{"id":922,"date":"2021-08-22T20:02:48","date_gmt":"2021-08-22T18:02:48","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=922"},"modified":"2021-08-22T20:02:49","modified_gmt":"2021-08-22T18:02:49","slug":"mababe-en-motopi-uitreik-12-27-julie-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=922","title":{"rendered":"Mababe en Motopi uitreik 12 &#8211; 27 Julie 2021"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Frits<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ek het hom nog Sondagmiddag, 4 Julie, voor my vertrek na Mababe, gaan\nbesoek. Tydens my besoek aan hom het ek ernstig met hom gepraat en gewaarsku\ndat hy baie blootgestel is aan Covid-19 omdat daar baie kinders en kleinkinders\nop sy werf woon. Hulle tel die virus by die skool of waar ookal op en kom steek\ndie mense op sy werf aan. \u201cFrits, soos jy weet is daar nou \u2018n drastiese toename\nvan Covid-19 in die omgewing. Ek is bereid om jou na jou veepos te neem op my\neie onkoste.\u201d Ons het toe ooreengekom dat ek hom die Maandagoggend 9 uur sou\nwegneem na sy veepos. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"778\" height=\"944\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Frits-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-923\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Frits-1.jpg 778w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Frits-1-247x300.jpg 247w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Frits-1-768x932.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 778px) 100vw, 778px\" \/><figcaption>Elder Fritz<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Die volgende oggend skakel hy my en vra of ons nie \u2018n bietjie kan wag\nnie, want gerugte doen die rondte dat dieentstof op pad is, en ons een of ander tyd daardie week inge\u00ebnt kan word.\nEk skakel toe vir suster Thupe, die verpleegsuster van Gantsi, om te hoor of\ndie entstof al gekom het. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit het nog nie gekom nie maar sy belowe om te laat weet sodra dit daar\nis. Dinsdagoggend laat weet sy dat die entstof gekom het en dat ons\nWoensdagoggend kan gaan vir die Sinovac inenting.<\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende oggend moes ons eers na die \u201chospice\u201d in Gantsi toe gaan om\ngetoets te word of ons nie dalk die virus al onderlede het nie. Daar aangekom\nmoes ons in \u2018n lang ry wag tot dit ons beurt is. Miriam (my vrou) was ook saam\nmet ons. Sy het op haar eie gekom. Ons plan was om saam inge\u00ebnt te word. Van daar\naf is ons toe na die gemeenskapsaal vir die inentings. Kort nadat Miriam inge\u00ebnt\nis, het sy erge hartkloppings begin kry en erg duiselig gevoel. Frits en ek het\nsaam met haar gewag tot die simptome begin bedaar voordat ons weer die 40 km\nterug D\u2019kar toe aangepak het. So kon ons agter haar aanry om seker te maak sy het\nveilig tuis gekom. <\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende dag skakel ek toe vir Frits om te hoor hoe laat ek hom kan gaan\noplaai om hom weg te bring na sy veepos toe. Tot my skok antwoord hy dat sy\ndogter, Dinah, wat op Clareo hier naby D\u2019kar, vir die voorskoolse kinders skool\nhou, Covid-19 opgedoen het. Sy is pas positief getoets en die kliniek op D\u2019kar\nhet hulle gelas dat hulle n\u00earens heen mag gaan nie sodat almal op die werf getoets\nkan word. Hulle sou die volgende dag, Vrydag, kom, wat toe nie gebeur het nie\nen tot die Maandag uitgestel is. <\/p>\n\n\n\n<p>Maandag, 12 Julie, vertrek ek, Abdul en Johannes, sy seun, na Mababe toe.\nHierdie keer kon Frits ongelukkig nie saam gaan nie. Op pad na Mababe het ek\ndeurentyd met Frits kontak behou. Uiteindelik het die kliniek gekom en agt lede\nvan sy gesin het positief getoets, Frits inkluis. Van toe af het ek Frits elke\ndag geskakel tot Vrydag die 16de. Sondag die 18de, het ek weer die namiddag\ngeskakel. Sy dogter antwoord toe die foon en s\u00ea dat Frits swaar asemhaal. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/abdul-1-683x1024.