{"id":942,"date":"2021-10-18T09:36:04","date_gmt":"2021-10-18T07:36:04","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=942"},"modified":"2021-10-18T09:36:05","modified_gmt":"2021-10-18T07:36:05","slug":"uitreik-na-bere-9-tot-12-september-21","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=942","title":{"rendered":"Uitreik na Bere \u2013 9 tot 12 September 21"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1000\" height=\"750\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Bere-9th-September-2021-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-943\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Bere-9th-September-2021-1.jpg 1000w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Bere-9th-September-2021-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Bere-9th-September-2021-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Wanneer\nmense soos met die afgelope uitreik in rye aangeloop kom vir Bybels, laat dit\n\u2018n mens dink aan die woorde van ons Here Jesus in Johannes 6:37: \u201cAl wat die\nVader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp\nnie.\u201d Die woord \u201csal\u201d s\u00ea alles. Daar staan\nnie geskryf \u201cmag dalk na my toe kom\u201d nie. Nee, hulle \u201csal na My toe kom.\u201d Dit verstaan ons veral as ons na vers 44 kyk. In\nvers 44 s\u00ea die Here Jesus: \u201cNiemand kan na My toe kom as die Vader wat My\ngestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.\u201d Dit maak\nvan sendingwerk die suksesvolste beroep op aarde. Dit is \u2018n 100 persent\nsuksessyfer, omdat almal wat die Vader aan sy Seun gegee het na sy Seun toe sal\nkom. \n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \nDit is ononderhandelbaar. Dit is \u2018n noodwendigheid. Dit sal en moet\ngebeur, waar jy ookal in die w\u00eareld is. In die hele boek of Evangelie van\nJohannes gaan dit daaroor. Die Vader het \u2018n sekere aantal mense aan sy Seun\ngegee, en dit is onmoontlik dat hulle verlore kan gaan, want niemand kan hulle\nuit sy hand of die hand van sy Vader ruk nie. In Johannes 10:27-29 s\u00ea die Here\nJesus: \u201c<sup>27<\/sup>My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle\nvolg My. <sup>28<\/sup>En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal\nhulle uit my hand ruk nie. <sup>29<\/sup>My Vader wat\nhulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die\nhand van my Vader ruk nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik\nis daar mense wat om die verkeerde redes na die Here Jesus toe gaan, maar hulle\nbehoort dan nie aan die Hom nie. Dit is juis hulle met wie die Here Jesus hier\nin Johannes 6 praat. Gister was hulle die stille getuies van die aangrypendste\nwonderwerk denkbaar toe die Here Jesus die brood en vissies vermeerder het.\nHulle was deel van die skare wat Hom met alle geweld koning wou maak. Met so \u2018n\nbroodkoning sal ons nooit meer honger ly nie. Ons hoef maar net agter Hom aan\nte loop en Hy sal die kos voorsien. Jy hoef ook dan nie weer te werk nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Toe\ndie dissipels daarna na die oorkant toe vaar kon die skare duidelik sien dat die\nHere Jesus nie saam met hulle in die skuit geklim het nie (vers 22). Daardie\nnag het die Here Jesus al lopende op die see by sy dissipels aangesluit. Toe\nhierdie boemelaars, (verwysende na hulle met wie die Here Jesus hier in\nJohannes 6 vanaf vers 25 praat), die volgende dag Hom en sy dissipels n\u00earens\nsien nie, het hulle besluit om Hom aan die oorkant te gaan soek. Miskien is Hy\ndaar. Daar gekom was hulle baie bly om Hom weer te sien (veral as jy honger is\nen dink aan die lekker brood van gister). Jy kan jou voorstel hoe hulle\nafgespreek het om Hom vriendelik te groet sodat Hy tog nie snuf in die neus kry\nnie. Hy moet net nie agterkom waarom hulle Hom eintlik soek nie \u2013 daardie vars\nbrode van gister. So ges\u00ea, so gedaan. In vers 25 vra hulle dan ewe vriendelik:\n\u201cRabbi, wanneer het U hier gekom?\u201d Op hierdie skynheiligheid het die Here Jesus\nonmiddellik gereageer, vers 26: \u201cVoorwaar, voorwaar Ek s\u00ea vir julle, julle soek\nMy nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode ge\u00ebet\nen versadig geword het. <sup>27<\/sup>Moenie werk om die spys wat vergaan nie,\nmaar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle\nsal gee; want Hom het God, die Vader, verse\u00ebl.\u201d Dan probeer hulle met Hom\nredeneer oor Moses en die Manna in die woestyn sodat die gesprek hulle tog na\ndie brood toe kan lei. Vers 30 en 31: \u201c<sup>30<\/sup>En hulle s\u00ea vir Hom: Watter\nteken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U? <sup>31<\/sup>Ons\nvaders het die manna in die woestyn ge\u00ebet, soos geskrywe is: Hy het brood uit\ndie hemel aan hulle gegee om te eet.\u201d Duidelik kan jy sien waarna hulle mik, as\nHy tog maar net weer daardie lekker brood van gister hier vir hulle kan\noptower. Dan verduidelik die Here Jesus dat dit nie Moses was nie, maar sy\nVader wat die ware brood gee, naamlik Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die\nw\u00eareld die lewe gee. Toe hulle sien dat hulle nou niks meer het om weg te steek\nnie, vra hulle Hom sonder om te skroom vir brood. Vers 34: \u201cToe s\u00ea hulle vir\nHom: Here, gee ons altyd hierdie brood.\u201d Wat \u2018n teleurstellende antwoord gee\ndie Here Jesus toe vir hulle: \u201c<sup>35<\/sup> . . . Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger\nkry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.