{"id":950,"date":"2021-11-08T15:57:14","date_gmt":"2021-11-08T13:57:14","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=950"},"modified":"2021-11-08T15:57:15","modified_gmt":"2021-11-08T13:57:15","slug":"uitreik-na-mababe-en-motopi-19-tot-24-oktober-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=950","title":{"rendered":"Uitreik na Mababe en Motopi \u2013 19 tot 24 Oktober 2021"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p>My bakkie het amper uitgebrand<br>\nNa \u2018n nare ondervinding waartydens my bakkie amper aan die brand geslaan het, kon ons Dinsdag, 19 Oktober so om en by 12 uur in die pad val. Die nuwe oliefilter wat \u2018n paar weke te vore met \u2018n diens vervang is, het \u2018n kraak gevorm en olie het daardeur gespuit en op die starter se drade geland. Dit het \u2018n kortsluiting veroorsaak en die hitte het \u2018n brand laat ontstaan. Oppad Gantsi toe die vorige dag het die bakkie \u2018n paar keer uitgesny. By die garage aangekom was die bedrading voor al so warm dat ons die vlamme moes dood blaas. Blitsvinnig het die motorwerktuigkundige die battery ontkoppel. Nadat hy die starter uitgehaal het, die olie afgewas en die drade ge\u00efsoleer het kon ons huiswaarts keer (dit was die Maandag). Ons het beplan om die volgende oggend vroeg Mababe toe te ry. Dieselfde storie het egter gebeur toe ons in D\u2019kar kom. Die enjin het weer begin uitsny, en ons moes die battery ontkoppel om by die huis te kom. Daarna het ek die motorwerktuigkundige geskakel en gere\u00ebl om weer die bakkie die volgende oggend na hom te neem. Daar was nog drade by starter wat aan mekaar geraak het. Eers so om en by 12 uur kon ons uit Gantsi vetrek na Mababe. Terwyl ons oppad was wys ek vir Abdul op die bestiering van die Here, dat ons \u201ctoevallig\u201d naby die garage in Gantsi moes wees toe dit die bakkie oorgekom het. Kan jy jou indink, s\u00ea ek vir hom, as dit daar in die wildernis tussen die leeus en die olifante moes gebeur het. Die bakkie sou heel waarskynlik uitgebrand het. Dit sou \u2018n nagmerrie gewees het. Abdul het dit beaam en die volgende ges\u00ea \u201cJy kan duidelik sien die Here is met ons. Sulke dinge gebeur nie toevallig nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die doel van ons besoek<br>\nDie doel van ons besoek was om Bybels uit te deel, Bybelstudies te hou, mense te besoek waar ons laas Bybels uitgedeel het en ook aan die kerkerf se omheining te werk waarmee ons laas begin het. Hierdie keer was draad en binddraad ook saamgeneem om te begin met die span. In die mopaniebos het ons weer gaan pale kap, maar by die kerkerf sou ons sien dat van die pale wat ons laas geplant het deur die olifante platgedruk is. As daar draad was, sou hulle die draad ook sekerlik gebreek het. Ry jy in Mababe rond sal jy merk dat daar nie een erf is met \u2018n omheining nie. Al die drade l\u00ea platgetrap. Orals is daar olifante en die kanse is bykans nul dat die olifante nie jou drade gaan plattrap nie. Daarmee het almal in die dorpie verlief geneem &#8211; dit is nou maar soos dit moet wees. Die volgende dag het ons na \u2018n lodge daar naby gery om Bybels uit te deel. Di\u00e9 lodge het in die verlede baie las van olifante gehad, waarna hul besluit het om \u2018n elektriese omheining aan te bring wat van batterye af werk en deur solar gelaai word. Dit het my laat besef dat elektriese omheining moontlik die enigste uitweg is om olifante uit jou erf te hou. Soos ek verstaan kos dit nie te duur nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Op heterdaad betrap<br> Die volgende dag het ons Sankoyo toe gery waar ons laas klankbybels uitgedeel het. Dit is om en by 40 kilometer van Mababe af. Die doel was om mense te besoek vir wie ons laas klankbybels gegee het en uit te vind of hulle dit gebruik. Ons het \u2018n ou vrou besoek met die naam Zita. Sy loop so gebo\u00eb dat sy jou nie in die o\u00eb kan kyk as sy loop nie. Haar woorde aan ons was: \u201cHierdie Bybeltjie gaan oral met my saam. Ek luister oral na hom in my sak.\u201d My vraag aan haar was: \u201cAs jy hom laai in die son en jy gaan iewers heen, kan hy mos maklik gesteel word?\u201d \u201cNee,\u201d s\u00ea sy: \u201cEk sit die heeltyd by hom tot hy vol gelaai is. Ek los hom nie op \u2018n plek om gelaai te word nie.\u201d Vandaar af is ons na Jimmy Ntema se huis toe. Hy en sy ouer broer (Sepopo) het ons glad nie verwag nie. Ons het hulle daar onder \u2018n boom gekry met Jimmy se bybeltjie aangeskakel. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"960\" height=\"540\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Audio-Nov-21-1.