{"id":988,"date":"2022-02-03T13:59:53","date_gmt":"2022-02-03T11:59:53","guid":{"rendered":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=988"},"modified":"2022-02-03T13:59:54","modified_gmt":"2022-02-03T11:59:54","slug":"bere-besoek-januarie-22","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/botswanasending.co.za\/?p=988","title":{"rendered":"Bere besoek Januarie 22"},"content":{"rendered":"\n<p>Ds Hendrik du Plessis<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die\nherstel van die erf en gebou<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Tyd gelede het ek met ds. Len van Onselen geskakel oor die bediening\nin Bere. Ds. van Onselen is \u2018n ge\u00ebmeriteerde predikant wat hom in Maun kom\nvestig het. Hy was al die jare betrokke by \u201cWord to Africa\u201d hier in Botswana.\nHy wou al jare terug betrokke raak by Bere, maar het nooit sover gekom nie. In\nons gesprekke het ons die moontlikheid bespreek hoe ons saam betrokke kan raak\nin Bere, siende dat Bere soos by baie ander nedersettings verswelg is in\nalkoholisme. Oor een ding het ons saamgestem, as jy baie vinnige resultate\nsoek, moet jy nie Bere toe gaan nie. Hy het aan my genoem dat hy \u2018n swart\nhelper, \u2018n evangelis het wat van tyd tot tyd Bere toe kan gaan. Ek het aan hom\ngenoem dat ons \u2018n probleem daar het met behuising en dat die gebou daar verval\nhet. Ds. van Onselen het toe met \u2018n uitreikspan van Suid-Afrika kon re\u00ebl om die\ngebou te kom herstel. Tans is die gebou weer bewoonbaar. In die plek van die\nbad wat altyd daar was, is \u2018n stort ingesit. Die gebou is ook omhein. Die\nstoepie of afdak kan nou weer gebruik word om dienste te hou. Trouens ons het\ndie Sondag daar \u2018n diens kon hou. Al probleem wat ons tans daar het is die\nwateraansluiting.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Sondagskool<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons het tans iemand daar wat die kindertjies bedien. <strong>&nbsp;<\/strong>Elke\nSondag het sy \u2018n groepie kinders vir wie sy onderrig gee (Sondagskool). Met ons\nvolgende uitreik wil ek leermateriaal aan haar verskaf wat sy kan gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Huisbesoeke<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/Bere-bybelstudie-Jan-22-1-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-989\" srcset=\"https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/Bere-bybelstudie-Jan-22-1-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/Bere-bybelstudie-Jan-22-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/Bere-bybelstudie-Jan-22-1-768x576.jpg 768w, https:\/\/botswanasending.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/Bere-bybelstudie-Jan-22-1.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption>Bybelstudie in Bere. Jan 22<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p>Huisbesoeke is een van die steunpilare van ons bediening daar. \u2018n Mens\nkan preek en \u2018n mens kan traktaatjies uitdeel, maar as \u2018n mens nie met \u2018n\npersoon op grondvlak gesels nie, kan jy nie werklik die liefde van Christus\nuitstraal nie. Vriendskap is een van die belangrikste invalshoeke. As jy daar\nkom, word jy as vriend verwelkom. Jy drink saam met hulle tee en jy eet saam\nmet hulle en via \u2018n vriend maak jy vriende met ander en dit kring uit. Dikwels\nvra hulle vir my om vir hulle hout te gaan haal. Die namiddag ry ons dan almal\nsaam en kom terug met \u2018n vrag hout. Klein dingetjies waardeer hulle en jy smee\nbande. Wanneer hulle jou begin vertrou met hulle persoonlike probleme, besef jy\njy het \u2018n invalshoek. Die mense begin jou vertrou. Die groot geheim in die sending\nis om mense voortdurend te voer met inligting uit die Bybel. Daar is nog soveel\nonderliggende bygelowe, en elke bygeloof het die vrees wat daarmee gepaard\ngaan, as ek dit of dat nie doen nie gaan sekere onheile my tref. Dan is daar\nook die onderliggende vrees vir toordery en tradisionele dokters by wie hulle \n \n \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n  \n \n \n \n\n \n \ndan gaan aanklop om hulp. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>\u2018n Christen kan nie getoor\nword nie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tydens een van ons Bybelsstudies is toordery en onder andere die\nokkultiese magte wat daarmee gepaard gaan bespreek, en spesifiek die vrae of\ndit bestaan en kan \u2018n Christen getoor word.