{"id":905,"date":"2021-07-05T12:19:30","date_gmt":"2021-07-05T10:19:30","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=905"},"modified":"2021-07-05T12:19:31","modified_gmt":"2021-07-05T10:19:31","slug":"bere-uitreik-die-24-28-junie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=905","title":{"rendered":"Bere uitreik, die 24-28 Junie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik Du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>Vir die wat nie weet nie, Bere is ongeveer 200 kilometer van D\u2019kar af.\nGantsi is 40 km van D\u2019kar af. Die afdraai na Bere op die A1 is 134 kilometer\nvan Gantsi af. Bere is 15 kilometer van die afdraai af waar dit grondpad is.<\/p>\n\n\n\n<p>Bere is \u2018n gemeenskap met baie mense vasgevang in die greep van alkohol.\nAs jy sendingwerk wil doen onder mense wat nie baie probleme het nie, goed\ngeskoold is, ambisieus en met baie potensiaal, moet jy nie Bere toe gaan nie.\nBaie mense doen stukwerk vir die regering. Hulle noem dit \u201cdrought\u201d. Hulle word\ngehuur om vullis op te tel en takies vir die regering te verrig. Net \u2018n beperkte\ngroep mense kan maandeliks gehuur word. As jy hierdie maand in diens was, kan\njy nie volgende maand weer in diens geneem word nie. Dan moet daar vir iemand\nanders \u2018n geleentheid gegee word. Hulle werk vannaf 8 uur soggens tot een uur\nnamiddag. Die betaling is P500 per maand. Maar o wee, wanneer hulle hulle geld\nkry is dit \u2018n uitgemaakte saak waar hulle dit gaan spandeer. Dit is baie\ntragies. Hierdie regeringshulp word in alle nedersettings en dorpies in\nBotswana aangetref.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/bere.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-906\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/bere.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/bere-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/bere-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Toe ons Donderdagmiddag laat daar aankom, het ons hier en daar bekendes\ngaan groet. Een van hulle is die plaaslike hoofman wat seker nou al \u2018n jaar lank\ndie pos beklee. Baie gou wou een van die ander weet of die klankbybeltjies al\ngekom het. Ons het daarna so om en by \u2018n kilometer buite die dorp gaan kamp\nopslaan. Die volgende oggend toe ons so met die pad afkyk, kom daar \u2018n groep\nmense aangestap om van die eerstes te wees om so \u2018n Bybeltjie te ontvang. My\nantwoord aan hulle was om 4 uur weer te kom, want dan beplan ek \u2018n groot Bybelstudie.\nHulle beswaar was dat die Bybeltjies te min gaan wees en hulle wat nou eerste\ngekom het weer agter in die ry gaan wees soos die vorige keer. My voorstel aan\nhulle was dat ek \u2018n groepsfoto van hulle sal neem sodat hulle die middag na ons\nBybelstudie voorkeur kan geniet. Daarmee was hulle tevrede. <\/p>\n\n\n\n<p>Die middag hier teen vier uur het die mense aangestap gekom. Die wat die\noggend daar was en op die foto hierbo, was eenkant laat staan. Geen kansvatters\nwas toegelaat nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Bybelstudie-bere.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-907\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Bybelstudie-bere.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Bybelstudie-bere-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Bybelstudie-bere-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Bybelstudie Bere<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Toe almal min of meer teenwoordig was kon ons met die Bybelstudie begin.\nNatuurlik kon nie almal Bybels kry nie, maar hulle wou gretig weet wanneer ons\nweer kom. N\u00e1 die tyd het almal daar weggestap met hulle Bybeltjies aangeskakel, en\nwas hulle opgewonde en dankbaar om die Evangelie in hulle eie taal te hoor.<\/p>\n\n\n\n<p>Op die volgende foto kan gesien word hoe daar nog steeds mense uit die\nbosse aangestap kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende dag was dit wonderlik om mense te sien wat na hulle Bybelradiotjies\nluister. Een van die hoofmanne kon vir my in detail vertel waarna hy geluister\nhet. Hy was besig om na die Qg\u00f5o weergawe van Lukas te luister. Hulle luister\ndaarna asof dit die eerste keer is dat hulle die Bybel hoor. Tog is dit so,\nwant as jy nie kan lees nie wie sal vir jou lees, of wie sal elke keer tyd h\u00ea\nom vir jou te lees.<\/p>\n\n\n\n<p>Na baie besoeke en gesprekke kon ons Maandag vergenoegd daar weg ry. Ons\nkon die Woord van die Here in hulle midde agterlaat, en die Woord van die Here\nis lewendig en kragtig om die hardste hart te laat verkrummel. Waar iemand die\nWoord van die Here hoor, d\u00e1\u00e1r werk die Heilige Gees. Ons vra u intense\nvoorbidding vir die mense van Bere. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons het Bere geteiken nie omdat daar sulke mooi en pragtige mense is nie,\nen ook nie omdat daar soveel moontlikhede is nie maar omdat hulle drenkelinge\nis. Wie behalwe \u2018n dwaas sal die geskree van drenkelinge verontagsaam en meer\naandag gee aan hulle op die strand. Net die Evangelie van ons Here Jesus kan\nhulle red. Ons innige gebed is dat die Here die Evangelie daar soos \u2018n lig sal\nlaat skyn vir die Westelike deel van Botswana. <\/p>\n\n\n\n<p>Naas die klankbybeltjies is dit my voorneme en is ek tans daarmee besig om\nsoos met Mababe en Motopi Bybelstudies voor te berei om via slimfoon aan hulle\nbeskikbaar te stel. Bere is bo Motopi en Mababe bevoorreg met \u2018n 4G+\ninternetverbinding. Al drie ons hoofmanne daar het slimfone wat dit vir my baie\nmakliker maak. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons vra u vir u voortdurende voorbidding vir die mense van Bere. <\/p>\n\n\n\n<p>Groete en se\u00ebnwense in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik Du Plessis Vir die wat nie weet nie, Bere is ongeveer 200 kilometer van D\u2019kar af. Gantsi is 40 km van D\u2019kar af. Die afdraai na Bere op<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":907,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/905"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=905"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/905\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":908,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/905\/revisions\/908"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/907"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=905"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=905"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=905"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}