Ds Hendrik du Plessis
Elke Sondag is dit ‘n bedrywigheid op sigself om die Sondagskoolkinders besig te hou, veral as jy ‘n tekort aan Sondagskoolonderwyseresse het. Die oes is groot, maar die arbeiders is min. Tog is ‘n mens dankbaar vir die hulpkragte wat mens wel tot jou beskikking.

Vir die heel kleintjies bly inkleur ‘n groot aantrekkingskrag. So word hulle blootgestel aan Bybelverhale en daarmee saam die vrae wat gevra word.

Al verstaan hulle nie altyd waaroor dit gaan nie, is hulle opgewonde en gretig om kerk toe te gaan. Daardeur word vir hulle ‘n omgewing geskep waarbinne hulle groot word.
Die groter kinders word meer blootgestel aan die vaste kos van die Evangelie. Boeke wat ons van tyd tot tyd kry help baie om die werk verstaanbaar te maak. Hulle is ons toekomstige kerk waarin ons belê, al besef ‘n mens dit nie altyd nie.

Hiermee word u voorbidding gevra vir ons kinders en dink ‘n mense onwillekeurig aan die woorde van ons Here Jesus in Matheus 19:14: “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.”
U broer in Christus,
Hendrik du Plessis.