Ds Hendrik Du Plessis 6 Mei 2020
Nuusbrokkie



Ds Hendrik het ʼn paar van die kerk se lidmate opgelaai om na Rooibrakke te ry om Marammas te gaan optel.Dis so 70km vanaf Dekar teen die Sentraal Kalahari grens.Marammas is ʼn wilde neut wat op die grond rank.Natuurlik hoog in voedingswaarde.Dis maar stadig ry deur die bos en hulle het sommer oorgeslaap en die volgende dag weer teruggekom.
Dit help darem om hulle voedsel tekorte so “gratis”aan te vul.