{"id":931,"date":"2021-09-06T20:13:19","date_gmt":"2021-09-06T18:13:19","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=931"},"modified":"2021-09-06T20:13:20","modified_gmt":"2021-09-06T18:13:20","slug":"abdul-se-groot-beswaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=931","title":{"rendered":"Abdul se groot beswaar"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>\u201cEn julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.\u201d (Johannes 8:32)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"900\" height=\"674\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Abdul.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-932\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Abdul.jpg 900w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Abdul-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/Abdul-768x575.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 900px) 100vw, 900px\" \/><figcaption>Abdul van D&#8217;Kar<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>\n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nHoogsbeswaard het Abdul onlangs na my toe gekom: \u201cHendrik, julle het \u2018n\ngroot fout gemaak. Hoe kon jy en Cg\u2019ase noudat sy vrou oorlede is, saam Gantsi\ntoe gaan. Volgens ons tradisie moet hy tot met die begrafnis, die heeltyd by sy\nhuis bly. Hy mag onder geen omstandigheide rondbeweeg nie. Ek het toe julle\nteruggekom het jou bakkie se sitplekke spesiaal met warm water gaan was dat\njulle nie moet doodgaan nie, en nou wil jy alweer saam met hom Gantsi toe gaan.\nDit is baie gevaarlik want daar is onheile wat julle gaan tref.\u201d Ek het rustig\nna hom gestaan en luister en vir hom gewag om te bedaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Abdul,\nsoos ek in my vorige verslae melding gemaak het, het ongeveer \u2018n jaar gelede\nbelydenis van geloof afgel\u00ea. Hy het my nou al op \u2018n hele paar uitreike\nvergesel, ook saam met my en Frits, wat verlede maand oorlede is aan Covid 19. Ek\nsien hom nog as \u2018n kind in die geloof. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nhet hom al oorweeg vir diaken, maar dan dink \u2018n mens aan die woorde van Paulus\nom nie nuwelinge te gou in \u2018n opsienersamp te bevestig nie (1 Timotheus 3:6).\nTerwyl hy saam met my op die uitreike gaan, is dit vir hom goeie blootstelling,\nnie net aan die Evangelie self nie, maar ook aan die bediening daarvan en goeie\nvoorbereiding vir die ampswerk van \u2018n diaken.<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat\nhy ietwat bedaar het, s\u00ea ek\ntoe vir hom: \u201cAbdul, kan jy onthou waaroor ek en jy so twee jaar gelede gesels\nhet. Ons het daar gestaan, en ek beduie na die plek. Ek het vir jou daar twee\nsirkels op die grond getrek en vir jou ges\u00ea daar is twee krale in hierdie\nw\u00eareld. Die een kraal is die Here Jesus se skaapkraal en die skape wat aan Hom\nbehoort luister na sy stem (Johannes 10), want hulle behoort aan Hom, en\nniemand kan hulle uit sy hand uitruk nie. Dan is daar nog \u2018n kraal, die duiwel\nse kraal, vol bygelowe en toordery. Daar toor hulle mekaar en hulle haat mekaar\nen in daardie kraal geld die re\u00ebls waarvan jy nou praat. As jy in daardie kraal\nis, stem ek met jou heeltemal saam, dan moet jy baie bang wees vir al hierdie\nonheile wat jou kan tref. Ek weet nie wat jou aanbetref nie maar wat my\naanbetref, ek is nie in daardie kraal nie en ek weet wie my Herder is en dat\nniks met my kan gebeur sonder Sy wil nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Abdul\ns\u00ea toe:\n\u201cJa, maar dit is ons tradisie, jy kan vir enigiemand vra. Skakel nou vir Aron\nen hy sal vir jou vertel dat dit so is.\u201d Aron is een van ons ouderlinge. Op pad\nGantsi toe het Abdul vir Ben (ook \u2018n ouderling in ons kerk), geskakel en het hy\nvir Abdul probeer verduidelik dat dit \u2018n ou Kgalagadi bygeloof is. In Gantsi\nhet ons vir Aron raakgeloop en Abdul kon nie wag om vir Aron by die gesprek te\nbetrek nie, met die hoop dat Aron sy kant sal kies en verdedig. <\/p>\n\n\n\n<p>Aron\nse antwoord in kort aan hom was: \u201cAbdul, die goed waarvan jy nou praat het ons\ngeglo toe ons nog nie Christene was nie. Dit is ou goed wat vir ons geen waarde\nmeer het nie. Nou is ons Christene en heg glad nie meer waarde aan daardie goed\nnie. As jy \u2018n Christen is kan daardie onheile jou nie meer tref nie.\u201d Half\nverle\u00eb het Abdul bes gegee. Aron, \u2018n mede Boesman, was duidelik vir Abdul \u2018n\nsoort van \u2018n kanon of \u2018n laaste woord wat hom tot bedaring gebring het. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nhet my net weereens tot die besef gebring hoe belangrik die individuele gesprek\nin die sending is. In baie gevalle kom dit onbepland en jy kry die geleentheid\nom iemand te konfronteer met die Evangelie, wat my laat dink aan die Woorde van\nons Here Jesus: \u201cEn julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle\nvrymaak.\u201d (Johannes 8:32) Waar die lig van die waarheid van die Evangelie nie\nskyn nie, daar neem vrees oor vir allerhande onheile. Dit is trouens hoe \u2018n\nkultus werk. \u2018n Kultus gebruik vrees as gom om sy lede bymekaar te hou.\nDaarteenoor word ons deur liefde aan Christus gebind. <\/p>\n\n\n\n<p>U\nvoorbidding word gevra vir Abdul en sy huisgesin en ook vir ons gesprekke\nrondom die Bybel en tydens ons uitreike rondom die kampvuur. Abdul het sy ma\nverloor toe hy maar \u2018n kind was. Sy ma was \u2018n Qg\u00f5o-Boesman van Khagcae naby\nBere en sy pa \u2018n Naro. Een nag het \u2018n mamba in hulle hut ingeseil en sy ma\ngepik. Hulle kon ongelukkig niks vir haar doen nie, en hy het by sy pa groot\ngeword. Abdul is&nbsp; \u2018n gereelde kerkganger\nvoor en sedert hy belydenis van geloof afgel\u00ea het en is dit sy vurige begeerte\ndat sy gesin hom daarin sal volg.<\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroer in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEn julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.\u201d (Johannes 8:32) Hoogsbeswaard het Abdul onlangs na my toe gekom: \u201cHendrik, julle het \u2018n groot fout gemaak. Hoe<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":933,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/931"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=931"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/931\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":934,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/931\/revisions\/934"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/933"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=931"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=931"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=931"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}