n paar mense vinnig onder \u2018n boom bymekaar te maak en vir\nhulle \u2018n klas te gee of kerk te hou nie. Jou besoek aan hulle is een groot lewensklas\nen elke gesprek \u2018n preekstoel. Jou diepste doel met dit alles is om elkeen van\nhulle te bring tot \u2018n persoonlike verhouding met Jesus Christus en niks anders\nnie. Doop, kerklidmaatskap en nagmaal vloei natuurlik daaruit voort, maar\nmoenie die kar voor die perde inspan deur so gou as moontlik kits-Christene te\nmaak ter wille van getalle nie. Dit is baie maklik om 100 mense onder \u2018n boom bymekaar\nte maak en vir hulle te s\u00ea dat hulle nou lidmate van jou demoninasie is. So het\nbaie sinkritistiese kerke ontstaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Met ons uitreik verlede week het ek en my ouderling baie rede gehad tot\ndankbaarheid. Toe ons daar kom was die mense besonder bly om ons te sien. My\nouderling het Saterdag aan my toe ons terugry opgemerk dat \u2018n mens kan nie glo\ndat dit dieselfde mense is wat ons \u2018n paar jaar gelede hier ontmoet het nie.\nDit voel soos gister toe almal ons nog met agterdog beje\u00ebn het, maar nou is\nhulle ons vriende. Ons het vir hulle Bybelstudies in die oopte gehou en almal\nwas gretig en dankbaar oor die klankbybeltjies. Ons kon indringende gesprekke\nmet hulle voer. Wat my veral be\u00efndruk het was twee mense in die groep. Een van\nhulle is die plaaslike polisieman, in sy dertigs. Voorheen was hy stil en\nteruggetrokke, maar noudat ons hom van nader leer ken het, het hy al hoe meer\nontdooi, soveel so dat hy spontaan na my toe gekom en gevra het of ek nie vir\nhom via whatsapp Bybelstudiemateriaal kan aanstuur nie. Hy sal graag vir die\ngroep Bybelstudies wil aanbied. Hy is ernstig daaroor en wil die\nBybelstudiegroep lewendig hou. Hy wil met elke byeenkoms \u2018n foto oor whatsapp\nstuur. Van my kant af het ek my onderneming gegee om vir hom van tyd tot tyd\nBybelstudies aan te stuur. Op die foto sit hy heel agter regs.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan is daar nog \u2018n man wat ek ontmoet het. N\u00e1 die Bybelstudie het\nek van hom verneem dat hy \u2018n graad het in sosiale wetenskappe aan die\nUniversiteit van Botswana. Ons het gepraat oor hulle Boesmantaal daar wat besig\nis om uit te sterf. Nog net die ouer garde praat die taal. Die kinders praat\nmet mekaar Tswana. Dit is eintlik tragies. Ek weet nie wie hulle oortuig het\ndat Tswana die taal van die toekoms is nie. Van toe af het hulle met hulle\nkinders Tswana begin praat en geglo hulle sal dan ook beter vaar in die skole.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe anders is dit net nie hier in D\u2019kar nie. N\u00earens sal jy\nBoesmankinders hoor Tswana praat nie. Al sou \u2018n Tswana met hulle Tswana praat\nsal hulle hom in Boesman (Naro) terug antwoord. Die Boesmantaal wat hulle daar\nby Mababe praat word Tsiga genoem. Dit is \u2018n Kh\u00f3\u00e8-verwante taal soos Naro, en\nverskil van Naro soos Duits van Afrikaans. Terwyl ons gesels en hy sy kommer\nmet my deel vra ek hom of hy weet wat die beste behoud van \u2018n taal is.\nEenvoudig die Evangelie van Jesus Christus. Onmiddellik het hy met my\nsaamgestem aangesien hy ook \u2018n uitgesproke Christen is. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek hou toe aan hom D\u2019kar as voorbeeld voor. Ons het \u2018n Nuwe Testament in\nNaro. Met die Ou Testament is al ver gevorder. Daarmee saam moes baie dinge in\nplek val, \u2018n ortografie, woordeboek ensomeer, maar bo alles waar Jesus Christus\nverkondig word, word mense vry om hulleself in Christus te wees. Dit alles het\nin plek geval na jare se Evangelieverkondiging. Ons het nou al so ver gevorder\ndat die regering vir Naro die groen lig gegee het om in die skool as vak\naangebied te word. Die afgelope paar jaar al het die regering Boesmantolke in\ndie skole aangestel om die kinders te help om die werk te verstaan. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is nog nie te laat om te begin nie. Ek het voorgestel dat hy met die\n\u2018Naro Language Team\u2019 in D\u2019kar kontak maak. Aangesien Tsiga ook \u2018n Kh\u00f3\u00e8taal is, behoort die\nortografie nie veel van mekaar te verskil van Naro s\u2019n nie. Die volgende m\u00f4re\nhet ek hom weer gaan opsoek. Ek het hom gevra of hy nie dalk belangstel om as\npredikant opgelei te word nie, want ons het \u2018n kerk in Suid-Afrika wat bereid\nis om vir iemand se studies te betaal. Hy stel egter meer in Bybelvertaling\nbelang en dit sy wens is om die Bybel in sy taal te vertaal. Daarna het hy ges\u00ea\ndat hy van tyd tot tyd Gaborone toe gaan, maar wanneer hy in Mababe is, is hy\nmeer as bereid om die Bybelstudies aan te bied. Ek moet net vir hom die Bybelstudiemateriaal\nstuur, en hy het my sy eposadres gegee.