Nuus uit D’Kar
November 2020
Loof die Here, o my siel, en alles
wat binne-in my is, sy heilige Naam.
Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.
Ps 103 vs 1-2
Die Here het uitkoms gegee deur die oop hand van ‘n skenker sodat Sy werk in
hierdie afgeleë wêreld gedoen kan word.
Die bakkie waarmee Hendrik sy dienswerk doen, het dringend herstelwerk nodig
gehad. Die Here het ons gebede gehoor en verhoor en uitkoms gegee sodat meeste
van hierdie herstelwerk gedoen kon word. Ons is innig dankbaar teenoor hierdie
weldaad en is met nederigheid en dankbaarheid gevul.
Aan God alleen die eer!
Groete uit D’kar, Botswana
Hendrik en Miriam du Plessis

