{"id":982,"date":"2022-02-02T08:33:19","date_gmt":"2022-02-02T06:33:19","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=982"},"modified":"2022-02-02T08:33:20","modified_gmt":"2022-02-02T06:33:20","slug":"sinkritisme-dkar-jan-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=982","title":{"rendered":"Sinkritisme D&#8221;Kar Jan 2022"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Wat Professor Floor ons in die klas\ngeleer het<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tydens\nmy onlangse besoek aan Bere, maar ook hier in D\u2019kar, kom die onderwerp al hoe\nmeer onder bespreking oor waarom so baie kerke stagneer of selfs doodloop.\nTrouens dit was Paulus se groot stryd in sy bediening, valse leerraars en valse\napostels.<\/p>\n\n\n\n<p>Professor\nFloor het vir ons in die klas gevra: \u201cHoekom sou julle dink het Paulus die vrou\nmet die waars\u00eaende gees belet om verder saam met hulle te loop? Sy het mos die\nwaarheid gepraat, nie waar nie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\nHandelinge 16 vanaf vers 16 staan daar: \u201cEn terwyl\nons op pad was na die bidplek, kom \u2018n slavin met \u2018n waars\u00eaende gees ons te\u00eb, wat vir haar eienaars deur\nwaars\u00eaery groot wins ingebring het. <sup>17<\/sup>Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en\nges\u00ea: \u2018Hierdie manne is dienaars van God, die\nAllerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.\u2019 <sup>18<\/sup>En dit het sy baie dae lank\ngedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees\nges\u00ea: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om\nuit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hoekom\nhet Paulus haar belet om verder saam met hulle te loop? Sy het mos die waarheid\ngepraat? Sou dit nie beter gewees het as Paulus haar maar laat begaan het nie,\nsolank sy net nie lieg nie, want dit wat sy ges\u00ea het was die reine waarheid: \u2018Hierdie manne is dienaars van God, die\nAllerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.\u2019\u201d Ten minste\nsou Paulus die vrede bewaar het, want direk daarna was dit chaos: \u201cEn toe haar eienaars sien dat die hoop van hulle\nwins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die mark voor die\nowerheid gesleep <sup>20<\/sup>en hulle voor die regters gebring en ges\u00ea: Hierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is, <sup>21<\/sup>en hulle verkondig sedes\nwat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdat ons\nRomeine is. <sup>22<\/sup>En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die\nregters het hulle klere laat afskeur en bevel gegee om hulle met stokke te\nslaan. <sup>23<\/sup>En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul\nin die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig\nte bewaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Mens sou vir Paulus-hulle kon vra: \u201cHoekom soek\njulle onnodig moeilikheid? Dit is nou om jou kop in \u2018n bynes in te druk.\nNatuurlik sal die bye jou steek. \u2018n Mens kort soms wysheid om stil te bly\nPaulus. Kyk nou wat het met julle gebeur. Julle kon dood gewees het. Deur stil\nte gebly het kon julle baie meer mense na Christus toe gelei het. Nou is die\nhele dorp in opskudding oor julle. Aggenee Paulus, julle kon van beter geweet\nhet.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Professor Floor het kort en kragtig hieop\ngeantwoord dat daardeur wou hierdie vrou en natuurlik die duiwel in haar\nprobeer voorgee sy en Paulus-hulle werk saam. In die o\u00eb van die mense moes dit\nlyk asof sy en Paulus-hulle saam op \u2018n uitreik is. Die oningeligte persoon op\nstraat moes tot die gevolgtrekking kom dat hierdie vrou en Paulus-hulle saam in\ndie bediening is, want orals waar hulle gaan was sy saam met hulle. Sy kraak\nhulle nie af nie, inteendeel, sy prys hulle aan, met ander woorde Paulus-hulle\nhet dit so gere\u00ebl dat sy die heeltyd agter hulle moes aanloop om hulle onder\ndie skare te adverteer, sodat die mense m\u00f4re, oorm\u00f4re wanneer Paulus-hulle\nvertrek, sal weet by wie hulle kan gaan aanklop om hulp. Mens sou kon redeneer\ndat sy Paulus-hulle se plaaslike \u201ckollega\u201d is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sinkretisme-1-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-983\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sinkretisme-1.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sinkretisme-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/sinkretisme-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>   Tot vandag toe is dit die duiwel se strategie in baie sendingkerke. Daar is okkultiese bedrywighede in die kerk wat maar verdra word ter wille van vrede, wat ingesluip het omdat hulle soos die vrou nie noodwendig lieg nie, maar meelopers is van die kerk. Wanneer so \u2018n persoon hom in \u2018n kerk ingewurm het hol hy hom van binne af uit en jy kry hom nie maklik daaruit nie. In die sendingkerke kry \u2018n mens so dikwels sulke mense. Hulle dien selfs op die kerkraad wat die mooiste gebede kan bid, maar na die tyd lewer hulle \u2018n soort van \u2018n tradisionele diens aan die gemeenskap. Die feit dat hy in jou kerk is maak hom geloofwaardig in die o\u00eb van die oningeligtes. Later het hy \u2018n soort van \u2018n geestelike houvas en \u2018n aanhang onder jou lidmate. So het sinkretisme in baie kerke ingesypel.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe kon dit voorkom word? By die katkisasieklas,\nwaar mense gereed gemaak word om belydenis van geloof af te l\u00ea en toegelaat\nword om lidmate van die kerk te word. Baie sendelinge en predikante is maar al\nte bly en al te gretig om lidmate by hulle gemeentegetalle te voeg wat hulle later\nduur te staan kom. Nie verniet s\u00ea Paulus in 1 Timotheus 5:22: \u201cMoenie haastig\niemand die hande opl\u00ea nie,\u201d en verder: \u201cen moet ook nie met die sondes van\nander gemeenskap h\u00ea nie. Hou jou rein.\u201d Hierdie lewensbeginsel het Paulus toegepas\ntoe hy die demone in daardie vrou in die Naam van Jesus Christus bestraf het en\nhom van haar gedistansieer het.<\/p>\n\n\n\n<p>Om af\nte sluit: In die sendingveld benodig ons baie wysheid, maar ook die waagmoed om\n\u2018n Evangeliese standpunt in te neem al moet ons op die ou end \u2018n prys daarvoor\nbetaal, maar n\u00earens in die Bybel word \u2018n kompromie aangegaan om die vrede te\nbewaar nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nvra u voorbidding in hierdie verband. <\/p>\n\n\n\n<p>U\nbroer in Christus, <\/p>\n\n\n\n<p>Hendrik\ndu Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Wat Professor Floor ons in die klas geleer het Tydens my onlangse besoek aan Bere, maar ook hier in D\u2019kar, kom die onderwerp al hoe meer<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":980,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/982"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=982"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/982\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":984,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/982\/revisions\/984"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/980"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=982"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=982"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=982"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}