<\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende oggend n\u00e1 ons oggendbybelstudie het ons vertrek na Motopi toe.\nDie mense in Mababe was baiedankbaar oor hulle klankbybeltjies. Een van hulle\nhet met groot opgewondenheid vertel waarna hy gister geluister het. Ons het\nhulle aangemoedig om Genesis en Johannes deur te luister. As ons weer kom gaan\nons daaroor praat. Hulle kan maar oor en oor na die boeke luister.<\/p>\n\n\n\n<p>In Maun het tannie Dorette aangebied dat ons die aand daar by haar oor\nte slaap, maar my ouderling, Frits en een van ons lidmate, Abdul, het gevoel om\neerder op die kerkerf in Motopi te gaan kamp opslaan.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Motopi-June-21.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-896\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Motopi-June-21.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Motopi-June-21-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/Motopi-June-21-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Die Sondag het ek die diens daar waarneem en die woorde van Dawid in Psalm\n37 het hulle nogal baie aangespreek. In Psalm 37:25 s\u00ea Dawid: \u201cEk was jonk, ook\nhet ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy\nnageslag brood soek nie.\u201d Dit het ons voor die vraag gebring: Wat beteken regverdig\nwees? Dawid self het baie sondes gehad, en niemand is voor God regverdig nie.\nIn Psalm 51:7 erken Dawid self dat hy in sondes ontvang en gebore is. Wanneer\njy regverdig is staan jy tog sonder blaam voor die Here. Jou sondes is dan vergewe.\nHoe was dit moontlik in daardie tyd? Hoe kon \u2018n mens regverdig voor God staan? In\ndie Ou Testament moes jy in jou diepe berou soos Dawid \u2018n offer vir die Here bring.\nDit is al hoe jy jou saak met die Here kon regmaak om as regverdige voor Hom te\nkon staan. Berou oor jou sondes was van kardinale belang. Psalm 51:19 s\u00ea Dawid:\n\u201cDie offers van God is \u2018n gebroke gees; \u2018n gebroke en verslae hart sal U, o\nGod,&nbsp; nie verag nie!\u201d Dan breek die tyd\nvan die Nuwe Testament aan en berou is nogsteeds van kardinale belang, en al\ndie offers van die Ou Testament word dan rigtingwysers na die finale offer van\nons Here Jesus Christus. Die voorbeeld van die tollenaar en die Farise\u00ebr is aan\nhulle voorgehou en die tollenaar wat in diepe berou dat die Here hom as sondaar\ngenadig sal wees. Na sy gebed staan daar kon hy as regverdige huis toe stap. Sy\nsaak met die Here was reg. Hy was regverdig. Van so \u2018n regverdige belowe die\nHere dan in Psalm 37 dat Hy hom nooit sal verlaat nie. Die Tswanavertaling lui,\ndat selfs sy kinders nie vir kos sal bedel nie. Dit het ons almal voor die\nvraag gebring: \u201cHoe staan ons voor die Here? Is ons ellende nie dalk te wyte\naan die feit dat die Here ons nie volgens Psalm 37:25 as regverdiges kan ag\nnie?\u201d Ons maak die regte kerklike geluide, gedoop, belydenis van geloof afgel\u00ea,\ngaan gereeld kerk toe, maar ons het nog nooit werklik in diepe berou oor ons\nsondes na die Here toe gegaan nie. Baie eenvoudig het ek dit aan hulle\nverduidelik. N\u00e1 die erediens het \u2018n vrou haar waardering uitgespreek en ges\u00ea dat sy baie geleer\nhet uit die preek.<\/p>\n\n\n\n<p>Sondagaand het Hendrik, \u2018n plaaslike inwoner van Motopi en sy vrou vir\nons kom kuier. Vir jare het hy nie meer kerk toe gekom nie. Op \u2018n stadium het\nons hom oorweeg vir ouderling, maar ongelukkig het die verhouding tussen hom en\nsy vorige vrou skipbreuk gely. Hy is nou weer van voorneme om terug te kom kerk\ntoe.<\/p>\n\n\n\n<p>Na \u2018n bedrywige week het ons die volgende dag die pad terug huis toe\naangedurf. Ons vurige gebed is dat die Here Mababe en Motopi sal se\u00ebn as \u2018n lig\nin daardie donker deel van Botswana. My grootste uitdaging tans is nie net om\nhulle te besoek nie, maar ook om aan hulle leermateriaal te verskaf wat hulle\nkan gebruik al is ek nie daar nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Groete en se\u00ebnwense, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was \u2018n bestiering Deur die genade van die Here was ons uitreik na Mababe en Motopi baie geslaagd. Ons het Woensdag, 9 Junie van D\u2019Kar af vertrek. N\u00e1 \u2018n<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":894,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/891"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=891"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/891\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":897,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/891\/revisions\/897"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/894"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=891"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=891"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=891"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}