{"id":964,"date":"2021-12-18T15:43:32","date_gmt":"2021-12-18T13:43:32","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=964"},"modified":"2021-12-18T15:54:36","modified_gmt":"2021-12-18T13:54:36","slug":"ouderling-ben-soho","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=964","title":{"rendered":"Ouderling Ben Soso"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>D\u2019kar Desember 2021<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Ou Ben oorlede<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"551\" height=\"525\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Ouderling-Ben-Soho.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-965\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Ouderling-Ben-Soho.jpg 551w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Ouderling-Ben-Soho-300x286.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 551px) 100vw, 551px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>   Dit was so onverwags, niemand het dit voorsien nie. Die Maandag het hy, ek en Aron nog voor dr. Bredenkamp se spreekkamers gestaan en gesels. Ou Ben het met sy minibustaxi reg langs ons kom stilhou om te groet. Hy het van lyfseer gekla en ek kon sien sy o\u00eb en gesig was geswel. Min het ons geweet hy het Covid-19 onderlede. Die volgende dag skakel sy vrou my om te s\u00ea dat hy weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem is en hy aan suurstof gekoppel is. Dit was \u2018n geweldige skok. Dit het nie by ons geregistreer dat hy ons moontlik kon aansteek nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek het\nhom geskakel om te hoor hoe dit gaan. Ek het hom nog altyd ou Ben genoem, self\nweet ek nie hoekom nie. \u201cDit gaan goed Hendrik. Ek haal net \u2018n bietjie moeilik\nasem. Vanoggend was my suurstoftelling nog 90.\u201d Die volgende dag het ek hom\nweer geskakel. Hy het verduidelik dat sy suurstoftelling nog bo 80 is. Op \u2018n\nstadium was dit so laag as 44, het hy ges\u00ea. Dit het my baie bekommerd gelaat. Die dag daarna het\nhy toe nie weer sy foon beantwoord nie. Ek het sy vrou geskakel wat my\ngerusgestel het dat dit goed gaan en dat hulle sy foon by hom afgeneem het\nomdat mense hom lastig val wanneer hy aan die suurstofmasjien gekoppel is. Dit\nwas te verstane. <\/p>\n\n\n\n<p>Daardie\naand het ek met dr. Bredenkamp gesels wat verbaas was dat ou Ben nog lewe, want\nhy het nie lank tevore hartversaking gehad en daarby het hy aan ho\u00eb bloeddruk\nen suikersiekte gely. Sy vrou het my weereens gerusgestel dat ou Ben nog lewe\nen dat sy toegelaat word om hom te besoek. Toe ek haar weer skakel kon ek hoor\naan die manier waarop sy antwoord dat daar iets groot fout is. \u201cOu Ben is nie\nmeer met ons nie,\u201d het sy aan die anderkant gesnik. Vir my was dit bitter\nmoeilik, nie net omdat hy \u2018n gemeentelid en ouderling was nie, maar ook omdat\nhy my vriend was. Jy kon altyd op ou Ben staat maak. Hy het soveel wysheid\ngehad. Wanneer hy tydens die kerkraadsvergadering gepraat het, het almal\ngeluister, maar wat vir my van hom uitstaande was, was sy gebede \u2013 soos een van\ndie Boesmans vir my eendag ges\u00ea het, as ou Ben bid, voel dit vir jou asof hy\nregtig met die Here praat. Diep ootmoedig het hy altyd begin bid: \u201cO Vader,\nSeun en Heilige Gees . . .\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\neen van my vorige verslae het ek melding gemaak van ou Ben se kind wat verdwaal\nhet, en die nag in die re\u00ebn in die veld deurgebring het. Sy familie het by hom\naangedring om \u2018n sangoma te gaan sien, maar daarvan wou hy en sy vrou niks weet\nnie. \u201cEk gaan nou na my kind soek en het nie tyd vir sangomas nie,\u201d was sy\nwoorde aan hulle. Wonder bo wonder het ons sy kind die volgende dag gekry.<\/p>\n\n\n\n<p>Na sy\nbegrafnis skakel sy vrou my en wou net seker maak: \u201cOns kerk glo mos nie aan\nhierdie badrituele waar jy as\u2019t ware van die onheile van die dood gereinig moet\nword nie?\u201d, want, s\u00ea sy verder: \u201cHier is mense wat wil h\u00ea ek moet in \u2018n bad gaan\nsit sodat hulle my kan reinig en my antwoord aan hulle was dat ons kerk nie\ndaaraan glo nie.\u201d My antwoord aan haarr was, \u201cons is alreeds deur die bloed van\nons Here Jesus gereinig. Ons het nie nog ander reinigings nodig nie.\u201d \u201cDan wil\nhulle h\u00ea,\u201d s\u00ea sy, \u201cmoet ek volgens tradisie vir drie maande nie kerk toe gaan\nnie, maar ook dit het ek weerl\u00ea.\u201d Dit was vir my as haar predikant goed dat sy\nas \u2018n oortuigde Christen nie van stryk gebring word deur die wette en\nregulasies wat niks anders is nie as die instellings en gebooie van mense nie,\nwat ten diepste \u2018n okkultiese houvas op mense het, want as jy daarvan afwyk, is\ndaar sekere onheile wat jou gaan tref, en as jy wil veilig speel kom jy maar\ndie gebooie na. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nvra u voorbidding vir ou Ben se vrou, Lebotsang, wat dikwels familiedruk moet\nweerstaan omdat ons aan God meer gehoorsaam moet wees as aan die mense. <\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroeder in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis D\u2019kar Desember 2021 Ou Ben oorlede Dit was so onverwags, niemand het dit voorsien nie. Die Maandag het hy, ek en Aron nog voor dr. Bredenkamp<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":965,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/964"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=964"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/964\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":971,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/964\/revisions\/971"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/965"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}