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-924\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/abdul-1-683x1024.png 683w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/abdul-1-200x300.png 200w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/abdul-1.png 696w\" sizes=\"(max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption>Abdul &amp; son Johannes<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Ek skakel toe dadelik die kliniek in D\u2019kar en vra dat hulle tog die\nambulans so gou as moontlik na Frits toe moet stuur. Hy het probleme. Nie lank\ndaarna nie het hulle hom by sy huis gaan oplaai. Hy het nog self probeer\nopklim, maar hulle moes hom ophelp omdat hy reeds so swak was. Die aand toe ek\nsy dogter skakel hoor ek hoe sy aan die anderkant hartstogtelik huil. Die\nambulansman het nou net die boodskap gebring dat Frits dit nie gemaak het nie.\nEk kon dit glo nie. Sy huisgenote, natuurlik onkundig, het nie agterkom dat hulle\npa se toestand vererger nie. Vir my was dit nie maklik nie, maar \u2018n geweldige\ngroot skok. Vir 20 jaar was ek en Frits onafskeidbaar. As daar nou iemand was wat\naltyd getrou sy masker opgehad het, dan was dit Frits, maar teen sy kinders en\nkleinkinders was hy nie bestand nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \n<strong>Mababe<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Soos ek ges\u00ea het, het Abdul en Johannes, sy seun, my vergesel na Mababe\nen Motopi. Abdul het \u2018n jaar gelede hier by ons in D\u2019kar belydenis van geloof\nafgel\u00ea. Vir hom is dit baie belangrik om sy seuns saam te neem, om hulle bloot te\nstel aan die Evangelie. &nbsp;Hy\nwil vreeslik graag h\u00ea hulle moet betrokke raak by die kerk. Self het hulle nog\nnie belydenis van geloof afgel\u00ea of die dienste bygewoon nie, en is die\nChristelike gesprekke rondom die kampvuur vir Abdul wat sy kinders aanbetref baie\nbelangrik. By \u2018n vorige geleentheid was dit Xgaiga, sy ander seun, wat saam was\nBere toe en daarna Johannes. Met die afgelope Mababe en Motopi uitreik was dit weer\nJohannes wat nie kon wag om saam te gaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons was vir twee weke in Mababe waar ons gereeld Bybelstudies kon hou.\nWanneer ons bymekaarkom laat dit my baie dink aan die huisgemeentes in die tyd\nvan die Nuwe Testament. Daar was toe nog geen kerke soos ons dit vandag ken nie.\nIn 1 Korinthi\u00ebrs 16:19 s\u00ea Paulus: \u201cDie gemeentes van die provinsie Asi\u00eb stuur\nvir julle groete, van Akwila en Priscilla en ook van die gemeente wat gereeld in\nhulle huis bymekaarkom: baie groete in die Here.\u201d In Romeine 16:5 s\u00ea\nPaulus: \u201cGroete ook aan die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom.\u201d\nIn Kolossense 4:15 s\u00ea Paulus: \u201cDra my groete oor aan die gelowiges in Laodisea\nen aan Nimfa en die gemeente wat gereeld in haar huis bymekaarkom.\u201d In\nFilemon vers 1 en 2 s\u00ea Paulus: \u201c<sup>1<\/sup>Van Paulus, \u2018n gevangene ter wille\nvan Christus Jesus, en van ons broer Timoteus. Aan Filemon, ons vriend en\nmedewerker, <sup>2<\/sup>en aan ons suster Affia en aan Argippus, ons\nmedestryder, en aan die gemeente wat gereeld in jou huis bymekaarkom. <sup>3<\/sup>Genade\nen vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus.\u201d Dit s\u00ea vir\nons dat huisgemeentes \u2018n algemene verskynsel in die tyd van die Nuwe Testament was.\nDit is bemoedigend om te weet dat tot die apostels klein begin het, en\ngemeentes gehad het wat in huise ontstaan het. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Idea<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nDie man by wie ons elke keer tuisgaan en wat uit sy\npad uitgegaan het om ons te nooi en te ontvang sedert 2017, se naam is Idea.\nHoe hy as Boesman aan die naam gekom het, weet ek nie. Hy is \u2018n baie dinamiese\npersoon en deur sy toedoen het ons nou al \u2018n groot erf van die regering gekry\nwaarop ons later as die Here se wil daarby is, \u2018n kerk of \u2018n struktuur kan oprig.\nHy het \u2018n boek waarin hy almal se name neerskryf wat Bybels ontvang. Sy vrou\ndoen vir hom die skryfwerk. In die twee weke daar kon ons twee keer die dorpie,\nSankoyo, besoek en een keer Khwai. Die vreugde en opgewondenheid wanneer jy vir\nmense die klankbybeltjies gee tref jou elke keer opnuut. Volgens Idea gaan die\nklankbybels nog baie mense tot inkeer bring. Dit is asof hulle nou vir die\neerste keer die Woord hoor. <\/p>\n\n\n\n<p>In ons tyd daar het \u2018n regeringsvoertuig by ons stilgehou. Een van die\nmans het hom aan ons voorgestel as die \u201ccouncil secretary\u201d van Maun. Sy naam is\nLets. Hy het my uitgevra oor die werk wat ons doen en of ons in Maun ook\nbetrokke kan raak. My antwoord aan hom was dat ons orals\nbetrokke kan raak afhangende van die fondse wat ons inkry. <\/p>\n\n\n\n<p>Hy het my nommer gevra en ek het intussen skoon van hom vergeet tot hy\nmy gister uit die bloute skakel om te\nhoor wanneer ons weer Mababe toe gaan. Hy\nsal graag wil h\u00ea dat ons die \u201ccouncil chairman\u201d van Maun ontmoet. Daardie man s\u00ea hy vergesel die president oral wanneer hy in die\nomgewing is. As hy te hore kom van die mooi werk \n \n \nwat ons doen gaan die president beslis daarvan te hore\nkom, en hy het sy opregte waardering\nuitgespreek oor dit wat ons daar doen.