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-951\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Audio-Nov-21-1.png 960w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Audio-Nov-21-1-300x169.png 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Audio-Nov-21-1-768x432.png 768w\" sizes=\"(max-width: 960px) 100vw, 960px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Vir \u2018n oomblik het Jimmy my nie herken nie, maar daarna was hy tog te bly om ons te sien. Dit was om en by 11 uur die oggend. \u201cEk en my broer sit nou al van vanoggend vroeg af hier onder die boom en luister na die Bybel. Hy kom luister altyd hier by my omdat hy nie \u2018n klankbybeltjie het nie\u201d, s\u00ea ou Jimmy. Hulle was juis besig om die Nuwe Testament deur te luister. Sy broer is die onderhoofman van die dorp en \u2018n gesiene persoon in die omgewing. Links op die foto is die onderhoofman Sepopo en regs van hom sit Jimmy, albei die vriendelikheid vanself. Op die onderhoofman se skoot is die Bybeltjie duidelik sigbaar. Ek het ou Jimmy netnou geskakel om te hoor hoe dit gaan. Sy woorde aan my was: \u201cOrals val die mense my lastig en wil my Bybeltjie leen. Hulle is so be\u00efndruk met julle werk hier. Almal wil by julle kerk aansluit. Hierdie Bybeljie gaan ons nog tot bekering bring.\u201d Toe ons later daar wegstap het dit weereens tot my deurgedring, hierdie mense het nog nooit werklik met die Bybel in aanraking gekom nie. Nie dat \u2018n mens die geskrewe Bybel afskiet nie, maar wie sou daar vir hulle van vroeg oggend af die Bybel sit en voorlees het? Nou hoor hulle elke dag tydens hulle ledige ure die Bybel tot hulle spreek vir ure aaneen, en geloof is uit die gehoor en die gehoor is uit die Woord van God. (Romeine 10:17)<\/p>\n\n\n\n<p>Motopi<br>\nOns is die Saterdag terug na Maun en tannie Dorette het ons genooi om by haar te oornag. Dit was goed om haar weer te sien en ons kon heerlik saam kuier. Die volgende oggend het ons saam met haar deurgery na Motopi waar ek die erediens waargeneem het. Na die erediens het een van die kinders na ons toe gekom en gevra om vir haar voorbidding te doen, want oor \u2018n week of wat moet hulle eksamen skryf. Haar naam is Topo en sy is 16 jaar oud.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Motopi-Nov-21-1-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-952\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Motopi-Nov-21-1-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Motopi-Nov-21-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Motopi-Nov-21-1-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Motopi-Nov-21-1.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>Motopi kerk diens<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Met tannie Dorette gaan dit onder omstandighede baie goed. Sy gee nog Tswanaklasse in Maun. Naweke ry sy deur vir die eredienste in Motopi. Sy is nog besig om tot verhaal te kom na \u2018n moeilike tyd, s\u00ea sy. Dit was vir haar bitter moeilik na oom Thys se afsterwe. Hulle was op die punt om te trek vanaf Motopi na Maun. Dit opsigself was vir haar baie traumaties. Vir \u2018n ou mens is dit nooit maklik om jouself te ontwortel nie. Dit is soos om \u2018n ou boom te verskuif. Die afgelope paar weke kon sy vir haar kinders in Suid-Afrika gaan kuier en dit het wondere verrig.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af te sluit vra ons weereens u voorbidding vir ons bedieningspunte en ook dat die Here vir ons nuwe deure sal oopmaak sodat almal wat die Vader aan sy Seun gegee het na Hom toe sal kom (Johannes 6:37), en niemand kan na Christus toe kom as die Vader hom of haar nie trek nie (Johannes 6:44). Dit doen Hy, weet ons, deur die verkondiging van die Evangelie en die werking van die Heilige Gees. U broer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis My bakkie het amper uitgebrand Na \u2018n nare ondervinding waartydens my bakkie amper aan die brand geslaan het, kon ons Dinsdag, 19 Oktober so om en<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":947,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/950"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=950"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/950\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":953,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/950\/revisions\/953"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=950"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=950"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=950"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}