<\/p>\n\n\n\n<p>My antwoord was in kort die volgende:<\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik bestaan dit. Die duiwel en sy kragte is soos \u2018n kwaai hond aan\n\u2018n ketting. As jy binne sy reikwydte beweeg, soek jy vir moeilikheid. As jy na\n\u2018n toordokter toe gaan of nuuskierig ondersoek instel of belangstelling toon in\ndie okkulte soek jy vir moeilikheid. Jy gee jouself oor aan \u2018n mag wat jou lewe\ngaan beheer. Jy beweeg binne die reikwydte van die duiwel. Natuurlik gaan die\nhond jou byt.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Ander voorbeeld wat hulle goed verstaan is die konsep van \u2018n\nskaapkraal. In hierdie w\u00eareld is daar twee krale, die Here Jesus se kraal en\ndie duiwel se kraal. Jy is veilig as jy in die Here Jesus se kraal is, maar as\njy deur die draad kruip en hulp gaan soek in die duiwel se kraal moet jy nie\ndink jy gaan maklik weer terugkruip nie. Dit sal die duiwel nie toelaat nie. Daarteenoor\nbeloof die Here Jesus vir die wat in sy kraal is (Johannes 10:28 en 29) dat\nniemand sy skape uit sy hand of die hand van sy Vader kan ruk nie en hulle\nnooit verlore sal kan gaan tot in ewigheid nie. Dit is die troos vir elkeen wat\naan die Here Jesus behoort en in sy kraal is. Niemand kan my toor nie. Ek\nbehoort aan die Here Jesus Christus. Niemand kan die duiwel se magspel op my plaas\nnie, want die Here Jesus is my Herder.<\/p>\n\n\n\n<p>Orals in Suid-Afrika waar ek gekom het, en ook hier in Botswana is daar\n\u2018n geloof onder die swartes en ook onder die Boesmans dat \u2018n blanke nie getoor\nkan word nie. My antwoord aan hulle was, enige mens kan onder die magspel van\ndie duiwel kom as hy hom binne sy reikwydte begewe. Die enigste rede waarom\nblankes in die verlede nie getoor kon word nie, was omdat hulle van nature nie\n\u2018n sangoma of \u2018n duiwelaanbidder genader het om hulp nie, maar enige blanke wat\nhom in die duiwel se sfeer begewe laat toe dat die donker magte hom beheer en\nsy lewe oorneem. Hier was \u2018n blanke boer in ons omgewing, \u2018n vriend van my wat\n\u2018n sangoma hier in D\u2019kar kom raadpleeg het oor sy bokke wat hulle gesteel het.\nDaarna het hy gesukkel om te slaap omdat stemme in die nag met hom praat en hom\nwakker hou. Dan het ek ook \u2018n vriend in Suid-Afrika gehad, \u2018n swart dominee van\ndie NG kerk, ds. Makamu. Op \u2018n keer het hy my vertel van sy grootwordjare: \u201cEk\nhet tussen sangomas grootgeword. Ons gesin en familie was sangomas. Op \u2018n keer\nhet my neef van Vendaland af gekom en my vertel van Iemand wat bereid was om sy\nlewe te gee vir ander. Ek was nog maar \u2018n kind en het baie daaroor nagedink.\nLater het \u2018n blanke NG dominee in ons omgewing kom intrek en hy het ons vertel\nvan Jesus wat sy lewe vir sondaars gegee het, en ek het dadelik besef dit is\ndie Een wat my neef van gepraat het. Dit het my so aangegryp dat ek later in\ndie NG kerk belydenis van geloof afgel\u00ea het. Daarna wou ek met alle mag\npredikant word. Toe my familie daarvan te hore kom, het hulle volstrek geweier.\nToe hulle sien dat hulle niks vermag nie, het hulle besluit om \u2018n toordokter te\nsien, die grootste sangoma in die suidelike halfrond, in Mosambiek, om my te\ntoor. By die toordokter gekom het hy oudergewoonte sy dolosse uitgehaal en voor\nhulle uitgegooi. Daarna het hy so \u2018n snorkgeluid gemaak en hulle duidelik laat\nverstaan dat hy niks met die hierdie besigheid te doen wil h\u00ea nie. \u2018Hierdie man\nwat julle wil h\u00ea ek moet toor, is \u2018n Christen en die Here is met hom. Los hom\nuit.\u2019 Diep teleurgesteld moes hulle maar terugkeer Suid-Afrika toe.\u201d Toe ek ds.\nMakamu (\u2018n Shangaan) ontmoet het, was hy al vir jare lank predikant in die NG\nkerk.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vraag het ook tydens ons Bybelstudie navore gekom: \u201cWat staan ons\nnou te doen? As jy \u2018n sangoma gaan besoek het, en jy besef dat jy nou onder die\nmag van die duiwel is, wat staan jou te doen?\u201d Die Bybel leer ons dat jy jou\nsondes voor die Here moet bely. In 1 Johannes 1:9 staan daar dat die Here\ngetrou en regverdig is om jou sondes te vergewe as jy dit voor Hom bely. Jy\nmoet erken en bely dat jy gesondig het. Jy het \u2018n sangoma gaan sien en jy moes\ndit nooit gedoen het nie. Jy het by die duiwel gaan aanklop om hulp en nou sit\njy met die nagevolge. Jy moet diep berou toon oor dit wat jy gedoen het, en die\nHere belowe jou, Hy sal jou vergewe en Hy sal jou verlos van die mag van die\nduiwel. Doen jy dit nie, gaan jy vir die res van jou lewe onder daardie mag\ngebuk gaan om daarna vir ewig verlore te gaan.