Tannie Dorette
Dit was ‘n baie besige en moeilike paar weke wat agter die rug is……maar die Here bly genadig en aan Sy liefde is daar geen einde nie.
Ons het ‘n paar groepe gehad wat kom inloer het….eerstens Ds. Sakkie Fourie en sy “Endurance” span op pad na Malawi. Hul het die kerkgebou geverf met verf wat as skenking gekom het van Thinus en sy gesin wat saam met Hendrik hier was.

Josua Du Plessis en drie manne het op pad terug van Mosambiek hier aangekom en ‘n baal warm baadjies gebring wat ons Sondag by die Kerk uitgedeel het…net betyds om warm beskerming te bied teen hierdie ysige koue wat Sondagnag begin het…..Vader se tydsberekening is altyd volmaak.



Intussen moes een van my groot honnekinners se been geamputeer word agv kanker…
En intussen gaan die Setswanaklasse 2x ‘n week in Maun ook voort.
Die Here is baie goed vir ons al is daar konstant geweldige aanslae van die vyand.
Mag julle vrede en vreugde ondervind…bly warm….
Motopigroete,
Dorette.