{"id":975,"date":"2021-12-24T15:17:11","date_gmt":"2021-12-24T13:17:11","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=975"},"modified":"2021-12-24T15:17:13","modified_gmt":"2021-12-24T13:17:13","slug":"dkar-die-afgelope-jaar-in-oenskou-des-21","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=975","title":{"rendered":"D\u2019kar die afgelope jaar in o\u00ebnskou Des 21"},"content":{"rendered":"\n<p>Ons opregte waardering  <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"510\" height=\"769\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Hendrik-Miriam-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-976\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Hendrik-Miriam-1.jpg 510w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/12\/Hendrik-Miriam-1-199x300.jpg 199w\" sizes=\"(max-width: 510px) 100vw, 510px\" \/><figcaption>Ds Hendrik en Miriam du Plessis<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>    \u2018n Mens kan nie glo dat 2021 sy rug op ons gekeer het nie. Ons gaan \u2018n kerstyd en \u2018n nuwejaar binne, steeds so anders as waaraan ons gewoond was. Daar is so baie dinge wat ons wou doen die afgelope jaar, maar weens die inperking was dit nie moontlik nie. Afgesien van die feit dat alles na die eindtyd wys, was daar \u2018n doel met alles. Een van die belangrikste dinge wat ons hierdie jaar geleer het was die kortstondigheid en onvoorspelbaarheid van hierdie lewe. \u2018n Jaar gelede sou ons nie in ons wildste drome kon raai dat ons hierdie jaar twee van ons kerkraadslede sou groet nie. Dit het beslis tot ons gemeente gespreek.<\/p>\n\n\n\n<p>Aan\nal die kerke wat ons ondersteun wil ons net s\u00ea, sonder u sou alles te vergeefs\ngewees het. U gebede en u volgehoue ondersteuning het ons deur hierdie tyd\ngedra. <\/p>\n\n\n\n<p>Die\ngemeente onthou nog die kruideniersware wat deur u bydraes vir die gemeente\ngekoop kon word \u2013 een het tereg opgemerk: \u201cMidde en ondanks hierdie pandemie\nhet die Here ons nog nie vergeet nie.\u201d U het ons arms soos Moses van ouds hoog\ngehou. Wanneer ons moedeloos was het hier Bybels opgedaag. Ons kon bande opbou met\nbaie mense deur die klankbybeltjies. Mense keer ons orals voor om te hoor of daar\nnog van die klankbybeltjies beskikbaar is. <\/p>\n\n\n\n<p>Met\nhierdie pandemie is daar \u2018n ongekende belangstelling in die Woord van die Here.\nJy gee aan iemand \u2018n Bybel met die opdrag om \u2018n sekere gedeelte soos die\nEvangelie van Johannes te gaan lees. Nie lank daarna nie kom hy terug en mens\nis verbaas hoeveel hy daarvan kan onthou. Een kind kon \u2018n hele hoofstuk uit\nhaar kop ops\u00ea omdat sy al soveel keer daarna geluister het, en kan nou die\ngedeelte soos \u2018n gedig voordra. Dit sou nie moontlik gewees het sonder u ondersteuning\nnie. Hierdie jaar wat kom het ons deur u milde bydrae genoeg\nSondagskoolmateriaal vir die kinders. Ons kan aangaan. Ons kan die Naam van ons\nHere Jesus groot maak. Met die verkondiging van die Evangelie bombardeer ons\ndie linies van die duiwel, en waar sy Woord verkondig word, keer dit nooit\nonverrigtersake terug nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nbede is dat die Here vir ons deur hierdie pandemie wat tot ons almal gespreek\nhet die harde grond van ons harte sal omdolwe vir die saad van sy Woord. Aan u\nwat ons in hierdie moeilike tyd gedra het is die woorde van die apostel Paulus\nso gepas. In 2 Korinti\u00ebrs 9 vanaf vers 13 s\u00ea hy aan die gemeentes wat bygedra\nhet: \u201cDeur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar\nbaie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid\naan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid\nteenoor hulle en teenoor al die ander. <sup>14<\/sup>Hulle sal ook vir julle bid\nen met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so\noorvloedig was. <sup>15<\/sup>Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nas gesin is diep dankbaar teenoor die Here vir sy genade, goedheid en guns.<\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroeder in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons opregte waardering Ds Hendrik du Plessis \u2018n Mens kan nie glo dat 2021 sy rug op ons gekeer het nie. Ons gaan \u2018n kerstyd en \u2018n nuwejaar binne, steeds<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":973,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/975"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=975"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/975\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":977,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/975\/revisions\/977"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/973"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=975"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=975"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=975"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}