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Bybels, klankbybels en\ntraktaatjies<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Vir die wat kan lees deel ons Bybels uit. Saam met die Bybels deel ons\nook traktaatjies uit om hulle te help in die bestudering van die Bybel. Al sou\n\u2018n traktaatjie net bloot rondl\u00ea kan dit nogsteeds deur iemand opgetel word en\nsy doel dien. Die klankbybels deel ons uit aan mense wat nie kan lees nie, maar\n\u2018n opregte behoefte het om die Woord van die Here te hoor. Voor ons dit uitdeel\nre\u00ebl ons eers \u2018n Bybelstudie. Daartydens word aan elkeen verduidelik, die\nimplikasie van Johannes 14:23 en 24 waar die Here Jesus s\u00ea: \u201c<sup>23<\/sup>As\niemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefh\u00ea, en Ons\nsal na hom toe kom en by hom woning maak. <sup>24<\/sup>Hy wat My nie liefhet\nnie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar\nis van die Vader wat My gestuur het.\u201d My woorde dan aan hulle is: \u201cHier het ons\nnou \u2018n gulde geleentheid om vir die Here Jesus te wys dat ons Hom liefhet en\nons wil h\u00ea Hy en sy Vader moet by ons kom woon. Dit is \u2018n eenvoudige liefdesgebaar,\nwanneer ek na sy Woord luister. Maar aan die anderkant is dit ongelukkig ook \u2018n\ngeleentheid om die Here Jesus weg te wys en vir Hom te s\u00ea dat jy Hom nie in jou\nerf soek nie. Jou houding teenoor sy Woord spreek boekdele. As jy Hom dan nie\nin jou erf wil h\u00ea nie, wie gaan sy intrek daar inneem? Dit is net een en dit is\ndie duiwel, en jy dra die nagevolge. Die Woord van die Here kan dus vir jou of\n\u2018n vloek of \u2018n se\u00ebn wees. Pas jy hierdie klankbybeltjie nie op nie, dra dit die\nboodskap uit dat jy nie in die Here se se\u00ebn en sy teenwoordigheid in jou lewe\nbelangstel nie en dat jy Hom nie liefhet nie. As die Here nie in jou lewe is\nnie, raak dit ook jou kinders.\u201d Daar heers gewoonlik \u2018n doodse stilte as jy\nhulle met Johannes 14 konfronteer.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Om af te sluit:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Al hoe meer en meer besef \u2018n mens hoe okkultiese bedrywighede deur al\ndie eeue heen hierdie Afrika-mense lamgel\u00ea het. Demokrasie het maar eers nou\nonlangs in Afrika sy verskyning gemaak. Al die eeue heen was dit sangomakrasie\nwaar \u2018n kaptein of hoofman met sy sangomas geregeer het. Wat die sangomas vir\nhom ges\u00ea het was wet. As die sangomas vir die hoofman s\u00ea jy is \u2018n toornaar dan\nis die dood jou voorland, al is jy hoe onskuldig. Jy leef in konstante vrees. Dit\nis dan te verstane waarom Dingaan Piet Retief-hulle vermoor het met die woorde:\n\u201cBulalane abathakhathi.\u201d (Maak dood die toornaars.\u201d Dit was niemand anders as\nsy sangomas wat dit vir hom ges\u00ea het nie. Ook hier in D\u2019kar word ons\nvoortdurend gekonfronteer deur beskuldigings van so en so wat vir so en so\ngetoor het. Ons het hier iemand in ons gemeente wat \u2018n beroerte-aanval oorleef\nhet wat vas oortuig is, iemand in ons gemeente het hom getoor. Ons vra u\nvoorbidding vir hierdie mense, maar ons is ook baie dankbaar vir die menigte\nwat gered is en verlos is van hierdie magspel. <\/p>\n\n\n\n<p>U broer in Christus, Hendrik du Plessis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ds Hendrik du Plessis Die herstel van die erf en gebou \u2018n Tyd gelede het ek met ds. Len van Onselen geskakel oor die bediening in Bere. Ds. van Onselen<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":986,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/988"}],"collection":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=988"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/988\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":990,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/988\/revisions\/990"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/986"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=988"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=988"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/botswanasending.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=988"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}