\u201d Dit bring die Here Jesus\ndan by vers 36 en 37: \u201c<sup>36<\/sup>Maar Ek het vir julle ges\u00ea dat julle My\ngesien het, en tog glo julle nie. <sup>37<\/sup>Al\nwat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit\nuitwerp nie.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Wat\nhulle aanbetref het hulle wel gekom, maar om totaal en al die verkeerde redes.\nVolgens vers 44 was hulle toe nie deur die Vader getrek nie, maar deur niks\nanders nie as hulle eie hongerpyne. Daarvan is daar baie voorbeelde in die\nsending, mense wat kerk toe kom of belangstelling toon in die Evangelie, getrek\ndeur hulle eie motiewe, maar nie deur die Vader nie. Dit laat my dink aan \u2018n\nstaaltjie wat ek gehoor het wat hom iewers aan die kus van Afrika afgespeel\nhet. \u2018n Sendeling het Sondag vir Sondag sy kerkie stampvol gekry omdat hy na\ndie tyd aan hulle tabak uitgedeel het. Die tabak het hy by \u2018n skip gekoop wat\nelke Sondagoggend vroeg daar verbygevaar het. Een Sondag het die skip om een of\nander rede nie sy opgewagting gemaak nie. Hy het voor die probleem te staan\ngekom oor hoe hy die slegte nuus aan sy gemeentelede gaan oordra. Die spesifieke\noggend was die kerk soos gewoonlik weer stampvol, en besluit toe om dit voor\ndie tyd af te kondig: \u201cJulle almal het gesien die skip het vanoggend nie soos\ngewoonlik sy opwagting gemaak nie. Ek is baie jammer daaroor. Ek kon dus nie\ntabak koop nie.\u201d Een ou man het toe daar agter met \u2018n gebiedende stemtoon opgestaan\nen ges\u00ea: \u201cPastor, no tobacco, no church.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Al\nhet hulle gekom, glo hulle nie, s\u00ea die Here Jesus, want hulle is op soek na\nhierdie aardse brood, wat \u2018n mens laat dink aan die lensiesop van Esau. Die\nhongerpyne van die hier en die nou moet gestil word (voorspoedsgodsdiens).\nLater in Johannes 6 verlaat die meeste van die Here Jesus se dissipels Hom.\nHulle was op \u2018n stadium 70. In Lukas 10:17 lees ons van hulle, en hier in Johannes\n6 neem hulle aanstoot toe hulle hoor dat die Here Jesus se vlees ge\u00ebet moet\nword en sy bloed gedrink moet word. In vers 55 s\u00ea die Here Jesus: \u201cWant my\nvlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.\u201d Dit was vir hulle net een\nte veel, en dan s\u00ea hulle in vers 60: \u201cHierdie woord is hard, wie kan daarna\nluister?\u201d Vanaf vers 64 staan daar: \u201cMaar daar is sommige van julle wat nie glo\nnie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en\nwie hy was wat Hom sou verraai. <sup>65<\/sup>En Hy s\u00ea: Om hierdie rede het Ek\nvir julle ges\u00ea dat niemand na My toe kan kom\nas dit hom nie deur my Vader gegee is nie. <sup>66<\/sup>Hieroor het baie van sy\ndissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Al\ndie geld in die w\u00eareld sou hulle nie kon oortuig om weer saam met die Here\nJesus rond te beweeg nie. Hoekom nie? Om die eenvoudige rede, hulle behoort nie\naan die Hom nie. Al die redenasies en die oortuigingsvermo\u00eb van die bestes\nonder die geleerdes sal hulle nie in hulle spore kan laat omdraai om die Here\nJesus weer te volg nie. Hoekom nie? Hulle behoort nie aan die Here Jesus nie en\nhulle kan ook nie aan Hom behoort nie, omdat die Vader hulle nie trek en aan sy\nSeun gee nie. Hoe onsuksesvol was dit net nie. Omtrent al sy dissipels het Hom\nverlaat. Nee, inteendeel, hoe suksesvol was dit net nie, want almal wat die\nVader aan Hom gegee het, het toe na Hom toe gegaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou\nonlangs met ons uitreik na Bere, het ons dit weereens beleef. Mense kom van ver\naf aangestap vir \u2018n Bybel. Die\nre\u00ebling is, hulle kry nie \u2018n Bybel alvorens die Evangelie in \u2018n neutedop aan\nhulle verkondig word nie. So het die mense van vroeg af al daar opgedaag. Ons\nis skaars klaar met hierdie groep of die volgende groep daag op. Almal luister\newe aandagtig, en \u2018n mens laat dit aan die Vader oor, want dit is Hy wat trek\nen aan sy Seun gee, en hulle sal na Hom toe\nkom, en Hy sal hom wat na Hom toe kom nooit uitwerp nie. Dit gebeur nie altyd\newe vinnig nie. Jy plant vandag \u2018n saadjie en die Here bepaal wanneer dit sal\nontkiem. Ons verneem van die kerkvader Augustinus wat vir jare lank \u2018n\nonsedelike lewe gelei het en sy ma hom voortdurend in gebed aan die Here\nopgedra het, tot op \u2018n bepaalde tyd deur die Here bepaal, toe hy die trekkrag\nvan die Vader nie meer langer kon weerstaan nie. Weereens vra ons u innige\nvoorbidding dat die Here ons die krag en die ywer sal gee om die Evangelie van ons\nHere Jesus Christus orals te verkondig sodat die wat aan Hom behoort deur die\nVader getrek mag word.<\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Wanneer mense soos met die afgelope uitreik in rye aangeloop kom vir Bybels, laat dit \u2018n mens dink aan die woorde van ons Here Jesus in<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/942"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=942"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/942\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":944,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/942\/revisions\/944"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=942"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=942"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=942"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}