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Mababe-stand-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-925\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Mababe-stand-1.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Mababe-stand-1-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Mababe-stand-1-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>Kerk se grond pale geplant<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n&nbsp;Tydens ons verblyf op Mababe was\nons ook fisies bedrywig met die kap van pale. Idea het aanvanklik voorgestel dat\nons mense moet huur om vir ons die 40 mopaniepale te kap. &nbsp;My voorstel was: \u201cIdea, daar is niks verkeerd\nmet ons hande nie, ons kan mos self die pale kap, ek en Abdul en Johannes.\u201d Ek\nmoet s\u00ea, behalwe vir die blase was dit baie goeie oefening. Op die ou end kon\nons 35 jong mopaniebome afkap, goeie pale vir die kerkerf. Nou benodig ons net\ndie draad vir die omheining. Die vraag kom dan\nonwillekeurig by \u2018n mens op, wat gaan ons doen wat die olifante aanbetref. Die enigste is om maar die heinings van tyd tot tyd te herstel. Die mense daar het verlief geneem met die feit dat hulle hul heinings\nvan tyd tot tyd moet herstel. Daar\nis tye wanneer die olifante oor die draad loop maar wanneer hulle die draad\nbreek moet &#8216;n mens dit maar herstel tensy &#8216;n mens elektriese kontrepsie kan kry\nwat hulle skok as hulle daaraan raak.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/idea-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-926\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/idea-1.png 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/idea-1-300x225.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/idea-1-768x576.png 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption>N Lys van mense wat bybels ontvang het word aangeteken.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Idea, soos ek ges\u00ea het is &#8216;n baie dinamiese persoon, en is\nbaie ernstig dat ons &nbsp;\u2018n permanente kerk in Mababe moet vestig wat al die omliggende dorpies\nbedien. Nou-die-dag wou hy by my weet of ons nie \u2018n volgende keer\nna sy ander familie in Kasane kan gaan sodat hulle ook daar die Woord van die Here kan hoor nie. Dit is so\nongeveer 600 kilometer deur die wildernis.<\/p>\n\n\n\n<p>\n \n \nDie tyd in Mababe het vinnig verbygegaan, maar ook stadig, veral die\nnagte. Een nag het sewe leeus ons tente kom besoek. Ek kon die een naby my kop hoor\nverbyloop. &nbsp;By Abdul en sy seun se tent het hulle\ngesnuffel en die een het met sy nael aan die tent gekrap. Abdul het toe so fyn gefluit\nsoos \u2018n mamba wat kwaad is. Mense wat al met &#8216;n erg\nomgekrapte mamba te doen gekry het sal weet dat hy so \u2018n skril fluitgeluid\nmaak. Die leeus het ons toe daarna met rus gelaat. Volgens Abdul is leeus baie\nbang vir mambas en \u2018n mamba se bekende fluit as hy kwaad is ken hulle baie\ngoed. Van toe af het ons maar baie lig geslaap in die aande. &nbsp;Abdul s\u00ea, hy\nhet eenkeer in die veld &#8216;n\nmamba so hoor aankom. Hy het hom tussen die mamba en sy gat bevind. Dan, s\u00ea hy, is &#8216;n mamba op sy gevaarlikste. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"332\" height=\"443\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Lion-spoor-mababe-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-927\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Lion-spoor-mababe-1.png 332w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Lion-spoor-mababe-1-225x300.png 225w\" sizes=\"(max-width: 332px) 100vw, 332px\" \/><figcaption>Leeuw spore by tent<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Na\ntwee weke in Mababe wou ons teruggaan huistoe, maar ons kon nie reispermitte\nkry nie. Intussen is Frits Sondagoggend\nbegrawe. Ons het toe besluit om die Maandag\nte ry Maun toe, waar ons by die DC &nbsp;(Districts Commissioner) sal gaan vra vir \u2018n\nspesiale vergunning. Die DC kon ons ongelukkig nie help nie, want dit is\ndringende inperkingsmaatre\u00ebls wat die president self\ningestel het. <\/p>\n\n\n\n<p>Die Maandagaand het ons toe op Motopi gaan slaap. \n \n \nDaar het ons lank met Gift gesels. Hy is \u2018n Zimbabwi\u00ebr,\nwat al vir jare tannie Dorette se regterhand op Motopi is. Noudat tannie\nDorette nie meer gereeld Motopi toe kan gaan nie, is dit hy wat die dienste Sondae\ndaar behartig. Ek het tannie Dorette toe geskakel en gevra of dit nie nou die\nregte tyd is om Gift as ouderling te bevestig nie, siende dat hy nou-die-dag aansoek\ngedoen het vir burgerskap in Botswana en dat sy Tswana deur die jare al baie\nverbeter het. Tannie Dorette het gedink dit is \u2018n baie goeie idee as hy bereid\nis. Ek het dit toe met Gift bespreek wat baie opgewonde was oor die voorstel en\nons verseker het dat hy beslis geroepe voel om vir die Here te werk. Die rede waarom ons dit in die verlede maar uitgestel het was\nomdat daar nog altyd \u2018n swaard oor sy kop gehang het dat hy enige oomblik uit\ndie land gesit kan word.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Gift-motopi-1-768x1024.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-928\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Gift-motopi-1-768x1024.png 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Gift-motopi-1-225x300.png 225w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Gift-motopi-1.png 810w\" sizes=\"(max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption>Gift van Motopi<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Die volgende oggend was ons steeds baie onseker hoe ons terug sal kan gaan D\u2019kar toe. Dit het ons op die plan gebring om langs die ou Heinevelddraad\naf te ry. Die olifante het die draad daar baie plat getrap. Van Makalamabedi af\nis dit oor die 200 km op \u2018n tweespoorpad. Die aand het ons langs die pad\ngeslaap, ek agter op die bakkie en Abdul en Johannes voor in die bakkie. Hulle\nsou oor my die wag hou, omdat die leeus daar volop is. Dit het hulle my belowe.\nEk dink eerder hulle was te bang om buite te slaap. Ek moet s\u00ea, ek het lanklaas so koud en ongemaklik geslaap. Die koue kom\nvan oral af in. Die volgende dag het hulle ons gelukkig by die Tsaohek na die Ghanzidistrik\ndeurgelaat. Die Tsaohek is een van die hekke na die Sentraal-Kalahari wildtuin.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om af te sluit<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Drie dae gelede het Idea my\ngeskakel met die slegte nuus dat tien van hulle nou positief getoets het vir\ndie koronavirus, hy inkluis. Van ons naaste apteek hier in Gantsi het ek\nverneem van &#8216;n fonds wat gestig is om mense wat dit nie kan bekostig nie van\nmedikasie te voorsien. Ek het die apteek gekontak en\nhulle kon my help met medisyne vir Idea en sy vrou (Ada). U voorbidding word gevra vir hierdie familie wat nou deur &#8216;n moeilike\ntyd gaan. Omdat daar nou weer streng\ninperkingsre\u00eblings ingestel is en ons nie oor sones heen mag gaan nie, het ek\nmet hulle skoonseun gere\u00ebl om my by die bek-en-klouhek, Kuke, te ontmoet. Ongelukkig kon hy nie sy belofte nakom nie en moes\nek \u2018n ander plan maak om die medisyne Maun toe te stuur waar Idea iemand sal stuur\nom dit te gaan ophaal.<\/p>\n\n\n\n<p>Die groot geheim met hierdie siekte is om dit so gou as moontlik te\nbehandel. Dit het ons met Frits gesien. Die groot gevaar is, jy kom nie agter jou suurstofvlakke begin\ndaal nie. Omdat die staat se klinieke\nso swak toegerus is, laat dit ons ou mense baie weerloos. Tot op hede, s\u00ea Idea het die kliniek daar in Mababe hulle nog van geen medisyne voorsien nie. Hulle sal\nhulle glo weer Maandag besoek. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons bid dat die Here ons in hierdie tyd die nodige wysheid sal gee. <\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroer in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Frits Ek het hom nog Sondagmiddag, 4 Julie, voor my vertrek na Mababe, gaan besoek. Tydens my besoek aan hom het ek ernstig met hom gepraat<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":915,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=922"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":929,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922\/revisions\/929"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/915"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}